PAP EN FYN KAIINGS

2014-02-02-1779942_229343037251535_477141869_ntested

PAP EN FYN KAIINGS
Vir die Pap (Mieliemeel)
2 koppies (500ml) water
1/2 t (2,5 ml) sout
1 koppie (250ml) mieliemeel (of polenta)
1 Tbls (15 ml) botter

Plaas die water en sout in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt.
Draai na ‘n lae hitte sodra kook en onmiddellik voeg die botter en die mieliemeel (of polenta). Moenie wag vir die water om af te koel. Meng om te kombineer.
Eers met ekstra water of mieliemeel
Laat kook gedek op ‘n lae hitte vir sowat 30 minute.
Bedien warm

Kaiings – Bonita Wright
EK gebruik lam lies, laat die slagter dit sommer klaar vir jou fyn maal. Soos maalvleis. Gooi in driepootpot op gasbottel en laat die vetjies begin smelt. Die vleis gedeelte begin dan “deepfry” in die vetjies. Ek loer maar so nou en dan tot dit lekkerbros gebraai is. En roer dat dit nie vas brand nie. Skep die kaiings uit en gooi flippen lekker braaispice oor. Bottel die olie wat lekker is om later weer te gebruik.
Annalie Heymann van Wyk
Baie dankie, gaan dit definitief probeer. As ek reg onthou, het my ma heel skaapstertjies ook bygesit.





BETS SE SOUTTERT

BETS SE SOUTTERTtested
BETS SE SOUTTERT
Kors:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
125 ml kookolie
150 ml kookwater

Sif droë bestanddele saam. Voeg olie en kookwater by en maak aan tot hanteerbare deeg. Druk in gesmeerde oondpan.

Vulsel:
½ blik tamatie puree
4 eiers
½ koppie melk
500 g gekapte ham
1 koppie gerasperde kaas
1-2 gekapte uie
gekapte pietersielie na smaak
1 teelepel mosterdpoeier
oreganum na smaak
½ teelepel rooipeper
1 blik suikermielies

Smeer tamatie puree egalig op rou kors. Klits eiers en melk saam. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Gooi oor kors en bak by 180ºC vir 30-40 minute of tot gaar!
Resep en foto: Bets Lourens




GILLIAN SE MOSSELSSOP

 

2014-02-02-images(2)tested

GILLIAN SE MOSSELSOP

1 gekapte ui
1 pakkie wit uiesop
500 ml water
500 ml melk
Halwe pakkie gevriesde swart mossels grofgemaalde swartpeper
Halwe koppie gerasperde kaas
pietersielie
2 ml gerookte paprika

Braai ui in pan met bietjie olyfolie.
Maak sop aan volgens aanwysings op pakkie met melk en water.
Voeg gebraaide ui, mossels en peper by en prut 10 minute stadig.
Roer kaas, paprika en pietersielie by net voor bediening.
Ek maak hierdie resep dubbel aan vir 6-8 mense

Bron: Gillian Logan Bredenhanntested




INGELEGDE GROENTE SLAAI

groente slaai Wilnatested

INGELEGDE GROENTE SLAAI
1 blomkool
5 wortels
2 medium uie
2 groot komkommers

Sny al die groente op en laat le in soutwater vir 24h.
(1 koppie sout op 5 liter water)
Dreineer en spoel af onder kraan. Kook water, gooi groente in as water begin borrel. Kook 2-3 min. Dreineer. Laat staan vir 1 uur.

SOUS:
2 ml gemmer
2 ml borrie
375 ml asyn
180 ml bruinsuiker
15 ml maizena(Meng met bietjie water en voeg by nadat alles gesmelt het.)|Laat kook.
Voeg Groente in potjies en gooi warm sous oor. Maak dig toe met deksels
Bron: Heidi Rowe
Foto:  Wilna Dorfling




BEESFILLET GESTOP MET FETA EN PEPPADEW

2014-02-02-1016569_637849502943141_1196420946_ntested

BEESFILLET GESTOP MET FETA EN PEPPADEW
Neem een lekker beesfillet en sny hom oop en vlek so groot as wat moontlik is sonder om gate in te sny of steek.
Besprinkel die binnekant met Six Gun speserye.
Krummel 3 skywe feta kaas en knip Peppa Dew met sker. Meng alles saam en pak in fillet.
Vou die fillet netjies toe en trek rek tou bo oor.
Braai dit liggies bruin in plat swartpot en spesery die hele fillet aan buitekant met dieselfde speserye.
Braai ek dit oor kole tot gaar
Bron: Dulcken Dwyer




KAN MENS TURKSVYE VRIES?

2014-02-02-images(4)

Marie Rheeder Troskie –
ek het al gelees mense se skil af en vries in tupperware haal uit so 2 ure voor gebruik, simmige mense se dit word pap as jy dit uithaal ,wat van toets so twee of maak twee fyn en vries in bakkies
Elize Grobbelaar –
Once you manage to harvest your fruit, you must remove the glochids and the skin prior to using or freezing it. You can also juice prickly pear fruit, or freeze the juice in ice cube trays. Before juicing your prickly pear fruit, allow it to freeze and then thaw, which will soften the fruit and encourage the juice to emerge from the fruit.
Rina Kleinhans –
Mens kan dit vries, laat dit net natuurlik ontdooi, maar dit hou so lank in die yskas, en verder kan mens konfyt kook daarvan en stroop, so hoekom sal mens dit wil vries.

