KORSLOSE TUNATERT MET STYF GEKLITSTE EIERWITTE

korslose tunatert

KORSLOSE TUNATERT MET STYF GEKLITSTE EIERWITTE
Sommer vir die aand gemaak, maar is dubbeld aangemaak, ‘n blikkie tuna is maar min, die bak ook nie te vreeslik groot nie, net iets ander weer vanaand saam dit maak om te eet

1 ½ koppie melk
2 eetlepels Maizena of meel, ek Maizena gebruik
2 eetlepels botter
sout en peper
Maak aan soos witsous, ek klits aanmekaar in die pot terwyl ek die witsous gaarmaak om klonte te vermy.

1 koppie gerasperde kaas
2 eiergele
2 eierwitte, styf geklits
1 blikkie tuna, gevlok
1 gerasperde ui
Meng alles, voeg witsous by en meng.
Vou styfgeklitste eierwitte by.
Giet in gesmeerde terbak.
Rasper nog kaas bo oor.
Bak 35 minute by 180°C.

Foto en resep gepos deur Marie Rheeder Troskie




WHITE PITA BREAD

WHITE PITA BREAD
2 cups warm water
1 tablespoon yeast
2 teaspoons. sugar
4 ½ cups cake flour
1 ½ teaspoons salt
3 tablespoons olive oil

Place ¼ cup of warm water in a small bowl.
Add yeast and sugar, stir.
Let rest for 5 minutes.
Place flour, salt, and oil in a large mixing bowl.
Add yeast mixture and remaining water and mix until flour is completely mixed.
Knead dough on a lightly floured surface for 10 minutes.
Place dough in a well oiled bowl and oil the top lightly.
Cover and let rise in a warm place for 1 hour.
Turn dough out on a lightly floured surface and knead to remove any air bubbles.
Divide into 12 pieces and form each into a ball.
Roll out each ball to form a 6 inch disk.
Place on a baking sheet or pizza stone and bake in a pre-heated (500 F) for 5 minutes
Photo by Petré Van Jaarsveld




CHIPATTI (LEBANESE PITA BROOD)

pitabrood

CHIPATTI
1½ koppies koekmeel
3 eeelepels olie
¼ teelepel sout
Ongeveer ½ koppie lou warm water
Meng die meel en sout goed. Voeg olie by en meng goed in die deeg. Voeg bietjie bietjie water by en knie tot ‘n deeg. Vorm die deeg en ‘n bol en vryf bietjie olie oor. Draai toe met kleefplastiek en laat staan vir 15 minute. Knie nog een keer goed deur en deel in 9 klein balletjies.
Rol die deeg in jou hand palms en druk plat tot ‘n klein sirkel. Sprinkel bietjie meel op werksoppervlak en rol baie dun uit. Sprinkel aanhoudend meel oor sodat dit nie vassit nie.
Verhit ‘n ysterboom pan. Voeg olie en gesmelte margarien saam in ‘n bakkie. Verf die bodem van die pan met die mengsel. Braai die chapatti paar sekondes en verf dan die bo-kant voor jy dit omdraai en aan die ander kant ook braai. Die chapatti moet rys en “bubbles” maak wat donkerder as die res van die deeg word.
Bedien saam met souserige disse soos Kerrie of potjiekos.

Anuschka Chambi
Hulle noem dit Lebanees pita brood. Ook in Marocco eet hulle dit. Sit hoender vleis in saam met tamatie komkommer en jogurt rol hom op en eet ook Gyro dit is vleis wat ingeryg word en dan draai dit stadig voor ‘n warm element stukke word dan afgesny en in die Pitta brood gesit saam met knoffel mayonaise ens miskien kan jy dit sien op youtube hier in Cyprus eet hulle dit baie

Verisca Neethling Bezuidenhout
o ja, ek het ‘n indiese vriend wat dit sommer vir nagereg ook eet! Hy smeer dit dun met Nutella sjokolade smeer en rol dun op




