MAKLIKSTE VRUGTEKOEK

vrugtekoeke opgetooitested

MAKLIKSTE VRUGTEKOEK

Hi Ek het die reseppie gekry, ek dink nie mens kry makliker nie;
1kg gemengde vrugte mengsel,
1kop lemoensap, (gebruik n soeter sap indien bang vir te suur)
1 kop brandewyn,
2 kop bruismeel.
Meng als, skep in gesmeerde koekpan, bak vir 2 ure in die onderste rak van jou oond teen 130 grade C, Haal uit en laat afkoel, maak toe met foelie en laat staan ten minste 2-3 dae voor sny

Resep:  Lizelle Lehman De Jager




STAATMAKER VRUGTEKOEK

tested

STAATMAKER VRUGTEKOEK
Beslag vir 1 x 22 cm pan
750 ml gemengde koekvrugte
125 ml verglansde kersies
125 ml gesniperde dadels
OF
1 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
250 ml suiker
5 ml koeksoda
125 ml botter
300 ml water

125 ml kookolie
5 ml gemengde speserye
10 ml kaneel
3 ml neut muskaat
500 ml gesifte koekmeel
5 ml sout
7,5 ml bakpoeier
2 geklitste eiers
5 ml rum geursel

Kook die vrugte, kersies, dadels, suiker, koeksoda, botter, olie en water vir 25 minute oor stadige hitte. Roer gedurig om te verhoed dat dit aanbrand. Verwyder van die hitte en laat ‘n rukkie afkoel.
Klits die eiers en voeg die geursel by. Hou eenkant
Sif al die droë bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by en meng, gooi nou die eiermengsel stadig by en meng baie deeglik. Skep die koekmengsel in ‘n gesmeerde koekvorm of kastrol wat uitgevoer met 3 lae baie goed gesmeerde bruinpapier en maak ‘n deksel van ‘n laag foelie om bo-oor die koekvorm vas te druk. Dit is noodsaaklik dat die pan deeglik met papier uitgevoer word, anders sal die vrugte brand. Bak die koek vir 1½ – 2 ure  in ‘n matige oond by 160º. Of tot toetspen skoon uitkom, die tyd sal afhang van die grote van die koek.

Gooi uit en laat afkoel, gooi proppie of twee brandewyn oor en laat staan. Maak toe met foil en bere, gee elke week weer  bietje brandewyn of sjerrie

Bak tenminste ‘n maand voor gebruik as jy wil he hy moet sommer lekker klam wees. Hou die hele tyd toe in foil en houer met  deksel.  Versier indien nodig na laaste toediening van brandewyn/sjerrie.

Foto en resep deur  Rina Kleinhans
2de foto deur Angela Woods Schubach.. beskrywing onderaan
I warmed up a mixture of apricot jam and brandy and brushed it onto the sides and top of the cake and then rolled the cake in a mixture of chopped almonds, pecans and walnuts
3de foto deur Adam Cloete  gebak in ‘n vierkantige koekblik..

HIERDIE BESLAG IS GENOEG VIR 3 x 18 cm KOEKE
1.5 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
375 ml suiker
7.5 ml koeksoda
200 ml botter
450 ml water
200 ml kookolie
7.5 ml gemengde speserye
15 ml kaneel
5 ml neut muskaat
750 ml gesifte koekmeel
7.5 ml sout
10 ml bakpoeier
3 geklitste eiers
7.5 ml rum geursel
VOLG BOGENOEMDE METODE

Nota:  Driena Pienaar  – Ek maak n stroop, ek vat ‘n koppie suiker, half koppie water, half koppie lemoensap, kook alles saam tot ‘n stroop en gooi dit oor die koek, ek gooi dit so twee keer oor voor die koek ge-eet word




KERRIE APPEL NAGEREG

KERRIE APPLE NAGEREG - Heidi Rowe
KERRIE APPEL NAGEREG
Ek het die puff pastry in die oond gebak en fyn gedruk.
Die appel het ek sag gestoom, toe fyngedruk en Kerrie, borrie Sout pepper en suiker bygeroer.
Die vla het ek gemaak, met Melk en Suiker…

In nagereg glas, laag fyn puff pastry, laag Kerrie Appel, laag vla, herhaal, versier met fyn snytjie Appel en stukkie puff pastry,

Appel en mint SHOT!
2 appels en handvol vars mint deur juicemaker gesit, in shotglasie, vars mint blaar ingesit en toe vrieskas toe..
Jy kan die shot net so drink ook sonder vries, of natuurlik biki vodka bygooi!
Die Appel-mint shot is baie verfrissend na die Kerrie.

