KERRIEBEESHAAS (FILLET)

kerrie fillet

KERRIEBEESHAAS (FILLET)
Rol jou Beeshaas of fillet, in jou gunsteling kerrie, sodat dit heeltemal toe is.
Sit bietjie botter in ‘n swartpan ( nie riffel nie ) en braai.
Gooi room by en laat stadig prut, tot vleis gaar is, en room lekker kerrierig.
(Moenie skaam wees vir die room nie, jy kan maar gooi)

Bedien saam met mash !
( HEERLIK )
Resep Giepie Walters . – Ansi Fourie Pypers Fourie




FRIKKADELLE MET OF SONDER SOUS

frikkies met lang sous

FRIKKADELLE MET OF SONDER SOUS
Hierdie is n frikkadel gereg wat heerlik en souserig is maar dit dien ook as jou basiese frikkadel resep. As ek frikkadelle op sy eie maak los ek die ryp tamatie uit en giet so dash uit die bottel blatjang by. Jy los ook uit die 500 ml water en tamatiesoppoeier heel onder aan die einde van die bestanddele lys. Jy kan hulle plat ook druk en gebruik as hamburgerpatties.

1 ryp tamatie
1 groot ui
750 g maalvleis
1 eier
100 ml (1 koppie) oats (hawermout)
150 ml melk
25 ml (1½ eetlepels) asyn
25 ml (1½ eetlepels) worcester sous
7 ml (1½ teelepels) sout
peper
pietersielie
tiemie as jy wil lekker hê
1 pakkie tamatiesop
500 ml water

Kap tamatie en ui en voeg alles by.
Meng liggies met n vurk nie te veel nie.
Is half slapperig maar moenie worry nie dit is reg.
Maak 12 of 14 groot frikkadelle pak in n toe bak met deksel.
Meng die sop met die water en gooi oor.
Bak 60 min by 180°C en haal die deksel af en bak nog 15 min oop tot bruin.

Resep: (Rina Shorty) – HEINER LANGE
FOTO:  Rina Kleinhans




VERSIER JOU VRUGTEKOEK

VERSIER JOU VRUGTEKOEK
In Vrouekeur 2 is ‘n vrugtekoek wat jy agterna die neute en kersies bo-op pak.
Dan verhit jy 60 ml botter, 250 ml bruinsuiker, 125 ml room in n kastrol en skep die sousie oor die koek.
Dan sit jy die koek weer in die oond en rooster die spulletjie.
Dan sit die neute en kersies vas as hy koud word.

Wenk geplaas deur Dawie van den Heever
Foto: Zelda Ellis




FRIKKADELLE MET ‘N BYT

frikkadelle met byt

FRIKKADELLE MET ‘N BYT
600 g maalvleis
1 ui fyn gekap (of gerasper)
1 teel droë rissies
1 teel paprika
1 pk wit of bruin uiesop
¼ koppie hawerflokkies
1 koppie suur of gewone room

Meng alle bestanddele goed saam en plaas in die yskas vir ±30 minute.
Rol frikkadelle en plaas in n oond bak. Bedek met aluminiumfoelie en bak vir 45 minute in die oond teen 180º C. Draai die temperatuur af na 160º C. Haal die foelie af en bak n verder 10 – 15 minute om n bietjie kleur aan die frikkadelle te gee.

Resep en foto:  Heiner Lange



MAKLIKE VLEISPASTEITJIES

vleispasteitjies naudea
MAKLIKE VLEISPASTEITJIES

1 pak puff pastry so effens uitgerol en die vulsel is 1 pak boerewors uit die derm gehaal en ½ pakkie maalvleis en dan geur jy die vleis so bietjie met Ina Paarman Meatspice en paar skote worcestershire sous en ½ koppie kaas.
Meng alles lekker deur met jou hande en maak worsrolletjies met die deeg en vleis.

Bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 30min.

Resep en foto: Naudéa Visser




RAAD VIR KONFYTTERTJIES

jamtertjiestested

RAAD VIR KONFYTTERTJIES
(laat die konfyt binne bly)
Ade Le Vries:
plaas bietjie gevriesde konfyt in die tertjie of spuit die konfyt na gebak in met ‘n spuitnaald.

Alda Cilliers
Wanneer ek konfyttertjies met outydse skilferdeeg (tuisgemaak, nie die wat jy in die supermark koop nie) maak, druk ek die deegsirkels uit, smeer die randjie van die een helfte met water en druk dit toe in ‘n halfmaantjie. Dan bak ek dit SONDER konfyt. Die dingetjie pof mos so mooi op, en wanneer dit uit die oond kom, spuit ek appelkooskonfyt daarin met een van daardie spuitbotteljies met die punt aan wat mens gewoonlik sou gebruik vir tamatiesous.