MARIAN SE LAGIE SLAAI

 LAGIE SLAAI MARIANtested

MARIAN SE LAGIE SLAAI

 Ek maak myne soos volg:
Braai spek en ek braai my klein tamaties ook net so bietjie (gee dit n lekker smaak).
In ‘n diep bak sit ek heel onder rocket, dan sny ek geel-en rooi soetrissies op en sit dit volgende op, dan sny ek komkommer op en sit dit in, dan die tamaties, blikkie mielies, dan sny ek avokado en sit dit in.
Strooi die gaar die spek oor en heel laaste ‘n lekker laag gevrieste peti ertjies. Smeer ‘n goeie dik laag mayonnaise oor.
NOTA:   O ja ek braai bietjie sampioene ook en sit in. Jy kan self besluit hoe jy die lae wil maak.
Resep en foto:  Marian van Deventer



ORIENTAL FRIED NOODLE SALAD

oriental fried noodle slaai - Brunhilda

ORIENTAL FRIED NOODLE SALAD

½ chinese cabbage finely shredded
1 green onion chopped
100 g cashew nuts
100 g pack oriental fried noodles
¼ cup white vinegar
¼ cup caster sugar
1 tablespoon soy sauce
½ cup olive oil
Combine all dressing ingredients, stir over low heat till sugar dissolves, cool completely.
Mix cabbage onion and nuts.
Pour dressing over and just before serving mix the noodles in.
Shredded chicken or meat of choice can be added for a main meal.

Recipe and photo:  Brunhilda Venter




ENGELSE MOSBOLLETJIES

mosbeskuit - gideontested

INGELSE MOSBOLLETJIES
1 kg cake flour
20 g instant dry yeast (2 sachets)
120 g (150 ml) Huletts White Sugar
10 ml salt
12,5 ml aniseed
100 g (110 ml) butter
200 ml white grape juice
200 ml lukewarm milk
200 ml lukewarm water

Mix the flour, instant yeast, sugar, salt and aniseed together.
Place the butter and white grape juice in a saucepan and heat until butter melts.
Allow cooling till body temperature; do not add the milk to the grape juice, as it will curdle.
Add the luke warm water, melted butter and grape juice to the dry ingredients and mix well.
Add the lukewarm milk and knead well until the dough is smooth and elastic.
Place dough on a lightly floured surface, cover with a sheet of plastic and rest for 25 minutes.
Knock down and divide into 40 equal pieces.
Roll each piece into a ball and place against one another in greased loaf pans.
Cover and leave to prove until double in size, about 50 minutes.
Bake in a preheated oven of 180ºC for 35-40 minutes.
Turn out of pan and allow to cool.
Break into pieces and place in a cool oven, 100ºC, to dry out.

Resep geplaas deur David Vd Heever
Foto’s:  gideon Louw
foto 2 – Ons het vandag mosbeskuit gebak
Ons het die resep gebruik maar ipv druiwesap het ons egte regte soetmos gebruik want dit is mos parstyd innie Boland en mos is beskikbaar Ons het ook hoeveelheid anys verdriedubbel
Die brood het mooi gerys en ook mooi gebak




SUSHI

sushi Leanne
SUSHI
Die seaweed sheets koop ek by Woolies sowel as die Pickled Ginger en Wasabi. Die Sushi Rys maak jy volgens die pak, daar kom Rice Wine Vinegar en sout suiker ook in, daar moet jy maar die pak se aanwysings volg.
En dan sit ek alles in waarvan ons hou in verskillende kombinasies, Lancewood se cream cheese met sweet chilli met komkommer en smoked salmon is ‘n lekker kombinasie. Crab sticks met Avo en red peppers en peppedew mayo werk lieflik saam. Ek braai my prawns in botter en voeg bietjie chillie, garlic en suurlemoensap by dan sit ek dit saam met komkommer en wortel en avo met wasabi paste. Mens moet maar speel met die kombinasies en soms ontdek jy intressante kombinasies so speel speel deur die Sushi makery.O en die belangrikste is jou dipping sauce, ek koop of Kikoman se soya sous of Teriyaki sous, die ander soya sous is baie souterig.

