KNOW YOUR CURRY SPICES

Know-your-curry-spices-featured|
KNOW YOUR CURRY SPICES
Nutmeg
Nutmeg is the seed of a tree that originates in the Spice Islands, while mace, another spice, is the reddish hull that covers it. Nutmeg has a long shelf life and is at its best when freshly grated into the dish you’re preparing. It is used in sweet and savoury dishes.

Mustard seed
Available in three different varieties: white, brown and black; all three are used to make mustard powder. Mustard seeds are used in pickles, curries and homemade mustard.

Cardamom
The small, dried pods with their aromatic, fine brown seeds are commonly used in curries, pickles and pilaf as well as dessert dishes such as milk puddings – think boeber. Cardamom comes in three varieties, identified by their green, white or black pods. It’s advisable to use cardamom as fresh as possible, as it quickly loses its flavour. It’s more flavourful when you slice open the pod and cook with the seeds.

Cumin seed
These aromatic seeds look a lot like those of caraway and aniseed. Best used freshly ground, cumin is an essential ingredient in curry, as well as for flavouring chicken, lamb and rice dishes.

Turmeric
Better known as borrie, it’s one of the core ingredients of Indian cuisine, found in most curry powders. Its most notable characteristic is its colour, and it’s generally used to add colour and flavour to curries, breyani and other Indian dishes. Turmeric can also substitute for saffron to colour a dish yellow.

Coriander seed
Sweet and aromatic, they’re at their most flavoursome when roasted before being finely ground for use; they’re used in boerewors and biltong, as well as in some biscuit and chutney recipes.




BRAAIVLEIS CROISANTS MET HEUNINGBOTTER

braaivleis croissants

BRAAIVLEIS CROISANTS MET HEUNINGBOTTER
2 teelepels kits suurdeeg opgelos in 375 ml louwarm water
Voeg die volgende by:
80 ml suiker
80 ml sagte botter
2 teelepels sout
160 ml droë poeiermelk
1 eier
4 koppies koekmeel
Meng  alles saam en as te slap, voeg nog bietjie meel by. Knie tot elasties, plaas in gesmeerde bak en bedek met plastiek (ek sit in plastieksak en bind toe). Laat rys tot dubbel in volume, knie af.

Deel in 2 en rol 1 deel uit in sirkel, sny soos pizza in 12 stukke, en rol soos croissant op van buite (groot kant) na binne. Bedek met plastiek en laat 30 min op warm plek rys. Doen dieselfde met ander deel.
Bak 10-15 min 200 ºC tot gaar.
Sodra uit die oond kom smeer met gesmelte botter.
HEUNINGBOTTER
½ koppie sagte (nie gesmelt) botter
1 teelepel vanilla geursel
1 eiergeel
1 koppie heuning
Klop botter, voeg vanielje en eiergeel by en klits. Voeg heuining geleidelik by en klits tot lig en sag.
Bedien met broodjies
Foto en resep:  Annetjie van Huyssteen




TROPIC AROMA KOEK

tropic aroma
TROPIC AROMA KOEK

 Berei 3 ronde koekpanne voor vir bak.
125g (125ml) botter,
250g (300ml suiker),
2 eiers geklits,
300g (625ml) koekmeel,
20ml bakpoeier,
2.5ml sout,
5m fyn kaneel,
5ml fyn neut,
250ml melk,
15ml kakao, aangemaak met 15ml koue water.
Stel oond op 180C. Klop botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers by en meng goed. Sif droe bestanddele ( buiten kakao) saam en voeg om die beurt met melk by bottermengsel. Meng goed. Verdeel 2/3 van die mengsel gelykop tussen 2 gesmeerde panne. Meng die aangemaakte kakao by die orige deeg en skep in 3de pan. bak sowat 20-25 min of tot toetspen skoon uitkom. Vir versiersel het ek blik karamelkondensmelk met kamertemperatuur roomkaas gemeng.
Die koek moet regtig al Donderdag gebak word, die kaneel en neut moet eers (trou) goed deurkom om tot sy reg te kom
Resep en foto geplaas deur Annetjie van Huyssteen




TURKSE LEKKER MET SJOKOLADE

turkse lekkers
TURKSE LEKKER MET SJOKOLADE
Ek het hierdie “turkish delight” vanaf julle blad gemaak. Ek het dit in gesmelte sjokolade gedoop met behulp van ‘n tandestokkie. Dit was my eerste poging, dus nie visueel baie mooi uitgekom nie, maar dit was baie lekker. Gebruik regte sjokolade (nie baksjokolade nie, want dit smaak net BAIE beter). En moet nie versiersuiker gebruik as jy in gesmelte sjokolade doop nie.

