BREAD CRUST QUICHE


BREAD CRUST QUICHE
Recipe: Amanda Conradie
Photo: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
6-7 slices white bread slices
¼ cup butter, melted
1 teaspoon dried basil
1 teaspoon dried oregano
6 eggs
1 cup cream
1 cup diced bacon/ham
1 small chopped onion
3 cups baby spinach (I used cooked, frozen)
1 ½ cups button mushrooms, chopped
1 ½ cups cheddar cheese, grated
2 teaspoon fresh parsley, chopped
salt and pepper to taste

Preheat oven to 180°C.
Use a rolling pin, flatten the bread slices.
Line the bottom and sides of a greased springform cake tin with the slices of bread. Be sure to press the slices together and make sure they overlap well.
Combine the melted butter with the dried herbs.
Brush the herbed butter over the bread slices in the cake tin and bake for 10 minutes.
Heat oil in a large pan over high heat.
Add ham/bacon and cook until soft.
Add mushroom and chopped onion and fry, stirring occasionally, until the mushrooms have reduced in size and the onions have softened (about 5 minutes) and season with salt and pepper. Add spinach, let wilt and remove from the heat.
In a mixing bowl – whisk the eggs until combined and add the cream, cheese and parsley. Season to taste.
Remove the bread crust from the oven and allow to cool.
Spoon the filing mixture onto the bread base.
Pour the egg mixture gently over the layer of filling – making sure to spread the mixture evenly.
Season with salt and pepper to taste.
Bake for 35 – 40 minutes or until a knife inserted near the center comes out clean.
Let rest for 5 minutes, garnish with chopped parsley, slice, serve and ENJOY!




GINA SE PATATSLAAI


GINA SE PATATSLAAI
1 kg patats, geskil en in blokkies gesny
½ ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en fyn gekap
4 sprietuie, dun gesny
1/3 koppie mayonaise
2 eetlepel lemoensap
1 teelepel gerookte paprika
½ teelepel gemaalde komyn
sout en vars gemaalde swart peper, na smaak

Kook die patats tot sag, ongeveer 15 min. Dreineer en laat afkoel.
As afgekoel het, plaas patats in ‘n groot opdienbak en voeg die ui, rooi soetrissie en sprietuie by.
In aparte bakkie meng die mayonnaise, lemoensap, paprika, komyn en sout en peper. Klits goed. Gooi oor die patats en meng deur.
Bedien dadelik of verkoel vir ‘n uur.
Resep geplaas deur Andra Human




VARKWORSIE EN MURGPAMPOEN OONDGEREG


VARKWORSIE EN MURGPAMPOEN OONDGEREG
Foto en resep: Christelle van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
8 medium murgpampoene, punte verwyder
400 g cocktail varkworsies
250 g swoerdlose spek
4 gras uie, opgesny en wortelpunte verwyder
ongeveer 1 koppie blokkies feta, swart peper geur
Sweet Chilli sous

Sny punte van murgpampoentjies af en sny in lengte deur. Neem twee cocktail varkworsies (net mooi ingepas) en druk dit effens plat. Sit dit in elke murgpampoentjies in (soos jy ‘n worsie in ‘n hotdog bun sal insit). Plaas dit in ‘n oondvaste glasbak (ek het dit nie gesmeer nie).
Gooi sweet chilli sous en gekapte gras uie oor (myne was meeste bo-op maar werk beter binne-in) en druk effens binne in murgpampoentjies in. Rol die gevulde murgpampoentjies in die spek toe. Sprinkel bietjie feta oor. Bak in ‘n vooraf verhitte oond tot die spek krispy is en die murg pampoentjies sag, maar steeds ferm.
Let wel: Ek het geen olie by- of oorgegooi nie. Die dis maak heelwat sous onder van die sweet chilli, spek ens wat uitbraai. Dit gee die murgpampoentjies kans om sag en gaar (maar nie pap nie) te word. Die spek maak ook dat die gevulde murgpampoentjies nie uitmekaar uit val as dit opgedis word nie. Sien op foto is een wat nie spek om het nie, lekker maar breek effens.
Kan ook geniet word saam met fyn aartappels.




