SLAKKEPOT ERTJIESOP


SLAKKEPOT ERTJIESOP
Resep en foto: Chantélle En Ben Saayman
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gesplete ertjies (split peas)
2,5 liter water
sopvleis (shin), 2 stukkies
3 teelepels sout
2 ml swart peper
1 teelepel gedroogte pietersielie
3 wortels
2 aartappels
2 uie
4-in-1 sopmengsel

Kook tot gaar. Gooi water by tot verlangde dikte, dit is baie dik, sout en peper na smaak.
Nota: As ek dit in die stoompot sit is dit binne 1 uur reg sonder dat ertjies geweek was. Ek het dit in die slakkepot gesit gisteraand, ertjies ook nie geweek nie, seker so 2 ure op hoog en toe op laag tot net na 5 vanoggend. Toe was alles sag.




BRINJALS IN DOUGH


BRINJALS IN DOUGH
Slice brinjals in 1 cm slices and arrange on a wooden chopping board. Sprinkle salt on both sides (lightly) and rub it in gently. Let it stand for 30 minutes to draw excess moisture out. Wipe the brinjals off with kitchen paper (paper toweling)
Mix the following well:
1 cup cakeflour
3 teaspoons dried parsley
salt and pepper to taste
½ cup Parmasan

Also mix 2 eggs in a different bowl.
Dip brinjals in flour, egg and flour again.
Fry until golden on both sides in a little hot oil.
Drain excess oil on some kitchen paper.
Serve.
Recipe and photo: Natacha Visagie




QUICHE


QUICHE
Resep en foto: Rina Watkins
2de foto:  Suenell Liebenberg
FOOD LOVERS RECIPES
Kors
115 ml margarine, verkieslik n harde margarine, soos best for bake van pnp
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
1 eier
75 ml melk (5 eetlepels)
2,5 ml sout

Kilts bogenoemde bestanddele goed saam, sal ‘n deeg vorm wat jy moet kan uit rol.
As jy ‘n sagte margarien gebruik gaan jou deeg slapperig uit kom, voeg klein bietjie meel by.
Jy kan die res van die deeg in kleef plastiek sit en vries vir ‘n volgende keer.

Vulsel
Ek het nie regtig mates vir die vulsel nie, ek sit in wat ek het.
2 medium uie, blokkies gekap
200 / 250g  spek “bacon bits”, of enige ander snit en sny net kleiner.
Spinasie (ek gebruik gevriesde spinasie wat ontdooi is en water uit gedruk is) fyn gekap.
Sampioene, (ek gebruik gevriesde sampioene wat ontdooi is en water uit gedruk is) kan kleiner sny as dit groot stukke is.
Kaas, ek gebruik so 1 ½ koppie kaas, jy kan meer of minder gebruik, en jy kan bv Gouda, cheddar en mozzarella meng of net 1 geur gebruik, dit hang af wat jy in die huis het.
Jy kan kruie by gooi soos pietersielie, oreganum, gemengde kruie of jy kan dit uit los, bacon is sout.
Jy kan knoffel by voeg as jy wil.
Ek braai my uie, tot glaserig, dan voeg ek spek by, braai liggies tot gaar, ek verkies dat dit nie bros is nie. Dan voeg ek my spinasie en sampioene by, onthou om water uit te druk anders gaan jou quiche waterig wees. Dan sit ek my plaat af, voeg my kaas by, meng goed deur en laat staan dat dit afkoel. Sodra die mengsel lou of koud is, vlok ek dit met ‘n vurk en skep in die voorbereide muffin pannetjie (spuit jou pannetjie, rol die kors en plaas in holtes, (ek prik my kors met ‘n vurk).

Maak die eiermengsel:
Plaas 4 eiers en 200 ml melk met aromat en kruie (gedroogte) in ‘n mengbak.
Klits goed met ‘n vurk en skep dit in gevulde holtes in muffin pannetjie, maar nie oorvol nie. Jy kan nog bietjie kaas bo oor strooi sou jy dit so verkies.
Bak op so 150ºC tot gaar.
Nota:
Ek kyk maar gereeld en toets met ‘n toetspen tot die quiches gaar is. Die bak tyd sal maar afhang van jou oond.
My bevinding is dat die kaas die mengsel so bietjie by mekaar hou as jy dit in die vulsel in meng in plaas van om dit net bo oor te sprinkel. Jy kan byvoorbeeld die spinasie uit los, of jy kan nog iets anders by voeg. Oorskiet braai vleisies is ook lekker, fyn gesny, gebraaide uie by en dan kaas (of nie) en jou eiermengsel bo oor. Speel gerus met ‘n paar variasies en gebruik wat jou gesin sal eet. Kan dit vleisloos ook maak en groente insit, broccoli spinasie, mielies, tamaties, sampioene ens.
Suenell Liebenberg – Vulsel is:
‘n koppie gekerfde biltong, 1 koppie gekerfde sampioene, ½ koppie klein mielietjies en ‘n koppie gerasperde cheddar kaas




BLOUWILDEBEES PASTEI


BLOUWILDEBEES PASTEI
1 kg wildsvleis geen bene en soos biltong gekruie (jy kry biltong spice te koop – kyk by jou slagter)
3 uie, grof gekap
3 lourierblare
‘n paar heel peper korrels
So 2 koppies water
3 aartappels, grof gekap (kwarte)
1 handvol boontjies, in die helfde gesny

Gooi alles in jou stoompot en laat waai vir so 40 minute of langer as jy dit baie sag wil hê.
Skep die wildsvleis en uie in ‘n oondvaste bak sonder die sous
Maak 2 eetlepels mielieblom aan met 60 ml water en roer in die sous in wat oor gebly het in die pot. Kook goed deur en gooi die nou oor die vleis in die oondvaste bak.