Foto en resep:  Leanne Thurston Coetzer

 




WAATLEMOENKONFYT

waatlemoenstukke Johantested
WAATLEMOENKONFYT

Skil en sny waatlemoenskil in mooi stukke.   Verwyder al die groen, en hou net die lekker ferm wit deel van die skil. Prik met n vurk en laat oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le. Plaas n piering bo-op om die skille onder te hou.[ 25 ml gebluste kalk op 5 lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook tot sag maar nie pap nie !!Dreineer goed en maak droog kook jou stroop.
Stroop
1 kg waatlemoen blokkies
2.5 liter water
1.5 kg suiker
20 ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels , gooi sous bo-oor en verseel.

Foto:  Johan Röntgen  –  ek net 5 ml alein bygesit want ek hou van hom bros




RAAD VIR DIE KOOK VAN WAATLEMOENSTUKKE

 

MAKATAAN WENKE

RAAD VIR DIE KOOK VAN WAATLEMOENSTUKKE

BIETJIE MEER OOR WILDEWAATLEMOENE ( MAKATANE, KARKOERE,TSAMMAS)
Wildewaatlemoene kan in die plek van soetwaatlemoene gebruik word vir konfyt of suurtjies.
Omdat sommige van die vrugte bitter is, is dit wys om altyd eers aan die vleis te proe.
Die wildewaatlemoen moenie groen gepluk word nie hy moet aan die plant gelos word totdat die stingeltjie heeltemal verdroog het.
VIR STUKKE KONFYT
Kook dit soos soetwaatlemoen konfyt, maar neem die volgende in ag.
1. Wildewaatlemoen met ‘n stywe skil kook taamlik bros konfyt. Sommige soorte word egter maklik sag en moet dus nie in water gekook word voordat dit in die stroop gesit word nie, want dit sal die stukke te sag maak.
2. Laat die stukke 2 dae lank in kalk of koeksoda water week en nie net oornag soos met soetwaatlemoen konfyt nie.  Kalk 25ml/5 liter  en koeksoda 45ml/5 liter water

GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN SOETWAATLEMOENSTUKKE
Prof. Jess Davidtsz waarsku in Jess Davidtsz se kookboek dat die prikgaatjies oral moet wees, maar dat jy die stukke nie voos moet prik nie. Moet ook nie van die kalkafsaksel op die stukke laat kom nie, want dit sal bruin vlekkies maak.
As die konfyt te vinnig kook, bly dit liggroen van kleur, die gewenste kleur is goudgeel of effens bruingoud. Die donkerbruin kleur word verkry deur die konfyt een of twee keer ornag in die stroop te laad koud word.
Om die konfyt brosser te kry kan ½ telepel fyn aluin by die stroop gesit word waarin die skil opkook of ‘n stukkie so groot soos ‘n ertjie. Moenie te veel insit nie, dit sal die skil hard maak.

* lekker vir later*

Christabel Garisch
Sny maketaan in 3 stukke, skil ‘n stik, steek buitekant vol gaaitjies VOOR JY DIT UITHOL! Hol nou uit, steek binnekant en dan sny jy ring, steek kant van ringe en dan sny jy blokkies. Ek steek dan die kant van elke Blokkie. Dis regtig BAIE makliker om so te verwerk.

Foto: Christabel Garisch

Cheryl Van Blerk
Jy druk jou gaatjies en laat le dit daar in, so uur haal uit en kook in stroop

Petré Van Jaarsveld
Weet net dat dit in kalkwater moet lê.. nog nooit gehoor van aluin wat bygevoeg word wanneer dit gekook word nie. Word dit nie maar soos maketaan gekook nie?

Petro Borchard
Dit wat ek kan opspoor, spoel jy die stukke af nadat dit in die aluin water gelê het. Die moderne neiging blyk om Pickling Crisp te gebruik in Amerika. Weet nie of mens dit hier kry nie

Marius de Beer
Moderne Waatlemoenkonfyt
Gooi kookwater oor skille en laat oornag staan. Kook dan 2.5 koppies vrugte met 15 ml gebluste kalk tot deuskynend. Dreineer. Kook suiker in skoonwater en suurlemoensap met 2ml sout en gemmer as jy wil. kook Vrugte tot stoop dik is en geniet.
Ja jy kook dit in genoeg water om die stukke te bedek saam met die kalk. As dit deurskynend is dreineer jy die kalk water en kook dan normaalweg soos altyd. Een eenheid vrugte op een en n half eenheid suiker. Vul met water tot net tot alles bedek is en kook tot stroop dik is.

