GIDEON SE POTBROOD EN WORSGEREG

gideon se worsgeregtested

GIDEON SE POTBROOD EN WORSGEREG

Eindelik my vrou oorreed om sover te kom ommie reseppie te gee x mos rekenaar gestremd.
4 x 250ml koekmeel
halwe teelepel sout
10 gr droë kitsgis
1 eeetlepel suiker
2 eetlepels kookolie
400 ml louwarm water
1 geklitste eier

Sif meel en sout saam voeg suiker en gis by en meng ,voeg olie en water by om ‘n sagte deeg te vorm ,
Knie deeg tot glad en nie meer klewerig nie bedek en plaas in geoliede bak en laat op ‘n warm plek rys tot dubbel in volume.
Knie af en vorm ‘n bal met die deeg, plaas in gesmeerde pot, smeer deeg met geklitste eier. Plaas pot op ligte kole asook kole bo op deksel bak so +- 20min.
Plaas jou gunsteling pakkie wors bo op brood en bak nog so 20 -25 min. en siedaar !!?

Gideon Louw
Sorrie julle ek sien nou eers die vraag neeeee ek het nie die wors vooraf gaar gemaak nie, maar eers die brood ‘n rukkie gebak totdat die deeg styf is en toe die wors opgesit met bietjie meer kole op die deksel !

Foto en idee:  Gideon Louw




“FOOLPROOF” PANNEKOEK

pannekoek van dine

“FOOLPROOF” PANNEKOEK
My pannekoek resep is foolproof.
4 koppies koekmeel
4 koppies melk
4 eiers
2 koppies water
2 eetlepels olie
so bietjie sout

Die olie in die deeg beteken jy hoef niks in die pan te sit nie. As die deeg bietjie te dik is, gooi ek net extra water by.
Bak in ‘n warm pan.
Resep deur Lara Maria Botha




STUFFED BEEF FILLET

STUFFED BEEF FILLET
(serves 6)
1.5 kg beef fillet, trimmed
Salt and black pepper
2 tablespoons melted butter (I substituted olive oil)
For the stuffing:
100 g canned smoked oysters or smoked mussles
3 tablespoons fresh breadcrumbs
3 tablespoons fresh parsley, chopped
½ teaspoon dried thyme (I also added ½ tsp rosemary)
Salt and black pepper
2 tablespoons melted butter
1 small onion, chopped
1 clove garlic, chopped
2 tablespoons dry sherry
3 tablespoons sour cream

Make the stuffing first. Melt the butter (or heat the oil)  sautée the onion and garlic. Combine the oysters, breadcrumbs, parsley, thyme, salt and pepper. Add the onion, garlic (together with the oil/butter in the pan), sour cream and sherry and mix well.
Make an incision to create a pocket down one side of the fillet leaving, the 2 ends closed if possible. Alternatively, use a sharpening steel to make a hole down the middle of the fillet. Stuff the meat.
Using a needle and thread, sew up the opening if the meat has been cut and tie with string to keep in shape. Season lightly and brush with melted butter.
Prepare an indirect fire and fit a foil drip tray between the coals. Place meat in a roast holder (we didn’t have one – not really necessary) and position it on the grid over the drip pan.
Cover the kettle and cook for 25-30 minutes, depending on the degree of rareness required. Cover with foil ans allow to rest for 5-10 minutes before carving.
Recipe: Kevin Pearson




KOOK EN GENIET – PANNEKOEK

pannekoek behettested
KOOK EN GENIET – PANNEKOEK
1 koppie koekmeel
½ teelepel sout
1 koppie melk
1 of 2 eiers
¼ teelepel bakpoeier

Meng die meel, die bakpoeier en die sout en voeg eers ‘n klein bietjie hoeveelheid melk by.
Roer tot dit glad is en daar geen klontjies in is nie. Voeg geleidelik die orige melk by.
Klits die eiers goed en voeg dit by en klop daarna die mengsel baie goed.
Skep bietjies-bietjies in ‘n warm, gesmeerde braaipan en bak dit aan albei kante ligbruin.
Strooi kaneelsuiker oor elke pannekoek en rol dit op.
Dien dit warm op met ‘n skyfie suurlemoen.

