1

DIABETIESE ROOMYS


DIABETIESE ROOMYS
Klits 1 blikkie yskoue Lite Ideal melk.
Voeg by:
1 teelepel gelatine, geweek in 1 eetlepel koue water, geroer by driekwart koppie kookwater.
Voeg ook halwe koppie versoeter , lepel vir lepel by, terwyl jy die mengsel klits.
Voeg 1 teelepel vanilla geursel by en klits goed deur.
Skep in plastiekbak met deksel, klits na 45 minute weer deur, vries weer vir 2 ure, klits weer goed deur.
Laat nou in vrieskas tot hard gevries.
Jy kan ook vars vrugte, soos enige bessies by klits.

Resep geplaas deur Belinda May Ouwerling

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




OUMA GROBIES SE CHICKEN A LA KING

OUMA GROBIES SE CHICKEN A LA KING
Soos gesê, dit is ‘n baie ou resep en ek plaas hom net so.
2 eetlepels (30 ml) botter
2 eetlepels (30 ml) olie
2 eetlepels (30 ml) koekmeel
2 knoffel toontjies – fyn gekap
¼ koppie (70 ml) elk: geel-, rooi- en groen soetrissie – gekap
1 blikkie gekapte sampioene – behou die vloeistof
1 koppie (250 ml) hoenderaftreksel
1/2 koppie (125 ml) volroom melk
½ koppie room (125 ml) room
½ teelepel (2.5 ml) sout
½ teelepel (2.5 ml) droë salie – gevryf
2 koppie (500 ml) gaar hoenderborsies – in blokkies
1/3 koppie (80 ml) suurroom
1/3 koppie Old Brown Sherry

Smelt die botter en olie saam in ‘n ysterpot.
Braai die soetrissies tot sag (8 – 10 minute), plaas knoffel in en braai ‘n verdere minuut.
Skep soetrissies en knoffel uit en los olie in die pot.
Voeg die meel by die olie en roer oor medium hitte tot al die klonte opgelos is. (maw– ‘n loperige Blond Roux)
Voeg nou die melk, aftreksel en blikkie vloeistof in, bietjies-bietjies by terwyl jy dit roer.
Sodra al die vloeistof in is, plaas die hoender en soetrissie by en laat prut tot die sous lekker dik is.
Roer suurroom en Sherry in.
Bedien oor rys of pasta.
Resep geplaas deur Albert Buitenhuis
Foto:  Elize de Kock – Heerlik. Sit bietjie ertjies by. Bedien met spelt en barley.




MELKTERT SONDER EIERS


MELKTERT SONDER EIERS
Kors: gekrummelde koekies gemeng met gesmelte botter. Druk die mengsel in die bodem van ‘n tertbak vas en plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
VULSEL:
2 ½ koppies melk
3 teelepels botter
80 ml maizena
40 ml koekmeel
140 g strooisuiker
2 ml vanilla geursel
Kaneel
Plaas die melk en botter in ‘nkastrol. In ‘n groterige maatbeker meng maizena en meel met bietjie melk tot geen klonte en lekker romerig. Voeg strooisuiker by en meng goed. Sodra botter gesmelt het en melk amper kookpunt bereik, voeg bietjie van die warm melk by pastamengsel in maatbeker, roer vinnig dat daar geen klonte vorm nie en skep terug in kastrol by die res van die melk. Meng vinnig en aanhoudend tot die mengsel goed dik word. Indien nodig meng gou nog bietjie maizena en meel en voeg by warm melkmengsel terwyl jy vinnig klits om klonte te voorkom. Wanneer die mengsel lekker dik is haal van die stoof af, voeg vanilla by en klits/roer goed!
Skep die vulsels in die kors, maak gelyk en strooi met kaneel. Los tot afgekoel is voor bedien word. Ek sit myne NIE in yskas nie, dis asof dit vog opbou! Dit is regtig baie lekker. Ek kan die reuk van eier nie verdra nie!! Geniet!
Resep: Moira Botha Dyer




