MARIE SE KITS POEDING

 2014-03-01-marieseinstantpoedingtested
MARIE SE KITS POEDING
Ek het 2 x sjokolade instant pakkies poeding gevaat aangemaak met melk soos op die boksies, gebruik so 100 ml melk minder as wat die boksies se om dikker te wees.
Toe koop ek n pakkie chip choc cookies en breek dit fyn daar in en meng alles tesame.Room styf geklits en bo oor gesit.
wat ook mooi versier koop n blikkie gemengde vrugte gooi die sous af en versier tert met die vrugte
my eie idee
BRON: Marie Rheeder Troskie



MINCE BOLLETJIES

 

2014-03-01-mymincebolletjies

MINCE WITBROOD FYN GEMAAK EN BY GEVOEG.
SOUT EN PEPER
WORCHESTERSOUS
UIE GERASPER EN IN BOLLETJIES GEROL GEBAK IN OOND

BRON: Marie Rheeder Troskie




TUNA TERTJIES IN MUFFIN PANNETJIES

 

2014-03-01-tunatertjiesinmuffinpannetjiestested

TUNA TERTJIES IN MUFFIN PANNETJIES

1 1/2 K. MELK
2 EETLEPELS BOTTER
2 EETLEPELS KOEKMEEL
SOUT EN PAPER NA SMAAK
MAAK AAN SOOS WITSOUS EK HET MYNE SOMMER IN DIE MIKROGOLF GEMAAK.

DAN

1 KOPPIE GERASPERDE KAAS
2 EIERGELE
2 EIERWITTE STYF GEKLITS
1 BLIKKIE TUNA GEFLOK
1 UI GERASPER

MENG ALLES EN VOEG DAN WITSOUS BY EN MENG
SMEER MUFFINPANNETJIES GOED OF SPRAY EN COOK
GOOI IN MUFFINPANNETJIES EN SIT GERASPERDE KAAS BOOOR
BAK VIR PLUS MINUS N HALF UUR OP 180, OF TOT GAAR
EK HET 24 TUNA TERTJIES GEKRY

bron vriendin belinda – MARIE RHEEDER TROSKIE




PATRICIA SE PIESANGBROOD

2014-03-01-piesangbrood
PATRICIA SE PIESANGBROOD
6 ryp piesangs
1 ½ koppie suiker
2 koppies koekmeel
3 eiers
1½ ml koeksoda
½ koppie botter (125 g)
¼ teelepel sout
2 teelepels  bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel

 

Stel oond op 180°C.
Maak piesangs fyn.
Klits suiker en sagte botter tot romerig.
Voeg eiers by.
Meng fyngedrukte piesangmoes by bottermengsel.
Sif sout. bakpoeier en meel saam.
Los koeksoda in 1 koppie melk op saam met vanilla.
Voeg droë bestanddele by piesang beslag saam met melk bietjies gewys by tot goed gemeng.
Gooi in gesmeerde panne bak vir 1 uur.
Bron: Patricia Rust Strydom – by my oorlede Ma gekry.




MA ANTJIE SE BUTTERNUTSLAAI

2014-03-01-maantjiesebutternutslaaitested
MA ANTJIE SE BUTTERNUTSLAAI
1.5 kg butternut, in blokkies gesny
1 rooi ui, fyn gekap
8 knoffel huisies
2 avo’s, in blokkies gesny
olyfolie
4 teelepels sweet chilly sous
4 teelepels balsamiese asyn
2 teelepels fyngekapte mint
2 teelepels vars koljander
2 teelepels bruinsuiker
1 koppie Fetakaas in blokkies
½ koppie geroosterde wallnuts
sout en peper, na smaak

Verf olyfolie oor butternut en knoffel en bak omtrent 20 minute in 180°C voorverhitte oond.
Maak sous van gekapte ui, mint, koljander, sweet chilly sous, bruin suiker, sout en peper.
Meng goed.
Rangskik butternut en knoffel op mooi slaaibord.
Voeg avo’s en fetakaas by.
Gooi sous oor en versier met geroosterde wallnuts.

Bron: Louise Venter




TAMARA SE SUURLEMOEN MERINGUE TERT

suurlemoen meringue tert tamaratested
TAMARA SE SUURLEMOEN MERINGUE TERT

KORS:
60ml (4Etl) botter/ margarine.
30ml (2Etl) strooisuiker.
1eier geklits.
75ml (5Etl) mieliblom (mazina).
187ml(3/4k) koekmeel.
2.5ml(1/2t) bakpoeier.
Knypie sout.

VULSEL: 379g (2Etl) mielieblom. 125ml (1/2k) suurlemoensap. 3 eiergele geklits. Knypie sout.

MERINGUE: 3 eierwitte 90ml (6Etl) strooisuiker:

STEL OOND OP 180 C:

KORS: Room botter en suiker tot romerig en liggeel. Klits eier by. Sif mieliblom. Meel. B.P en sout saam. Roer by botter mengsel tot beeg vorm. Druk deeg met vingers in gesmeerde tertbord vas. Prik bodem van kors met vurk en bak vir 10min. STEL OOND AF NA 150C.

