KERRIE SKAAP AFVAL

afval gideontested

KERRIE SKAAP AFVAL
Kook die skoon skaap afval stadig tot sag.
Sny 3 groot uie by, voeg ook by:
10 peperkorrels
8 naeltjies
3 lourierblare
kwart teelepel neut
1 teelepel koljander

Na ‘n halfuur kan jy ‘n paar klein aartappeltjies byvoeg.
Wanneer die aartappels amper sag is, voeg by sous:

1 eetlepel appelkooskonfyt
3 teelepels suiker
1 eetlepel kerrie
2 eetlepels borrie
driekwart koppie asyn
knoffel
‘n halwe pakkie oxtail poeier
Prut stadig vir ongeveer ‘n halfuur.
Resep en foto’s:  Gideon Louw
1ste Foto: Hiletje Smit




VEERLIGTE WOLKEPOEDING

wolkepoeding
VEERLIGTE WOLKEPOEDING

Hierdie reseppie het ek seker 30 jaar gelede vir die eerste keer gemaak. Ek het ‘n soortgelyke poeding by iemand geëet en hier is my eie weergawe van die maklike maar heerlike nagereg. Die nagereg kan warm of koud voorgesit word maar moet net ‘n uur of twee voor dit bedien word voorberei word anders trek die eierwit water.

1 pak (200g) Marie-beskuitjies
Fyn appelkooskonfyt
4 eiers, geskei
750 ml melk
50 ml witsuiker
Knypie sout
Hundreds and thousands vir versiering

Breek die beskuitjies in stukkies. Plaas ‘n derde in ‘n groterige, hittevaste glasbak. Stip die koekies met klontjies appelkosskonfyt en herhaal die lae twee keer. Klits die eierwit tot styf. Skep lepelsvol daarvan op die beskuitjie-en-konfytlae dat dit wolkerig lyk. Dit moet punterig wees, moenie dit platsmeer nie. Maak die vla deur die melk tot kookpunt te verhit. Klits intussen die eiergele, suiker en sout baie goed saam tot lig en dik. Haal die kokende melk van die stoof af. Skep ‘n paar lepels kookmelk op die eiergeelmengsel en roer goed. Giet nou die eiermengsel by die kookmelk en plaas weer op stoof, roer tot die vla aan die lepel vasplak (dit is nog redelik dunnerig). Die vla mag nie kook nie anders skif dit. Skep lepelsvol warm vla oor die eierwit. Strooi “hundreds and thousands” oor en laat die poeding ‘n uur of twee staan. Dit lewer ongeveer 6 porsies

Foto: Patricia Pearson




KERRIEMAALVLEIS EN EIER PASTASOP MET AARTAPPELS EN CHIPS BALLETJIES

kerrie bolletjies - marian

KERRIEMAALVLEIS EN EIER PASTASOP MET AARTAPPELS EN CHIPS BALLETJIES
500 gram maalvleis
1 ui
2 eiers
2 velletjies pasta
Simba chips, Chedder cheese
2 aartappels
500 ml water

Kruie en speserye (spring onion, knoffel, seldery, gemengde kruie, basil, cinnemon stick, kerrie, borrie, korijander

Maak aartappels gaar in soutwater en mash dit.  Laat afkoel en meng 1 eier en ‘n koppie fyn chips. Rol sodat jy n worsie het. Sny in 5 cm sirkel en braai in diep olie tot bruin. Sit eenkant.

Braai uie en speserye en kruie in pot. Sit maalvleis in en braai. Gooi water by en kook. Maak fyn in voedselverwerker, maar nie te glad nie.

Maak een roereier.

Kook water in ‘n pot met sout, sit pasta in en kook vir 8 min. Haal uit en sny in repies.

Skep maalvleis sop in bak en roer eier in. Sit die pastarepies in en laaste in paar van die aartappel en chips balletjies in. Versier met bietjie vars spring unoins en ‘n klein takkie basil.

