HEERLIKE ANYSBESKUIT

ANYSBESKUIT, KERRIEKOOL cecelia
HEERLIKE ANYSBESKUIT
(Lewer 65 beskuite)
8 koppies koekmeel
sout
40 ml bakpoeier
2 koppies suiker
4 pakkies anys
400 ml botter
4 eiers
300 ml melk
Sif al die droë bestanddele saam en voeg die anys by. Vryf botter met hande in die meelmengsel in.
Klits eiers en melk saam en meng met droë bestanddele.
Druk in beskuit pan. Sny met snyer en bak vir 60 min by 180ºC.
Resep: Benhet Nieuwenhuis.
Foto: Cecilia Woest Hunwick




GEBOTTELDE KERRIEKOOL

kerriekool sarietested
GEBOTTELDE KERRIEKOOL
Snipper kool fyn, kook saam:
2 kg kool
1 kg uie
1 eetlepel sout
Kook vir 30 min in genoeg water om kool te bedek.
Dreineer kool deur ‘n sif en voeg by die volgende stroop wat net gekook het.
3 koppies asyn
2 koppies suiker
3 eetlepels maizena
2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 desert lepel mosterd (12.5 ml)
Kook weer kool en stroop vir 5 min saam. Bottel kokend.
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Sarie Uys Brits




OLYFBROOD MET TAMATIES

olyf brood cecilia

OLYFBROOD MET TAMATIES
950 ml koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g pakkie kits droëgis
45 ml olyfolie
280 ml lou water
20 ml vars roosmaryn, gekap
growwe sout
100 g songedroogde tamaties in olyfolie
Voorverhit oond tot 230ºC. Dreineer tamaties in kap in stukkies. Sif koekmeel en sout saam in warm mengbak en voeg gis by. Meng olyfolie met water. Voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg verkry word. Plaas op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie vir 10 minute. Vorm tot ‘n bal, plaas in gesmeerde bak en bedek met kleef plastiek. Laat deeg rys tot dubbele volume-sowat 1 uur. Knie deeg af en voeg tamaties en roosmaryn by. Vorm deeg tot ovaal vorm. Plaas deeg op gesmeerde bakplaat, bedek met kleefplastiek en laat weer vir 45 minute op warm plek rys. Bestryk brood met water en strooi growwe sout oor. Bak vir 12 minute, verminder temperatuur tot 190ºC en bak vir nog 10-15 minute. Verwyder van bakplaat en laat afkoel.

Resep: Elizabeth De Jongh Oliphant
Foto: CeciliaWoest Hunwick




CECILIA SE KERRIEBOONTJIES

kerriebone cecilia
CECILIA SE KERRIEBOONTJIES
2 kg gekerfde boontjies
1 kg gekerfde uie
2 gelyk geskraapte teelepels sout
Kook 10 min in stoompot:
1 bottel asyn (750 ml)
3 koppie suiker
2 gelyk geskraapte teelepels kerrie
2 hoogvol eetlepels Maizena

Kook asyn en suiker saam.
Maak pasta van Maizena en kerrie. Roer in kokende mengsel. Giet oor bone.
Kook 5 minute. Bottel warm.
Foto: Cecilia Woest Hunwick




SPINASIETERT MET PROVITA KORS

spinasietert ceclilia
SPINASIETERT MET PROVITA KORS
Genoeg vir 8 tot 10 persone
Kors:
60 ml (60 g) botter gesmelt
170 ml (90 g) provita beskuitjies gekrummel
100 ml cheddarkaas gerasper
Vulsel:
125 g gesnipperde swoerdlose spek
2 preie in dun skyfies gesny
600 g vars spinasie wit stingel gedeeltes verwyder
250 g roomkaas
6 groot eiers geklits
250 ml suurroom
1½ sirkel feta kaas gekrummel
125 ml parmesaan kaas gerasper
Sout en peper na smaak
Maak die kors:
Meng die botter, koekiekrummels en chedarskaas in n mengbak. Voer n pan uit met die mengsel en sit in die yskas tot benodig.
Maak die vulsel:
Braai die spek in hulle eie vet tot net voordit begin bros raak. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Braai die preie in dieselfde pan oor matige hitte tot sag, Voeg bietjie botter by indien nodig. Meng die preie en spek en laat die mengsel afkoel.
Was die spinasie goed en dreineer dit. Sit die een helfte van die spinasie net so in n groot kastrol oor magite hitte en roer totdat dit begin sag word. Herhaal met die res van die spinasie. Dreineer die gaar spinasie en druk die oortollige vog met jou hande uit sodra dit afgekoel het. Kap dit fyn.
Klits die roomkaas, eiers en suurrom tot glad, roer die feta kaas by. Gooi die spinasie, spek en preimengsel en die helfte van die parmesaan by. Geur met sout en peper.
Skep die mengsel in die voorbereider kors en bak tot goudbruin en gaar. Laat die tert vir 10 min staan voordat jy dit sny. Strooi die oorblywende parmesaan kaas oor en sit voor!!

