SJOE SJOE MET BROOD EN KANEELSUIKER


SJOE SJOE MET BROOD EN KANEELSUIKER
2 sjoe sjoe’s, geskil en in blokkies gesny, opgekook tot sag, maar ferm
6 snye brood, beide kante gebotter en in repe gesny
kaneelsuiker
sout
½ koppie room

Pak ‘n laag brood onder in die bak. Skep helfte van sjoe sjoe blokkies oor. Sprinkel met kaneelsuiker, herhaal met brood, sjoe sjoe blokkies, kaneelsuiker, stip met botter. Laaste laag weer brood, sprinkel kaneelsuiker en giet room oor. Sit bak se deksel op en bak teen 180° C vir om en by ‘n halfuur.

SKENKELS
Die skenkel is klaar gepekel en gerook, in die elektriese stoompot vir 45 minute gestoom, uitgehaal. Vel ‘n paar snye gegee en teen 230°C gebak tot begin bros raak.
Vir die klein gebakte aartappeltjies het ek medium aartappels geneem, middeldeur gesny en elke helfte rond en kleiner geskil. Die afval stukke van die aartappeltjies het ek in die wortels gebruik.
Resep: Petré Van Jaarsveld
Resep en foto: Petré van Jaarsveld.




MIELIE- EN SPEKTERTJIES


MIELIE- EN SPEKTERTJIES
Deeg:
90 ml bruismeel
1 ½ teelepel bakpoeier
½ ui, gekerf
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie Veggie Bake
3 eiers
250 ml melk
410 g mielies
Cheddar kaas

Braai die uie en voeg die spek by, braai dan verder tot die spek gaar is.
Meng die meel, melk en eiers saam in een bak.
Meng die mielies en kaas saam en voeg die dan by die meel mengsel.
Voeg die uie en spek by die meel en mielie mengsel.
Voeg ‘n laag kaas bo oor soos verlang.
Bak die mengsel teen 180ºC vir 30 min of tot gaar in die middel.
Dit was veronderstel om soos ‘n quiche te lyk, maar ek het net ‘n muffin pan gehad.
Resep en foto: Daniel Janse Van Rensburg




GROENTE EN SPEK HANDPASTEITJIES


GROENTE EN SPEK HANDPASTEITJIES
1 eetlepel olyfolie
200 g repiespek, in blokkies gesny
1 ui fyn, gekerf
2 teelepels droë knoffelflokkies
3 medium groot aartappels, in klein blokkies gesny
1 koppie gekerfde groenboontjies
1 eetlepel wit uie soppoeier, gemeng met 30 ml water
½ koppie on gegeurde joghurt
1 teelepel brandrissievlokkies
1 teelepel sout

Kors
1 kg skilferkors deeg
1 eier effens geklits

Verhit die olie in ‘n pan en braai die spek tot bros.
Skep dit uit en braai die ui tot sag.
Voeg die spek by die uie.
Voeg die aartappel blokkies by asook die sout, knoffel en brandrissievlokkies saam met die gemengde soppoeier en water.
Plaas die deksel op en kook vir omtrent ‘n halfuur stadig tot aartappels amper sag is en roer af en toe.
Voeg die groenbone by en kook stadig tot bone amper gaar is vir omtrent 10 min en tot die vloeistof omtrent weg is.
Voeg die joghurt by en roer goed en prut stadig tot die vulsel verdik.
Skep die vulsel uit en laat heeltemal afkoel.
Rol die deeg effens uit op ‘n meel oppervlak en sny die uitgerolde deeg in omtrent 16 ewe groot blokkies omtrent 100 x 100 mm en skep ‘n bietjie vulsel op elke deeg blokkie.
Smeer die rante met eier en vou oormekaar en druk mooi vas.
Plaas die pasteitjies op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en smeer die pasteitjies met die orige geklitste eier.
Bak dit in n voorverhitte oond op 180°C vir omtrent 40 tot 45 min tot die deeg gaar en mooi bruin is.
Resep en foto: Gideon Louw




