HAMBURGERS MET SPEK KONFYT

2014-03-20-worsrolletjiesenhamburgers
HAMBURGERS MET SPEK KONFYT

Die hamburgers is regtig maklik om te maak en die spek konfyt maak dit iets heeltemal besonders en uniek ons sit tuisgemaakde plat frikkadelletjies op broodjie met spek konfyt en roket blare. Ons hou daarvan om ons eie vleis frikadelle te maak want jy weet presies wat jy kan en wil insit. Pienk peper en growwe sout is gebruik en geen bind middels bygevoeg nie.

500g bees maalvleis
1 eetl pienkpeper korrels, fyngekap
2 teelepels geskroeide koljander
1 eetlepel vars koljander
1 pakkie tamatie paste
sout na smaak

Meng die maalvleis met die bestanddele en meng dit baie goed deur met jou hand. Vorm nou klein plat frikkadelletjies en braai in ’n matige pan tot steeds pienk aan die binnekant sodat dit nie droog is nie.

 




Romerige Spinasie

 

2014-03-08-spinasie-gereg-002

1 medium groot uie, opesny in blokkies
1 groot bondel spinasie, in growwe repies gesny
50 ml Suurlemoensap
Sout en suurlemoen growwe peper
250ml room
1. Braai die ui net tot deurskynend (‘n wok werk fantasties vir hierdie resep)
2. Braai die spinasie vir 1minuut saammet die ui
3. Voeg sout & suurlemoen peper by
4. Voeg die suurlemoensap & room by en laat dit prut vir ongeveer 5 minute of totdat die mengsel romerig is (in plaas van waterig)
Variasies: ‘n blikkie sampioene ka nook lekker werk met die resep (voeg die gedreineerde sampioene by na die spinasie)
‘n klein pakkie opgesnipperde spek of selfs ham sal ook lekker werk




GEROOMDE SPINASIE MET FETAKAAS

 

geroomde spinasie met fetatested

GEROOMDE SPINASIE MET FETAKAAS
Genoeg vir 4
Sous:
30 g Clover Mooi River botter
3 e (45 ml) koekmeel
½ k (125 ml) Clover volroommelk, warm
¼ k (60 ml) Clover vars room, louwarm
sout en varsgemaalde swartpeper

30 g Clover Mooi River botter
1 ui, geskil en fyn gekap
1 knoffelhuisie, gepers
400 g jong spinasieblare, geblansjeer
100 g Clover Fetakaas, gekrummel

Verhit die botter in ‘n pan. Roer die meel by en kook 1 minuut. Roer die warm melk by en kook 3 minute. Voeg die room by en roer deur. Geur na smaak met sout en peper. Hou eenkant.

Maak die spinasie:
Verhit die botter oor lae hitte in ‘n pan en soteer die ui en knoffel vir 3 tot 4 minute, of tot sag. Sny die spinasie fyn en roer by die uiemengsel in die pan. Roerbraai 1 minuut. Voeg die fetakaas en witsous by en roer goed deur. Sit warm voor.
Bron: CLOVER
Foto: Carrie Segar Malan




MARSHMALLOW YSKASTERT – DROOMTERT

2014-03-07-marshmallowyskasterttested
MARSHMALLOW YSKASTERT – DROOMTERT
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
100 g pakkie glanskersies opgesny
1 pak malvalekkers opgesny
250 g gladde maaskaas
blikkie fyn pynappel crush
250 ml room
1 pakkie tennisbekuitjies
Ekstra room

Meng die kondensmelk en die suurlemoensap.
Voeg die glanskersies(hou ‘n paar eenkant vir versiering), malvalekkers, maaskaas en pynappel by.
Klits die room styf en vou by die mengsel in.
Pak die beskuitjies in ‘n glasbak en giet die mengsel bo-oor.
Versier met die orige glanskersies en ekstra geklitste room, indien verkies.
Verkoel ‘n paar uur voor gebruik
Foto: Steph Kirchner – Roni Van Der Walt




PANNEKOEK LASAGNE MET ORIGANUM


PANNEKOEK LASAGNE MET ORIGANUM
Pannekoek:
500 ml meel
5 ml bakpoeier
500 ml melk
5 ml sout
2 eiers
15 ml sout

Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Klits die eiers en melk saam, voeg by die meel en meng goed. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en pak pannekoeke. Lewer 12. Hou eenkant.

