4 KAASBROODJIE VIR BRAAI

4 KAASBROODJIE VIR BRAAI
8 worsbroodjie bolangs gegleuf maar nie die punte deur gesny nie
¼ teelepels fyn gemaakte knoffel
½ uitjie baie fyn gekap
250 g Cheddar kaas fyn gerasper nie grof nie
100 g Mozzerella fyn gerasper nie grof nie
1 Feta wieletjie fyn gekrummel
100 g Tusser of enige ander kaas tot jou beskikking
2 skyfies salami fyn opgesny
Mayonnaise
Foelie in blokkies gesny groot genoeg om rolletjies toe te maak

Meng alles saam buiten mayonnaise.
Voeg mayonnaise by totdat dit ‘n stywe skepmengsel maak.
Vul broodjies genoegsaam. Maak met foelie toe, maar hou die bokante oop. Bak op 180 ºC tot bruin en kaas gesmelt.
Resep: Corne Marais




NIGGIE LYNETTE SE MELKTERT

melktert ceciliatested
NIGGIE LYNETTE SE MELKTERT
Op die foto het ek die beslag twee keer aangemaak.
Kors:
1 ½ koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 eier
Sout
4 eetlepels margarien/botter
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel

Vulsel:
1 liter melk
1 koppie suiker
3 eetlepels koekmeel
3 eetlepels mielieblom
3 eetlepels margarien/botter
3 eiers

Kors
Klits margarien en voeg suiker bietjiesgewys by.
Voeg eier en vanilla by en klits tot romerig.
Sif droë bestanddele saam em meng in by eiermengsel.
Druk deeg in gesmeerde tertbak vas. Bak in oond op 180ºC tot ligbruin en gaar.
Vulsel
Verhit melk en margarien/botter saam op stoof.
Klits suiker, koekmeel, mielieblom en eiers saam tot opgelos.
Roer by warm melkmengsel op stoof.
Kook oor stadige hitte tot dik en gaar. Roer aanhoudend! Verhoed vasbrand!
Skep in gaar kors, strooi kaneel oor en Walla! Lekker eet ons melktert!
Resep geplaas deur en foto: Cecilia Woest Hunwick




GEVULDE SAMPIOENE MET ROEREIER

gevulde sampioenetested

GEVULDE SAMPIOENE MET ROEREIER

Groot bruin sampioene bietjie gebraai albei kante in bietjie botter en olyfolie gemeng. Roommielies gemeng met roereier, aspersiestukke, sit op sampioen, bedek met kaassous, kaasworsies en vars kruie, enjoy!

Floraine Wasserman Venter




DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD

3 best piesangbroodtested

DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD
500 ml bruismeel
1 blikkie kondensmelk
6 groot piesangs, fyngedruk

Meng al die bestanddele deeglik.
Skep in jou broodpan/panne.
Laat rys vir 20 minute, moenie hierdie deel uitlaat nie.
Bak dan in voorverhitte oond van 180°C vir 25-30 minute. (tot toetspen skoon uit kom)

WENK:
Ek het so handvol gekapte neute ook bygesit, jy kan selfs die gekapte grondboontjies byvoeg.

Geniet!

Resep: Sharon Pretorius
Foto:  Trudie Steenberg Cornelius en Bianca Bachfischer




BROCCOLI SLAAI MET FETA

tested

BROCCOLI SLAAI MET FETA
Dis een van daai respte wat jy al die vorige dag kan maak, hoe langer dit in die yskas staam hoe lekkerder is dit.
1 kg broccoli
1 ui fyn gesny
1 koppie fetta
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 houertjie suurroom
1 koppie mayonnaise

Kook broccoli (dit moenie te sag gekook word nie) Ek sit dit net ‘n paar minute in die mikrogolfoond.
Laat afkoel en meng die res van die bestanddele by.
Heelik saam met braaivleis.
Louise Venter

 




BISCUIT PASTRY

melktert - liz
BISCUIT PASTRY
This pastry is ideal for fruit tarts and a “melktert” base
200 ml castor sugar
30 ml sunflower oil
250 g butter or margarine
2 eggs
5 ml vanilla or lemon essence
500 ml cake flour sifted
500 ml self raising flour
Cream sugar, oil and butter together until well blended.
Add eggs and essence and stir to blend.
Fold in flours and mix to a soft dough.
Use as a crust for pies and tarts.

Recipe and photo: Riana du Plessis




BASIESE PIZZA-DEEG

pizza deeg

BASIESE PIZZA-DEEG
Genoeg vir 6 pizzas
2 pakkies kitsgis (10g elk)
60 ml heuning
600 ml louwarm water (meer mag nodig wees)
1 kg witbroodmeel
60 ml olyfolie
10 ml sout
Los die gis en heuning op in ‘n klein bakkie louwarm water.
Plaas die meel op ‘n skoon oppervlak en maak ‘n holte in die middel.
Voeg die gis en heuningmengsel in die holte met ‘n vurk. Voeg sout by.
Meng goed om ‘n taai deeg te vorm.
Sprinkel meel oor jou hande en hou aan meng. Voeg water by indien nodig.
Maak seker dat al die meel in die deeg in gemeng is.
Knie die deeg vir vyf minute tot jy ‘n gladde, elastiese deeg het.
Vorm die deeg in ‘n bal, sprinkel dit bo-kant met meel en plaas in ‘n skoon bak.
Bedek die bak met ‘n nat vadoek en sit dit op ‘n warm plek om te rys.
Wanner dit in grootte verdubbel het, klop die lug uit deur dit te knie.
Rol in 25cm -sirkels uit en garneer na smaak

Resep gepplaas deur Joey Badenhorst Lotter




BROODKRUMMELKORS

BROODKRUMMELKORS
3 knoffelhuisies (gekap)
30 ml vars pietersielie
50 ml gesmelte botter
500 ml vars bruin- of volkoringbroodkrummels
Braai knoffel en pietersielie in 10 ml van die botter.
Voeg res van botter en broodkrummels by en meng goed.
Druk vas in tertbord of quiche-pan en bak by 160 ºC vir 5 -7 minute.

Resep: Carin Ras Wilson




VOLKORINGKORS

quiche dough

250g volkoringmeel of
125g hawermout en 125g volkoringmeel
2ml sout
100g botter of margarien, gerasper
koue water om deeg mee aan te maak
Metode
Meng die meel en die sout.
Vryf die botter of margarien liggies in die meel in met die vingerpunte.
Meng met koue water tot ’n stywe deeg vorm.
Druk met die hand vas in ’n quiche-pan.
Aangesien die kors heelwat minder smeer bevat, kan die vulsel direk op die ongebakte kors gegooi en dan gebak word.

Carin Ras Wilson




BROSKORSDEEG

KORSE

BROSKORSDEEG
500 ml koekmeel
Knippie sout
190 g botter
15 ml strooisuiker
1 Eiergeel
75 ml yswater
5 ml suurlemoensap


Sif meel en sout saam. Vryf botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk en voeg die suiker by. Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meelmengsel tot dit n deeg vorm. Bedek met kleefplasiek en verkoel 1h in yskas. Rol deeg ongeveer 4mm dik uit en voer jou pan daarmee. Bak kors “BLIND”vir 10min. verwyder bakpapier en jou bone. Bak die kors vir nog 5 min. sodat die bobem kan droog word….

Oond op 180 grade C voorverhit!!