OUMA GROBIES SE CHICKEN A LA KING

OUMA GROBIES SE CHICKEN A LA KING
Resep geplaas deur Albert Buitenhuis
Foto:  Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
Soos gesê, dit is ‘n baie ou resep en ek plaas hom net so.
2 eetlepels (30 ml) botter
2 eetlepels (30 ml) olie
2 eetlepels (30 ml) koekmeel
2 knoffel toontjies – fyn gekap
¼ koppie (70 ml) elk: geel-, rooi- en groen soetrissie – gekap
1 blikkie gekapte sampioene – behou die vloeistof
1 koppie (250 ml) hoenderaftreksel
½ koppie (125 ml) volroom melk
½ koppie room (125 ml) room
½ teelepel (2.5 ml) sout
½ teelepel (2.5 ml) droë salie – gevryf
2 koppie (500 ml) gaar hoenderborsies – in blokkies
1/3 koppie (80 ml) suurroom
1/3 koppie Old Brown Sherry

Smelt die botter en olie saam in ‘n ysterpot.
Braai die soetrissies tot sag (8 – 10 minute), plaas knoffel in en braai ‘n verdere minuut.
Skep soetrissies en knoffel uit en los olie in die pot.
Voeg die meel by die olie en roer oor medium hitte tot al die klonte opgelos is. (maw– ‘n loperige Blond Roux)
Voeg nou die melk, aftreksel en blikkie vloeistof in, bietjies-bietjies by terwyl jy dit roer.
Sodra al die vloeistof in is, plaas die hoender en soetrissie by en laat prut tot die sous lekker dik is.
Roer suurroom en Sherry in.
Bedien oor rys of pasta.
Nota:  Elize de Kock – Heerlik. Sit bietjie ertjies by. Bedien met spelt en barley.




MELKTERT SONDER EIERS


MELKTERT SONDER EIERS
Resep: Moira Botha Dyer
Foto: Gillian Vermeulen
FOOD LOVERS RECIPES
Dit is regtig baie lekker, ek kan die reuk van eier nie verdra nie, so die resep is perfek vir my.
Kors:
gekrummelde koekies gemeng met gesmelte botter.
Vulsel:
2 ½ koppies melk
3 teelepels botter
80 ml maizena
40 ml koekmeel
140 g strooisuiker
2 ml vanilla geursel
kaneel
Druk die koekiemengsel in die bodem van ‘n tertbak vas en plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
Plaas die melk en botter in ‘n kastrol.
In ‘n groterige maatbeker meng maizena en meel met bietjie melk tot geen klonte en lekker romerig. Voeg strooisuiker by en meng goed. Sodra botter gesmelt het en melk amper kookpunt bereik, voeg bietjie van die warm melk by die pastamengsel in maatbeker, roer vinnig dat daar geen klonte vorm nie en skep terug in kastrol by die res van die melk. Meng vinnig en aanhoudend tot die mengsel goed dik word.
Indien nodig meng nog bietjie maizena en meel en voeg by warm melkmengsel terwyl jy vinnig klits om klonte te voorkom. Wanneer die mengsel lekker dik is, verwyder die kastrol van die stoof, voeg vanilla by en klits of roer goed.
Skep die vulsels in die kors, maak gelyk en strooi met kaneel. Laat staan die tert tot afgekoel, voor bedien word.
Nota:
Moira Botha Dyer – Ek sit myne NIE in yskas nie, dis asof dit vog opbou.
Gillian Vermeulen – Ek het 80 ml bruinsuiker en 5 ml vanilla geursel gebruik.




BROODDEEG WIELE MET VULSEL


BROODDEEG WIELE MET VULSEL
Ek sien uit om die broodwiele vannaand saam met ‘n braai te eet.
1 pak brooddeeg
knoffel, fyngekap
roosmaryn, fyngekap
Cheddar- en/of Mozzarellakaas, gerasper
olywe, ontpit
pietersielie, gekap
gesmelte margarien vir oorverf
Rol die brooddeeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Smeer die knoffel en roosmaryn op die deeg, (ek het pietersielie en origanum ook oorgesprinkel.) Strooi die gerasperde kaas laastens oor.
Rol die deeg op en sny in ongeveer 2 cm skywe. Pak die skywe in ‘n gesmeerde bakplaat en laat rys die deegwiele vir ongeveer 25 min.
Druk olywe van eie keuse, groen of swart, tussenin die wiele en strooi gekapte pietersielie met nog gerasperde kaas oor die wiele, vir afronding.
Plaas die bak met die deegwiele in ‘n voorverhitte oond van 200°C en bak tot gaar. Smeer die gesmelte margarien oor die deegwiele sodra dit uit die oond verwyder word. (Net om dit mooi te laat blink).
Resep: Kiti de Jager
Foto: Hannie Steyn