 




FILO QUICHE

2014-02-02-1655783_10152126263872039_1229018894_otested

FILO QUICHE
Ek het die filo gemaak (4 velle) en toe brie onder in gepak en gensyde groen vy bo op. Volgende keer sal ek fyn gekerfte biltong ook bo op sit. My pan was 28 x 19
Meng  500 ml room en 3 xl eiers, sout en swart peper en gooi dit bo-oor. onthou om filo deeg op jou onderste oond rak te bak – 170-180 ºC tot gestol. Dit is nog steeds half drillerig, amper soos ‘n kaaskoek maar dit raak stewig oornag.
Bron: Maria Liebenberg




PAMPOEN CHUTNEY

2014-02-02-1451361_706693476030280_1059761501_ntested

PAMPOEN CHUTNEY
(voor drie potjes van 230 ml)
600 gr pompoen (schoongemaakt gewicht)
2 uien
3 friszoete appels (bijvoorbeeld Elstar)
10 cm gemberwortel
1 rode peper
1 tl zwarte peperkorrels
400 ml witte wijnazijn
250 gr suiker
1 el zout

Schil de pompoen en snijd in blokjes. Pel en snipper de ui, Schil de appels, verwijder het klokhuis en snijd in blokjes. Doe alles bij elkaar in een grote pan met een dikke bodem. Schil de gember en rasp boven de pan.
Hak de rode peper fijn.
Voeg de peper toe aan de oan, samen met de peperkorrels, zout, suiker en azijn.
Breng alles aan de kook en laat met het deksel schuin op de pan 1 uur zachtjes koken tot jamdikte. Pureer eventueel met de staafmixer tot een grove puree.
Schep de chutney in schone potjes. Vul de potjes tot bovenaan en draai de deksel erop.
Laat de potjes 5 minuten omgekeerd staan en zet ze dan weer rechtop. Laat verder afkoelen en plak er etiketten op.

In Afrikaans -• (vir drie potjes van 230 ml)
600 gr pampoen (skoongemaak gewig)
2 uie
3 soet appels (byvoorbeeld Elstar)
10 cm gemmerwortel
1 rooi peper
1 teelepel swart peperkorrels
400 ml wit wynasyn
250 gr suiker
1 eetlepell sout

Skil die pampoen en sny in blokkies. Skil en snipper die ui, Skil die appels, en sny in blokkies. Gooi alles by mekaar in ‘n groot pan met ‘n dik bodem. Skil die gemmer en rasper bo die pan.
Maak die rooi peper fyn.
Voeg die peper by, saam met die peperkorrels, sout, suiker en asyn.
Bring alles tot kookpunt en laat met die deksel skuins op die pan 1 uur saggies kook tot jamdikte. Pureer eventueel met die staafmixer tot ‘n growwe puree.
Skep die blatjang in skoon potjies. Vul die potjies tot bo en draai die deksel daarop.
laat die potjes 5 minute omgekeerd staan ​​en sit dit dan weer regop. Laat verder afkoel en plak daar etikette op.

Bron: Annet Geelhoed




GEBAKTE BLOMKOOL VERRASSING

2014-02-02-1544419_634018373330897_1087523950_n(1)tested

GEBAKTE BLOMKOOL VERRASSING
1 groot blomkool
50g botter
1 groot fyngekapte ui
75g vars witbroodkrummels
2 eiers, geskei
¼ teelepel neutpoeier
sout en peper na smaak
150 ml dik room
tartaresous

Verwyder die harde stronke van die blomkool en sny op in kleiner stukke. Kook in soutwater tot dit sag is. Dreineer goed en maak fyn tot ‘n gladde pasta. Smelt die botter in ‘n pan en braai die uie liggies daarin totdat dit sag is maar nie verkleur nie. Roer die blomkoolpasta, broodkrummels, eiergele en neut daarby. Geur goed met sout en peper. Klits dit wit van die eiers tot styf en vou dit, saam met die room by diemengsel. Skep oor in ‘n gesmeerde broodpan en bedek die bokant met foelie. Bak in die oond by 190ºC vir 1 uur. Verwyder van die oond en laat vir ‘n paar minute afkoel voor dit op ‘n opskepbord omgekeer word. Bedien met tartaresous.

Bron: Adam Cloete

 




KERRIE UIE SLAAI

2014-02-02-1888949_10152283550783083_1515151603_otested
KERRIE UIE SLAAI
RESEP EN 1STE FOTO: Corne Liebenberg
2DE FOTO: Santie Carelse
FOOD LOVERS RECIPES
6 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ koppie) bruinasyn
60 ml (¼ koppie) water
45 ml (3 eetlepels) suiker
5 ml (1 teelepel) borrie
10 ml (2 teelepels) kerriepoeier
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

Kook alles saam vir 10 minute.
Bottel in gesteriliseerde glasbottels terwyl dit nog warm is.
Heeeeeeeerlik saam met braaivleis.