INGELEGDE LEMOENSKIL ROLLETJIES


INGELEGDE LEMOENSKIL ROLLETJIES
Foto en resep: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
ongeveer die skil van drie lemoene
¾ koppie water
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
¼ teelepel rissievlokkies
Sny die lemoene in omtrent 10 mm dik wiele en sny een kant sodat dit ‘n lang reguit skil is en verwyder die vleis van die lemoen sodat net die skil oorbly.
Sny die wit gedeeltes uit die skille en probeer die lang stukke heel hou.
Plaas die skille in ‘n pot met water en kook vir ‘n halfuur, dreineer water af, sit skoon water by en herhaal nog twee maal.
Droog die skille af en maak klein rolletjies en ryg drie rolletjies op ‘n tande stokkie
Verhit die water en suiker tot die suiker opgelos is en kook dan die skille met stokkies en al daarin vir omtrent ‘n uur.
Voeg die rissievlokkies en vanilla geursel by.
Plaas die stokkies in gesteriliseerde flessies en vul met die stroop.
Indien dit te min stroop is, kook nog ‘n bietjie stroop en maak die potjies vol en seël dig.
Laat staan vir omtrent 5 dae en siedaar ‘n tog te lekker happie saam met ‘n stukkie brood en kaas of net so op jou platterbord saam met snoeperye.








