KLAPPER KOEKIES


KLAPPER KOEKIES
220 grm gesifte koekmeel
37 grm mielieblom gesif
105 grm strooisuiker
250 grm sagte botter
80 grm klapper
18 kersies gehalveer

Meng meel, mielieblom, strooisuiker, met botter in menger.
Meng tot sagte deeg.
Plaas in yskas vir 1 uur,
Rol in klein balletjies.
Rol in klapper
Sit op bakplaat en druk kersie op. Druk effens in deeg..
Sit terug in yskas. Virvhalf uur
Bak 150 grade C vir 20 tot 25 min tot ligbruin. Pasop vir te lank. Maak omtrent 35 koekies.
BRON: Alletta Strydom




Tess Mallos Curried chicken

Tess Mallos Curried chicken

SERVES: 5–6
1 chicken, about 1.5 kg (3 lb 5 oz), jointed
salt, for sprinkling
1½ teaspoons Baharat
1 teaspoon ground turmeric
60 g (2 oz/¼ cup) ghee or 3 tablespoons oil
2 large onions, finely chopped
2 garlic cloves, crushed
1 teaspoon grated fresh ginger
1 small piece of cinnamon bark
¼–½ teaspoon ground hot chilli or chilli powder
2 loomi (dried lime), or thinly peeled rind of ½ lemon
250 g (9 oz/1 cup) chopped, peeled tomatoes
For serving
Muhammar or Mashkoul
Cut the chicken joints into smaller pieces if desired. Wipe them dry and sprinkle with salt. Combine the Baharat and turmeric and rub half the mixture over the chicken pieces. Leave to absorb for 15 minutes.
Heat the ghee in a large, heavy-based saucepan. Working in batches if necessary, brown the chicken pieces on each side, removing each batch to a plate.
Add the onion to the pan and gently fry until translucent. Add the garlic, ginger, remaining spice mixture, cinnamon, and chilli to taste. Fry for 5 minutes, stirring often.
Pierce each dried lime twice with a skewer and add them, or the lemon rind to the pan. Add the tomatoes, 185 ml (6½ fl oz/¾ cup) water and salt to taste, then bring to the boil.
Add the chicken pieces, reduce the heat to low and cover the pan tightly. Simmer very gently for 1½–2 hours, or until the chicken is tender and the sauce is thick.
Serve hot with Muhammar or Mashkoul.

BRON: Corne Liebenberg




Kalkoenboud in baksak

 

2014-02-09-1743470_10203072929013250_1113972773_n

Ek neem ‘n baksak,
gooi 4 t chicken spice,
2 t droe gemmer,
2 lourier blare,
20 ml asyn en
50 ml soyasous in.
vars kruie – roosmaryn, tiemie, salie en oreganum.
Bind toe, gaatjie by by die nek van die sak. Bak 180 grade vir 1 1/2 uur, ek draai die sakkie na so 45 min om. Hoop dit help, want kos maak ek sommer uit my kop en gooi by soos ek goeddunk. Ek gooi nie sout in nie, want soya sous en chicken spice is klaar sout. Ek verkies die heelboude, die stukkies het klein pennetjies in. As ek dit gebruik, pak ek dit in oondbak met al die goete soos in baksak, maak toe en bak dieselfde, maar kyk net dat dit nie te droog bak nie.

Bron: Marie Dumas Jennings




MOCK CREAM FILLING

2014-02-09-picfl1hn4tested
MOCK CREAM FILLING

7,5ml cornflour
125ml milk
50grm butter
7,5ml castor sugar
Few drops vanilla essens.
Blend cornflour and milk and cook, stirring over moderate hest to thicken.
Leave till cool.
Cream butter and sugar together, then gradually beat in the cold cornflour mixture. Add vanilla essens.

Confectioners custard.
20grm corn flour
125ml milk
25grm castor sugar
5ml vanilla essens
2 egg yolks.

Blend cornflour with a little of the milk.
Bring the remainder to boil and pour on blended cornflour. Stir all the time.
Cook for 2 to 3 min.
Allow to cool slightly add sugar vanilla and egg yolks. Return to heat and cook for 2 min. Do not boil. Cool use for choux pastry and as fillings for cakes.

SOURCE: : Alletta Strydom
PHOTO: www.food.com




BOERTJIE OP ‘N STOKKIE – BOEREWORS

2014-02-09-1898075_10152170521309356_433789669_ntested

BOERTJIE OP ‘N STOKKIE – BOEREWORS

300ml geelmieliemeel
150ml koekmeel
7ml bakpoeier
Sout en peper
5ml BBQ spice
Meng 2 eiers met 200ml melk en klits en meng met droe bestandele
Sit gaar wors op stokkie
Rol in meel en dan in beslag
Braai in olie tot goudbruin
Bedien met mostert!
Ekt myne net ni op n stokkie gesit nie! Soma net sulke kort stukkie gesny!
Baie lekker

BRON: Benhet Nieuwenhuis




SKAAPNEK IN N BAKSAKKIE

2014-02-05-picture3tested

SKAAPNEK IN N BAKSAKKIE
Ons huisvrouens onderskat ‘n BAKSAKKIE mos heeltemal!
EK kook GLAD NIE MEER SONDER EEN NIE.
EN ek hoef nooit pot te skuur nie.
1 skaapnek
Vleisland braaispice
sout
peper
asyn
2 uie
2 aartappels

Sny die uie, en die aartappel sommer blokkies en pak dit saam met die skaapnek in ‘n baksakkie.
Geur met bietjie sout, growwe swart peper, en braaispice.
Giet so eetlepel asyn ook by, en skud goed, sodat alles lekker deur meng.
VERGEET dit nou in die yskas vir 4 dae.
Druk dit in die oond wat op 150 ºC gestel is vir 20 minute, en daarna op 100 ºC vir nog 2 ure.
Maak nou die baksakkie oop en voeg 125 ml room en 125 ml water by, en laat bak vir nog 30 minute,
Kook nou ‘n potjie met 50% rys en 50% stampkoring gemeng.
Dan ROL jy die been so uit die nek uit, en geniet dit saam met die koringrys.

