MEXIKAANSE DISSE

mexikaanse disse - elsa

MEXIKAANSE DISSE
Hoendervlerkies
1 Pakkie Chili Bite Mix
Kook hoendervlerkies vir 5 min in soutwater
Laat effens afkoel en skud in Chili bite mengsel
Diepbraai tot goudbruin

Refried Beans
Blikkie Bone in Tamatiesous
1 ui, fyngekap
Vars tiemie takkie
Lourier blaar
1 rooi brandrissie, pitte verwder en fyn gekap
3 eetlepels Olyfolie
2 teelepels fyn komyn
85 g cheddar gerasper

Verhit olie in swaarboompad en braai 10 min
Voeg komyn by en braai 2 min en roer
Voeg bone, lourierblaar en tiemietakkie by en prut tot dik
Voeg kaas by en roer

Guacamole
2 ryp avos, geskil en fyngemaak
1 tamatie, fyn gekap
2 eetlepels fyn koljanderblare
1 eetlepe grasui, fyn gekap
1/2 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
Sap van 1/2 suurlemoen
1 teelepel sout

Meng alles saam

Salsa
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 rooi soetrissie in klein blokkies
1 huisie knoffel, fyn gesny
1 – 2 fyngekapte gebottelde jalapeno rissie
4 grasuie, fyn gekap
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel fyngekapte koljanderblare
Sout

Meng alles goed saam

Doen alle voorbereidings en bak Enchilladas net voor opdiening, diepbraai hoendervlerkies en braai Quesadillas…
Skep ook suurroom in ‘n bakkie om saam te bedien

Hoop julle geniet dit !!!

ELSA VAN ASTWERPEN KLEINHANS




ELSA SE BEESVLEIS ENCHILLADAS

beef encilladas elsa
ELSA SE BEESVLEIS ENCHILLADAS
Resep en foto:  Elsa van Antwerpen Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
2 eetlepels olyfolie
2 groot uie dun gesny
550 g maer beesvleis in repies of gemaal
1 eetlepels fyn komyn
1 teelepel cayenne peper
1 teelepel paprika
sout en peper
8 sagte meel tortillas
1 bottel Tacosous, verdun indien nodig
225 g gerasperde Cheddar kaas

Verhit oond tot 180 ºC.
Smeer ‘n groot reghoekige oondbak.
Verhit pan op stoof en braai uie tot deurskynend.
Haal uit en hou eenkant.
Vermeerder hitte, voeg vleis by en braai vir 2-3 min.
Verminder hitte, voeg die speserye, sout en peper by en roerbraai vir 2 min.
Plaas Tacosous in vlak ronde bak en sleep tortilla daardeur.
Skep bietjie vleis in die middel van elke tortilla, sit bietjie uie bo-op en rol op.
Plaas die opgerolde tortilla’s soomkant onder in die bak, giet die res van die Tacosous bo-oor en strooi kaas oor.
Bak vir 30 min.

 




GREEN PAPAYA CHUTNEY

green papaja chutney

GREEN PAPAYA CHUTNEY
6 cups green papaya, peeled and cut into 1-inch cubes
2 cups finely chopped onion
1 cup seedless raisins
4 cloves garlic, chopped
6 fresh hot red peppers, seeded and chopped
4 red or green bell peppers, seeded and chopped
¼ cup ginger root, finely grated
½ teaspoon allspice
2 cups tomatoes, peeled and chopped
1 Tablespoon salt
2 cups vinegar
2 ½ cups sugar
Put all ingredients except sugar into a large pan, bring to boil
Lower heat and simmer for 30 minutes
Add sugar and cook uncovered, stirring from time to time until mixture is thick, about 45 minutes
Process and seal in canning jars while still hot
Like all chutneys, this one is a little better if you let it age for a few months before using it. Chutney is generally used as a condiment or a sauce. Mix a bit of it in sour cream or yogurt and you have a good dip to go with your munchies. When you’re down to poverty rations, a bit of chutney with your plain rice turns bland refugee fare into a South Asian delicacy.