WARM WATER SPONGE CAKE / CUPCAKES

WARM WATER SPONGE CAKE / CUPCAKES
3 large eggs
280 ml sugar
3 ½ teaspoons baking powder
375 ml flour
3 tablespoons butter
200 ml water

Beat eggs and sugar until white and fluffy.
Fold in the flour and sprinkle the baking powder over the mixture.
Heat the butter and water in a small pot until boiling point and pour over mixture immediately.
Fold the water mixture into the flour mixture until well combined.
Pour the batter into 2 prepared baking tins or into cupcake moulds.
Bake in a preheated oven at 180ºC for 20 min or at 160ºC for fan ovens.
Cupcakes bake for 15 to 18 minutes.
Recipe posted by Anneliese Niemandt




SPRINGMIELIEBALLE MET JELLIE


SPRINGMIELIEBALLE MET JELLIE
3 liter springmielies (gespring)
Meng di volgende saam:
1 pakkie jellie
1 koppie suiker
1 koppie stroop
Mikrogolf 5 minute op hoog.
Roer na elke minuut.
Giet die stroop oor die gespringde springmielies.
Laat staan ongeveer 3 minute.
Spray en cook jou hande en rol balle.
Ek het sosatie stokkies in die balle gesit en dit dan met selofaan toegemaak vir die geldinsamelings projekte

Resep geplaas deur Daleen Lindeque




POPCORN BALLS WITH JELLY


POPCORN BALLS WITH JELLY
50ml oil
250g unpopped popcorn
4 tablespoons butter
500g marshmallows
1 packet jelly
Food colouring to match the jelly
Heat oil in large pot and pop the popcorn.
Melt the marshmallows in a saucepan with 4 tablespoons butter over low heat, stirring till melted.
Once marshmallows are melted add the jelly and food colouring.
Stir in popcorn.
Grease hands with butter and shape into balls.
Makes about 18 balls.
Recipes posted by Esmeralda Brown Pretorius

 




HEERLIKE STROOPWAFELS


HEERLIKE STROOPWAFELS
Bak wafels volgens jou resep, maak die volgende stroop.
2 koppies water
1 koppie suiker
1 eetlepel vlapoeier
500 g botter
1 teelepel vanilla geursel

Los die vlapoeier op in  water. Meng alles saam, kook tot dik en giet oor wafels. Laat lê wafels in die stroop. Bedien.
Resep: Gerda Myburgh




WORTELKOEKKONFYT


WORTELKOEKKONFYT
1.5 kg wortels geskil en gerasper
1.5 kg pere geskil en blokkies gesny
2 groot pynappels geskil en fyn gemaal
½ teelepel sout
125 ml suurlemoensap
1 eetlepel vanilla
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel kaneel
8 koppies witsuiker
4 koppies bruinsuiker
Voeg 1ste 8 bestanddele saam in ‘n groot pot op die stoof en kook tot sag.
Voeg die witsuiker en bruinsuiker by en kook verder tot verlangde tekstuur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse en verseël.
Indien die pere te hard is, kook dit eers 10 min voor die ander bestanddele bygevoeg word.
Resep getoets en foto: Ben Rautenbach




POEDING LEKKER PATATS


POEDING LEKKER PATATS
Patats wat amper proe soos poeding.
WAARSKUWING: Maak genoeg dit gaan vinnig opgeëet word.
Kook patats tot halfgaar met bietjie water.
Giet die water af.
Sprinkel donker bruinsuiker en klontjies botter met bietjie stroop of heuning (ek verkies heuning, dit is nie so erg soet nie) oor die patats en bring weer tot kookpunt.
Voeg ‘n bietjie melk en ongeveer ¼ – ½ teelepel koeksoda by afhangende van hoeveel patats en prut verder. Dit maak ‘n skuimsous in die begin wat dan afkook tot ‘n lekker sous.
Resep: Tersia Brink




INGELEGTE KNOFFELPIEKELS

INGELEGTE KNOFFELPIEKELS
2 koppies wit asyn
2/3 koppie witsuiker
½ teelepel mosterdsaad
½ teelepel selderysaad
4 koppies geskilde heel knoffeltoontjies
rooi soetrissie (opsioneel)
Plaas asyn en suiker in ‘n kastrol en knoop die mosterd- en selderysaad in ‘n gaasdoek toe en kook vir 5 min saam. Laat afkoel. Verwyder gaasdoek met spesery en verhit die asynmengsel weer.
Voeg die knoffel en soetrissie by en kook stadig vir 5 min.
Bottel die sous en knoffelmengsel warm in gesteriliseerde bottels en seël.
Laat die knoffelpiekel vir ‘n paar weke staan voor gebruik. Baie lekker.
Resep: Lorett Brittnell