HOENDER STROGANOFF (Die vinnige een)


HOENDER STROGANOFF (Die vinnige een)
1 eetlepel koekmeel
1 volronde teelepel paprika
1 hoenderekstrak blokkie
1 teelepel sout
1 teelepel peper
4 hoenderborsies, ontbeen en in repies gesny
1 ui, fyngekap
1 groen soetrissie
2 koppies sampioene, fyngekerf
1 eetlepel brandewyn
½ koppie tamatiesous
1 koppie karringmelk
olie vir braai

Plaas meel, paprika, sout en peper in ‘n plastieksak. Voeg hoender by en skud totdat hoender heeltemal bedek is. Braai ui tesame met die hoenderekstrakblokkie in bietjie olie. Wanneer bruin, voeg meelbedekte hoender, soetrissie en sampioene by. Wanneer hoender gaar is en groente ‘n vloeistof begin afskei, roer brandewyn en tamatiesous by. Haal van stoofplaat af en voeg karringmelk by. Bedien onmiddelik.
Foto:  Bonita vd Westhuizen




HOENDER IN BLATJANG-LEMOENSOUS

lemoenhoender linnoltetestedHoender in bladjang-lemoensous
HOENDER IN BLATJANG-LEMOENSOUS
1.3 kg hoenderstukke
sout
peper
geurselsout
koekmeelblom
kookolie
2 middelslag uie, gerasper
250 ml vrugteblatjang
500 ml vars lemoensap

Vryf die hoenderporsies met die sout, peper en geurselsout. Rol die stukke in die koek meelblom en braai in warm kookolie tot goudbruin. Skep in ‘n groot kasserol. Meng die res van die bestanddele en gooi bo-oor. Sit die deksel op en bak 1½ tot 2 uur by 200°C.

Nota:
Ek het dit gemaak met ‘n verskil. Tiemie, kaneel, kerrie bygevoeg asook cranberries. Voor opdiening amandel splinters oorgegooi vir garnering. Dit was heerlik. Dankie vir al jul lekker resepte wat mens kan probeer. Goed gaan.

Foto:  Linette Nolte  en Ertjies de Witt



KARAMELPOEDING

karamel poeding brineeltested

KARAMELPOEDING
1 koppie melk
½ koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 koppie koekmeel
1½ eetlepel appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
Knippie sout
Klop eier en suiker saam. Voeg konfyt by en meng goed. Meng melk en koeksoda, hou eenkant. Voeg res van die bestandele by en maak aan met melkmengsel. Sit in bak met deksel en bak vir ¾ uur by 200°C. Skep stroop oor sodra dit uit die oond kom.

STROOP
1 koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie kookwater
125 g botter
1 teelepel vanilla
Knipie sout
Kook alles saam en gooi kokend oor die poeding. Bedien met vla of room.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans




CHICKEN SATAYS WITH PEANUT SAUCE

CHICKEN SATAYS WITH PEANUT SAUCE
Dit is ‘n Thai gereg, hulle noem dit “chicken satays met peanut sauce” Daar is honderde respte maar my ma het die resep van Thailand gebring. Is heerlik!
Die hoender marinade:
3 eetlepels lemmetjie sap
3 eetlepels canola olie
2 teelepels soyasous
2 teelepels “fish sauce”
1/2 teelepel fyn gedroogde chillie
750 g hoender borsies

Vir die Peanut Sauce:
2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
2 eetlepels klapper melk
1 eetlepels lemmetjie sap
2 teelepels soyasous
1 teelepel bruin suiker
1/2 teelepel fyn gedroogde chillie

Maak nou so met die hoender:
Whisk die lenmmetjie sap, olie, soyasous, fish sauce en chillie in ‘n vlak mengbak tot dit goed gekombineer is.Voeg die hoender repies by en maak seker die marinade is goed oral ingevryf. Plaas in yskas vir ongeveer 15 minute.
Maak nou die peanut sous:
Whisk al die bestanddele vir die sous tot glad. Ek gebruik sommer my riffel steakpan maar jy kan enige “gril” gebruik. Maak dit baie warm. Ryg elke hoender repie op die sosatie stokkie (ek gebruik nie ‘n te lang stokkie nie) en braai dan op die griddle pan vir so 3 minute aan elke kant totdat die sappe helder uitkom m.a.w. die hoender moet gaar maar nie droog wees nie. Bedien nou met die peanut sous as ‘n dip. HEERLIK!