Gewoonlik het ’n mens ’n lekkergoedtermometer nodig as jy lekkergoed maak, maar met Turkse lekkers is dit nie ’n vereiste nie. Dit is omdat die vloeistof gekook en geset word met gelatien. Maar versigtig: Te veel rooswater of te veel suurlemoensap kan dit bederf. En onthou: die suiker móét opgelos moet wees voordat dit gekook word.
Lewer omtrent 50 blokkies
30 ml (2 e) gelatien
60 ml (¼ k) water
500 ml (2 k) suiker
30 ml (2 e) mielieblom
200 ml (¾ k) water
3 ml (½ t) rooswater
’n druppel rooi kleursel
30 ml (2 e) versiersuiker
30 ml (2 e) mielieblom
Metode
Week die gelatien in die water en hou kookwater oor om op
te los.
Meng die suiker en mielieblom in ’n kastrol. Voeg die 200 ml water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Kook sowat 5 minute oor stadige hitte. Verwyder van hitte en voeg die rooswater, kleursel en gelatien by.
Gooi uit in ’n gesmeerde bak of pan van omtrent 14 x 23 cm. Laat staan vir sowat 8 uur of tot styf en sny dan in blokkies, omtrent 2 cm in grootte. Rol in mengsel van gelyke dele versiersuiker en mielieblom.
Bêre in ’n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.

Resep geplaas deur en foto Regina Strydom




KAASSKONS BROODJIE

Skon broodjie - Rinatested
KAASSKONS BROODJIE
625 ml koekmeel  (Gebruik 500 ml glutenvrye-  en 125 ml rogmeel vir glutenvrye broodjie)
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd[op]
250 ml kaas
80 ml olie
1 eier
+- 180 ml melk
Sif droë bestanddele 2 x saam.
Voeg kaas by.
Meng olie, eier en melk en ek sit bietjie heel korrel mosterd in die mengsel.
Meng alles goed saam.
Skep in klein broodpannetjie en bak so 20min by 180ºC.

Dit bly ‘n wenner en heerlike vir die kosblikke ook

RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans




SJOKOLADE KOEK SONDER KORING

sjokolade koek sonder koring snytested
SJOKOLADE KOEK SONDER KORING
Resep:  Lynn Coetzee
Foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
5 groot eiers
375 ml suiker
375 ml rogmeel (rye)
125 ml mielieblom
83 ml kakao
15 ml bakpoeier
125 ml olie
75 ml melk
175 ml kookwater

Klits die eiers en suiker saam in ‘n groot bak totdat dit dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Sif die droë bestanddele deeglik saam. Ek het dit 3 keer gesif en weer in die bak bo-oor die eier mengsel gesif. Meng die droë mengsel liggies saam met die eiers totdat dit alles gemeng is. Meet die olie, melk en water in ‘n beker af, roer saam en voeg by die mengsel. (Ek sit gewoonlik die bakpoeier bo op die mengsel en giet dan die nat bestanddele oor. Dit skuim baie en kan maklik ingevou word.)
Vou die mengsel saam tot goed gemeng. Skep in twee ronde bakpanne wat gevoer en gespuit is. Bake vir 30 minute lank by 180ºC.

Vulsel: Sommer maklik om te maak
250 ml vars room
jou gunsteling blok sjokolade

Klits die room tot styf. Smelt die sjokolade in die mikrogolf. Meng die twee saam en smeer tussen die twee lae koek wat afgekoel is. Ek het van die vulsel gehou om torings bo-op te maak.

Versiering – Fudge
62 g medium vet margarien
83 ml kakao
375 ml versiersuiker
kookwater

Smelt margarien in mikrogolf – 30 sekondes. Roer kakao goed daarby. Sit so 15 ml kookwater by en roer tot glad. Voeg die versiersuiker by en roer totdat dit ‘n gladde mengsel is. As dit te styf is, sit meer water by of meer versiersuiker as te slap. Dit moet soos “fudge” wees.

