KERRIE-KOMKOMMERS
KERRIE-KOMKOMMERS
(Heerlik as n slaai by braaivleis of sommer so op brood)
1 kg Engelse komkommers
500 g uie, geskil
250 ml (1 koppie) water
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) suiker
500 ml (2 koppies) wit druiwe asyn
30 ml (2 eetlepels) kerriepoeier
10 ml (2 teelepels) mosterdpoeier
30 ml (2 eetlepels) mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water
Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by en kook goed deur tot die mengsel verdik.
Skep die warm mengsel in skoon gesteriliseerde flesse en bottel.
Lewer 1,75 liter.
Ek het dit self al gemaak en kan sê dat dit heerlik smaak.
Nota: Ek het bietjie borrie bygesit om dit geler te kry
Foto: Dawie van den Heever











