SODAWATER PIE CRUST

SODAWATER PIE CRUST
500 g flour
1 ml salt
500 g margarin
250 ml sodawater
5 ml cream of tartare

Rub the margarine in the flour,salt and cream of tartare
Handle with care
Add the sodawater to the flour mixture
Leave in fridge for 1 hour
Roll out, and you can bake.
Recipe:  Joey Badenhorst Lotter




MAKLIKE PASTEIKORS

MAKLIKE PASTEIKORS
500ml ongesifte koekmeelblom
15ml bakpoeier
5ml sout
250ml melk
125ml sonneblomolie
2 eiers
Stel oond op 180°C. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits eiers, melk en sonneblomolie saam. Maak holte in die meelmengsel en gooi die vloeistof stadig daarin. Meng baie goed met houtlepel tot slap deeg. Smeer groterige oondvaste bak en smeer die helfte van die deeg met ‘n houtlepel op die boom van die bak. Skep enige gaar vleis, vis of groentevulsel bo-op en bedek met die res van die deegbeslag. Bak pastei sowat 30 minute tot goudbruin.

SA Jagtersboek*




HOLLANDSE KOEKIES

FLR BB Yummieee!!
HOLLANDSE KOEKIES
300 mℓ botter
300 mℓ suiker
420 mℓ meel
1 eier, geklits
5 mℓ bakpoeier
5 mℓ vanilla geursel
1 eierwit, net effens geklits
suiker

Verroom die botter en suiker saam.
Roer die vanilla by.
Sif die meel en bakpoeier by die mengsel.
Meng die geklitste eier by en knie.
Rol die deeg in klein slangetjies en rol elke slangetjie op om ’n plat, ronde koekie te vorm.
Doop die koekie in die eierwit en dan in suiker.
Pak uit op ’n bakplaat en bak by 180ºC tot gaar.





SOET PASTA EN TUNA SLAAI

tuna noedel slaai nathalie
SOET PASTA EN TUNA SLAAI
‘n Pak gekookte pasta
Twee blikkies tuna in water
‘n Halwe gekapte ui
‘n Halwe gekapte groenrissie
‘n Blik geroomde suikermielies
Mayonnaise
2 eetlepels kondensmelk
Meng alles saam, laat staan vir ‘n paar uur en geniet

 




GROENTEROERBRAAI

FLR BB Anything goes

GROENTEROERBRAAI
Lewer 4 porsies.
40 ml olie
1 groot ui, in ringe gesny
1 rooi soetrissie, in repe gesny
2 wortels, in repies gesny
3 stingels seldery, in ringe gesny
300 g broccoli, in klein blommetjies gebreek
300 g (500 ml) stampmielies, gaar
7 ml sout
varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie, voeg die groente by en roerbraai die groente moet bros wees. Voeg die stampmielies en geurmiddels by en laat deurwarm word.
WENK: Blokkies vleis kan bygevoeg word en as ‘n noenmaalgereg voorgesit word.




LEKKER ROLKOEK POEDING


LEKKER ROLKOEK POEDING
1 rolkoek,
1 groot blik ingelegde vrugte ( enige vrugte van u keuse) fruit cocktail ook baie lekker.
Roomys.
Sny rolkoek in skywe en pak in n oondpan of glasbak. Gooi vrugte oor.
Skep lepels vol roomys bo op vrugte. Klits 2-3 eierwitte styf -gooi bietjie strooisuiker na smaak by.
Skep eierwitte oor roomys en bak in oond tot eierwit mooi verbruin het en gaar is by 180 grade C.
Bedien met vla of net so.
Resep geplaas deur Anet Grove
( resep van my skoonsuster-Bessie Young Grove).




SJOKOLADE BRANDEWYNTERT

tested

SJOKOLADE BRANDEWYNTERT
Regte staatmaker by my en my ma!

1. Meng saam:
¾ kop suiker
80 ml olie
3 eiers

2. Meng saam:
70 ml kakao
½ koppiie kookwater

3. Sif saam:
1 koppie koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
sout

Meng 2 en 3 geleidelik by 1.
Skep in vierkantige mikrogolf bak. Bak ±8 minute by hoog.
Kook saam:
¾ koppie suiker, 1 koppie water, 3 eetlepels koffiepoeier.
Voeg 6 eetlepels brandewyn by na stroop gekook is.
Giet warm oor tert.
Bedien met styf geklitste room.

Bron: Luka Page




SITRUSPOEDING

SITRUSPOEDING
Genoeg vir: 8
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 ºC
2 lemoene
135 ml (125 g) sagte botter
210 ml (180 g) suiker
skil en sap van 1 suurlemoen
4 ekstra-groot eiers, geskei
130 ml (70 g) koekmeel
500 ml melk
room om voor te sit

Rasper die skil van die lemoene en hou dit eenkant. Sny die res van die skil af, gooi dit weg en sny die vleis in klein stukkies. Sit die stukkies in ’n bak saam met die sap van die gesnyde lemoen en die suurlemoensap.
Klits die botter, suiker en sitrusskil goed saam. Voeg die eiergele by en klits goed.
Voeg die meel en melk by en roer die stukkies lemoen en die sitrussap by.
Klop die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou dit liggies by die mengsel in. Gooi in ’n oondvaste bak. Sit die bak in ’n oondpan wat halfvol water is.
Bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot die poeding ferm voel wanneer jy daaraan raak. Sit warm voor met room.
Karen Basson van Darling bederf ons met haar heerlike kos.




BESKUIT IN DIE MIKROGOLF

BESKUIT IN DIE MIKROGOLF
500 gr bruismeel gesif of vervang 1 kp meel met kekkeretjie meel
2 ml sout
10 ml bakpoeier indien jy die meel verander sit 5ml ekstra bakpoeier by
150 gr sagte bruin suiker
1/2 kp semels
1/2 gekapte amandels
1/4 kp sonneblomsade
175 g botter
2 eiers
250 ml karringmelk of melk met 20ml asyn in

Meng droe bestanddele goed.
Smelt botter vir minuut in mikrogolf.
Klits  eiers saam met karringmelk.
Klits gesmelte botter by eiermengsel
Voeg droë bestanddele by eier en botter mengsel. Meng goed tot glad en egalig. Sit bietjie melk by indien nodig.
Bak in 2 lt bespuite roomysbak vir 12 minute op hoog en los dan 10 minute in oond sonder om oop te maak. Dis baie belangrik. Sny in skywe en en vingers en droog dan uit in oond. Ek droog my beskuit uit op 90 C vir ongeveer 4 ure.
Foto:  Rina Kleinhans




KARAMEL KRAKELING

caramel
KARAMEL KRAKELING
Resep: Elda Lombard
FOOD LOVERS RECIPES
60 g sjokolade
175 ml kondensmelk
25 ml stroop
250 ml geroosterde grondboontjies

Smelt die sjokolade in ‘n swaarboom pan of kastrol.
Voeg die kondensmelk en stroop by die sjokolade en roer oor lae hitte totdat die mengsel die taaistadium bereik.
Voeg die grondboontjies by, meng goed en giet die mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat of glasbak en druk die mengsel vas op die bodem.
Wanneer die mengsel effens afgekoel het, merk en sny dit in blokkies so groot soos verkies.
Breek die krakelinge in stukkies voor bediening.