SKUD AARTAPPELS


SKUD AARTAPPELS
Al die bestanddele is na eie keuse en afhangende van hoeveel persone bedien word.
uie fyngesny
olie vir braai
water
aartappels in blokkies gesny
sout na smaak
200 – 250 g margarien
1 pakkie wit uiesoppoeier
Braai die uie in ‘n warm pan met bietjie olie tot effe bruin.
Voeg genoeg water by vir die hoeveelheid aartappels wat benodig word en voeg die aartappelblokkies en sout na smaak by die water en uiemengsel. Kook totdat die aartappels sag is en drieneer die water af.
Plaas intussen die margarien in ‘n mikrogolfbestande bak en roer dit met ‘n vurk tot sag.
Voeg  die soppoeier by die sagte margarien en meng goed deur tot geen klonte en die mengsel glad is. Plaas die mengsel in die mikrogolfoond en smelt of kook die mengsel vir ongeveer 4 min, roer elke 30 sekondes.Wanneer dit gaar is, voeg die botter en sopmengsel oor die aartappels in die pot, plaas die deksel op en skud goed! Daar gaan effe “mash” en effe stukke wees.
Nota:
Indien die margarien en sopmengsel te dik is, kan jy water byvoeg terwyl dit deurkook in die mikrogolf.
Resep: Retha Booysen van Rensburg




VISPASTEI


VISPASTEI
1 kg aartappels, in blokkies gesny en gekook
2 blikkies tamatie pilchards, skoongemaak en behou sous
1 klein pakkie sampioene, in ringetjies gesny
2 eetlepels fyngekapte groen soetrissie
2 uie, fyngekap
1 teelepel fyngekapte knoffel
sout en peper, gemengde kruie na smaak
2 eetlepels blatjang
2 koppie melk
½ pakkie wit uiesoppoeier
2 koppies melk vir sous
1 koppie kaas gerasper
Genoeg botter of margarien en melk vir fyn aartappels

Maak fyn aartappels met botter, warm melk, sout en peper. Voeg kaas by en meng goed.
Braai uie, groen soetrissie tot sag en uie ligbruin.
Voeg die sampioene by en braai tot sag.
Maak vis fyn en voeg by uiemengsel saam met die sous.
Voeg bladjang, sout, peper en kruie by en meng goed.
Maak ½ pakkie soppoeier aan met 2 koppies melk
Kook in mikrogolf en roer elke 1 minuut tot dikte wat jy verlang.
Voeg by vis mengsel meng deur en haal van stoof af.
Skep ‘n laag fyn aartappels in gesmeerde bak.
Skep die vismengsel oor die aartappels.
Skep laaste laag aartappels en maak gelyk.
Stip met botter so 4 klein stukkies.
Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir so 30 min of tot ligbruin.
RESEP EN FOTO: Ronell Muller Boshoff




GEDOOPTE FRIKKIES


GEDOOPTE FRIKKIES
Maak klein frikadelletjies met maalvleis en kruie van jou keuse
DEEG
Meng die volgende saam:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
25 ml suiker
½ teelepel sout
Klits die volgende saam:
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
75 ml melk

Meng die droë- en nat bestanddele van die deeg en doop die frikkies daarin.
Braai vir omtrent 5 min aan ‘n kant in warm dieperige olie.
Pak op kombuispapier vir die olie om te dreineer en bedien met doopsous.
Maak ‘n doopsous wat bestaan uit ‘n halwe koppie mayonnaise, ‘n eetlepel knoffel en ‘n paar druppels tobasco.
Meng alles saam.
Resep en foto: Gideon Louw




BRAAI RIB MET GROENTE

BRAAI RIB MET GROENTE
GEWONE SOUTWORTELS
1 pakkie wortels
2 aartappels
½ ui
Kook gaar, meng 1 eetlepel botter in en gooi sout en peper na smaak in. Kan stukkend druk of heel hou.

