GANACHE WITH MILK

Ganache02


Dark Chocolate Chips – 200 gm
Butter – 50 gms
Milk – 120 ml

Method:

Take milk and butter in a sauce pan and heat it up..

Bring this to a boil so that the butter melts..

Once the butter is melted switch off the flame and add in chocolate chips..

Leave this aside for 3-4 mins..Now using a whisk mix this slowly so that the chocolate melts..

When everything is mixed smoothly..Put this is the freezer for 30 mins.

Whisk this for every 10 mins..When it reaches the right consistency remove it out of the fridge use accordingly.

Yummy Tummy recipe – Recipe Source : Nigella.com




LEMOEN EN HEUNING SOET WORTELS

lemoen en heuning wortels 2tested

LEMOEN EN HEUNING SOET WORTELS

Nou ja almal het maar hulle manier van soet wortels kook, maar ek moet se hierdie is vir my die lekkerste soet wortels, ek deel dit graag met julle, ek maak ook my soet patats soms so

2 porsies

3 groot wortels geskil en in ringetjies gesny.
Sit net genoeg water in om wortels te bedek. Gooi bietjie sout in.
Kook tot net begin sag word, moet nog harderig wees anders kook dit pap
Gooi halwe koppie vars uitgedrukte lemoensap by, saam met 1 eet suiker/versoeter en 1 eetl margarien. Sit deksel op en kook tot sous begin dikker word.
Moenie teveel roer nie dan breek die wortels.
Sit nou twee eetlepels heuning, en so half teelepel kaneel by en laat lekker deurkook. Sous behoort nou al lekker dik te wees, indien nie
vat 1 teelepel maizina maak aan met bietjie water, gooi stadig by tot die regte dikte, draai plaat op stadigste en laat net rustig deur kook.

2de foto:  Weer vandag my gewilde wortels gemaak, maar in die plek van kaneel het ek vars gemmer stukkies en ook lemoenskil bygesit, bietjie meer xylitol gebruik en die heuning uitgelaat…dit is regtig ‘n heerlike manier om wortels te doen en die kleur op die bord is pragtig.

Dit is heerlik verby…..

Bron: Rina Kleinhans




KOOKWATER SUURDEEG

kookwater suurdeeg dawie

KOOKWATER SUURDEEG

Dis n lang proses.Wees gewaarsku.
Die aand voor jy bak, moet jy jou suurdeeg begin maak.
Kook so 2L water. Skil 2 groterige aartappels en sny in kwarte of rasper die aartappel.
Laat water afkoel sodat jy nie brand as ju jou hand daarin steek nie. Plaas in n groot kastrol met ‘n deksel. Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat. Nie ‘n aluminium kastrol. Hy slaan aan. Plaas die water daarin,1 eetlepel sout en 1 eetlepel suiker en 1 eetlepel koeksoda.
Sit so 2 koppies witbroodmeel bo-op die water met so ‘n hopie meel in die middel.
Sit die kastrol in ‘n plastiekskottel met warm water en maak die hele konkoksie toe en sit ‘n warmwatersak of elektriese kombers by hom aan om warm te bly deur die nag.
Die volgende oggend roer jy die hele storie deurmekaar.
Voeg nog ‘n bietjie sterk warm water by en sitweer meel so bo-op in die kastrol.
Hou weer warm. Kyk so na ‘n uur. Die inhoud moet omtrent lyk soos die foto hierbo. As hy nog nie so lyk nie, hou hom nog warm vir ‘n uur en kyk weer. Sterkte.

Resep en foto: Dawie van den Heever




RED VELVET FLAN CHEESECAKE

red velvet flan

RED VELVET FLAN CHEESECAKE
Foto: Leanne Thurston Coetzer en Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
312 ml (180 g) cake flour
187 ml (150 g) sugar
5 ml bicarbonate of soda
10 ml cocoa powder
2.5 ml salt
125 ml buttermilk
1 extra large egg
165 ml oil
5 ml vinegar
15 ml Crimson pink food colouring
2.5 ml vanilla essence
Filling:
230 g cream cheese
1 x 397 g can condensed milk
80 ml fresh lemon juice
5 ml vanilla essence
4 meringues, chopped
250 g strawberries, hulled and halved
Icing sugar for dusting

Cake:
Sift the dry ingredients together. Do this TWICE.
Beat the buttermilk, egg, oil, vinegar, colouring and essence together.
Add to the dry ingredients and mix until just combined. Do not over-mix.
Baking:Cake
Pour into a greased 25 cm flan tin.
Bake in a preheated oven at 180°C for 30 -35 minutes or until a skewer inserted comes out clean.
Cool in the pan for 5 minutes and then turn out on a wire rack and leave to cool.

Filling:
Beat cream cheese and condensed milk together until smooth.
Add the lemon juice and the vanilla and beat for 2 minutes.
Pour into the prepared flan casing.
Refrigerate for about 2 hours or until set.
Sprinkle the crushed meringues on top and press gently into filling.
Arrange strawberries on top and dust with icing sugar just before serving.