Maak die volgende deeg aan:
2 eiers
1 koppie meel
halwe koppie olie
1 koppie melk
2 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
Meng goed en gooi oor die vulsel as kors.

Bak by 180°C vir 20-30 minute
Ek het toe die oond op grill gestel en dan mooi bruin gebak, hou dop! Hy bak vinnig bruin.
Resep en foto: Natacha Visagie




BREAD WITH BUTTERMILK


BREAD WITH BUTTERMILK
(makes 1 loaf)
2/3 cup buttermilk
2 large eggs
2 tablespoons butter or margarine softened
3 cups cakeflour
2 tablespoons sugar
1 teaspoon salt
2 teaspoons yeast

Mix all the wet ingredients together till well mixed.
Mix all the dry dry ingredients together.
Mix all the ingredients together in a food processor or by hand till the dough does not stick to the side of the bowl or your hands.
Cover, let rice in a hot place or oven set at 60ºC until double in size.
Knock down and place in pan and let rise in the same manner until double in size.
Bake in a preheated oven at 180ºC for about an hour or until golden brown and done.
Note: I used home made butter and the buttermilk that was left from making the butter.
Recipe and photo:  Nicolette Papas




FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS


FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS
Resep en foto: Natacha Visagie
FOOD LOVERS RECIPES
500 g boerewors, vel afgetrek
60 g rosyne
410 g blikkie red “kidney beans”, water af gegooi
1 handvol gekapte pietersielie
Meng alles saam en vorm in balletjies (ek kry 12 uit).
Pak in ‘n oondpan en bak in die oond by 180°C tot gaar.
Sous:
Braai 2 gekerfte uie, groen soetrissie (opsioneel) en knoffel (na smaak) tot sag. Voeg die volgende by:1 klein sakkie tamatiepaste (50 g)
1 blikkie gekapte tamaties
1 beef stock blokkie,  gekrummel
1 teelepel droë tiemie
Kook stadig vir 10 minute. Voeg dan ‘n eetlepel suiker, sout na julle smaak en peper by.

Vir die slaai het ek dubbel room, plein jogurt met zest van 1 suurlemoen gemeng en ‘n dollop opgeskep bo-op die slaai en gedroogte bosbessies (cranberries) oorgestrooi vir mooiheid.
Bedien saam met kapokaartappels, pita of pasta en slaai.
Vir garnish ‘n lekker dollop dubbbel room jogurt vir ‘n romerigheidjie.




VISKOEKIES VAN VIS IN TAMATIESOUS


VISKOEKIES VAN VIS IN TAMATIESOUS
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie vis in tamatiesous (ek haal die graatjie in die rug uit, ek gebruik die sous ook)
¼ ui, fyn gekap
soetrissie, fyngekap na smaak
1 eier
klein bietjie fyn neutmuskaat
grofgemaalde swartpeper en sout, na smaak
2 eetlepels soetrissie sous
6 tot 7 snye brood, waarvan krummels gemaak is in die voedselverwerker
olie vir bak

Meng alles saam in bak.
Vorm balle en druk effens plat.
Bak tot mooi bruin aan albei kante.




WORSIE EN KAASROL


WORSIE EN KAASROL
Kors:
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g margarien/botter
150 ml melk

Vulsel:
250 g grof gerasperde weense worsies
500 ml gerasperde kaas
50 ml margarien/botter, gesmelt
1 fyngekapte klein uitjie
7 ml Worcestersous
7 ml mosterd
2 eetlepel gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Eiermelk:
1 eiergeel gemeng met 25 ml melk

Verhit oond tot 200ºC en smeer ‘n bakplaat. Sif meel, bakpoeier en sout saam, vryf botter in en meng melk by tot ‘n stywerige deeg vorm. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak in 35 x 27 cm reghoek. Meng vulselbestanddele en smeer eweredig oor deeg. Rol in lengte op soos rolkoek. Plaas rol op bakplaat. Sny in 1 cm dik skywe met ‘n skerp mes, maar nie heeltemal deur (tot onder nie). Trek skywe effens uitmekaar en verf met eiermelk. Bak by 200ºC vir 20-30 min.
Foto: Ilze Garbers Jacobs




SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG


SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG
Die hoeveelheid van die bestanddele kan aangepas word volgens die hoeveelheid porsies benodig.
aartappels, 1 of 2 per persoon
blokkies spek
ui, opgesny
sampioene, opgesny
250 ml room
2 pakkies “Potato bake”, soort volgens keuse
½ koppie melk
gerasperde Cheddar- en Mozarellakaas vir bo-oor
Kook genoeg die aartappels tot gaar.
Sny die gaar aartappels in skywe en plaas eenkant.
Braai die spek, ui en sampioene in ‘n pan met bietjie olie.
Meng die room en “Potato bake” in ‘n beker, voeg die melk by en roer deur.
Plaas die aartappels en die spekmengsel om die beurt in lae in ‘n oondbak en giet die roomsous oor die artappels.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC, tot die kaas gesmelt, die gereg deurwarm is en die sous dik is.
Resep en foto: Alma Hiepner




GRONDBOONTJIEBOTTER KOPPIE KOEK


GRONDBOONTJIEBOTTER KOPPIE KOEK
Wanneer jy die tyd van die aand lus raak vir iets lekkers, maar jou man dieet, en hier is nie enige lekkernye in die huis nie, dan maak jy plan:
2 eetlepels grondboontjiebotter
1/8 teelepel bakpoeier
1 eetlepel suiker
1 groot eier

Meng alles goed saam.
Mikrogolf vir een minuut.
Laat so rukkie staan om af te koel.
Nota:  ja dis reg daar kom geen meel in nie.
Resep en foto: Charlotte van Rensburg