ITALIAANSE ROOMPOEDING


ITALIAANSE ROOMPOEDING
2½ koppies melk
4 eiers geskei
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
1 pakkie rooi jellie
Los die jellie op in die kookwater en laat afkoel.
Verhit die melk en voeg dit stadig by die geklitste eiergele en suiker.
Verhit die mengsel oor kookwater tot dit gaar is.
Voeg die vla by die jellie en meng goed. Laat dit afkoel.
Klits die eierwitte styf en vou in jelliemengsel in.
Skep in ‘n vorm en plaas in die yskas op te stol.




ISABEL SE BOBOTIE


ISABEL SE BOBOTIE
Hierdie resep kom uit die Wenresepte kookboek.
Groep A
30 ml gemaalde gemmer
30 ml sagte bruinsuiker
15 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
2 ml peper
60 ml botter
5 middelslag uie (of minder indien verkies)
Groep B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg gemaalde maer beesvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelkooskonfyt
30 asyn
30 ml worcestersous
30 ml tamatiepasta
Groep C
375 ml melk
2 eiers
vars suurlemoenblare (opsioneel)

Plaas groep A bestanddele, behalwe smeer en fyn gekapte uie, in ‘n warm swaarboom pot en verhit dit goed sonder om te brand.
Voeg die smeer by en roer tot gesmelt, voeg die uie by en soteer.
Druk die water uit die brood en roer dit saam met die res van groep B se bestanddele by die uiemengsel.
Kook die mengsel vir 20 min oor ‘n matige hitte en roer gereeld. Skep die mengsel in ‘n oondbak.
Klits die melk en eier saam en giet dit bo-oor die vleismengsel, rol die suurlemoenblare in ‘n tregtervorm en druk dit hier en daar in die mengsel.
Bak die bobotie in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir ongeveer 45 minute of tot gestol.
Verwyder die blare voor opdiening en bedien met geelrys of slaai en blatjang.
Lewer 6-8 porsies.
Nota: Joos Bergh – Ek het hierdie resep gemaak vir 60 gaste op Moedersdag en die resep met 6 verdubbel, baie lekker resep.
Resep getoets en foto: Joos Bergh




GROENTE-EN-GORTSOP MET LAMSKENKELS

GROENTE-EN-GORTSOP MET LAMSKENKELS
FOOD LOVERS RECIPES
(8 porsies)
250 g skaapskenkels, in skywe gesny
2 uie, gekap
15 ml olie
3 liter water
250 ml perelgort, oornag geweek
4 groot wortels, gerasper
1 blik gekapte tamaties (410 g)
1.5 liter skaapvleis aftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60 ml fyngekapte vars pietersielie
gerasperde suurlemoenskil na smaak

Plaas die vleis, uie en olie saam in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot die uie sag is. Roer voortdurend.
Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Bedek en laat prut 1 ½ uur stadig. Skep skuim af terwyl sop kook.
Voeg die gort, wortels, tamaties en aftreksel by en verhit weer tot kookpunt.
Prut nou 1 ½ – 2 uur of tot die vleis van die been afval.
Skep die vleis uit, sny dit fyner, verwyder die bene en plaas die vleis terug in die sop.
Geur na smaak en roer die pietersielie en suurlemoenskil by.
Bedien warm.




EENSKOTTEL HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES

EENSKOTTEL HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES
Foto: Sharon Matthyser
FOOD LOVERS RECIPES
*Ek het die resep iewers op ‘n blad gekry en gemaak en dis beslis ‘n wenner….heerlik!!
1 hoender (Ek het stukke hoender gebruik)
3 uie, grof gekap
500 g noedels (screws)
1 koppie mayonnaise
2 koppies gerasperde cheddarkaas
2 koppies melk
1 x 410 g sampioenroomsop
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngemaak

Kook hoender gaar met uie.
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag maar nie pap.
Meng al jou bestanddele maar hou een koppie gerasperde kaas eenkant en die Simbaskyfies.
Stel oond op 180°C, spuit oondpan, skep bestanddele in die oondpan,
Meng die res van die koppie gerasperde kaas en pak Simba skyfies liggies deurmekaar en strooi oor die beslag.
Bak vir ongeveer 30 min of tot die kaas borrel en die gereg ligbruin is.




ULTRAMEL VULSEL VIR VLASKYWE

ULTRAMEL VULSEL VIR VLASKYWE
‘n knippie kaneel
½ koppie room geklits
2 koppie ultramel vla
2 eetlepels gelatien gespons in 3 eetlepels water
Kors van koekies
Vulsel:
Klits kaneel en helfte van die room by die vla in. Vou die res van die room liggies deur die mengsel. Verhit die gelatien vir 10 sekonde in mikrogolf en meng vinnig deur vlamengsel.
Giet oor kors en laat vir minstens 3 ure of oor nag in yskas.
Resep: Marianne Dirker



ROSYNESOUS VIR ROOMYS

ROSYNESOUS VIR ROOMYS
¼ koppie suiker
2 koppies water
sout
vanilla geursel
2 teelepels maizena
3 glanskersies gesnipper
1 teelepel ram of brandewyn na smaak
1 koppie pitlose rosyne. sultanas of vrugtemengsel

