TUISGEMAAKTE VERSIERSUIKER


TUISGEMAAKTE VERSIERSUIKER
Hi. Netnou gesien iemand wil versiersuiker maak, kan dit nie nou kry.
Ek maak die gereeld as ek nie het nie.
250 ml wit suiker
25 ml Maizena
Pols suiker tot POEIER in voedsel verwerker of bullet.
Voeg Maizina by en pols nog so rukkie. En Bob’s your uncle!
Resep:  Ricky Greyling




KERRIEWORTELS MET VARIASIE


KERRIEWORTELS MET VARIASIE
(Hierdie resep kan ook gebruik word vir kool, groenboontjies of eiervrug)
2 kg wortels, geskil en in ringe gesny
12 ml sout
500 g uie, in skywe gesny
500 ml suiker
20 ml kerriepoeier
750 ml asyn
25 ml mielieblom
5 ml borrie
5 ml rooi rissiepoeier(opsioneel)

Plaas die wortels in ‘n kastrol, bedek met water en voeg die sout by. Laat prut oor matige hitte tot die wortels halfgaar is. Dreineer die wortels en plaas dit terug in die kastrol. Plaas intussen die uie in ‘n bak en bedek met kookwater. Laat 15 minute staan en dreineer goed. Voeg die uie by die wortels in die kastrol. Meng die suiker, kerriepoeier, borrie, asyn en mielieblom en giet dit by die wortelmengsel. Bring tot kookpunt terwyl gedurig geroer word en laat prut dan 5 minute. Skep dit in gesteriliseerde flesse en seël die fesse goed.
Maak sowat 2 liter

Resep en foto:  Aletta Lettie Brown




MAAK VAN BOKKOMS


MAAK VAN BOKKOMS

Die ouens wat dit op groot skaal doen het geboude sement baddens se so een meter by twee meter en so 700 mm diep.   Dan gooi hulle vyf skop grawe sout op die bodem met ‘n klompie water dan pak hulle twee of drie lae harders, dan gooi hulle die harders toe met sout dat daar niks uitsteek nie. Dan weer ‘n laag harders en weer ‘n laag sout, so gaan dit aan totdat die tenk vol is en dan net om te wys jys nie skaam nie gooi hulle nog vyf skopgrawe sout bo op.
Dan kom ‘n plank en ‘n gewig bo op nadat die dam vol water getap is wat seker maak dat die vis nie dryf nie.
Dan word dit so gelaat vir vyf dae.
Word dan uitgehaal en in bossies van tien ingeryg deur die oë en opgehang tot dit droog is !!
Pasop vir die katte, so hang bedags buite onder toesig en bring maar snags liefs binne toe onder slot en grendel 🙂
Geplaas en foto:  Gideon Louw




WENK VIR OLIE MET KNOFFEL


WENK VIR OLIE MET KNOFFEL
Wil ook graag ‘n wenk deel wat vir my werk.
Plaas n handvol knoffelhuisies in n 500 ml energade bottel. Vul op met olyfolie van jou keuse.
Skud voor gebruik.
Dit is heerlik om enige iets in te bak bv eiers, steak of worsies ens. Vul net altyd op met olie.

Foto en wenk:  Ina du Toit




VAKANSIESLAAI


VAKANSIESLAAI
Resep: Deona Tait van Garsfontein
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Heerlike slaai wat vooraf gemaak kan word en tot ‘n week lank in die yskas sal hou. Dis ‘n heerlike bykos by braaivleis, maar ook voortreflik saam met boerewors, ham en gepekelde vleise.
1 blik perskeskywe
1 blik pynappelskywe, gedreineer
1 blik gebakte bone in tamatiesous
1 fles piekeluitjies
Sous:
15 ml suiker
15 ml kerriepoeier
15 ml mielieblom
50 ml (1/5 koppie) appelkooskonfyt
paar druppels Tabascosous

Sny die perskeskywe in stukkies en skep saam met die pynappelstukke en boontjies in ‘n mengbak.
Sny die piekeluitjies in kwarte en voeg by.
Meng die perskesap en vloeistof van die piekeluitjies saam in ‘n klein kastrol.
Voeg die suiker, appelkooskonfyt en kerriepoeier by en meng deur. Verhit tot kookpunt en prut ‘n paar minute lank.
Maak die mielieblom aan met ‘n bietjie water en voeg by die sous in die kastrol. Prut tot die sous effens verdik.
Geur met ‘n bietjie tabascosous. Giet oor die slaai in die bak en verkoel tot benodig. Bedien koud of opgewarm.
Nota:
Al die blikke en flesse is 410 g.
15 ml is gelyk aan 1 eetlepel.




MALTABELLA GESONDHEIDSBESKUIT


MALTABELLA GESONDHEIDSBESKUIT
Resep en foto:  Carmari Fourie Strobos
FOOD LOVERS RECIPES
My man en tweeling (2 jr oud) is mal hieroor…dis ons guilt-free lekkerte soggens vroeg😋
500 ml maltabella meel (sorghum)
750 ml koekmeel
1½ koppie semels
½ koppie sade (watookal, ek het sonneblom, lyn, sesame, pampoen en n sprinkel chia saad gebruik)
1½ koppie suiker
½ koppie klapper (desicated)
2 ml sout
10 ml bakpoeier
10 ml kremetart
10 ml koeksoda
250 g margarien
750 ml karringmelk (kan ook 2 koppies gewone jogurt en 1 koppie gewone melk gebruik)
5 ml vanilla geursel
Verhit oond tot 180 ºC. Smeer ‘n oondpan.
Meng die droë bestanddele goed saam in ‘n groot bak. Smelt margarien en laat effens afkoel. Voeg karringmelk by. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in panne en bak vir ongeveer 45 min. Laat afkoel, sny en droog uit.
Nota:
Die resep kan ook glutenvry gemaak word deur die koekmeel en semels met glutenvye meel te vervang en die vloeistof aan te pas soos verkies.




