BRUINPOEDING (SONDER EIERS)

bruin poeding marie

BRUINPOEDING (SONDER EIERS)
Baie baie lekker
DEEG
3 eetlepels botter
3 eetlepels gouestroop
2 teelepels koeksoda
1 koppie melk
3 koppies koekmeel
50 ml asyn
Sout

STROOP
6 koppies water
1 eetlepel gouestroop
2 koppies suiker
1 teelepel botter
1 ¼ teelepels gemmer

Plaas alles in ‘n kastrol en kook vinnig terwyl dit goed geroer word. Hou eenkant totdat die deeg gereed is. Stroop moet kokend wees wanneer gebruik word.

DEEG:
Smelt die botter en stroop saam, laat effens afkoel. Los die koeksoda, en asyn in die melk op en roer by die eerste mengsel. Sif meel en sout saam en voeg by die mengsel. Meng goed. Skep lepelsvol van die deeg in die kokende stroop tot die deeg op is. Laat vinnig kook vir ‘n paar sekondes en dan BAIE STADIG vir 1 uur. Bedien warm saam met lekker vla of roomys.

 




KONINGIN CUPCAKES


KONINGIN CUPCAKES
¾ koppie koekmeel
¾ koppie suiker
90 g margarine, gesmelt nie warm
2 ½ teelepel bakpoeier
1 eier
¾ koppie melk
knypie sout
5ml Vanilla geursel
1 koppie gemengde droëvrugte(cake mix)
Sif droe bestanddele saam en voeg vrugte by. Voeg eier, melk en vanilla geursel by margarine en meng effens. Voeg by droë bestanddele. Bak tussen 200ºC en 180ºC vir 12 min in patty pans.
Maak so 24 uit een beslag
Baie lekker!!!
RESEP:  Zinnet Wolfaardt Visser




ONS MAAK TRUFFLES

ons maak truffles dawie

ONS MAAK TRUFFLES
125 g margarien
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
1 ½ pk mariebeskuitjies
125 ml konfyt
5 ml vanilla geursel
125 ml klapper

Smelt die magarien, sif die versiersuiker en kakao by en meng goed.
Maak koekies baie fyn en voeg by die mengsel.
Voeg die konfyt en geursel by en meng goed.
Maak bolletjies, rol in klapper en bere in die yskas tot mooi gestol
Nota:  Indien mengsel te pap is breek nog ‘n paar koekies by.
Resep:  Dawie vd Heever




HAMMINGBIRD BAKERY BANANA LOAF

hummngbird banana bread
HAMMINGBIRD BAKERY BANANA LOAF
270 g soft light brown sugar
2 eggs
200 g peeled bananas, mashed
280 g plain  cake flour
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon bicarbonate of soda
1 teaspoon ground cinnamon
1 teaspoon ground ginger
140 g unsalted butter, melted
Grease a 23 x 13cm loaf tin and dust with flour. Preheat the oven to 170ºC / 325ºF
Put the sugar and eggs in a freestanding electric mixer with a paddle attachment (or use a handheld electric whisk) and beat until well incorporated. Beat in the mashed bananas.

Add the flour, baking powder, bicarbonate of soda, cinnamon and ginger to the sugar mixture. Mix it thoroughly until all the dry ingredients have been incorporated into the egg mixture. Pour in the melted butter and beat until all the ingredients ar well mixed.

Pour the mixture into the prepared loaf tin and smooth over with a palette knife. Bake in the preheated oven for about 1 hour or until firm to the touch and a skewer inserted in the centre comes out clean. Leave the cake to cool slightly in the tin before turning out to a wire cooling rack to cool completely.
Photo: Barbara Bullock




LORRAINE SE APPELTERT

appeltert
LORRAINE SE APPELTERT
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES
Ek is nie baie trots op myself hieroor nie, maar ek het iemand omgekoop (met geld) om hierdie FANTASTIESE appeltertresep skelm af te skryf. Dit is op my boekie en nie hare nie. Maar al sou ek uitgevang gewees het, is dit steeds die skandes en skades die moeite werd. Dekadent verby!!
Deeg:
230 g (250 ml) margarien
525 g (4 x 250 ml) koekmeel
200 g (250 ml) suiker
10 ml kremetart
2 groot eiers, geklits
3 ml sout
5 ml koeksoda
25 ml melk
Verroom margarien en suiker saam. Voeg eiers by en meng goed.
Sif meel, kremetart, koeksoda en sout saam. Voeg by eiermengsel. Meng alles saam tot ‘n stywe deeg.
Druk in vuurvaste bak. Los genoeg vir versiering (sien onder).
Bak in oond (180 ºC) tot ligbruin.
Laat ‘n rukkie rus terwyl vulsel gemaak word.

Vulsel:
850 g blik tertappels
100 ml vla, aangemaak
75 g (100 ml) rosyntjies
100 g (125 ml) bruinsuiker
50 ml brandewyn
2 eiers
50 ml melk
50 ml suurlemoensap
30 ml gemengde speserye
20 ml kaneel

Meng alles saam en kook tot mengsel dik word. Laat afkoel. Skep die vulsel in die kors.
Sny repies deeg en plaas oorkruis oor vulsel. Meng bietjie botter en appelkooskonfyt en smeer bo-op.
Bak tot ligbruin.
Bedien met room of roomys.




PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT

PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT
(lewer 120 pannekoeke)
16 koppies koekmeel
125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier
20 ml sout
12 eiers
4 koppies (1 liter) kookolie
250 ml asyn
18 koppies water
kaneelsuiker

Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en ‘n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.
Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor ‘n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie‎




KERRIE-EN-RYS (grootmaat)

KERRIE-EN-RYS (grootmaat)
(100 porsies)
24 medium uie, geskil en gekap
9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie
20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies
3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies
5 koppies sultanas
90 ml matige kerriepoeier
80 ml borrie
15 ml fyn koljander
swartpeperkorrels
kruienaeltjies
lourierblare
150 ml asyn
115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml sout
115 ml tamatiepuree
62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous
125 ml blatjang
vleisaftreksel
30 koppies water om rys in te kook (sout)
13 koppies rou rys

Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.

Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.

Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.

Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.

 




QUICK AND EASY SPINACH LASAGNE

spinach lasagne

QUICK AND EASY SPINACH LASAGNE
1 pkg frozen chopped spinach, thawed & drained
1 box Oven Ready lasagna noodles
2 – 14 oz spaghetti sauce (4 cheese blend)
500 ml cottage cheese or ricotta cheese
4 cups mozzarella cheese, shredded

Preheat oven to 350ºF (180ºC). Spray the bottom of 9×13 pan.
In medium bowl, mix together cottage cheese, spinach, and 1 cup of the mozzarella cheese.
Pour a bit of sauce over the bottom of pan. Lay down 3 noodles and layer cottage cheese/spinach mixture over noodles. Pour a bit of sauce over all.
Repeat noodle layer, cheese, and sauce three more times.
Pour the rest of mozzarella cheese evenly over the top. Place tin foil tightly over the top.

I put a separate cookie sheet lined with tin foil under the pan to catch any drippings.
Bake for 70 min or until noodles are tender.

Recipe and photo: Judy Lamber Bell




MAKAKOS (HOENDER LEWERS, NEKKE EN BOUDJIES)

MAKAKOS
MAKAKOS (HOENDER LEWERS, NEKKE EN BOUDJIES)

Ek kook mos maar so uit my kop uit – ek het dit in die elektriese kookdrukker gemaak maar mens kan dit in enige pot maak op stoof of self op die vuur in ‘n swartpot – ek so gemaak :
Braai klomp opgekerfde uie in olie – voeg dan knoffel by – ek het rissieknoffel bygegooi en opgekapte rissie – die gereg moet ‘n byt aan he – voeg dan 500 g hoenderlewers grof opgesny by.

Voeg enige speserye van jou keuse by – swartpeper – rooipeper – knorr granuals – en dan ‘n absolute moet is ‘n hele paar bayleaves.
Braai alles lekker saam – voeg so glas rooiwyn by – kook effens deur (net vinnig). Skep dit uit die pot uit en hou eenkant.
Braai nou die hoendernekke bruin (maak hulle eers mooi skoon ) voeg dan hoenderboude by en braai tot mooi bruin.
Skep uit die pot.
Plaas die afgespoelde rou rys in die pot – giet heelwat water in (die rys suig die vloeistof gou op ) voeg nou die lewers by en meng.  Sit die nekke en boudjies in en dan strooi sout bo-oor – meng liggies – moennie roer nie.
Rys en lewers moet onder bly en res bo.  Kook in die elektriese pot – vir net 16 minute – en daar is jou makakos !
Die gereg moet ‘n lekker byt aan hê en moet souserig wees so mens kan sommer klomp water byvoeg. –
Eet dit saam met portugese broodrolletjies en ‘n lekker groen slaai – en die lekkerste is om daardie sagte hoendernekkies so af te suig – so moenie “grand” gaste nooi as jy die gereg maak nie – dit is regtig heerlik.

Resep en foto: Marietjie Nel




CALAMARI STEAK MET GARNAALSOUS

CALAMARI STEAK

CALAMARI STEAK MET GARNAALSOUS

Laat le die calamari steaks eers vir so 10 min in louwarm water waarin  so ‘n teelepel koeksoda opgelos het. Spoel af, doop in eier, dan in krummels en braai in mengsel van botter en olie (ek verkies olyf). Medium hitte en bak net vir 3-4 minute aan elke kant (hang af hoe dik die steak is), want calamari moet nie te lank gaargemaak word nie, ander word dit taai.

Ek gebruik dan dieselfde pan en maak dan ‘n ‘shrimp’ roomsousie daarby om oor die steaks te gooi. Braai eers die shrimps saam met knoffel voeg dan room, wit wyn, aromat en swart peper by. Ryk, maar baie lekker. bedien saam met suurlemoen, ‘fried rice’ en ‘n lekker vars slaai.

Gillian Logan Bredenhann