SPEK EN MAALVLEIS PASTEI


SPEK EN MAALVLEIS PASTEI
1. Gebruik ± een Kilogram maer maalvleis en maak jou eie geliefkoosde frikkadel mengsel.

Voer ‘n ronde gesmeerde oonvaste ronde pannetjie uit met twee pakkies strepiespek sodat dit oor die kante hang.

2. Pak die maalvleismengsel binne in die uitgevoerde pannetjie.


3. Vou die oorhang spekrepies een vir een mooi bo-oor die mengsel.


4. Bak in oond by 180°C vir ± 1 – 1 ¼ uur.
5. Dreineer alle oortollige olierigheid, wat om die kante opdam, af deur die pannetjie skuins te draai terwyl jy die pasteitjie vashou met ‘n spaan of lepel. — OF lig die pastei uit en plaas dit op bakpapier/afkoelrakkie sodat dit nie in die olie bly lê nie.
6. Sny in skywe e n bedien warm saam met kapokaartappels, rys, aartappelskyfies en mengelslaai. Of net saam met verskillende soorte slaai.
Dit wat oorbly kan ook in skywe gesny word en as dit afgekoel is in kosbakke gepak word.

BRON:
Onbekend – ek het net ‘n prentjie of foto gesien my kop probeer gebruik en —– HEERLIK:
FOTOS:  My Eie.Petra Nel




MA SE MAALVLEIS SOUTTERT

MA SE MAALVLEIS SOUTTERT
250 g Maalvleis
2 eiers
250 ml melk
1 Fyngesnyde Ui
Knoffel na smaak
10 ml Kookolie of botter
30 ml Mayonaise
5 ml sout
Mint sous na smaak
25 ml Pietersielie
VIR LATER
1 Koppie gerasperde kaas


Braai maalvleis, knoffel en ui in die olie tot net sag en laat afkoel.
Klits melk en eier saam.
Voeg vleis en res van die bestandele saam en meng.
Bak vir so 45 min by 180°C of tot gaar. Sprinkel kaas oor en laat smelt.
Bedien saam met mengelslaai gekookte of groente met kaassous.
Resep en foto:  Petra Nel




ADRI SE BYBELSTUDIE MELKTERT

ADRI SE BYBELSTUDIE MELKTERT:
2 koppies melk
1 koppie klapper
4 eiers, geskei
1 teelepel vanielje
½ koppie meel
8 eetlepels sagte botter (120 ml)
¾ koppie suiker
knippie sout
kaneel

Klop die eierwit tot styf.
Meng die res van die bestanddele.
Vou die eierwit liggies in.
Sit in pan en strooi kaneel oor.
Bak vir 45 minute teen 180 grade C.
Skud dit en as dit drillerig voorkom, bak vir ‘n verdere 5 minute.
FOTOS: Petra Nel

 




TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES

TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES
Drie tot vier porsies afhangend wat jy saam met dit voorsit
Stel oond op 200°C.
Rolkoekpan bespuit met Spray & Cook
5-6 medium grootte aartappels geskil en in skyfies gesny.
Plastiese sakkie met bietjie olie en geurmiddels na smaak (ek het net sout gebruik).
Droog skyfies goed af en plaas in die sakkie met olie.
Skud dit goed deur sodat die olie al die skyfies bykom.
Keer uit in pan en plaas in oond vir ± 40minute tot ‘n uur totdat skyfies gaar is. (Toets met ‘n skerp punt messie se om vas tel stel of dit gaar is.
Skakel nou net die braai(grill) gedeelte van die oond aan en bak skyfies tot bruin en bros soos wat jy dit verkies.
Keer uit in ‘n bak wat met bakpapier uitgevoer is sodat enige oortollige olierigheid kan absorbeer.
Indien verkies kan jy nog sout byvoeg en spuit met asyn.
Bedien saam met ‘n lekker doopsousie.
Ek het ½ – ½ suurroom, mayonnaise, bietjie aromat en peper gemeng gebruik, maar jy kan ook bietjie soetrissiesous byvoeg afhangend van jou smaak of waarvoor jy lus het.
Geniet dit as peuselhappie of saam met vis/steak.
Resep en foto: Petra Nel