Resep: Cecilia Woest Hunwick




KAAS-EN-UIEBROOD

kaas en uie broodjie benhet
KAAS-EN-UIEBROOD
500 g bruismeel
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
150 g gerasperde cheddarkaas
1 ekstra-groot eier
500 ml (2 koppies) karringmelk
Voorverhit oond tot 180°C en smeer n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesoppoeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g van die kaas by en meng goed. Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed. Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of totdat n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom. Sit voor met kaas en konfyt.
Foto:  Benhet Niewenhuis




BISCOTTI

biscotti brunhilda
BISCOTTI
2 eiers
1 k strooi suiker
1 + 2/3k meel
Bg is basis bestanddele
Voeg jou geurmiddels by:
1 e gerasperde lemoenskil
1 k cranberries
Of
1 k klapper
1 k gekapte makadamias
Stel Oond op 180 C
Klits eiers en suiker saam tot dik en skuimerig.
Voeg meel en geurmiddels by.
Meng tot bymekaar kom.
Gooi uit op meel gestrooide oppervlak en meng goed en vorm twee “logs”
Plaas in pan en bak vir +- 25 min
Laat effe afkoel sny op n skuinste en droog uit in oond verdere 25 min.
Vinnig maklik en heerlik
Resep en foto:  Brunhilda Venter




DENNINGVLEIS

tested
DENNINGVLEIS
Denningvleis het die Maleiers vir ons gegee. Die woord beteken gegeurde vleis. As jy nie tamaryn in die hande kan kry nie, kan jy ‘n bietjie suurlemoensap of ‘n kwartkoppie asyn gebruik. Maar tamaryn is eintlik die regte ding.
12.5 ml skaapvet
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie, in ringe gesny
10 ml suiker
1 kg dunrib of boudvleis (skaap)
4 kruie naeltjies
4 wonderpeperkorrels
2 lourierblare
sout en peper
raspertjie neutmuskaat
125 ml water
2.5 ml tamaryn
nog 125 ml water

Smelt die skaapvet in ‘n swaarboomkastrol. Voeg die knoffelhuisies en die uie daarby.
Strooi suiker oor en smoor so in die pan tot die uie goudkleurig is. Skep uit en sit die vleis in die kastrol.
Die vleis moet in stukkies gesny wees. Braai dit ook tot dit begin verkleur.
Voeg nou die kruie naeltjies, wonderpeperkorrels, lourierblare, sout, peper en ‘n raspertjie neut by die vleis en skep die uie en knoffel terug in die pot.
Voeg 125 ml water by, sit die deksel op en stowe die vleis tot sag. Dit neem ongeveer 1 tot 1½ uur.
Week intussen die tamaryn in die orige 125 ml water. Syg die water deur ‘n fyn sif en voeg dit by die vleis.
Laat weer stowe, net so ‘n rukkie om die geure goed te meng, en sit voor met rys of gekookte aartappels.

Geplaas deur Berie Smith
Foto: Elsa Van Antwerpen Kleinhans




MAYONNAISE SLAAISOUS


MAYONNAISE SLAAISOUS

1 kop cross & blackwell mayonnaise.moet c&b wees.
1 kop suiker,
3/4 kop olie
3/4kop asyn
1 eetl mixed herbs
1/2 tl sout
meng alles saam en hou in yskas

RESEP: Elaine Ackerman




HULETTS SWEET CHILLI SAUCE


HULETTS SWEET CHILLI SAUCE
1 onion, finely chopped
1 garlic cloves, crushed
2 – 3 Jalapeño chillies, deseeded and chopped
5 ml (1 tsp) olive 0il
1 tablespoon tomato paste
85 ml (⅓ cup) vinegar
165 ml (⅔ cup) white sugar
85 ml (⅓ cup) water
10 ml (2 tsp) cornflour
2.5 ml salt

Fry the onion, garlic and chillies in the olive oil until the onion is soft.
Stir in the tomato, vinegar and sugar. Simmer for a few minutes.
Combine the water and cornflour and add, stirring until sauce thickens.
Bottle in clean bottle and enjoy.
Photo and note:  Elize Senior Wolvaardt
Baie dankie, ek die “Huletts sweet chilli sauce” bietjie aangepas. En het ‘n heerlike sous gemaak.
Effens van ‘n byt, maar nie te erg nie… lekker geurig, een bottel en ‘n proesel uitgekry. Baie dankie!