BLOMKOOL MET KAASSOUS

blomkoolpakkies
BLOMKOOL MET KAASSOUS

 Ek stoom my blomkool in ‘n chinese hout steamer tot sag maar nog krakerig (dus net ‘n paar minute) Die hout gee ‘n lekker smaak.
Dan maak ek ‘n kaassous:
1 koppie melk
25 ml maizena
2 5 ml botter
handvol cheddar kaas
sout en baie swart peper
Kook die melk en botter, maak die maizena aan met bietjie melk, en voeg by die warm melk, roer heel tyd. Wanneer verdik, voeg die kaas, sout en peper by en ;aat vinnig deurkook.  Pasop vir aanbrand.
Sprinkel  ‘n bietjie fyn neut oor die blomkool en skep die sous oor.
My ma het altyd die neut in so ‘n meultjie gedraai, maar ek koop nou maar die fyn neut. Dit smaak nes my ouma s’n!

Resep en foto: Maria Liebenberg




LEZA SE ” LUI” BOLOGNAISE

LUI BOLOGNAISE

LEZA SE ” LUI” BOLOGNAISE
Ek het ‘n vinnige resep, maar maak dit sommer uit my kop, noem dit maar Leza se lui resep…

Braai ‘n ui, bruin die maalvleis by die ui, skud die botteltjie braai speserye so 2 of 3 keer, voeg gemengde kruie in, so halwe proppie. Dan ‘n bottel tamatie & basil pasta sous. Kook solank as wat die spagheti kook.

Sit voor.

nota:  mens kan ook vleis bolletjies gebruik ipv maalvleis.l

Leza Du Toit Mienie




SEEKOS TAGLIATELLI PASTA

seekos tegliatelli pasta

SEEKOS TAGLIATELLI PASTA
Ek het vandag vir ‘n seekosete gecater. Hierdie tagliatelli pasta met seekossous is so maklik om te maak en almal geniet dit.

Maak die pasta soos gewoonlik gaar.
Dan maak jy witsous waarby jy room voeg vir ‘n lekker ryk sous.
Meng dan die pasta met die sous in ‘n groot bak om dit makliker te maak.
Dan voeg jy maar net enige seekos van jou keuse by en roer liggies deur.
Gerookte Paprika is baie lekker in die witsous as jy dit wil byvoeg.
Jy maak gewone witsous, verryk dit met ‘n bietjie room en voeg ook fyngemaakte knoffel by, geurmiddels (Ina Paarman garlic and Herb seasoning) en varsgemaalde swartpeper.
Jy kan enige seekosmengsel gebruik, ek het ekstra mossels bygesit en die garnale bo-op.
Jy kan die seekos in botter stirfry en dan byvoeg.
‘n Heerlike dis as jy ‘n vullende ete vir ‘n klomp mense wil maak.

Resep en foto: Louise Groenewald




VRUGTE SOSATIES EN GROENTEWORS

groentewors

VRUGTE SOSATIES EN GROENTEWORS

Vir die vrugtesosaties het ek perskes, piesang, pynappel en skywe agurkies ingeryg, bedruip met balamiese asyn en heuning.

Die wors is gemengde groente wat ek met grofgerasperde kaas en gebraaide uie gemeng het. Mens kan seker nog bacon ook insit of hoe???? En dan stop jy dit in ‘n derm.

Hester Snyman Caswell Maritz

 




LEKKER FRIKKADELLE


LEKKER FRIKKADELLE
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 kg maalvleis
½ koppie hawermout
187 ml melk
45 ml bruin asyn
22 ml Worcestersous
knippie sout
bietjie peper
cup of soup se tamatiesop

Meng al die bestanddele saam behalwe die tamatiesoppoeier EN net die helfte van die blikkie tamatie en uie smoor. Maak jou balletjies en sit in ‘n bak. Maak die cup of soup aan soos gewoonlik en gooi oor die balletjies. Bedek die bak met foelie. Bak vir ongeveer 45 min by 180°C.

Hierdie resep vries ook baie goed.

Reinette Nieuwoudt-Hartzenberg




ENTABENI ROLLS

entabeni rollstested

ENTABENI ROLLS
Junie die jaar het ek en my man by die Entabeni Lodge gebly in Gauteng en ekt die chef gesmeek vir sy brood rolletjie resep. Ekt hom vertel dat ek nie brood bak nie, maar ek sal van nou af…en ekt dit al ‘n paar maal gebruik!!
Pre-heat oven to 180°C.
1 kg cake flour
125 ml sugar
1 teaspoon salt
1 packet of yeast
20 g butter
500 ml warm water

I mix all the dry ingredients, then I melt down the butter in the warm water, pour it over the dry ingredients – and start kneading till a lastick dough.  Cover and set aside.
Let it rise, knead down, form balls and put them in a oiled or buttered baking pan (I used a round enamel one).
Dust some flour on top. Let it rise again till double the size.
Bake until golden brown – about 40 min at 180 º C.
Serve with butter and honey or apricot jam or Bovril and cheese.
De-li-cious!

