KOOLKAPOKAARTAPPELS

cabbage


4 groot aartappels – geskil en in blokke gesny
2,5 ml sout (½ tl)
klont botter
1 ui – fyngekap
1 ml knoffelsout
knypie droë pietersielie
½ kool – fyngekerf
60 ml volroommelk (4 el)
knypie rooipeper

Kook aartappels in kookwater tot net sag, dreineer.
Smelt botter in kastrol en braai ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
Voeg kool by en soteer tot kool sag is.
Voeg gekookte aartappels by kool in kastrol, asook melk en rooipeper.
Druk aartappels en kool redelik fyn met aartappeldrukker.

Heiner Lange




HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS

tested
HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS
BRON: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie sous is genoeg vir 8 tot tien mense.
8 tot 10 groot uie, opgesny in ringe
300 ml mayonaise
300 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
150 ml blatjang
knippie gemmer, opsioneel
50 ml asyn
50 ml appelkoos konfyt
kerrie
borrie
sout na smaak

Smoor die uie tot halfgaar, gooi al bogenoemde bestanddele by die uie en laat dit stadig prut tot die sous lekker dik word.
Spice jou ontdooide tjops of hoender klaar.
Laat die sous afkoel en pak jou vleis en die wors in die braaikasserol – laag vir laag met die sous tussenin en bo-oor.
Hoe langer die vleis in hierdie sousie staan, hoe lekkerder is dit. Laat dit vir ten minste 12 ure staan.
Bak nou vir jou ‘n potbrood en sny dit in dik hompe. Wanneer die vleis klaar gebraai is sit jy dit terug in die sous en hou dit warm oor matige hitte. Oppas, moenie die kerrie laat aanbrand nie.
Hou jou tjops eenkant vir later.
Nou begin die sports!
Skep daai kerrie uiesous oor die brood en geniet dit. Sorg dat jy staan, want daai sous GAAN drup! Geniet dit!




HEERLIKE SOSATIESOUS

vark sosaties - floraine
HEERLIKE SOSATIESOUS

Ek maak altyd ‘n sosatiesous, dit gee ‘n heerlike smaak aan die tjops.
2 eetlepels kerrie
1 – 2 eetlepels bruinsuiker
peper en sout na smaak
2 koppie asyn (ek gebruik bruin druiwe asyn)
1 koppie water
1 – 2 eetlepels maizena
3 fyngesnyde uie
2 – 3 eetlepels botter
6 fyn gesnyde lemoenblare

Meng suiker, sout, peper, asyn en water, asook lemoenblare. Braai uie in botter en sprinkel kerrie daaroor.
Voeg die vloeibaremengsel by die gebraaide uie en kerrie.
Verdik met bietjie maizena. Haal af van hitte en laat afkoel.
Meng goed en plaas die tjops daarin.
Laat 24 – 36 uur in hierdie sousmengsel (As jy sosaties wil maak, laat die blokkies lamsboudvleis en blokkies stertvet/spek in die sous lê.)
Ryg dit na die marineertydperk op stokkies wat ‘n dag lank in water gelê het, en braai dit).
Geniet dit!
(Sosaties MOENIE met swak vleis gemaak word nie. Mens moet goeie gehalte vleis gebruik!)
Resep en foto:  Retha-Jane Duvenhage Buys




LEKKER KOOLGEREG

cabbage

Kerf kool. (Ek sny dit sommer “skywe” dan is dit lekker repies kool).
Vat n groot pan en gooi bietjie olie en margarien in.
Braai stukkies spek (as jy wil) en gooi dan die kool by.
Roer af en toe.
Gooi sout en swartpeper oor.
Roerbraai dit tot party stukkies lekker donker raak en gaar is. Dis heerlik!

Dan het ek hier die tip gekry om bietjie feta kaas ook op einde by te smelt vir romerige tekstuur.
Baie lekker!

Heiner Lange
Erna Vd Merwe




CHINESE FIVE SPICE POWDER SEASONING MIX

chinese 5 spice

CHINESE FIVE SPICE POWDER SEASONING MIX
Make your own Chinese Five spice powder seasoning mix using either ground or whole spices.
1 teaspoon ground Szechwan pepper
1 teaspoon ground star anise
1¼ teaspoon ground fennel seeds
½ teaspoon ground cloves
½ teaspoon ground cinnamon
½ teaspoon salt
¼ teaspoon ground white pepper
Combine all ingredients in small airtight container. Store in a cool, dry place.

Posted by René McEvoy




KUDU-KRUISSKYF MET ‘N PORT-EN KUMKWATSOUS


KUDU-KRUISSKYF MET ‘N PORT-EN KUMKWATSOUS
Genoeg vir 4 persone
500 g kudu-kruisskyf, in 4 porsies gesny

Vir die marinade:
sap van 1 suurlemoen
5 vars tiemietakkies, blaartjies gestroop van takkies
¼ koppie olyfolie
¼ koppie port
varsgemaalde swartpeper, na smaak
½ teelepel wonderpeper

Vir die sous:
1 eetlepel botter
1 eetlepel olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffeltone, fyn gekap
½ teelepel fyn wonderpeper
100 g vars koemkwats, halveer en ontpit
2 eeetlepel bruinsuiker
3 vars tiemietakkies, blaartjies gestroop
¾ koppie gehalte rooiwyn
1 koppie gehalte hoenderaftreksel
75 ml port
sap van 1 vars lemoen

Maak eers die sous en braai dan die vleis ongeveer 15 minute voordat die sous reg is:
Verhit die botter en olie in ‘n klein kastrol oor medium hitte en braai die ui daarin tot deurskynend.
Voeg die koffel by en braai vir ‘n verdere 1 minuut.
Die res van die bestanddele kan dan bygevoeg word.
Prut vir ongeveer 40 minute of totdat die sous verdik het en die koemkwats sag is.

