MOROCCAN SALTED LEMONS

gesoute suurlemoene

MOROCCAN SALTED LEMONS
Moroccan salted lemons sny dit oop soos in kwarte maar nie heeltemal deur nie, vat jou growWe sout en sout dit vreeslik goed in tot onder, doen elke een so en pak hulle in n sterilized bottel en pak hulle styf teen mekaar in.
seel die bottel en probeer so min as moontlik lug inlaat (air) laat staan vir omtrent n maand en gebruik in hoender en vis geregte en ook dit op gesny in slaaie.

HEERLIK.

Kathy Monteiro




ZEBRA STEW

food lovers 1


1 kg zebra meat, using topside
1 tablespoon flour
Good pinch of mixed herbs
1 lb. tomatoes, peeled
Salt and pepper
Pinch of celery salt
3 tablespoons oil
1 large onion
Pinch of paprika
1 cup stock or Knorr-Swiss onion soup
½ cup cream
Cut meat into stewing pieces, dip in seasoned flour and brown in oil. Add tomatoes, quartered and seeds removed, then the stock or soup and seasoning. Simmer until tender, depending on age of zebra. Just before serving add cream and a little red wine, if available


N.S=Dankie vir almal, ek het n potjie van hom gemaak en almal het hulle vingers afgelek.

Yvonne Gouws




DRIEHOEK MAASKAAS YSKASKOEK

DRIEHOEK MAASKAAS YSKASKOEK
250 g fyn maaskaas
125 g margarien
¾ koppie strooisuiker
1 eier (klits goed)
2 teelepels vanilla geursel
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 groot blok sjokolade met neute
kersies ( kyk maar hoeveel jy benodig)

Klits alles saam!

Pak beskuitjies in drie rye van 5 elk in foelie.
Smeer ‘n dun lagie van die mengsel bo-oor.
Pak nog ‘n laag beskuitjies.
Smeer oorblywende mengsel oor.
Plaas kersies presies in die middel in elke ry.
Vou toe in driehoek.
Plaas in vrieskas vir 4-5 ure.
Smelt sjokolade in’n dubbelkoker.(of in mikrogolf)
Smeer oor koek.
Plaas dit weer in yskas!

Lekker eet en geniet dit!
Resep: Linda Theron




TUISGEMAAKTE SOUSBONE

sousboontjies

TUISGEMAAKTE SOUSBONE
Week 1 kg bone oornag in kookwater. Water volgende dag af – as daar water is.
Kook dan in die prutpot of op die stoof met genoeg kookwater om bone te bedek.
Wanneer sag gekook, voeg by:
1 koppie suiker
1 koppie asyn
Paar draaie swartpeper
Laat goed deurkook.
Maak sous bietjie dikker met maizena wat met bietjie water aangemaak is. Kook goed deur.
Bottel  in voorbereide bottels en verseel dadelik!
Hoop julle eet net so lekker soos ons daaraan.

Resep: Elize Herholdt
Foto:  Rina Kleinhans




MA ALTA SE DOPPIES

DOPPIES
MA ALTA SE DOPPIES
3 koppies koekmeel
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
250 g magerien
2 eetlepel melk
2 eiers
Sif droë bestanddele goed saam, vryf magerien in die meelmengsel in.
Klits eiers en melksaam en meng liggies by die meelmengsel in.
Dis reg vir rol. Rol dun uit en plaas in klein kolwyntjie pannetjies, prik paar plekke met ‘n vurk. Bak 220ºC vir 15 min
Resep: Nicoliende de Waal

 




MARIETTE SE MAKLIKE RYSPOEDING


MARIETTE SE MAKLIKE RYSPOEDING
Ek het ‘n heerlike, ontsettend maklike ryspoeding resep.
Wanneer dit klaar gebak is, lê die rys in so ‘n lagie onder en dan is daar so lekker dik gebakte vla laag bo-op.
Jy kies self of jy kaneel of neutmuskaat wil gebruik in die resep!
Verhit saam in die mikrogolf tot net voor kookpunt en als gesmelt is:~
1 koppie gaar rys
1 koppie suiker
2 koppie melk
knippie sout
1 eetlepel botter (rondvol geskep)

Intussen klits jy saam tot skuimerig:~
6 eiers en 1 teelepel vanilla geursel.

Klits nou die eiermengsel by die warm rysmengsel in en giet dit in ‘n gesmeerde oondbak (krap die skuim ook alles in), sprinkel kaneel of neutmuskaat oor en bak 20-30minute by 180ºC.
Bedien met ‘n straaltjie room.
Resep:  Mariette Visser
Foto:  Chrisma Theart




KERRIESOUS-MARINADE

KERRIESOUS
KERRIESOUS-MARINADE
90 ml kookolie
90 ml asyn
120 ml tamatiesous
7 ml mosterd
7 ml borrie
10 ml kerriepoeier
2 uie fyn gekerf
5 ml knoffelvlokkies
70 ml appelkooskonfyt
5 ml sout
3 ml peper
Meng alles saam, giet oor die vleis en laat oornag marineer.
Jy kan die sous vir twee weke in potte in jou yskas hou.

BRON: Michelle Nel




SNOEK OF TUNA TERT

snoektert - marietested

SNOEK OF TUNA TERT

2 blikke tuna of gevlokte gaar snoek
2 kp melk
1 pakkie wit uiesop
1kp gerasperde kaas
1/2 kp mayonnaise
1 kp noedels of 2 pk 2min noodles ( prawn of hoender)
2 geklitste eiers
250ml room
Kook die noedels/2 min noodles volgend die intruksies op die pakkie
Meng alles goed en gooi in oond bak. Bak by 180 grade C vir ongeveer 40-50 min of tot gaar.

Vriendin Marie de Vries.




SNACKEL DOPPIE DEEG

snackel doppiestestedsnackle doppies leeg

SNACKEL DOPPIE DEEG
Resep: Marlene Minderon
Foto: Zelda Fouche en Magda Pieterse
FOOD LOVERSS RECIPES
1 eier
¾ koppie melk
¾ koppie water
knippie sout
rooipeper vir so klein brandsmaak
1 koppie koekmeel
genoeg kookolie

Meng mens net alles en sie daar. 
Dis amper soos pannekoek deeg. Ek sit partykeer pepperdew sout by en los die rooipeper.
Jou olie moet lekker warm wees, maar ook nie te warm en dan sit jy die snackle vorms in die olie sodat die vormpies lekker warm kan word. Ek het altyd ‘n vadoek aan die eenkant sodat ek die snackle vorm net so bietjie droogmaak aan die onderkant en dan druk ek dit in die mengsel, maar jou snackle vorm moet goed warm wees. As dit reg is val dit sommer self van snackle vorm af.

 

 




SNACKLE RESEP (OUTYDSE WAFEL YSTER)

SNACKLE

SNACKLE RESEP (OUTYDSE WAFEL YSTER)

1½ kop koekmeel
1 eier
1 tl bakpoeier
½ kop melk
1 kop water
sout en peper
Meng al die bestanddele saam.
MAAK YSTERTJIE BAIE WARM IN OLIE.
Druk in meelmengsel (bietjie dikker as pannekoek deeg) en dan weer terug in warm olie.
Braai tot ligbruin en dreineer op papier.

Heidi Rowe