Recipe posted by Urban Herbs – Martie Fourie Moolman




PERI PERI HOENDER – DIE WARE JAKOB

PERI PERI HOENDER – DIE WARE JAKOB
Resep geplaas deur Dorrie
Foto: Herman Agenbag
FOOD LOVERS RECIPES
Die ouer-garde wat Peri-Peri Hoender onthou soos dit in die dae van die Portugese in Mozambique voorgesit is. Dit is die Ware Jakob!
1 heel hoender (± 1.8 kg)
Portugese olyfolie
MARINADE:
6 knoffelhuisies, grof gekap
stukkie vars gemmer (sowat 5 cm lank), gekap
150 ml olyfolie
fyn gerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen
150 ml vars suurlemoensap
2 rooi vars rissies, gekap met pitte en al, of ‘n eetlepelvol droë ‘Chilli-Flakes’ (vars is beter)
1 handvol gekapte pietersielie

Plaas die heel hoender met bors na onder op snyplank.
Met ‘n sker of skerp mes, sny langs die ruggraat oop. Sny die ruggraat uit.
Draai die hoender om en vlek heeltemal oop. Druk effens plat.
Plaas die hoender in ‘n groot plastiese sak.
Sit die knoffel, gemmer, olyfolie en suurlemoensap in ‘n ‘food processor’ en meng goed. Sit die rissie en pietersielie by.
Gooi die marinde by die hoender en werk dit deeglik in. Bind die sak toe en laat (verkieslik) oornag staan in ‘n yskas, of marineer vir ten minste vyf ure lank.
Verwarm oond tot 200°C.
Sit ‘n bietjie olyfolie in ‘n braaipan. Haal die hoender uit en plaas in die pan. Borsel met olyfolie. Gooi die oortollige marinade weg. Gooi sout op na smaak. (Ek gebruik growwe sout).
Plaas pan in die oond. Borsel nou en dan van die pan-sappe oor en braai in die oond tot gaar.
Haal uit die oond en skep uit in groot bord.
Meng sowat kwart-koppie suurlemoensap met kwart-koppie olyfolie en verf oor die hoender.
Dien op met suurlemoen skyfies en chips of Portuguese gebraaide rys.




TAMATIESOUS HOENDER

TAMATIESOUS HOENDER
My een gunsteling dis is tamatiesous hoender (die resep is uitgedink maar is ‘n ware wenner)… gemaak as volg.
2 kg hoenderstukke
2 koppies tamatiesous
1 koppie Mayonniase
1/2 koppie Mrs balls blatjang
1/4 koppie asyn
2 uie grof gekap
3 knoffel huisies opgekap
4 tamaties opgekap (vel verwyder)
8 aartappels geskil en in 1/2 gesny
4 wortels geskil en in 2 cm Stukke gesny
7.5 ml sout
vars gemaalde swart peper
50 ml kookolie of botter

Braai uie, knoffel en hoender saam, meng tamatiesous, mayo, blatjang asyn en sout. Wanneer hoender lekker gepanbraai het, giet die sous oor en sit deksel op. Wanneer hoender byna gaar is, voeg die groente by asook vars gemaalde swart peper na smaak. Jy kan ook sampioene bysit op die einde.
bedien saam rys…

RESEP: Francois Van Der Schyff




KALKOENBOUDE

kalkoenboudetested

KALKOENBOUDE
2 kalkoenboude
250ml rooiwyn
175 ml tamatiesous
175 ml chutney
100 ml mosterd
25 ml Worcestersous
75 ml water
sout, pepper en knoffel

Stap 1. Koop kalkoen boude by enige winkel waar jy dit kan opraap. Dis nie orals te koop nie omdat Suid Afrikaners nie eintlik kalkoen ken nie. So as jy dit op die rak sien, koop dit dadelik.
Stap 2. Sit so 2 boude in ‘n casserole / druk koker. Maak jou eie sous van rooiwyn, chutney, Worcestersous, mosterd, tamatiesous, bietjie sout, peper en knoffel, altesaam so 750ml sous. Gooi sous oor kalkoen met ‘n paar skywe uie bo op & druk in die oond vir min 2 ure as dit klein boudjies is, andersins 3 ure as dit groot boude is. In die druk koker so 45 min. (Groot boude pas nie in die druk koker nie).
Stap 3 Druk ‘n mes in om te kyk of die vleis doek sag is & skep ‘n bietjie sous oor.
Stap 4 Bedien op saam met enige groente.
Stap 5 Lek jou vingers af, want jy sal nie glo hoe lekker hierdie is nie.

Resep: Louise Groenewald
Foto:  Tanya Smith




GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK

foil pascelstested
GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK
Vriendin se kamp hoender- sy kan nie onthou waar sy die resep/beginsel gekry het nie. Dalk kan n kosmater help.
GEEN SKOTTELGOED: Geurige hoender-foeliegebak
Soms het ‘n mens iets nodig wat nie te veel moeite is nie, en wat ook geen moeite agterlaat nie. Tog moet dit vingeraflek-lekker wees en sommer ‘n yslike gesin kan voed:
Ek is mal oor kos wat ‘n mens net so kan saamflans – veral die wat nie regtig skottelgoed maak nie. Hierdie hoender- en worsiegereg maak jy in foelie toe voordat dit oor die kole, of in die oond gebak word. Die lekkerste is dat jy die bestanddele kan aanpas soos jy die dag voel. En die beste is dat jy dit met brood kan voorsit, wat jy dan deur die sous kan trek! Geen moeite. Moenie nog huiwer nie – maak dit vanaand!

