

MAALVLEIS LEKKERTE
maalvleisnessies
maalvleis mini-pizzas
maalvleis pastei-rol
Bestanddele vir al drie geregte:
800 g maer maalvleis
3 medium uie
800 g vars tamaties
2 medium green peppers
4 klein jalapeno peppers (gebruik handskoene of laat weg indien nie van brand hou nie)
grofgemaalde swartpeper na smaak
gedroogde knoffelvlokkies na smaak
1 pakkie Royco sweet and sour sauce
Wellington Sweet Chilli-Naise dressing
2 rolle short-crust pastry (ontdooi deeg vooraf en hou koel in yskas)
Verhit oond tot 180ºC.
Maalvleisvulsel:
Voeg die maalvleis in ‘n groterige pan (sonder water of olie, die groente maak sap). Verwyder die tamatie en uie se skille en peppers en jalapenos se pitte en sny als fyn. Gooi die peper en knoffelvlokkies by. Prut alles saam in ‘n pan, hou dop dat dit nie brand nie die groente se sap kook uit, maar raak min. Gooi laastens die Royco sous (aangemaak in min water) by en kook deur. Die eindproduk moet min sous hê.
Rol die een pak deeg op ‘n meelbestrooide oppervlakte uit en druk sirkels uit. Ek het ‘n leë “baked beans” blik gebruik en dit maak maklik en die regte grootte: 12 deegsirkels vir muffinpan en 16 vir die pizza plaat.
Maalvleisnessies:
Vat ‘n muffinpan, spuit met cook and spray. Plaas die 12 deegsirkels in elke gat. Bak so 5 min in die oond sonder die vulsel en haal dan uit. Skep lepels vol maalvleismengsel dan in die holtes nessies en versprei eweredig. Bak tot amper gaar en smeer dan bietjie chilli-naise sous bo-oor (of eier of kaas as jy verkies). Bak tot goudbruin en deeg mooi gaar onder.
Maalvleis mini-pizzas:
Plaas die 16 deegsirkels op ‘n bakplaat (vooraf gespuit met cook and spray). Skep lepels vol maalvleismengsel op en smeer chilli-naise sous oor. Bak tot goudbruin en deeg mooi gaar onder.
Maalvleis pastei-rol:
Rol die oorblywende rol deeg uit. Smeer die deeg met chilli-naise en skep dan die oorblywende maalvleismengsel oor die hele deeg. Rol op en sny in pastei grootte stukke. Smeer bokant met melk of eiergeel (ek het nie maar dit sal mooier vertoon). Bak tot goudbruin en deeg mooi gaar onder.
Geniet saam met mengelslaai of hou oorskiet vir middagete môre.
Resep en fotos: Christelle van Rooyen