Vulsel:
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g spek, in klein stukkies gesny
500 g beesmaalvleis
Sout en peper
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 blikkie (400 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
15 ml blatjang
60 ml beesaftreksel
60 ml vars gekapte origanum of 30 ml droë
125 ml kaas
250 ml room

Verhit olie in ‘n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Voeg die spek by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by, geur goed met sout en peper, en braai tot bruin en gaar. Voeg die tamatiepasta, gekapte tamaties, suiker, blatjang en aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir 20 – 30 minute. Geur goed met sout, peper en origanum. Laat die maalvleis afkoel. Vul elke pannekoek met maalvleis en rol op. Pak styf langs mekaar in ‘n oondvaste bak. Strooi die kaas, gooi die room oor en bak in voorverhitte oond van 180’C vir 30 minute. Bedien saam met vars slaai.

Indien jy dit wil vries, vries dit sonder die room en bedek dit goed met kleefplastiek. Laat dit ontdooi voor jy dit bak.
Fyn hoender, tuna of varkmaalvleis kan ook gebruik word.
Bron: Marlize Willemse




ADAM SE HOENDER PASTITSIO

2014-03-07-hoenderpastitsiotested

ADAM SE HOENDER PASTITSIO
Ek het gister in die donker Fruit&Veg sulke lekker vars spinasie raakgeloop en my gedagtes het toe sommer weer op die hol gegaan. Dis waar dit ge-eindig het.
Noem dit maar my HOENDER PASTITSIO
250g gaar pasta van jou keuse (ek het kort macaroni gebruik)
2 bossies spinasie klein gesny en gekook dat dit net verlep en nog groen is.
3 hoenderborsies gaar gekook met uie, knoffel en geursel van jou keuse. Ek het net sout, peper en oreganum gebruik.
Bechamelsous met baie kaas in.

Haal die hoender van die bene af en sny dit in klein stukkies. Meng die gaar pasta met die gaar spinasie en meng bietjie van die Bechamelsous daarin. Skep ‘n lagie Bechamelsous onder in ‘n gesmeerde oondbak en mikrogolf vir 3 minute. Skep ‘n laag pasta en spinasie mengsel bo-op die souslagie. Volg op met die hoenderstukkies en top dit dan met die res van die pasta en spinasie. Skep die res van die sous bo-oor en druk met ‘n lepel openinge in die pasta dat die sous effens kan inloop. Ook teen die kante. Strooi bietjie Cheddarkaas bo-oor en bak by 180ºC vir 30 minute. Kort, kragtig en lekker.
Foto en resep:  ADAM CLOETE
Resep vir bechamelsous
http://www.foodloversrecipes.com/2013/07/bechamel-sauce-white-sauce/




TUISGEMAAKTE PASTA MET TAMATIE-EN-FRIKKADELSOUS

2014-03-06-tuisgemaaktepastamettamatieenfrikkadelsous

TUISGEMAAKTE PASTA MET TAMATIE-EN-FRIKKADELSOUS
Hierdie is ‘n tipiese Bolognese vleissous maar met ‘n lekker kortpad kinkel. Ons gebruik worsvleis wat al klaar gegeur is. Gebruik jou gunsteling boere wors of worsresep vir hierdie sous.

Pasta
200 g koekmeel
2 medium eiers
knippie sout

Om die pasta te maak, verwerk die eiers, meel en sout in ’n voedselverwerker tot krummels vorm. Druk bymekaar om ‘n deeg te vorm en laat effe rus tot jy reg is om dit uit te rol.