Kook die eerste drie bestanddele saam vir 5 min. Voeg die rosyne en rum / brandewyn by en kook nog 5 minute. Maak die maizena aan met water en voeg by, kook deur. Voeg laaste die geursel by. Bedien warm of koud op roomys.
Geplaas Deur Rina Kleinhans




WORTELBESKUIT


WORTELBESKUIT
Resep: Elmarie de Bruyn
Foto:  Marlene Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel kaneel
sout
1 koppie bruinsuiker
3 eiers
1 koppie sonneblomolie
1 teelepel vanilla geursel
3 koppies gerasperde wortels
½ koppie fyn klapper
½ koppie gerasperde appel
½ koppie gemaalde neute – pekan of amandel
Verhit oond 180°C en spuit die pan.
In groot mengbak, sif die meel, bakpoeier, sout, koeksoda en kaneel saam.
Meng die suiker, olie, eiers en vanilla in ‘n maatbeker en voeg by die meelmengsel.  Meng goed.
Voeg die wortel, klapper, appel en neute by.
Meng goed dat alles mooi versprei.
Skep in voorbereide pan.
Bak beskuit so 40 tot 50 min.
Laat effens afkoel en sny in vingers.
Droog uit soos gewoontlik.

NOTA:  Marlene Potgieter – Ek het bruismeel gebruik ipv koekmeel en bakpoeier, 1 teelepel gemengde speserye bygevoeg en ipv neute, het ek 1 koppie grondboontjie- en rosynemengsel bygevoeg. Die beskuit is heerlik. ‘n Baksel lewer ongeveer 1.2 kg beskuit.




VINNIGE VRUGTEKOEK

VINNIGE VRUGTEKOEK
Hier is n baie leker vinnige vrugtekoek resep.
Voorverhit die oond op 190°C.
Kook saam:
450 g vrugtekoekmengsel
1 koppie koue water
1 koppie bruinsuiker
75 g margarine
Kook vir 5 minute. Laat afkoel vir 10-15 minute.
Voeg by:
1 ½ koppiies koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel melk
1 teelepel brandewyn/liquer
1 geklitste eier
Meng goed saam.
Bak in 1 pan: 30-35 minute of klein blikkies: 12-15 minute.
Laat rus solank jy wil en “dose” soos jy wil.
Versier soos verlang.
Baie lekker en vinnig.

Resep: Driekie van der Merwe




“JAVANESE” BOBOTIE

“JAVANESE” BOBOTIE

Ek het die Bobotie gemaak vir my Hongaarse vriende. Ek moet sê hierdie is die lekkerste bobotie wat ek nog gemaak het.
Bobotie, originally a Javanese recipe is now generally prepared with beef or lamb, curry, ginger, lemon, dried apricots and raisins, almonds or walnuts.
Recipe used from Mike Benayoun

2 lb (900 g) ground beef
2 onions, diced
5 cloves garlic, crushed
1 lemon, zest and juice
2 teaspoons curry powder
1 teaspoon garam masala
1 teaspoon ground cumin
1 teaspoon coriander powder
1 teaspoon turmeric
½ teaspoon salt
½ teaspoon pepper
1 inch piece ginger, peeled and grated
2 slices bread
1½ cup milk
4 eggs
20 dried apricots, diced
½ cup raisins
½ cup slivered almonds
¼ bunch parsley, chopped

Preheat oven to 350ºF / 180ºC.
In a hot skillet, sauté the minced meat without oil for 10 minutes, stirring regularly. Put in a plate and set aside.
In the same skillet, add 2 tablespoons of oil and sauté the onions over medium-high heat for 8 – 10 minutes.
Meanwhile, combine the lemon zest and its juice with the spices and ginger to make a paste.
Pour the milk into a separate bowl and soak the bread.
Add the garlic to the onions and sauté for 2 minutes.
Add the spice mixture and stir.
Drain the bread and add to the onion and garlic mixture. Set the milk aside as it will be used later.
Add the meat and stir. Add salt and pepper.
Add parsley, raisins, dried apricots and almonds. Sauté for a few minutes and turn off the heat.
In a rectangular pan, pour the meat mixture. Firmly pack the meat with the back of a spoon.
Beat 4 eggs in the remaining milk. Cover the meatloaf with the eggs and milk mixture.
Place in the oven for 40 minutes.
Serve hot with plain or curry-flavored basmati rice.
Recipe tested and posted by Riani Van Tonder




DIABETIESE ROOMYS


DIABETIESE ROOMYS
1 blikkie “Lite” ingedampte melk, yskoud
1 teelepel gelatien
1 eetlepel kouewater
¾ koppie kookwater
½ koppie versoeter
1 teelepel vanilla geursel
Week die gelatien in die 1 eetlepel kouewater tot sag en voeg dit by die kookwater.
Klits die ingedampte melk in ‘n mengbak en voeg die water- en gelatienmengsel by terwyl aanhoudend klits.
Voeg versoeter, lepelsgewys by die melk terwyl aanhoudend klits.
Voeg die vanilla geursel by en klits goed deur.
Skep die mengsel in ‘n plastiekbak met ‘n deksel en plaas in die vrieskas.
Klits die mengsel na 45 minute weer deur en vries vir 2 ure, klits weer goed deur.
Laat die mengsel in die vrieskas tot hard gevries.
Jy kan ook vars vrugte, soos enige bessies byklits.
Resep geplaas: Belinda May Ouwerling

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.