BRISKET BOONTJIE BREDIE

BRISKET BOONTJIE BREDIE
Hier is my (BBB) In prutpot
Bestanddele:
• 1½ kg of 6-7 Groterige ‘steaks’ x Brisket met ‘n vetjie en in helfte gesny. (Nie blokkies nie)
• 4 x Groot uie opgekap
• 2 x Fyngemaakte Knoffel
• 2 x Opgekapte tamaties
• ½ – ¾ x Opgekapte rooi soetrissie
• 1 kg x Gekerfde groenboontjies
• 1 x Koppie OBS
• 2 x Houertjies ”home style beef stock” opgelos in ½ k warm water
• 4 x Medium grootte aartappels, in halwes gesny
• 1 t x Mint sous
• Sout word eers aan die einde bygevoeg indien nodig.
Metode:
Smoor die vleis, gekapte uie en knoffel in botter of kookolie.
Voeg alles behalwe die aartappels en boontjies by.
Voeg aartappel by nadat vleis so rukkie gekook het.
Voeg boontjies by sodra die aartappels amper sag is. (Ek het nie daarvan as die boontjie pappery gekook is nie.)
Proe vir sout en voeg by indien nodig.
My eie aangepaste resep en foto: Petra Nel




SOET GROEN PIESANG KERRIE


SOET GROEN PIESANG KERRIE
Genoeg vir 20 – 25 mense
6 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
1 groen brandrissie, ontpit en gekap
60 ml (4 eetlepels) olie
4 kg maer maalvleis
6 groen piesangs, in stukke gesny
6 groen appels, geskil en grof gerasper
125 ml (½ k) matige geroosterde
masala of kerriepoeier
30 g (1 bakkie) vars koljanderblare, gekap (opsioneel)
160 ml (⅔ koppie appelkooskonfyt of bruinsuiker)
80 ml (¹⁄³ koppie) sultanablatjang
60 ml (¼ koppie) suurlemoensap
2 blikkies (65 g elk) tamatiepasta
60 ml (¼ koppie) borrie
6 groot wortels, in dobbelsteentjies gesny
6 – 8 groot aartappels, in blokkies gesny
sout en swartpeper na smaak

Braai die uie, knoffel en brandrissie in die helfte van die olie in ’n groot plat pot of diep kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by
en roerbraai tot los, maar nie bruin nie.
Verhit die res van die olie in ’n ander pan en roerbraai die piesang, appel en kerriepoeier sowat 5 minute. Voeg dit by die vleis en sprinkel die koljanderblare oor.
Meng die res van die bestanddele behalwe die groente. Giet oor die maalvleis en meng deur.
Sprinkel die groente oor. Geur met sout en peper.
Bedek en laat prut sowat ’n uur tot geurig en gaar. Voeg ’n bietjie kookwater by as dit te droog is.

Johan Röntgen  – vegetariese variasie – foto bo aan
Basies bogenoemde se resep gebruik sonder maalvleis en was besonders lekker. Het my normale hoof speserye gebruik vir al my kerries – groen piesangs, kerrie blare, steranys, kaneel stokkie, gemengde geur sade.




SPESIALE PANNEKOEK

SPESIALE PANNEKOEK
3 eiers
1 ½ koppies koekmeel
1  teelepel bakpoeier
knypie sout
3  eetlepels brandewyn
3  eetlepels gesmelte botter
2  koppies melk of water (verkieslik water)

Breek die eiers in ‘n glasbak en klop dit goed saam met die brandewyn.
Sif die droë bestanddele by en dan die water of melk en laastens die botter.
Bak en geniet.
(Dit is eintlik die brandewyn wat die geheim is)
Resep geplaas deur Petra Nel (Ge-erf van my ma)
Foto: 
Petra Nel