Resep geplaas en foto:  Wilna Dorfling Ek’t hierdie op die internet gekry ,
contributed by Robin H.

 




LIPLEKKER MIKROGOLF FUDGE

mikrogolf fudge Patriciatested

LIPLEKKER MIKROGOLF FUDGE
(maak sowat 36 lippe-aflek-stukkies)
125 g botter, gesmelt
2 koppies strooisuiker
1 blik kondensmelk (397g)
1 teelepel vanilla-ekstrak

Meng botter en strooisuiker in  mikrogolfbak. Voeg kondensmelk by sonder om te roer. Mikrogolf 10 minute op hoog (stop elke een minuut om te roer – jy begin dus eers na een minuut se mikrogolfhitte roer en herhaal die proses 10 keer of totdat dit goudbruin is. Laat effens afkoel en klop met  houtlepel totdat die fudge begin ferm word. Skep uit in ‘n vierkantige bak wat met waspapier uitgevoer is en laat stol voordat jy dit in happies sny.

Gebruik ‘n baie groot, diep bak om te voorkom dat dit oorkook in mikrogolf. Hou goed dop! Ek het die resep vorige week gemaak.

Dis heerlik!
Marieta Matthews




CUCUMBER MOUSSE/SALAD

 

CUCUMBER MOUSSE/SALAD

I’ve only made the cucumber mousse, but I’m sure you can make the pineapple exactly the same way (just use yellow jelly)
1 Pckt Green jelly (I use greengage)
250ml Mayonnaise (I use Crosse&Blackwell)
190ml Boiling water
65ml Lemon concentrate
250ml Grated cucumber
Half onion – grated
Salt
Put grated cucumber in sieve for a few minutes to
drain as much of the juices as possible. Dissolve
jelly in the boiling water. Add lemon concentrate
and grated onion and place in fridge until semi set.
Fold in mayo, salt and cucumber very last. Pour into
Ring mould and place back in fridge till set. Turn
Mousse/salad out on plate and serve

Goldie Norval




KRAKERIGE GEBRAAIDE AARTAPPELS

gebraaide aartappels

Kook die aartappels, dreineer die water en gooi die olie in die pot en sit nou eers die stoofplaat aan… skil die warm aartapelles en sny die aartappel net effens met die mes en breek dit dan verder oop met ‘n vurk, sit die warm aartappels in die koue olie, die hitte van die aartappels sal die olie geleidelik laat warm word en dis hoe jy die lekkerste, krakerige aartappel met die sagte binnekante kry



Peanut Butter and Chocolate Puffs

FLR BB Yummy

Peanut Butter and Chocolate Puffs

Makes 12 cookies
24 chocolate wafer cookies — divided
1/4 cup smooth peanut butter
12 large marshmallows
Spread each of the bottoms of 12 cookies with 1 teaspoon of the peanut butter, set aside.
On a large, microwave-safe plate, arrange the remaining 12 cookies, bottom sides up. Top each cookie with a marshmallow. Microwave on HIGH for 10-12 seconds or until the marshmallows begin to puff. Remove from the microwave oven and immediately top with the remaining cookies, peanut butter side down.
Store the cookies on the plate, lightly covered with plastic wrap.




OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS

tested

OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS
Resep:  Louise Groenewald
Foto:  Ansie Vermeulen Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
Geelstert en Kabeljou is ideale keuses vir kerriesvis, maar enige ander wit vis soos stokvis is ook geskik.
2 kg vismootjies
sonneblomolie vir vlakbraai
3 groot uie, ringe gesny
2 eetlepels mielieblom (Maizena)
Kerriesous:
3 koppies bruin asyn
1 koppie bruin suiker
1 koppie water
2 huisies vars knoffel, fyngedruk
2 teelepels vars gemmer, fyngedruk
2 – 3 eetlepels kerriepoeier (sterk of matig, na gelang van smaak)
2 teelepels geroosterde rooi Masalapoeier
2 eetlepels borrie
1 eetlepel swart peperkorrels
1 groot ryp tamatie, pitte uitgedruk en fyngekap
2 teelepels sout
4 lourierblare