KERRIE VIR NAGEREG??? Iets wat jy Moët probeer!!!!!

HEIDI ROWE




VLA EN APPELBALLETJIES

Vla en appelbolletjie - Rina
VLA EN APPELBALLETJIES
vars appels
suiker
kaneel
sout
vlapoeier/ suiker en melk
steranys en vars gemmerwortel
puff pastry

Skil die appels af en rol balletjies uit die appels uit.
Sit genoeg suiker en kaneel in ‘n pan met ‘n bietjie water (baie min) en ‘n bietjie sout.
Kook ‘n stroop, sodra die suiker opgelos is gooi die appelballetjies in en kook stadig tot die begin sag word, maar nie pap nie.
Skep uit die balletjies en kook die stroop verder tot dit bietjie dikker is.
Plaas die appelballetjies terug en laat staan eenkant.
Maak ‘n lekker dik vla:
Kook die melk met die steranys en stukkie vars gemmer, haal die anys en gemmer uit.
Maak die vlapoeier en suiker aan met bietjie water en meng in die melk in, laat deurkook tot lekker dik.
Sny die deeg in vierkante (2 per tertjie) druk nou ‘n sirkel uit een van die vierkante.
Smeer die onderste een met melk en sit die een met die gat bo-op. Verf met melk.
Pak op ‘n bakplaat, sit sommer die sirkel wat uitgedruk is ook op die plaat.
Bak vir ongeveer 12 – 15 min by 200°C tot net mooi bruin en uitgepof.
Wanneer bietjie afgekoel, skep van die vla in die gatjie, druk maar so bietjie af.
Sit dan een van die appelballetjies bo-op die vla en skep so bietjie van die karamelstroop oor.
Laat staan om heeltemal af te koel en versier met steranys.
Skep so bietjie vla en ekstra appelballetjies op die bord indien jy dit as nagereg bedien.

Foto en resep:  Rina Kleinhans




GIDEON SE OEPSIES

gideon se appel gereg

bestandele

Vla
Appels
Skilferkorsdeeg
metode :
vorm skilferkors deeg wat uitgerol is rondom voorwerp ( ekt drie eier bak ringe bo op mekaar geplaas ,
bak innie oond vooraf verwarm tot 180 grade vir +-25 minute,
verwyder eier ringe uit ronde gebakte deeg, plaas uitgeholde rou appel innie middel van gaar deeg en
vul met box vla drapeer ekstra vla op en rondom appel,
my dogter wat by ons kuier, het als opge eet, se dit was baie lekkr hehehehe !
Gideon Louw




KOFFIE KARAMEL PIZZA NAGEREG

koffie karamel pizza floraine
KOFFIE KARAMEL PIZZA NAGEREG

800 g Blaardeeg – Sny in 4 ewe groot blokke
Verf deeg met gesmelte melk.
Strooi elke blok met kaneelsuiker.
Sny vars Granny Smith Appels in dun skywe, los skil aan.
Pak op deeg, strooi weer kaneelsuiker oor.
Bak by 200C vir 15 – 20 minute.
Vla
500ml Melk
45ml Suiker
50ml Vlapoeier
5ml Koffie Geursel
5ml Karamel Geursel
5ml Kruisement Geursel
Stapel lae deeg met koffie-, kruisement vla tussen in.
Garneer met  tuisgemaakte stroop appeltjies of soos verkies

Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter




APPELGALETTE MET TUISGEMAAKTE VLA

appelgalette - marie rheeder troskie

APPELGALETTE MET TUISGEMAAKTE VLA
1 rol skilferkorsdeeg
1 rooi appel
fyn suiker

Voorverhit oond tot 200ºC, sny die deeg reghoeke en plaas op bakplaat. sny die appels eweredige dun skyfies en pak op die gesnyde skilferkorsdeeg.
Bak vir plus minus 15 minute tot gepof en bruin.
Haal uit oond en strooi met suiker.
Vla:
Halwe liter melk gekook in mikro met 3 eetlepels suiker en 3 eetlepels vlapoeier.
Meng en plaas in mikrogolf, kook terwyl jy gereeld roer tot dik.