Enjoy 🙂
Marian van Deventer




CHIP-TOP VLEISPASTEI

vleispastei - gideontested
CHIP-TOP VLEISPASTEI
Resep en foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Chip-top:
6 uie, gekerf
500 g maalvleis
410 g blik tamatie en uiesmoor
sout en peper na smaak
roosmaryn en olyfspeserye na smaak
pietersielie
1½ koppie pasta
2 eiers
1 pak Lays chips(swartpeper-geur) fyn gedruk

Braai 3 uie in n pot, voeg 500 g maalvleis by en verbruin.
Voeg dan 1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor by en geur met sout en peper, sowel as rosemary-and-olive speserye en pietersielie.
Kook 1½ koppie pasta en dreineer.
Karameliseer die ander 3 uie in ‘n ander pot.
Pak nou eers ‘n lagie pasta, dan lagie uie en dan maalvleis in ‘n vuurvaste skottel. Herhaal die lae.
Klits 2 eiers en giet bo-op. Maak ‘n pak Lays chips(swartpeper-geur) fyn en strooi bo-oor.
Bedek die skottel ligweg met foelie en bak in voorverhitte oond (170 ºC) vir 45 minute.




FISH OR CHICKEN MINCE CAKES

sharon se gereg

FISH OR CHICKEN MINCE CAKES
½ – 1 Hake
onion
Lays pesto and mozzarella crisps
inside of tomato (see instructions)
spices to taste
1 – 2 eggs to combine (careful it’s not too soft)
brown sugar

Mince hake and onion, or just pulse.
Crush crisps fine and add to fish.
Take a large tomato and carefully slice it like a flower.
Gently scoop out inside and add to fish-mix, together with spices and egg.
Make into balls the size of the inside of your flower.
Fry till golden brown and crisp on the outside.
Put your first fishball in the flower, add some caramelised onion.
Stack the second fishball and finish off with caramelised onion on top.
Caramelised onion:
Slice onion finely, cook in a tiny bit of water till just soft, add brown sugar to taste.
Not too much, you do not want toffee.
Enjoy!
Recipe and photo:  Sharon Gien-Cambier




PORKY GOES TO THAILAND

Pory goed to thialand louisetested

PORKY GOES TO THAILAND
4 Pork Banger worsies
1 eier, geklits
1 klein pakkie Lays chips, green onion flavour, fyngemaak
Chinese Noodles, genoeg vir 2
2 preie (leeks), in repies gesny
1 klein blikkie (165 ml) coconut melk
Thai green curry paste
Dhunia blareGooi kookwater oor die Chinese Noodles, kook vir 2 minute en laat staan ± 10 minute en dreineer.
Druk die worsvleis uit die Por Bangers en maak 4 klein frikkadelletjies van elke worsie.
Dip frikkadelletjies vinnig in geklitste eier en rol dan in die fyn chips. Braai in klein bietjie olie tot gaar en plaas op handdoekpapier.
Braai die preie vinnig tot bruin en amper gaar. Roer die Thai Green kerriepasta daarby en voeg die coconut melk by, roer deur en laar effens reduce, kook vir so 5 minute.
Bedien die Thai green kerriesous op die noodles saam met die frikkadelletjies, garneer met lekker baie dhunia. En dit het heerlik gesmaak! My man is mal oor die frikkadelletjies, ek is aangesê om dit vir padkos te maak as ons weer iewers heen gaan… soos Blouberg toe op ‘n Sondagmiddag… 20 minute se ry.
Resep en foto:  Louise Groenewald




ROOI SOETRISSIE RYS BURGER

Red peper rys burger - gigi
ROOI SOETRISSIE RYS BURGER
Basiese Maalvleis
1 Kg Beesmaalvleis
2 eiers
1 groot fyngesnyde uie
Vars pietersielie opgekap
Lays Sout en Asyn Chips
2 eetlepels tamamtiesous
1 eetlepel WoRstersous
1 teelepel vars knoffel
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 teelepels koljander
½ teelepel Rooipeper
½ teelepel kaneel
½ teelepel gedroogde rooi rissie
½ teelepel naeltjies
Sout en peper en Aromat
Kookolie

Maak pak chips fyn gebruik ¾ van chips en meng al die bestanddele goed deur.  Hou res van chips eenkant!
Basiese rys:
1½ koppie rys gekook in beefstock.
Braai 1 groot gesnipperde ui saam met bossie pietersielie tot sag en voeg gaar rys by, geur met sout en peper na smaak!
Rooi soetrissie rys burger:
My eie ekstra bestanddeel is Rooi soetrissie.
Sny kop van rooi soetrissie af en hol uit.  Braai ekstra gesnipperde soetrissie in olie tot sag en voeg by rysmengsel, vul die rooi soetrissie met gegeurde rys.  Maak redelike groot patty van maalvleismengsel wat op die soetrissie pas, rol  die patty in chips.  Braai die patty vinnig in bietjie olie beide kante tot goudbruin, plaas op die soetrissie en bak in oond teen 180ºC vir 30 minute . Bedien met mosterdsous.
Resep en foto: Gigi Robinson