LW:  As die mengsel ‘n paar uur staan voordat dit gebruik word, sal die pannekoek ligter wees.
Pannekoek kan ook met stroop of heuning in plaas van kaneelsuiker bedien word.
Die resep is voldoende vir 8 tot 10 middelmatige groot pannekoeke.
Resep geplaas deur Jeanette Kotze
Foto: Benhet Nieuwenhuis




FLORAINE SE KOEKSISTERS

koeksisters floraine
FLORAINE SE KOEKSISTERS

4 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
1 groot eetlepel Holsum
1 eier
250 ml water
250 ml melk
Vryf Holsum in droë bestandele in. Meng eier in melk, voeg by, dan water, maak aan tot elastiese deeg, nie te slap nie. Laat rus 1 uur. Rol uit en vleg. Braai in kookolie tot bruin. Dreineer en dompel in yskoue stroop.
STROOP
5 koppies water
8 koppies suiker
1 suurlemoen in skyfies
Kook al die stroopbestanddele saam 10 – 15 min. met toe deksel.
Voeg 2,5 ml sout en 2,5 ml kremetart by sodra dit begin kook.
Verkoel oornag.
ENJOY!

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




SOSATIESOUS

vark sosaties - floraine
SOSATIESOUS
Rsep en foto: Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
4 groot gekapte uie, in botter gebraai tot ligbruin
375 ml water
40 ml kerriepoeier
45 ml braaivleisspeserye
250 ml fyn appelkooskonfyt
1 liter bruin asyn
375 ml vrugteblatjang
15 ml sout
75 ml bruinsuiker
75 ml fyn koljander

Voeg water by uie, bring tot kookpunt, meng res van bestandele met asyn en voeg by.
Kook 15 – 20 minute.
Laat afkoel en giet oor vleis.
Marineer vleis vir 48 uur in koelkas
Ryg op stokkies en ENJOY!
Hierdie sous werk vir bees, vark en lam, asook hoender.




TUNA-AANDETE IN MIKROGOLF

FLR BB Yummy
TUNA-AANDETE IN MIKROGOLF

1 blik tuna
4 snye witbroodkrummels
375 ml cheddarkaas, gerasper
1 groot ui, gekap
2 eiers, geklits
2 eetlepels margarien
sout
rooipeper na smaak
kaas aromat vir bo-oor

Mikrogolf uie, brood en melk in botter vir 5 min by 100% krag.
Meng tuna, 200 ml kaas, eiers en geurmiddels, meng dit dan met broodkrummelmengsel.
Mikrogolf 10 minute by 100% krag.
Strooi res van kaas en aromat oor. Bedien met advokadopeerslaai. ENJOY!

Floraine Wasserman Venter




JACO SE PANNEKOEK

pannekoek kook en geniettested
JACO SE PANNEKOEK
3 koppies koekmeel
1 koppie melk
2 en ‘n bietjie koppies water
1 teelepel bakpoeier
3 eiers
olie in deeg

Meng bogenoemde saam tot ‘n gladde deeg.
Temperatuur op medium hitte, bietjie olie in pan. Maak 21 dun pannekoeke. Ek sit die pannekoeke in ‘n warm oond van so 110°C na ek klaar gebak het. Maak dit sag en weer mooi warm.
Foto en resep:  Jaco Bester




NATHALIE SE KERRIE NOEDELSLAAI

2015-11-28-kerrienoedelslaaitested

NATHALIE SE KERRIE NOEDELSLAAI
1 pak noedels van eie keuse
1 blik kondensmelk (kan vervang word met tangy mayonaise en 150g suiker gemeng)
1 blik tamatiepuree
25 ml kerriepoeier na smaak
bietjie olie
ertjies
mielies(as gevriesde kook saam met noedels)
klein uitjies
agurkies
soetrissies gesny in blokkies
sout en peper en pietersielie
Kook noedels(as jy n lekker alternatief vir sout wil he kook jou noedels met ‘n blokkie chickenstock blok net tot amper gaar en dreineer, spoe laf met koud water en voeg bietjie olie by sodat dit nie gaan plak nie, laat afkoel.
Meng solank die kondensmelk, tamatiepuree, sout, peper, kerrie en as gewens bietjie peri-peri.
Meng nou die (blikkie) mielies en ertjies of gevriesde saam gekook met noedels. Agurkies en uitjies en soetrusies saam. Sit in koelkas vir 2 ure of oornag, roer gereeld om die smaak mooi in al die noedels in te laat trek. Net voor bediening versier met n bietjie pietersielie!

BRON: Nathalie Jessica Koekemoer
FOTO: Ronel Malan




CECILIA SE APPELTERT

apple crumble Ceciliatested
CECILIA SE APPELTERT
KORS:
500 ml ongesifte koekmeelblom
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 ml sout
250 g margarine
VULSEL
1 blik onversoete tertappels fyngekap (385 g)
125 ml suiker
125 ml koekmengsel-droëvrugte
2 ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
Knypie sout
1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water

Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed

RESEP EN FOTO: Celilia Woest Hunwick