AVOKADOVORM SLAAI
Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat eenkant koud word, maar dit moet nie stol nie.
Druk die avokado’s fyn en giet die suurlemoensap oor.
Geur met sout, peper en mostertpoeier en voeg die asyn en kondensmelk by en meng goed.
Voeg dan die ui en koue jellie by en meng weer goed.
Giet in ‘n slaaivorm en plaas in yskas om te stol.
Keer op ‘n opdienbord en garneer met blaarslaai, pietersielie, kersietamaties, olywe en blokkies fetakaas.
Foto: Anne Mortleman Chambers
Ek het ‘n avocado mousse gemaak – avo, mayonnaise, room, gelatine, sout & peper, met hardgekookte eier & kersie tamaties versier, maar dit was bietjie ‘bland’. Miskien sou Tabasco of soiets gehulp het.