FRIKKIE SE GRANADILLATERT


FRIKKIE SE GRANADILLATERT
1 blik kondensmelk gemeng met ½ teelepel wynsteensuur
Klits die volgende by die kondensmelkmengsel tot glad:
1 koppie roomkaas
1 slab gesmelte Milky Bar
1 groot houer Granadilla moes
1 pakkie granadilla jellie aangemaak met net die kookwater, afgekoel tot lou
Meng tot glad en vou 2 koppies styfgeklitsde room in. Giet inbak en laat stol in yskas.
Maak nog ‘n pakkie granadilla jellie aan met net die kookwater en gooi ‘n groot houer granadillamoes by. Laat staan tot dit lyk soos rou eierwit en giet oor die gestolde mousse.
Meng nog 1 blik kondensmelk met ½ teelepel wynsteensuur en giet oor die jellielaag.
Versier met wit sjokoladekrulle

Resep:  Frikkie Jones




TEN SALAD DRESSINGS


TEN SALAD DRESSINGS
1 cup extra virgin olive oil
1/2 cup any vinegar, lemon or lime juice
1/2 cup honey, maple syrup, or jelly
1 heaping Tablespoon Dijon mustard
1 heaping Tablespoon any fresh herb (optional)
a sprinkle or two sea salt and freshly ground pepper

Simply decide which ingredients you’d like to use and then measure everything into a Mason jar and shake vigorously until combined. Your personalized dressing will stay fresh in your refrigerator for several weeks, if it lasts that long.

Variation

1. Sherry Maple: sherry vinegar and maple syrup

2. Fennel Balsamic: balsamic vinegar, honey and ground fennel seed

3. Raspberry: red wine vinegar and raspberry jelly

4. Italian: red wine vinegar, no sweetener, minced garlic, oregano and thyme

5. Caesar: lemon juice, no sweetener, 1/2 cup of Parmesan cheese, 1 tablespoon of minced garlic, 1 tablespoon of Worcestershire sauce

6. Caribbean: lime zest and juice, honey and shredded coconut

7. Southwestern: lime zest and juice, honey, cilantro and hot sauce

8. Vanilla: white wine vinegar, honey and pure vanilla extract

9. Goat Cheese: 1 small 5 oz log of goat cheese, 1/4 cup of white wine vinegar, 1/2 cup of olive oil, 1 tablespoon of honey, and sprinkle or two of salt and pepper, puréed smooth

10. Tomato: 1 large ripe local tomato puréed with the zest and juice of 2 lemons and 1/2 cup of olive oil, seasoned with salt and pepper

SOURCE: Chef Michael Smith




WAATLEMOEN LEMONADE


WAATLEMOEN LEMONADE
1,5 kg waatlemoen, geskil en in stukke gesny en oornag gevries
120 g suiker
450 ml water
zest en sap van 4 medium tot groot suurlemoene
knippie sout
sodawater
Maak die stroop deur die suiker, water en suurlemoenskil in ‘n kastrol tot kookpunt twe bring terwyl jy roer totdat die suiker opgelos het.
Verwyder van die hitte, en roer die suurlemoensap en sout by.
Laat die stroop heeltemal afgekoel.
Gooi dit deur ‘n sif om die suurlemoenskil te verwyder.
Plaas ‘n derde van die waatlemoenstukke en suurlemoenstroop in ‘n voedselverwerker en meng tot glad.
Herhaal met die res van die waatlemoen en stroop.
Gooi dit deur ‘n sif om enige moontlike waatlemoenpitte te verwyder.
Bedien as ‘n bevrore drankie, of met sodawater of vonkelwyn.
Resep geplaas deur Gerda Swanepoel




KERSPOEDING OF DOEKPOEDING


KERSPOEDING OF DOEKPOEDING
Uit my ouma se Baie ou resepte boek. Vir die wat nie die foto kon oopmaak nie.
2 koppies meel
1 koppie suiker
1 koppie sultanas of dadelik
1 koppie botter of botter en vet saam
1 koppie melk
Sitroenskil fyngesny (nie seker van hoeveelheid nie) so 1/3 pd.
Bietjie sout
4 eiers geklits
2 teelepels koeksoda

Roer meel, suiker, botter en vrugte alles alles bymekaar en voeg dan geklopte eiers by dan die melk, waarvan n bietjie warm gemaak is. In die bietjie warm melk word dan die koeksoda geroer. Meng alles goed met die meel en skep in goed gesmeerde vorm wat met ‘n linnedoek uitgelê is. Vou die doek bo-op toe en sit die deksel van die pot op. Sit die vorm in ‘n groot pot met warm water en kook stadig op stoof 2 en half tot 3 uur in die doek. Tot die poeding gaar toets.  Haal uit die water en laat afkoel voordat die doek oopgemaak word. Keer die poeding uit die doek op ‘n opdienbord.
Sous:
1 beker kookwater
1 koppie suiker
Lemoenskil, lemoen geursel of wyn
Kook goed saam voeg bietjie maizena by, en vlapeoer en 1 eetlepel botter by.
Bedien die sous saam met die poeding.,
Nota:
Moenie vergeet om die gekookte toegedraaide muntstukkies in deeg te sit nie.

Resep:  Joan Du Toit