Vir die vleis:
Marineer die vleisporsies in die marinade oornag of vir ten minste 5 ure
Sodra die sous amper reg is, kan olyfolie in ‘n pan oor redelike hoë hitte verhit word en die vleis met die marinade kan dan versigtig daarin geplaas word en vir 7 minute aan elke kant gebraai word, of langer indien gaarder vleis verkies word.

Bedien saam met warm bros brood of romerige kapok-aartappels.

Rene Truter Wessels – Op Ontbytsake gewees. Klink lekker



WHOLE WHEAT PIZZA BASE

wholewheat pizza Anita
WHOLE WHEAT PIZZA BASE
1 package yeast
¼ cup warm water
1 cup bread flour
1¼ cups whole wheat flour
1 tsp salt
⅔ cup milk

Dissolve yeast in warm water, set aside to proof.
Combine flours and salt and mix.
If using a mixer add proofed yeast water and milk to flours and knead until dough is soft and smooth and a golf ball sized piece can be stretched without tearing.
If kneading by hand make a well in centre of flour and add proofed yeast water and milk.
Stir until a ball forms.
Stir dough out of bowl with a wooden soiin and knead on a floured surface until golf ball sized piece can be stretched without tearing.
Dough will be soft and smooth in either process.
Put dough in lightly oiled bowl and cover with a towel
Set aside in warm place and let rise until doubled.
Punch down and turn out of bowl and knead by hand for two minutes.
Roll out dough with rolling pin until you have a circle about 30 cm in diameter and 3 mm thick.
Place on oiled flat pizza pan.
Crimp edges of crust all the way around to form a lip to hold sauce.
Set aside in warm place and let rise slightly.
For a thin crust- let rise only for a few minutes.
For a thicker – crust let rise a little longer.
Remember crust will rise in oven.
Bake in 220 * Celsius oven top rack until crust is lightly brown.

Resep en foto:  Heiner Lange en Martha De Lange




PIZZA DEEG

frikkie se pizza bolaag
PIZZA DEEG

Ek maak die pizza vreeslik baie en is werklik lekker!
5 koppies koekmeel
10 ml sout
1 pers pakkie Anchor kits gis
Meng bogenoemde goed saam.
1 koppie kookwater
50 ml suiker
80 ml olyfolie

Voorverhitte oond tot 200°C.
Klits saam en voeg een koppie koue water by.
Voeg die lou warm oplossing by die droë bestandele.
Meng goed deur en knie tot dit nie meer aan hande vassit.
Sny in 4 ewe groot balle en rol uit op meelbestrooide oppervlak tot sirkels (dis jumbo) groot pitzas.
Meng een blikkie tamatie en uiesmoor met ‘n pakkie garlic and redwine.
Mikrogolf vir 2 minute tot dik. Smeer oor pizza en bak in meelbestrooide pizza pan.
Ek bak dit net so sonder ‘n vulsel. Bak eers al die basisse klaar.
Dan as hulle mooi liggeroosterde kleur kry, haal ek uit sit vulsel van keuse op en bak net tot die kaas gesmelt het.
Ek gebruik baie graag Tussers kaas eerder as mozzerella. Dis baie smaakliker en is ook n wit kaas.

BRON: Ancoise Strydom




PAPRIKA VARK EN BONE POT

PAPRIKA VARK EN BONE POT
Week oornag:
½  pakkie klein wit boontjies
½ pakkie spikkel droë boontjies
Braai in stioompot:
2 groot uie, gekerf
1 pakkie “bacon bits”
Voeg by:
± 1 kg varkvleis, in blokkies gesny (ek het varkrib gebruik)
2 lourierblare
2 teelepels hot smoked paprika
1 teelepel sweet paprika
Voeg later by:
1 blikkie gekapte tamaties
1 chorizo wors, geskil en in skyfies gesny
sout en peper na smaak

Plaas alles in stoompot met genoeg water om boontjies net toe te maak.  Stoom tot sag.
Voeg die tamaties en chorizo wors by.
Sout en peper na smaak en prut alles tot geure gemeng het en jy ‘n lekker dik bredie het.
Bedien saam met rys of vars brood en groen slaai.
Nota:
Die dis smaak natuurlik die volgende dag nog beter!
Resep en foto:  Alida Siebert




GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT

grenedella,spanspek ne pruim konfyttested
GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT
3 vars granadillas
3 groot geel pruime
‘n halwe papaja
Sny die vrugte in stukke en haal die granadilla vleis uit hulle doppe.
Weeg jou vrugte af en strooi dieselfde hoeveelheid suiker oor en laat staan dat dit stroop trek.
Wanneer daar nie meer suiker is nie, roer lekker deur en voeg so 15 ml suurlemoensap by,  kook in die mikrogolf,  5 min op ‘n keer vir ongeveer 15-20 min dit hang af van hoeveel vrugte jy gebruik het.
Doen die koue piering toets en bottel in warm voorbereide bottels wanneer jou stroop reg is.

Resep en foto: Rina Kleinhans