1 kg ryp rosa tamaties
2 rooi uie, gekap
sout en peper na smaak
2 ansjovisfilette per persoon
hand vol ontpitte swart olywe
1 rissie met pitte, opgekap
Basilliekruid
Soyasous na smaak
1 kg beeswors
Parmesaan kaas vir opdieninig

Braai die uie in bietjie olie en geur met sout en peper. Voeg nou die tamaties by en kook tot ‘n lekker sous vorm. Proe nou hieraan – jy sal dalk bietjie suiker moet byvoeg as jou tamaties nie soet genoeg is nie.
Voeg die rissie, olywe en antjovis by en kook af tot ‘n lekker sous vorm. Geur met bietjie soyasous.
Trek die wors uit die vel en maak balletjies daarmee. Braai in ’n pan met lekker warm olie in tot net afgeseël.
Voeg dit nou by die tamatiesous en kook tot die vleis net gaar is.
Rol die pasta uit en sny in papadelle. Kook tot gaar en dreineer. Sit dit binne in die sous en roer deur, maar nie te veel dat die pasta breek nie.
Breek nou stukkies basillie kruid oor sowel as parmesaan kaasskerwe.

 

 




GEKRUMMELDE SAMPIOENE

GEKRUMMELDE SAMPIOENE
500 g wit sampioene met ‘n klam lappie afgevryf
4 snye geroosterde bruinbrood, fyn gekap in ‘n voedselverwerker
1 koppie fyn gerasperde parmesaan kaas
4 eiers geklits
100 g mielieblom
Olie vir diep braai

Maak twee mengbakke – een met die mielieblom en die ander met die broodkrummels en parmesaan gemeng.
Dompel al die sampioene in die eier en haal uit. Gooi in ‘n bak met die mielieblom en maak seker dit is lekker bedek.
Plaas weer terug in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel. Maak seker dit is goed bedek. Braai in lekker warm olie tot bruin. Haal uit en dreineer. Doen hierdie net voor opdiening.




GIDEON SE POTBROOD

2014-03-02-gideonsepotbroodtested

GIDEON SE POTBROOD
4 koppies koekmeel
½ teelepel sout
10 g droë kitsgis
2 eetlepels suiker
2 eetlepels kookolie
± 400 ml louwater

Sif meel en sout in ‘n mengbak , voeg suiker en kitsgis by en meng deeglik.
Voeg olie by asook water sodat ‘n sagte deeg te vorm.
Knie deeg af tot glad en nie meer klewerig is nie.
Plaas in ‘n ligte geoliede bak, bedek en plaas op ‘n warm plek totdat dit dubbel in groote is.
Maak ‘n holte in deeg en druk weer toe nadat gesnipperde uie en gerasperde kaas en crushed garlic ingesit is.
Sit in platboom pot met toegevoude kant onder.
Plaas op matige kole met ‘n paar kole bo op deksel vir ± 1 uur sny ‘n ligte kruis bo op deeg voor begin gaar maak !!!!!
Resep en foto: Gideon Louw

Nota:
Ons het gister aand hierdie heerlike potbrood gebak.
Dit is ons gewone deegresep waar ‘n koppie gerasperde kaas, ‘n pakkie bacon wat vooraf gaargemaak en gesnipper is asook twee teelepels droë knoffel saam met die deeg in geknie is.
Die deeg word dan opgedeel en groterige balle gemaak wat in ‘n halwe koppie gesmelte botter gerol word en dan in die pot gepak word en dan oppie kole gebak word.
Dit was djeeeerlik lekker sag.
Amper soos koek.

Vir die roosterkoek het ek die deeg nadat dit geknie en gerys het, platgedruk en ‘n blokkie kaas in die middel gesit en dit toegevou en doodgewoon saam met die ander koeke gebraai.
Djeeerlik!




LIEZEL SE GNOCCHI

2014-03-02-liezelsegnocchitested
LIEZEL SE GNOCCHI
Dit is 1 kg mash op 500 g koekmeel en 2 eiers. Meng goed saam tot ‘n deeg.
Ek het minder en minder gemaak later het ons die een eier in die helfte gebreek!! En dan rol jy ‘n wurmpie, dan sny jy 2cm stukkies en druk saam met jou duim en wysvinger.
Plaas in kookwater en kook tot hulle op kom.  Haal uit  en braai bietjie in olie

Resep en foto: Liezel van der Merwe