Foto:  Estrela Oosthuizen

 

 




RED VELVET BUNDT CAKE

red velvet bundt cake. - estrelda

RED VELVET BUNDT CAKE
2 ½ cups all-purpose flour
2 cups granulated sugar
1 cup vegetable oil
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon salt
3 tablespoons cocoa powder
1 tablespoon white vinegar
1 teaspoon vanilla extract
2 eggs
1 cup buttermilk, or 1 cup milk plus 1 tablespoon vinegar
30 ml red food coloring

Cream Cheese Filling
230 g package cream cheese, softened
¼ cup butter, softened
½ cup granulated sugar
1 large egg
2 tablespoons all-purpose flour
1 teaspoon vanilla extract

Pre-heat oven to 160ºC. Spray your bundt pan with cooking spray.
In a medium bowl, mix eggs with a wire whisk. Add oil, vinegar, vanilla, buttermilk and food coloring. Whisk together and set aside. In a large mixing bowl, mix together all the dry ingredients (flour, sugar, baking soda, salt, and cocoa powder).
Add the wet ingredients to the dry ingredients, and mix on medium high with an electric mixer until well combined.Filling: In a separate mixing bowl, mix cream cheese, butter, and sugar at medium speed with an electric mixer until blended and smooth. Add egg, flour, and vanilla; beat just until blended.
Pour 2/3rds of the batter into the Bundt pan. Carefully pour the cream cheese filling on top of the batter, making a ring that doesn’t touch the sides of the pan. Add the rest of the batter on top.
Bake the cake for 50-55 minutes. Ovens may vary slightly, so use a toothpick to check to see if it’s done. When your toothpick comes out clean, the cake is done.
Let the cake sit in the pan for about 30 minutes before inverting onto a plate.

Cream Cheese Frosting
230 g package cream cheese, softened
1/½ cup unsalted butter, softened
4 cups confectioners’ sugar (Icing sugar)
1 teaspoon vanilla extract
¼ cup milk
Mix cream cheese and butter together in a medium bowl with an electric mixer. Add sugar, vanilla and milk. Mix well.Allow the cake to cool for at least 45 minutes to an hour before adding frosting. Use a spoon to drizzle frosting over the cake. If the frosting isn’t easy to drizzle, heat it up in the microwave for 10 seconds. This will make it easier to work with.

Photo:  Estrela Oosthuizen

 




GINGER ALE HOENDER

gingerale hoender

Pak ‘n pak dye en boudjies in ‘n braaipan, rasper ‘n uie oor, en gooi 1 x pakkie oxtail sop oor en 1 x pakkie bruin uie sop oor. Gooi 1 x litre. Gingerale oor. En NIKKKKKS anders. Kook tot gaar. Bedien met groente en BAIE rys en aartappels! Dis vrek ongeloooooflik lekker!

Christabel Garisch



MARINETTE SE LEWERKOEKIES

lewerkoekies 2

MARINETTE SE LEWERKOEKIES
1 skaaplewer
½ koppie netvet
2 snye brood
1 ui
1 eier
4 eetlepels meelblom
sout en peper
¼ teelepel neutmuskaat

Maal die skaaplewer, netvet, ui en brood saam.
Meng dit met die eier en meelblom en geur met sout, peper en ‘n bietjie neutmuskaat.
Bak in vlak warm olie, lepels vol.
Die lewerkoekies word bedien met varsgebakte plaasbrood en Marinette se heel vyekonfyt.




NICOLETTE SE “OORSKIET” PASTEITJIES

oorskiet pasteitjiestested

NICOLETTE SE “OORSKIET” PASTEITJIES
My man is’n groot braaier wat nie lekker verstaan van ‘portion control’ nie, so daar is permanent vleis oor. Hierdie pasteitjies het ‘n mengsel van steak, ‘pulled pork’ en sommer ook fyn gesnyde beesrib. Ek hou maar altyd die hoender op sy eie. Dan het ek ‘n pak gevriesde groente (die fyngesnyde blokkies – in SA kry jy dit klaar gekook in ‘n blikke maar nie hier in die UK nie) opgekook en dit saam met die vleis en ‘n blikkie sampioensop gemeng. Vir hoender pasteitjies gebruik ek hoenderroomsop. In SA het ek altyd die pakkies sop met so die helfte van die vloeistof aangemaak en dan ook melk gebruik om dit bietjie meer romerig te maak.
As hy die soppoeier gebruik het jy geen sout nodig nie, maar as jy van die blikkies sop gebruik dan is dit jou keuse wat jy alles wil bysit vir ‘n lekker smakie. Hoeveelhede is nou moeilik om te sê – so 50/50 vleis en groente en genoeg sop om dit lekker souserig te maak? Dan is dit in die gekoopte deeg, skep in om hom lekker vol te maak, ek smeer die ‘doppie’ se rand met ‘n bietjie water en druk hom lekker vas en in die oond by 200 celsius vir so 20 – 30 min. Dan is dit afkoel tyd en in tinfoelie vir die vrieskas. Om twee porsie ‘pies’ te maak, gebruik die langwerpige foelie houers en sit net die karton dekseltjie op. Lekker vir daai Saterdagmiddag in die mikro druk.

Lekker dag julle xx Nicolette Fick