Brosdeegtertjies is ‘n ander storie: ek gebruik appelkooskonfyt wat ek self gekook het. Het hierdie wenk by ‘n bejaarde dame gekry: wanneer jy konfyt kook, kook so een pot heelwat langer as die ander sodat jy ‘n lekker stywe konfyt het. Wanneer jy die tertjie maak, rol jy die stywe konfyt ook in bietjie meel en sit dit dan in die tertjie voordat jy dit toeplak en bak.
Of meng die konfyt met bietjie pampoen

Rika Jacobs Stiglingh : jy moet die konfyt eers in meel rol as jy dit in die deeg toe maak.
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand. (Petro van der Westhuizen)

Elsa du Plessis
More ek lees nou in my ouma se hand geskryfde boek van 1970 n wenk oor jam tertjies. Om te verhoed dat jam uit kook moet jy die jam eers verhit tot amper kook voor jy dit op die pastry skep. Ek moet dit probeer…my jam kook altyd uit.

Ria Badenhorst
Kook n blik konfyt met 1 pk dadels en laat koud word.

Petré Van Jaarsveld
Maak konfyttertjies  klaar.  Vries hulle dan en bak @ 200/210°C .. Die deeg moet gaar wees voordat die konfyt kan kook.. Druk n gaatjie of 2 aan die bokant van die tertjie sodat die stoom kan uitkom..

Hettie Snyman
Maak tertjies klaar en vries dan vir n paar minute . Maak bakplaat warm in oond en sit koue tertjies op warm bakplaat en sit so gou moontlik in oond.

 




GEVRIESDE KOFFIEROOM

koffie cream elsabetested

GEVRIESDE KOFFIEROOM

Dit lyk soos roomys …en dis een van die maklikste nageregte
6 porsies
500 g roomkaas
500 ml room
8 eetlepels sterk koffie
160 g strooisuiker
200 g melksjokolade

Klits die roomkaas en room met jou elektriese menger tot glad.
Voeg die koffie en strooisuiker by en meng goed.
Kap die sjokolade fyn in jou voedselverwerker en vou in die mengsel.
Gooi in ’n bak wat in die vrieskas kan gaan. Die mengsel word redelik hard – haal dit 5 minute voor jy dit voorsit uit die vrieskas. Dit smelt ook baie vinnig.

Foto van Elsabé Mulder Barnard
Elsabe het dit is ‘n groot tert gemaak met tenniskoekies tussen die lae… foto 2




KORTPAD SKILFERKORS DEEG

KORSE
KORTPAD SKILFERKORS DEEG
4 x 250 ml koekmeel
10 ml kremetart
1 ml sout
390 ml (360 g) botter (Let wel: nie margarien nie)
3 eiergele
ongeveer 200 ml yskoue sodawater
olie
260 ml (240 g) botter, gerasper

Sif die meel, kremetart en sout saam.
Vryf die 360 g botter in die meelmengsel tot dit krummelrig is.
Klits die eiergele liggies en meng dit met die sodawater. Sny die eierwater in die meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Draai die deeg in botterpapier/cling wrap toe en sit ongeveer 15 min. lank in die yskas.
Smeer die olie liggies op die werksoppervlak en rol die verkoelde deeg dun in ‘n reghoek daarop uit. Let wel : Werk liggies met die deep – moenie dit rek deur te hard op die koekroller te druk nie).
Strooi die helfte van die gerasperde botter oor die deegreghoek. Vou die vier hoeke van die reghoek na mekaar toe soos die agterkant van ‘n koevert . Draai die deeg in botterpapier/cling wrap toe en sit dit vir 30 min. in die yskas.
Rol die deeg weer uit tot ‘n reghoek en strooi die orige botter oor. Vou die deegreghoek weer toe soos ‘n koevert, draai weer toe en plaas in yskas tot benodig.

Resep geplaas deur Louise Groenewald
(Henna Steyn)




BROODSLAAI MET EIER

BROODSLAAI MET EIER
1 brood in blokkies gesny
2 koppies kaasblokkies
2 teelepels mosterdpoeier
1 teelepel sout
½ teelepel peper
2 eiers
½ koppie gesmelte botter
1 koppie kondensmelk
25 ml asyn
125 ml agurkies in skyfies gesny
3 hardgekookte eiers
Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mosterd, sout, peper, en asyn saam. Voeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies, agurkies en eiers. Versier met vars pietersielie.




BROODSLAAI


BROODSLAAI
4 eiers
1½ koppie suiker
1 koppie wit asyn
1½ eetlepel aangemaakte mosterd
knippie sout

Meng bestanddele en klits goed.
Kook vir ± 5 minute terwyl aanhoudend geroer word.
Braai broodblokkies in diep warm olie tot bruin.
Dreineer en laat afkoel.
Sny blokkies kaas en meng met brood.
Skep warm sous oor brood en kaasblokkies.
Bedien dadelik.

Foto: Pamela Stander