VULSEL: Giet kondensmelk in mengbak. Meng mielieblom en suurlemoensap saam voeg by kondensmelk en klits saam. Voeg eiergele en sout by. Skep in gebakte tertkors. MERINGUE: Klits eierwitte tot stywe punte vorm en voeg strooisuiker bietjies gewys daarby tot baie styf. Skep meringue bo-op vulsel bak vir 20-25 min of tot goudbruin punte vorm. Sit tert louwarm of koud voor.

Resep en Foto: Tamara Bosch




PASSION FRUIT SYRUP

 

2014-03-01-passionfruitsyrup

Ingredients
1 apples
2 pears
2 tangerines
strawberries 150 grams
150 grams amaranth
sprigs mint
1 to 2 passionfruit
Mineral water
white sugar

Instructions
Wash all fruits and cut into wedges or separate (mandarins)
Remove the seeds and juice of passion fruit and separate percolation
Place the juice with 100 cc of water and 100 grams of white sugar over medium heat and let it reduce a bit for 10 minutes or least must be either more liquid, it is a very light syrup in consistency, the goal is flavored with fruit juice sweetened passion fruit.
Source and Photo: lasrecetasdesilvia




RICE CRISPIES KOEK

rice crispie koektestedrice crispie koek 2

RICE CRISPIES KOEK
3 eetlepels botter
285 g gewone malvalekkers of 4 koppies mini-malvalekkers
6 koppies Rice Krispies
200 g witsjokolade
pienk voedselkleursel
versierseltjies van jou keuse 

Smelt die botter in ’n groot kastrol oor lae hitte.
Voeg die malvalekkers by en roer tot heeltemal gesmelt. Verwyder van die hitte.
Voeg die Rice Krispies by en roer goed totdat dit heeltemal met die malvalekkermengsel bedek is.
Skep uit in ’n pan van 33 x 23 x5 wat deeglik met kleefwerende kossproei gespuit is. Gebruik waspapier om die mengsel plat te druk (dit is baie klewerig).
Sit dit so ’n halfuur in die yskas.
Gebruik dan ’n hartjievorm-koekiedrukker om hartjies uit die mengsel te druk.
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en kleur pienk. Doop een helfte van die hartjie in die sjokolade en plaas op ’n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is. Sprinkel van die versierseltjies oor voordat die sjokolade hard word.

Valentynswenk: Pak die hartjies in ’n mooi boksie en bederf jou geliefde daarmee. Bêre in die yskas.

Foto: Barbara Bullock
Rice crispies cake made by my young food lover, covered in chocolate , poping candy and 100’s & 1000’s




JAM SQUARES – KONFYT VIERKANTE

JAM SQUARES – KONFYT VIERKANTE
Room saam
250 g margarien
125 ml suiker
5 eetlepels olie
5 ml vanilla
voeg vanilla by 2 geklitste eiers en sit by boonste mengsel.. klits goed
Sif saam
800 ml meel
2 ml sout en
20 ml bakpoeier
Voeg by en dan werk jy dit met die hand tot stywe deeg vorm.
Verdeel die deeg in 2 balle en bêre in die yskas vir 30 min.
Vat nou een deel van deeg en druk plat in gesmeerde rolkoek pan en besmeer met konfyt van jou keuse(ek het tuisgemaakte appelkoos konfyt gebruik), gooi laag klapper oor en dan vat jy 2de deel deeg en rasper die deeg bo oor.
Bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 40-45min sê die resep maar ek het dit net 35 min gebak in my waaier oond.
Wanneer afgekoel sif versiersuiker oor en sny in blokkies.
Bron: Naudéa Visser




TUNATERT MET “CHIPS”

2014-03-01-1779036_646416312091103_1283889486_ntested

TUNATERT MET “CHIPS”
2 blikke Tuna (in water)
1 blik sampioen room sop
1 koppie gerasperde kaas
1 groot pak kaas-en-uie chips (fyn gedruk)
Meng alles saam, skep in ‘n oondbak.
Sprinkel ‘n ½ koppie kaas bo-oor
Bak 15 min 180ºC.
Indien jy verkies, kan jy ‘n kors maak vir Tuna Tert:
Kors:
125 g margarine
1 ¼ koppie koekmeel
½ teelepel sout
Meng alles goed en druk vas op tertbak!
Sprinkle bietjie Aromat oor kors!

Tuna Tert – ALTERNATIEF
2 blikkies tuna in water
1 blikkie fyn pynappel
1 pakkie pynappel jellie
1 eetlepel gelatien
1 koppie kookwater
1 koppie mayonnaise
1 koppie gerasperde kaas

Los jellie op in kookwater, smelt gelatine in bietjie koue water en voeg by. Laat afkoel. Voeg dan mayonnaise by en meng deeglik. Sodra die mengsel begin stol, voeg die tuna, pynappel en kaas by. Laat in yskas om te stol.
Foto: Adam Cloete