Katryntji Nell
Sover as my kennis strek sny blokke prik met n vurk reg rondom blokkie en los oornag in aluin poeier dit maak blokkie stewig dat dit nie pap kook nie.

Fred Oberholzer
Laat die geprikte blokkies oornag in kalkwater om dit stewig te maak. Voeg die aluin poeier by die stroop om dit blink te maak. Dit het geen ander doel nie. Doen dieselfde met koeksusterstroop om dit blink te maak.
Dit is hoe dit werk. My ma het baie konfyt gekook en duisende dosyne koeksisters gebak. Aluin is die geheim vir die blink stroop en blink koeksisters.

Kate Jacobs
Ek myne vir 24 uur in kalkwater laat le,nadat dit gesny en alkante goed geprik is,haal na 24 uur uit spoel paar keer met skoon water af en laat kook in die stroop,tot sag en krakerig,ek toets dit met n tandestokkie.

Katryntji Nell
Gooi net bietjie kremetart of suurlemoensap by kook purposes want veral stukke geniet tot sandsuiker as dit te lank op rak staan.

Petré Van Jaarsveld
Sjoe.. Al wat ek weet…. die stukke moet in kalkwater le vir n dag of 2. Glyserine word by die stroop gegooi om die produk mooi te laat blink…. net soos vir koeksisters. Aluin word gebruik om te suig of te gorrel wanneer jy mangelontsteking het. Aluin het n erge frank smaak wat die mangels laat krimp.. lol

Fred Oberholzer
Jy gebruik n baie klein hoeveelheid volgens die resep. Het grootgeword daarmee in konfyt en in die koeksisterstroop

Johanna Vermaak
Het baie jare waatlemoenstukke…maketaan, gekook..laat le oornag in kalk…dis om dit ferm te hou….spoel deglik af kook in stroop….dan, dan voeg ek glyserien en suurlemoensap by om dit blink en versuikering te verhoed. Dit werk vir my…

Annatjie Cooper
Waatlemoenstukke word oornag in geblusde kalk gele na hulle goed gepruk is was volgende oggend goed af dan kook jy hulle eers in water sag dan word dit afgeweeg maak jou stroop aan 1kg vir 1 kg vrugte en 3koppies water en heelgemmer wat gekerf is n paar suurlemoen skywe so3.
Dan kookjy hulle indiestroop tot deurskynend bruinerige kleur en ekkook ook n ekstra pot stroop om bottels goed tevul as stroop in kookpot te min is
As jy nie gemmer in wilsit vervang met kaneelstokkenet so lekker




WAATLEMOEN EN PYNAPPEL KONSERF

waatlemoen en pynappel konfyttested

WAATLEMOEN EN PYNAPPEL KONSERF
Sny ‘n ferm waatlemoen in skywe op. Skil die groen buiteskil dun af en sny die vleis met pitte uit. Maal die binneskil en oorblywende vleis fyn. Weeg die hoevelheid gemaalde waatlemoen.
Voeg 125 ml water by elke 1 kg gemaalde waatlemoen en kook dit tot sag.
Dreineer dit goed.
Gebruik vir elke 1 kg gemaalde waatlemoen 1 kg suiker,
500 g gerasperde, geskilde pynappel en 60 ml suurlemoensap.
‘n knoets gekneusde gedroogde gemmerwortel wat in kaasdoek toegebind is
en ‘n knippie sout.
Verhit die suiker tot louwarm in die oond. Voeg dit saam met die pynappel, suurlemoensap, gemmer en sout by die waatlemoen. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook dit matig vinnig tot dik en helder en roer af en toe. Skuim die konserf af, indien nodig. Verwyder die gemmersakkie, bottel die konserf warm en verseel dadelik.

*Lekker vir later*
Foto:  Ellen Minnie