Smeer die versiering om en bo-op die koek. Ek het torings bo-op versier en sommer ekstra sjokolade mee gespeel en patrone gemaak. Die probleem met die koek was dat almal nog wou eet en die mensie vir wie dit eintlik gemaak was het slegs twee dun snye gekry!




CAROL SE PAMPOENTERT

pampoentert carol

CAROL SE PAMPOENTERT
2 koppies gaar pampoen
4 eetlepels suiker
3 eetlepels botter
2 eiers
½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
sout
½ koppie melk
gerasperde neutmuskaat
fyn naeltjies en kaneel


Maak die pampoen heeltemal fyn. Laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Klits die suiker en botter tot romerig. Voeg die eiers een vir een by – klits aanhoudend. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel. Voeg die gaar pampoen by. Moenie te veel roer nie. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en strooi speserye bo-oor. Bak vir 30-45 minute.
Persoonlike wenk: Ek strooi allerhande pitte bo-op asook growwe bruin suiker – hierdie pampoentert is heerlik warm of koud en vries ook baie goed!
Resep en foto:  Carol Visser




BRAAIBROODJIES

braai broodjie

BRAAIBROODJIES
’n Braai is nie ’n braai sonder ’n braaibroodjie nie. Maar menings wissel oor watter vulsel die lekkerste is!
(vir 1 broodjie)
2 snye witbrood
botter vir albei snye
4 snye sterk cheddarkaas
sowat 3 tamatieskywe
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 3 uieringe (gewone of rooi-uie)

Smeer 2 snye witbrood – dis die lekkerste. (Jy kan wel ander brood gebruik, maar is dit so lekker?) Plaas 2 snye kaas op die een sny brood. Sit die tamatieskywe bo-op en geur met sout en peper. Plaas uieringe bo-op. Sit die ander skywe cheddarkaas op die tweede sny brood. Sit dit, kaas ondertoe, bo-op die eerste sny. Druk die twee snye styf op mekaar vas. Party mense bind die broodjie vas met ’n toutjie, maar as jy ’n toeklaprooster gebruik, hoef jy dit nie te doen nie. Wanneer jou kole reg is (nie meer té warm nie) braai jy die broodjies taamlik hoog bo die kole. Draai hulle elke nou en dan om om seker te maak die kaas smelt en die uie word effens sag. Braai bruin soos jý daarvan hou.

Lekker variasie
my geheime spesiale braaibroodjies – julle moet dit probeer – dis hemels – ek braai klomp uie (dun fyngekerf) in kelon bietjie olie – dan gooi ek Jimmy sous by en laat lekker inbraai – laat dit heeltemal afkoel – wanneer koud smeer op brood met dun gesnyde tamatie en gerasperde kaas sout en peper -braai op vuur – stadig – dis regtig heerlik
Marietjie Nel




GROENTE STAPPIE

groente stappie - MArie

GROENTE STAPPIE
Met crumbed chicken en pynappel.

Ek het 1 ui, grof gesny en gebraai met ½ groen en  ½ geel peppers.
Aartappels (6) gekook, in stukke gesny en saam gebraai. Mielies (125 g) ertjies (125 g) met koolrepe (¼ stuk) bygevoeg en gebraai in swaarboompan.
Toe besluit ek om bietjie kerrie, borrie en hoenderspesery te meng met 2 teelepels water, by te voeg met vars tiemie, roosmaryn en oreganum.
Marie Dumas Jennings




GESTOOFDE PERLEMOEN


GESTOOFDE PERLEMOEN
Bedien 4
2 middelgrootte perlemoen, 7mm dik gesny, gestamp en gehalveer
25 ml olie
1 groot ui, dun gesny
250 ml droë witwyn
3 repies spekvleis, in 30 mm-stukkies gesny
12,5 ml gekapte pietersielie
sout, varsgemaalde swartpeper
‘n bietjie neutmuskaat
1 lourierblaar
10 ml hoenderekstrak

1. Verhit olie in braaipan
2. Voeg uie by en kook tot deurskynend
3. Voeg perlemoen by en braai liggies aan albei kante
4. Plaas in ‘n oondskottel, voeg wyn, spekvleis, pieterselie, sout, peper, hoenderekstrak, neutmuskaat en lourierblaar by. Bak teen 175º C vir 1½ uur of totdat perlemoen sag is.
5. As die vleistof verdamp gedurende gaarmaak, kan meer water bygevoeg word om meer sous te maak.
6. Sprinkel met vars gekapte pietersielie en bedien met gekookte rys.