SPINASIE
1 pak spinasie
2 aartappels
½ ui

Kook gaar, sit eetlepel botter in en sout en peper na smaak. Maak mengsel van sweet chillie sous en tartar sous. So 50 ml elk, en meng by spinasie. Hierdie is regtig lekker.

AARTAPPELS
1 pakkie veggie bake cream cheese gemeng  met 400 ml melk en 1 teelepel knoffel
genoeg aartappels
gerasperde kaas

Kook aartappels sag en sny op, pak in oondbak.  Gooi mengsel oor. Rasper genoeg kaas oor en bak in oond vir 10 min. Dtrooi pietersielie oor voor bediening.

LAMSRIB
Marineer ribs in die volgende vir ten minste 6 ure.
150 ml Worcestershire sous
50 ml olyf olie
1 pakkie spear rib marinade
100 ml water

Meng goed en gooi oor ribs. Laat staan vir 6 ure en meer. Braai oor die kole.
Resep en foto: Flipkotie Olivier




FISH CAKES FROM PILCHARDS


FISH CAKES FROM PILCHARDS
3 tins tomatoes based pilchards
1 tin chili pilchards
garlic to taste
parsley to taste about 3 ml
onion
1 potato
3 eggs
flour or bread crumbs or self raising flour
spices to taste
optional extras
grated cheese
finely grated carrot

Drain the 3 tins of tomatoes pilchards.
Add to a bowl once drained.
Place the chili pilchards with sauce in the bowl.
Add finely chopped onion and finely grated potato.
Add garlic, parsley and spices to taste.
Add any extras as desired.
Mix together until well incorporated.
Add 3 eggs and mix well.
And flour until the mix is right to make fish cakes.
Dust hands with flour to prevent sticking.
In a thick based pan heat oil and then place the fish cakes I the pan on a medium heat. Once crusted turn over.
Place on paper towel once cooked to drain oil.
Top up oil as required allow oil to warm before add fish cakes.
Freeze and enjoy when require.
Recipe: Gordon Hodge




KARRINGMELKBESKUIT MET WOODEN SPOON


KARRINGMELKBESKUIT MET WOODEN SPOON
Resep en foto: Klaas Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
2,5 kg bruismeel
1 liter karringmelk
500 g Wooden Spoon wit margarien
4 groot eiers
2 koppies suiker
Vryf die margarien in die meel in.
Klits eiers en suiker saam.
Voeg karringmelk by en klits (net lekker gemeng, nie te veel nie)
Meng saam met meel tot al die meel ingewerk is.
Deel deeg in twee en sprei so 2 cm dik in ‘n bakplaat.
Bak teen 180ºC vir 30 min.
Sny in blokke en droog oornag 100ºC.




SMALL MALVA PUDDING


SMALL MALVA PUDDING
1 egg
1 cup of sugar
1 cup of cake flour
½ teaspoon baking powder
1 teaspoon baking soda
1 tablespoon of apricot jam
1 tablespoon of Vinegar
1 cup of milk
2 tablespoons of butter

For sauce:
1 cup of milk
3 tablespoons of sugar
2-3 tablespoons of butter
1 tablespoon of vanilla essence

In a bowl whisk your egg , sugar, butter and jam for about 2 minutes, now add the vinegar, milk and whisk for a minute till well combined.
Sift the dry ingredients into bowl and mix till all ingredients are combined.
Pour in a square greased tin ( not big pan ) or glass baking dish, bake for half an hour at 180°C or when inserting skewer it comes out clean , also the cake will be a brown colour.
While the cake is baking put all your sauce ingredients in a small saucepan and bring to the simmer and stir till hot – keep warm one side.
When your cake is done take out of oven and immediately pour over all the sauce.
For a bigger pudding simply double all ingredients.
Recipe and photo: Jane Lerm