 

 




BIRDS NEST

birds nests
BIRDS NEST
maalvleis
eier
aartappelskyfies
Basmati rys
spagetti
ui
gedroogte roosmaryn
gemengde speserye
origanum
gerookte paprika
braai speserye
tamatie pasta

Karameliseer die uie in sonneblom olie.
Meng die gekarameliseerde uie, maalvleis, eier, gaar Basmati rys en droë speserye in ‘n mengbak saam (sommer met jou hande).
Skep met ‘n roomys lepel (om die maalvleis balletjies almal ewe groot te kry) uit en rol klein balletjies.
Plaas in ‘n gesmeerde oond vaste bak.
Gooi 1 koppie kookwater bo-oor.
Sprinkel fyn gedrukte Chedderkaas Aartappelskyfies oor.
Plaas in ‘n voorverhitte oond teen 200°C (tot bruin bo of tot regdeur gaar) ongeveer so uur-uur en ‘n half.

Spagetti met tamatie pasta sous.

Kook spagetti tot sag, maar steeds ferm in die middel.
Spoel af en voeg tamatie pasta, origanum/gemengde speserye of roosmaryn (of al drie) by die pasta (meng met jou hande).
Plaas terug op die stoof plaat, voeg halwe koppie kookwater by en prut tot regdeur warm en pasta sag is.

Bedien warm met ‘n groenslaai en klein broodrolletjie – of selfs net so is baie lekker en vullend / komplimente “all round” gekry. Jippeeee.

RESEP EN FOTO: Minouise van der Merwe




SCOTCH EGG TAGLIATELLE STARTER

vleis eiers elize

SCOTCH EGG TAGLIATELLE STARTER
Serves 4
250 g chicken mince
250 g lean beef mince
2 teaspoons finely grated onion
1½  teaspoon salt
1 teaspoon ground white pepper
1 teaspoon fresh ginger paste
½  teaspoon nutmeg
½  teaspoon thyme
½  teaspoon cayenne pepper
4 medium-boiled eggs, peeled
1 egg, beaten
1 small packet Simba Tomato sauce chips finely crushed

oil for deep frying
Fill oil in pan to cover half the height of eggs.
Combine all ingredients for meat, mix well and flatten to about 5 mm thick. Divide the mixture into four equal parts. Mould each part around one of the medium-cooked eggs, rolling between your hands to shape.( wet hands prevent meat from sticking)
Place the beaten egg and chips into separate dishes. Dip the balls into the egg, then roll in the chip crumbs until coated.

Heat the oil in a large saucepan or deep fryer 180º C, or until a cube of bread dropped into the oil turns brown in 1 minute. Lower the eggs carefully into the hot oil. Fry for 4 minutes on a side, or until golden brown.

Serve with tagliatelle and Ina Paarman’s Roasted Pepper Pasta sauce.

Recipe and photo: Elize de Kock




KALAHARI SUSHI MET GEKARMALISEERDE UIE

sushi dries

KALAHARI SUSHI MET GEKARMALISEERDE UIE
500 g maalvleis (Springbok)
Simba Skyfies (Balsamic Vinagar)(my gunsteling)
Uie
Rys
Eiers
Sous van jou keuse (my ekstra bestandeel tamatiesous) 
Garneer maalvleis soos wanneer jy vleisballetjies sou maak . As bindmiddel gebruik jy fyngemaakte Simba skyfies van jou keuse, asook ‘n eier .Ek rasper ‘n ½ uie ook in.
Rol maalvleis in ‘n wors vorm. Draai styf in foelie toe en bak in die oond tot gaar . (My 500 g maalvleis het gebak teen 200ºC 40min lank)
Kook intussen rys tot gaar garneer na smaak. Sny vleisrol in skywe so dik soos jy dit wil he .
Kies ‘n vorm wat effe groter is as vleisskyf wat jy gesny het . Skep rys buite om en druk vas .
Keer uit op bord en garnereer met gekarmaliseerde uie of sous van u keuse .

Dries Von Weidtz