Bron: Stefaans Blaauw




MOSBOLLETJIE BESKUIT

2014-02-05-images-001

MOSBOLLETJIE BESKUIT
5 kg meelblom
500 g rosyne
500 g botter of 1/2 botter en 1/2 varkvet
4 koppies suiker
6 koppies lou water
25ml anyssaad
1/2 koekie gis – droog of saamgepers / 5 ml aktiewe droë gis
12,5ml  sout

Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie, Kook dit 10 minute lank in water en laat dit afkoel tot die lou is.
Sit dit in ‘n vererde kan of emmertjie en voeg 125 ml lou water by, gemeng met die giskoek daarby. Roer goed om en om en laat dit op ‘n warm plek staan tot die rosyntjies bo dryf, dit sal so 24 – 36 uur neem.

Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoekie en gebruik vir die suurdeeg,.
Roer 4 koppies meelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat dit sowat 3-4 uur lank of tot die suurdeeg goed gerys het, op ‘n warm plek staan.
Smelt die botter of die mengsel van botter en vet en voeg ‘n bietjie gekookte water of melk daarby.
Meng die meelblom, suiker, sout , anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
Knie die deeg baie deeglik, minstens 1 uur lank, tot dit egalige klein lugblasies daarin versprei het. (sny stukkie van die deeg met ‘n mes om vas te stel)

Maak dit goed toe en hou dit oornag op ‘n warm plek.

Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm bolletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar op die gesmeerde panne.
Laat die bolletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het en smeer die gesklitste geel van ‘n eier, gemeng met ‘n bietjie suiker en melk bo-oor.
Bak omtrent 1 uur lank in ‘n warm oond by 200 C of 400 F.

 




KERRIE EIERS SAAM MET RYS

kerrie eiers mariustested
KERRIE EIERS SAAM MET RYS
Resep en foto: Marius Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
Kook eiers soos normaal ( 2 per persoon)
1 groot ui dun gesny
1 knoffel huisie fyn gekap
¼ groen soetrissie fyn gesny
1 appel gerasper
Olie vir braai van uie
½ teelepel fyn droë rissies
2 teelepel kerriepoeier
1 teelepel fyn koljander
½ teelepel borrie
2 teelepel sampioen soppoeier

Braai uie knoffel en groen soetrissie saam.
Voeg appel by, voeg geurmiddels by behalwe soppoeier.
Voeg water by en kook verder vir so 5 min, voeg soppoeier aangemaak met bietjie water by om sous bietjie dikker te maak.
Sny afgedopte eiers middel deur, sit in sous sodat dit weer warm word ongeveer 2 min.
Dien op met rys.




BOERE SULT

2014-02-05-picture2tested

BOERE SULT

Die beestong af “geskil” ( gekook net met sout)
Bietjie origanum, en pietersillie oor gegooi en gemeng..
EN TOE krap ek daai TAAI lymgekookte haakskeen senings daar by in,
en laat afkoel…

Bron: Stefaans Blaauw

Nou eet jy dit saam met Linda Venter, se TUISGEMAAKTE mostert…

Tuisgemaakte Kondensmelk Mosterd
1 blikkie kondensmelk
125ml bruin asyn
2-3 teelepels gelykvol mosterd poeier

Meng goed en laat staan oornag
Lekker op ‘n stukkie vark of koue lamsboud , beestong , kouevleis




VLEISLAND se Eland ( WILD) Sirloin in roomsous en NETVET

2014-02-05-picture1tested

VLEISLAND se Eland ( WILD) Sirloin in roomsous en NETVET
Neem so 2.5 kg stuk Wild Sirloin..( wat nou al 10 dae vakuumverpak is) en in die koelkamer le teen 0 tot -4 grade.
Plaas die volgende in ‘n vakuumsakkie:
250 ml room
½ olyf olie
4 eetlepels suurlemoensap/of asyn
2 teelepels woestersous
2 telepels growwe swart peper
1 teelepel origanum
1 teelepel pietersielie
GEEN SOUT !!!
Meng alles goed deur, plaas die steak in die mengsel, rol dit goed daar binne. Vakuumverpak dit nou weer, en los vir die VOLGENDE 7-10 dae weer in die yskas of koeler… Dan eers kole toe..

Na nog 10 dae in die room, olyfolie, suurlemoensap, en in die yskas.
Haal ons nou die sirloin uit die roomsous uit, en sprinkel braai speserye oor.
Draai dit in NETVET toe, en sit op die rooster, nie te warm kole nie.
Braai so 10 minute aan elke kant (4 kante) en giet van die room mengsel wat oorgebly het oor, elke draai slag.
Wanneer dit begin “styf word” nie meer so pap voel nie, haal af.
Sny die sirloin in skywe en pak dit in daai room wat oorbly.

Nou het ons gebakte aartappels en tamatieslaai daarmee geniet
EKKE het natuurlik weer VYE KONFYT met GRAU brood daarmee saam ge eet…
Resep: Stefaans Blaauw