Foto:Marie Rheeder Troskie




STOMPIE SE APPEL VLAPOEDING

STOMPIE SE POEDING

STOMPIE SE APPEL VLAPOEDING
365 g blik tert Appels
250 ml bruinsuiker
1 ml kaneel

Kook saam tot suiker gesmelt is vir so 10 minute Bind dit met 30 ml water en 15 ml vlapoeier gemeng kook vir 5 minute Laat afkoel. Neem 1 rol “Puff Pastry” wat in yskas ontdooi is rol oop en smeer appelmengsel oor, rol toe soos konfytrol, sny in skywe en plaas in oondvaste bak effe uitmekaar. Bak in 200ºC oond vir 35 minute.
Maak vla. Meng 50 ml melk, 45 ml vlapoeier en 45 ml suiker. Verhit 700 ml melk tot kookpunt en voeg vlamengsel by. Gooi vlamengsel oor Appelgereg as dit gaar is. Strooi bietjie kaneel oor. Versier met rooi appel skywe in helftes gesny wat in 125 ml suiker en 125 ml appelsap vir 5 minute gestowe is.

Stompie Theron Borman




SOET TERTJIES MET SOUT VARIASIE

Soettertjies met sout variasie - Marian van deventer

SOET TERTJIES MET SOUT VARIASIE
Soettertjie:
1 blikkie ingelegde appels
½ koppie suiker
Knippie sout
1 teelepel kaneel
2 takkies lavender
½ koppie melk
2 eetlepels vlapoeier

Vir souttertjie:
Bogenoemde bestanddele en
1 teelepel kerrie
½ teelepel borrie

Sit alles behalwe ‘n bietjie melk en vlapoeier in potjie en kook vir ± 10min. Maak vla aan met die bietjie melk in en voeg by. Kook tot verdik oor lae hitte. Dit vat nie lank nie.
Skep die helfde uit in ‘n bakkie en los ander helfde in pot. Voeg die kerrie en borrie by en kook vir paar min.
Rol 1 pak skilferkorsdeeg uit en druk sirkels uit. Sit in medium groot muffin pannetjies. Die sout het ek ‘n dekseltjie opgesit 😉 en die soet oopgelos en ‘n deegrosie in die middel gesit.
Bak by 190ºC vir ongeveer 20 min, of tot mooi verkleur.
Bedien sout op blaarslaai en soet met lekker vla 😉 en in een beslag het jy ‘n voorgereg en n nagereg

Resep en foto:  Marian van Deventer




SUID-AFRIKAANSE NAPOLEON

napoleon - louise
SUID-AFRIKAANSE NAPOLEON

Puff pastry:
Moenie die pastry uitrol nie, want jy wil hê dit moet hoog rys. Sny puff pastry ongeveer 11cm by 6cm reghoeke.  Bak op ‘n bakplaat vir omtrent 20 minute by 180ºC. Laat afkoel. Verdeel elke reghoek in twee (‘n bo en onder stuk).
Vulsel:
Appel:
Sny ‘n blikkie appels klein stukkies, sit dit in ’n kastrolletjie, voeg omtrent ’n kwart koppie water by asook knippie gemengde speserye, fyn naeltjies en kaneel en twee eetlepels suiker. Meng 10ml vlapoeier met ’n bietjie water, meng met appels en bring tot kookpunt, dit sal vinnig verdik, verwyder van hitte en koel af.
Vla:
Maak baie dik vla van omtrent twee koppies melk. Laat afkoel.
Garnering:
Maak dun vla en geur met gemmer.
Samestelling:
Skep die dik vla op die onderste gedeelte van ’n pastry reghoek, en plaas ’n reghoek bo-op, skep dan die appel op en dan die bokant van ’n pastry reghoek. Drup die garnering bo-oor.

Resep en foto: Louise Groenewald