BROODDEEG WIELE MET VULSEL


BROODDEEG WIELE MET VULSEL
Ek het vandag Kiti de Jager se bykos vir braai uitprobeer.
Ek sien uit om dit vannaand saam met n braai te eet.
Jy rol brooddeeg uit, smeer fyn knoffel op, sprinkel roosmaryn op, (ek het sommer pietersielie en origanum ook oorgesprinkel.) Toe gerasperde cheddar en mozzarella kaas oorgestrooi.
Opgerol en in skywe van so 2cm gesny. In ‘n gesmeerde bakplaat gepak en laat rys vir so 25 min.
Soos jy kan sien het ek groen olywe tussen in gedruk. Weer bietjie pietersielie en so ietwat van die kaasmengsel weer oor gesprinkel. (Net vir so afronding).
Gebak by 200°C en agterna gesmelte margarien oorgeverf. (Net om dit mooi te laat blink.)
Foto: Hannie Steyn




WARM WATER SPONGE CAKE – CUPCAKES

WARM WATER SPONGE CAKE – CUPCAKES
3 large eggs
280 ml sugar
3 ½ teaspoon baking powder
375 ml flour
3 tablespoons butter
200 ml water

Beat eggs and sugar until white and fluffy.
Fold in flour.
Sprinkle baking powder over.
Boil butter and water and pour over mixture immediately.
Fold in well.
Pour into 2 prepared baking tins or into cup cake moulds.
Bake at 180ºC for 20 min or at 160ºC for fan ovens.
Cupcakes 15 to 18 minutes.
Recipe posted by Anneliese Niemandt




SPRINGMIELIEBALLE MET JELLIE


SPRINGMIELIEBALLE MET JELLIE
3 liter springmielies (gespring)
Meng di volgende saam:
1 pakkie jellie
1 koppie suiker
1 koppie stroop
Mikrogolf 5 minute op hoog.
Roer na elke minuut.
Giet die stroop oor die gespringde springmielies.
Laat staan ongeveer 3 minute.
Spray en cook jou hande en rol balle.
Ek het sosatie stokkies in die balle gesit en dit dan met selofaan toegemaak vir die geldinsamelings projekte

Resep geplaas deur Daleen Lindeque




POPCORN BALLS WITH JELLY


POPCORN BALLS WITH JELLY
50ml oil
250g unpopped popcorn
4 tablespoons butter
500g marshmallows
1 packet jelly
Food colouring to match the jelly
Heat oil in large pot and pop the popcorn.
Melt the marshmallows in a saucepan with 4 tablespoons butter over low heat, stirring till melted.
Once marshmallows are melted add the jelly and food colouring.
Stir in popcorn.
Grease hands with butter and shape into balls.
Makes about 18 balls.
Recipes posted by Esmeralda Brown Pretorius

 




HEERLIKE STROOPWAFELS


HEERLIKE STROOPWAFELS
Bak wafels volgens jou resep, maak die volgende stroop.
2 koppies water
1 koppie suiker
1 eetlepel vlapoeier
500 g botter
1 teelepel vanilla geursel

Los die vlapoeier op in  water. Meng alles saam, kook tot dik en giet oor wafels. Laat lê wafels in die stroop. Bedien.
Resep: Gerda Myburgh




WORTELKOEKKONFYT


WORTELKOEKKONFYT
1.5 kg wortels geskil en gerasper
1.5 kg pere geskil en blokkies gesny
2 groot pynappels geskilen fyn gemaal
0.50 teelepel sout
125 ml suurlemoensap
1 eetlepel vanilla
0.50 teelepel neutmuskaat
0.25 ml kaneel
8 koppieswitsuiket
4 koppies bruinsuiker
Voeg 1ste 8 bestanddele saam in groot pot en kook tot sag.
Voeg die witsuikeren bruinsuiker by tot verlangde tekstuur.
Bottel warm en verseël.
As pere te hard is kook 10 min voor ander bestanddele bygevoeg word.
Bron: Onbekend
Foto: Ben Rautenbach




POEDING LEKKER PATATS


POEDING LEKKER PATATS
Patats wat amper proe soos poeding.
WAARSKUWING: Maak genoeg dit gaan vinnig opgeeet word.
Kook patats half gaar met bietjie water.
Gooi water af.
Sprinkel donker bruinsuiker oor en klontjies botter met bietjie stroop of heuning (ek ver kies heuning dan proe dit nie so erg soet nie) en laat begin kook.
Gooi nou bietjie melk en so kwart tot half teelepel koeksoda by afhangende van hoeveel patats jy het en prut verder. Dit maak ‘n skuim sous in die begin wat sal afkook na ‘n lekker sous toe.
Geplaas deur Tersia Brink