MAKLIKE GEBAKTE SAGO-POEDING


MAKLIKE GEBAKTE SAGO-POEDING
140 g (200 ml) sago
1 heel kaneelstok
750 ml melk
100 g (125 ml) suiker
knippie sout
25 ml botter
2 eiergele, geklits
50 ml appelkooskonfyt
6 eierwitte
120 g (150 ml) suiker

Spoel die sago af. Voeg die kaneelstok en sago by die melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat die sago deurskynend is. Voeg 100 g suiker, sout en botter by. Meng goed. Verwyder die kaneelstok. Voeg die geklitste eiergele by. Skep die mengsel in ’n oondbak en stip die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte styf en voeg die 120 g suiker lepel vir lepel by. Skep die meringue bo-op die sagomengsel en bak vir 20-25 minute teen 180 °C. Sit warm of koud voor. Jy kan die vulsel van die sagopoeding die vorige dag maak, hou in die yskas en sit die meringue die volgende dag bo-op en dan in die oond.

Foto: Petra Nel
Resep geplaas deur Petra Nel




GEBAKTE VIS EN GROENTE DIS

GEBAKTE VIS EN GROENTE DIS
1 pakkie ontvriesde gerookte Hake of Haddock (Gewone indien verkies)
1 opgekapte middel grootte ui
1 koppie gemengde groente
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1 x 250ml houer vars room
1 pakkie Potato Bake van jou keuse (Ek het suurroom en Chives gebruik)
Druk die waterigheid uit die vis uit.
Sny in kleiner stukkies en pak die helfte onder in ‘n vuurvaste glasbak.
Strooi helfte van uie en gemengde groente oor.
Strooi helfte van die kaas oor.
Herhaal met die ander helfte van die bestanddele.
Meng room en Potato Bake goed en gooi egalig oor alles.
Bak vir 1 – 1 ¼ uur by 180°C.
WENK:
As jy ietsie soek met ‘n byt, gooi bietjie Peri-Peri of Rooipeper na smaak by.
Bedien saam met gegeurde rys, kapok aartappels of mengelslaai.

-My eie resep en foto- Petra Nel




45 MINUTE CINNAMON ROLLS

45 MINUTE CINNAMON ROLLS
2 and ¾ cups all-purpose flour
3 Tablespoons granulated sugar
1 teaspoon salt
1 package instant yeast (1 packet = 2 and ¼ teaspoons)
½ cup water
¼ cup milk
2 Tablespoons unsalted butter
1 large egg

Filling:
¼ cup (1/2 stick) unsalted butter, softened to room temperature
2 Tablespoons ground cinnamon
¼ cup brown sugar

Glaze:
1 cup powdered sugar
1 teaspoon vanilla extract
2-3 Tablespoons milk or coffee

To Make dough: In a large bowl, mix the flour, the sugar, salt, and yeast together until evenly dispersed. Set aside. In a small microwavable bowl, heat the water, milk, and butter together in the microwave until the butter is melted (about 30-45 seconds). Stir the butter mixture into the flour mixture. Add the egg and knead with hand or with stand mixer for 3-4 minutes or until the dough is no longer sticky. Place in a lightly greased bowl and let rest for about 5 minutes.
Preheat the oven to 200 degrees and turn off after 10 minutes or just before placing rolls in oven.

To Make Filling:
After the dough has rested for 5 minutes, roll it out in a 15×9 inch rectangle. Spread the softened butter on top. Mix together the cinnamon and sugar and sprinkle it all over the dough. Roll up the dough tightly and cut into 9 (large) even piece. Place in a lightly greased 9-inch or square pan (or cut into 12 small pieces and place in a 9×13 pan) and lightly cover with aluminum foil or plastic wrap.

TURN OFF the oven and place the cinnamon buns in the oven to rise for 20 minutes. Keep the buns in the oven (REMOVE THE FOIL OR PLASTIC) and turn on the oven to 375F. Bake the cinnamon rolls for 15-20 minutes or until golden. Remove from oven and top with glaze.

To make glaze: Mix the powdered sugar, vanilla and 2 Tablespoons milk together until smooth and lump free. Drizzle over warm rolls.

Recipe posted by Petra Nel
Photo: Adri Redlinghys en Frances Smith