Heerlike, maklike en mooi koek, sal hom verseker weer bak.
Foto: Elsa Van Kradenburg Fourie




GROENVYEKONFYT

heel vye konfyt

GROENVYEKONFYT

1,25 kg suiker per 1 kg vrugte
1,5 liter water per 1 kg suiker
50-60 ml suurlemoensap per 3 kg vrugte
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.
Krap, rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny ‘n kruisie aan die onderpunt van elke vy.
Bepaal massa en prik.
Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater / 25 ml gebluste kalk – 45 ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af.
Sit vye in en ‘n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook is, ± 30 minute.
Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag.
Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte kan met skille ook gebruik word maar die kooktyd in water moet verleng word.
bydrae: Petro van der Westhuizen




EASY MAYONNAISE ROLLS

mayo rolls
EASY MAYONNAISE ROLLS
In our recipe for Easy Mayo Rolls, mayonnaise takes the place of eggs and oil, making moist throw-together rolls in just minutes!

Makes: about 1 dozen rolls
Cooking Time: 12 min
3 cups self-rising flour
1 ½ cups milk
1/3 cup mayonnaise
Preheat oven to 220ºC. Coat 12 muffin cups with cooking spray.
In a medium bowl, combine all ingredients; mix well. Spoon equally into prepared muffin cups.
Bake 12 to 15 minutes, or until golden. Serve warm, or allow to cool slightly then remove to a wire rack to cool completely.
Note
It’s easy to have fresh rolls in no time with just three ingredients.
Photo:  Marie Rheeder Troskie




SAMPIOENE OP DIE VUUR

mushrooms op die vuur
SAMPIOENE OP DIE VUUR
Vat heel lekker groot sampioene en pak dit op foil.

Mens moet eintlik daai foil bakke gebruik maar myne was te klein – toe sit ek dit in foil en maak dit weer toe met foil bo-oor – dan het ons dit in ‘n rooster gesit onder die kole bak in die binne braai so dit word nie direk op die kole gebraai nie – so hy stoom gaar van die hitte – en ek het pynappelstukkies ook ingesit met bietjie pynappelsous – en dan gee dit so effe soet smaak – dis regtig baie lekker – ek het uie ook fyn bo-oor gekerf maar baie min want my meisiekind vol nonsens met uie – die uie stoom ook lekker gaar.

Ek het die potjies knoffel gemeng met botter – so teelepel vol – dis redelik sterk, skep dit op die sampioene en rasper kaas bo-oor.

 Resep en foto: Marietjie Nel



MA SE SPAGETTI

ma se spagetti
MA SE SPAGETTI

Kook spaghetti gaar, dreineer. Braai fyn gekapte uie en knoffel voeg 2 sakkies tamatie pasta by.
Gooi sout, peper en droe pietersielie by en meng goed met spaghetti.
Baie lekker by vleisgeregte
Foto en resep:  Marie Dumas Jennings



KOOLHIDRAATARM PANNEKOEK

koolhidraatarm pannekoek

KOOLHIDRAATARM PANNEKOEK
Daar is 2 bestanddele in wat ek nie weet of jy dit in SA kan koop. Die een is Kokosroommeel en Gari – meel van Cassaveplant.
Vir 3 pannekoekies:
2 eiers
1 eetlepel kokosroommeel
2 eetlepels gari
1/3 koppie water
1 teelepel gesmelte kokokbotter
knijpie sout

Bak gewoon kleine pannekoekies in kokosolie.
Jy kan ook gewone kokosmeelgebruik, 1 opgehoopte eetlepel en die gari weglaat.
Jy kan ook water vervang met amandelmelk.
Lucille Coetzee-Kukkuk




AMARULA WORTELKOEK

amarula wortelkoektested
AMARULA WORTELKOEK
Koek:

625 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
7 ml koeksoda
15 ml gemengde speserye
5 ml sout
4 ekstra-groot eiers
310 ml olie
310 ml strooisuiker
500 ml fyn gerasperde wortels
250 ml gekapte pekanneute
250 ml gerasperde vars pynappel of appel, goed gedreineer
60 ml Amarula Cream-likeur
125 ml gladde appelkooskonfytVersiersel:
60 g botter
500 ml versiersuiker, gesif
20 ml Amarula Cream-likeur
125 g roomkaas of geroomde maaskaas
Voorverhit oond tot 180 grade C
Smeer ‘n 35 cm-losboomkoekpan met botter of bespuit ‘spray + cook’. Voer bodem uit met bakpapier en smeer of spuit dit ook met ‘spray + cook’. Sif droë bestanddele 2 keer saam. Klits die eiers goed en voeg die suiker lepelsgwys by terwyl aanhoudende geklikts word. Klits goed tot lig en dik. Voeg olie stadig by en klits 2 minute lank. Voeg wortels, pynappel, neute, likeur en applkooskonfyt by. Roer tot gemeng. Voeg droë bestanddele by en eiermengsel en vou in tot goed gemeng. Giet beslag in voorbereide pan en bak ongeveer 1 uur en 10 minute lank tot gaar, of tot toetspen skoon uit middel van koek kom. Laat koek 10 minute lank in die pan afkoel, keer uit op ‘n draadrak en laat heeltemal afkoel.Maak intussen die versiersel aan. Verroom botter en versiersuiker goed. Roer likeur en roomkaas liggies by. Verkoel minstens 2 uur lank en smeer oor die afgekoelde koek. Lewer 1 groot koek.

Du Plessis Martin Ellenore   (uit ‘n plakboek versameling resepte – Mev Bets Odendal – Pretoria)
Foto: Mechthild Paul Basson