Was en sny die vis in porsies. (sit deeg om soos onder) Braai die visporsies in warm olie vir omtrent 3 minute aan elke kant, net tot gaar. Voeg al die kerriesous bestanddele in ‘n groot kastrol en bring stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos het. Voeg uieringe by, verlaag die hitte en bedek met deksel, prut vir 10 minute. Pak die vis en uie in lae in glashouers met skroefdeksels. Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die kerriesous en roer by die sous, kook tot die sous effens verdik. Giet die sous warm oor die vis en laat dit afkoel, skroef daarna die deksels styf op en plaas in die yskas. Laat staan die vis vir omtrent 3 dae om die geur te ontwikkel voor opdiening. Ek maak my vis altyd kleinerige hap grootte porsies, dis dan ook makliker om in die potjies te kry.
Vir die deeg om die vis:
My recipe is a cup of plain flour with a cup of water. Add 1 teaspoon of baking powder and a pinch of bicarb and salt. Leave to stand for about 20 minutes. Dip the fish portions in flour, shake it off and then dip in the mixture. Fry in hot oil (not too hot) for about 4 minutes on each side, depending on thickness of portions. You can add spices to the flour before dipping the portions.




SKELVIS MORNAY

tested
SKELVIS MORNAY
Hhhmm Haddock Morney… my gunsteling!
1 kg vars of bevrore skelvis
250 ml melk
1 lourierblaar
30 g botter
1 groot ui, gekap
Kaassous:
75 g botter
80 g koekmeel
160 g Cheddarkaas (beleë kaas is ideaal)
5 ml Aromat
vars gemaalde swartpeper
knippie Rooipeper
knippie droë mosterdpoeier
80 g Cheddarkaas
2 eetlepels gerasperde Parmesaankaas
2 eetlepels broodkrummels

Plaas vis in ‘n kastrol en bedek met die melk, voeg die lourierblaar by. Bring tot kookpunt en verwyder van hitte. Laat staan vir 15 minute, verwyder vis en vlok liggies, nie te fyn nie. Gooi die melk in ‘n maatbeker en vul dit aan met melk tot 450 ml. Braai intussen die gekapte ui liggies tot gaar, maar nie bruin nie. Maak die kaassous deur die botter te smelt en die meel by te voeg. Roer met ‘n draadklitser terwyl die melk bygevoeg word asook die geurmiddels. Verhoog hitte, bring tot kookpunt, verwyder van hitte as sous begin verdik. Roer die Cheddarkaas by die sous. Plaas die gevlokte vis asook die uie in ‘n oondvaste glas bak en gooi die kaassous bo-oor. Strooi die Cheddar-, Parmesaankaas en broodkrummels bo-oor. Plaas onder ‘n warm oondrooster en rooster tot goudbruin en borrelend. Bedien saam met aartappels in die skil en groen groentes.
Bron:  Louise Groenewald
Foto: Melissa Ann Vermeulen




KARRINGMELKBESKUIT MET EIERS

karringmelkbeskuit marie
KARRINGMELKBESKUIT MET EIERS
1,5 kg bruismeel ek vat een groot en ‘n klein pakkie
2 teelepel sout
2 koppies suiker
500 g botter
500 ml karringmelk
3 geklitste eiers

Meng al die droë bestanddele goed deur, smelt die botter, voeg karringmelk by en klits, voeg dan die eiers by. Meng alles saam tot ‘n ferm deeg, bak en droog uit op 180°C tot gaar so plus minus ‘n driekwart uur, toets met mes. Dit kan ook in bolletjies gerol en in ons boere beskuitpanne gebak word indien so verkies, maar onthou dit rys nie hoog nie.

Resep en foto:  Marie Rheeder Troskie