Vir die sous:
25 ml bruinsuiker
25 ml balsemieke asyn
25 ml Worcestersous
25 ml olie
50 ml blatjang
5 ml heelkorrel- of soetmosterd
paar druppels Tabasco, opsioneel

Vir die foeliepakkie:
8 hoenderstukke: vlerkies, boudjies of dye
dun boerewors, of dun spek- en kaaswors
verskeidenheid sampioene – groot bruin, knopiesampioene, portabellinis
1 ui, sny in agt skywe
kersietamaties
sout en varsgemaalde swartpeper
25 ml witwyn (of water)

Begin deur ‘n plastiese sakkie te kry. Dis nou as jy regtig nie skottelgoed wil maak nie, anders kan jy ‘n bakkie gebruik. Gooi al die bestanddele vir die sous daarin. Voeg ook die hoenderstukke by en meng sodat die hoender heeltemal bedek is met sous.
Kry nou die foelie gereed.
Mens het ongeveer ‘n meter nodig hiervoor. Vou dit in die helfte, met die blink kant na buite.
Gooi die hoender in die middel van die foelie uit.
Sny die wors in ongeveer 5 cm-stukke. Rangskik dit tussen die hoender.
Voeg dan ook die sampioene, sommer so heel, en die uie en kersietamaties by. Werk dit maar so uit hoeveel elke persoon omtrent van elke item sal eet.
Gooi sout en swartpeper oor en rangskik alles mooi. Sprinkel die wyn oor alles.
Bring nou al die kante van die foelie in en maak dit styf toe. Kry maar ‘n groot snybord, bak of pan om dit in te sit soos jy dit van die een plek na die ander dra.
Sou jy op die punt agterkom dat jou foelie te min, of jou bestanddele te veel is, kan jy net eenvoudig nog ‘n stuk foelie omdraai, of bo-oor sit.
Die kan jy nou op die warm vuur sit, of in die gasbraaier, of in die oond by 220 °C. Dit neem sowat ‘n uur om gaar te word.
Al wat jy hoef te doen is om die pakkie na ‘n halfuur oop te maak en te kyk of alles nog reg is – jy kan dan ook sommer die hoender omdraai. Vou die foelie weg en laat dit dan oop verder gaar word.
As jy over the top wil gaan, kan jy fetakaas oorstrooi net voor jy dit tafel toe dra. Swart olywe is net so ‘n lekker toevoegsel – veral as jy dit saam in die foelie bak.
Sit die foeliegebak net so in sy foelie voor. Gee vars snye brood, broodrolletjies of chips om deur die sous te trek
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels

 




SJOKOLADE FUDGE EN ROOMKOEK

choc fudge and cream cake
SJOKOLADE FUDGE EN ROOMKOEK
Smeer panne
Oond 180°C
Los 30 ml kakoa in 240 ml lou water op (los uit vir wit koek) 
6 groot eiers, geskei
500 ml koekmeel
250 ml suiker
10 ml bakpoeier, sif dit 3 maal

Meng die eiergele, ¼ koppie olie, en kakoa mengsel goed saam en meng met droë bestanddele.
Klits eierwit styf, voeg 5 ml bakpoeier en ½ teelepel sout by en klits vir ‘n rukkie tot alles gemeng is.
Vou in by res met metaallepel.
Ek het groter panne gebruik en vir net 25 minute gebak, maar as jy standaard panne gebruik 45 minute tot 1 uur.

Room versiersel:
250 ml room, styf geklop
200 g sjokolade, gesmelt en afgekoel en vou in by room met metaallepel

Ek het klaar gemaakte sjokolade fudge versiersel gebruik, maar karamel is lekkerder!
Versier koek met versiersel/karamel dan ‘n laag room en dan herhaal op boonste laag! Enjoy!

Foto en resep:  Barbara Bullock




PAMPOEN EN KOKOSMELK SOP

sop met kokosmelk

PAMPOEN EN KOKOSMELK SOP

Heerlik!!
1 kg Pampoen in blokkies gesny
1 aartappel
4 uie fyn gekap
3 knoffelhuisies
4 eetlepels botter/margerine
Een teelepel vars fyn gemmer
Knippie muskaat neut
Teelepel gemmer poeier
Knippie Cayenne peper
1 liter hoender aftreksel
1 blikkie kokosmelkBraai die uie, knoffelhuisies, blokkies aartappel, vars gemmer en blokkies pampoen in botter.
Gooi hoenderaftreksel by en geur met gemmerpoeier, Cayenne peper en muskaat neut. Kook 15 minute tot sag. Haal van hitte af. Pureer en gooi die blikkie kokosmelk by.

Santie Hain