DRIE KAAS BRAAI PIE


DRIE KAAS BRAAI PIE
2 rolle skilferkors rolle (puff pastry)
1 houer roomkaas van jou keuse (myne was soet rissie)
1 koppie Mozzarella
1 koppie Cheddar/Gouda
1 – 2 wiele Feta
1 pakkie vars roket blare
vars peper
½ koppie soet rissie sous

Rol 1 skilferkors deeg liggies uit, nie te dun anders hou dit nie die vulsel binne nie.
Smeer eerste jou roomkaas en sit alles bo-op en dan nog 1 rol lig uitgerolde skilferkors deeg bo oor.
Druk rante vas met vurk.
Plaas op rooster. Kole nie te warm.
Smeer met gesmelte botter.
Bak tot mooi bruin aan albei kante en deeg gaar is.
Resep en foto: Angela Verreynne




FRANCIS SE SPINASIE TERT


FRANCIS SE SPINASIE TERT
400 g rou spinasie (dit kan meer of minder ook wees)
1 pakkie snippers spek (of ek vat gewone spek, vries dit en snipper dit dan self met my broodsnyer of skerp mes) Dit werk goedkoper en het minder groot stukke en vet in. Dit kan ook met ‘n skerp kombuis skerp gesnipper word.
65 g margarien
2 groot uie, gesnipper
1 blik gekapte sampioene of een pak vars sampioene, in skywe gesny
1 ring lekker fetakaas
sout en swartpeper na smaak (Ek gebruik sommer baie swartpeper)
6 eiers
1 koppie melk of room
350 g cheddar kaas gerasper

Voorverhit oond tot 180ºC.
Ontstingel en kap spinasie. (Die spinasie moet ongeveer 400 g weeg nadat dit ontstingel is. ± 2 bossie gewone spinasie) Ek het al meer of minder gebruik en gevind dit maak nie juis saak nie.
Spoel spinasie goed af en kook dit net so met die vog van die spoelproses en sonder water hitte met deksel.
Haal deksel af en kook ‘n verdere 10 min op laer hitte. (maak net seker dat dit nie aanbrand nie. Dit is net om die vog te absorbeer.
Braai spek in margarien en skep uit.
Braai uie in vet van die spek.
Ontwater die sampioene.
Breek fetakaas in klein stukkies.
Meng alles saam.
Klits eiers en melk of room saam en meng by die ander mengsel in. Gooi in ‘n groot vierkantige vuurvaste bak en bak vir 30 min in voorverhitte oond.
Resep kan in twee gedeel word. Een bak om dadelik te eet en een om vir ‘n vriendin te gee of na die omgeegroep te neem.
Maak dit net weer warm voor geëet word.
Resep en foto: Francis Schoeman




STREPIESKOEKIES


STREPIESKOEKIES
Vanieljedeeg
130 ml (120 g) botter
80 ml (70 g) strooisuiker
330 ml (180 g) koekmeel

Sjokolade deeg
130 ml (120 g) botter
80 ml (70 g) strooisuiker
275 ml (150 g) koekmeel
80 ml kakaopoeier

Klop diel botter en suiker vir die vanieljedeeg saam tot lig. Roer die meel en omtrent 30 m water by tot ‘n ferm deeg. Knie dit liggies en rol dit in ‘n bol en druk dit effens plat en rol toe in kleefplastiek en verkoel vir so 2 ure.
Maak die sjokoladedeeg net so aan en voeg net die kakao by die meel. Rol elke bol uit, verf die sjokoladedeeg met melk en sit vanieljedeeg bo-op.
Sny dit in die lengte middeldeur en verf die een helfte weer met melk voor die volgende deel opgeplak word. Herhaal tot jy 8 lae het.
Bedek en sit dit vir 30 minute in die yskas.
Sny die punte netjies en sny dan in dun skyfies.
Pak die skyfies op ‘n gesmeerde bakplaat en bak dit vir 12-15 min by 180ºC tot ligbruin.
Laat dit so vir 5 minute op die bakplaat afkoel voor dit verder op ‘n draadrakkie afkoel.
Nota:  Na jare se gebak het ek geleer om my water NET 5-10 ml te maak, deeg is dan baie meer hanteerbaar. Vandag se baksel was dubbel aangemaak.
Resep en foto: Ria Smith




MURGPAMPOEN BROOD GEREG


MURGPAMPOEN BROOD GEREG
6 skywe pampoen so dik soos gesnyde brood vir die onderste laag. Sprinkel ‘n ½ koppie kaneelsuiker oor.
6 snye witbrood ruim gesmeer met botter beide kante vir die tweede laag .
Sny murgpampoen in skywe so dik soos gesnyde witbrood.
Pak laag pampoen in ‘n oondbak wat gesmeer is met klapperolie en strooi kaneelsuiker oor. Smeer witbrood beide kante ruim met botter en pak bo-op pampoenskywe en strooi weer kaneelsuiker oor.
Sprinkel ‘n ½ koppie rosyne op brood laag en herhaal met laag pampoen en brood soos vorige laag.
Ek het geeindig met pampoen net omdat ek oor gehad het. Strooi weer kaneelsuiker op met klontjies botter.
Sit foil liggies bo oor en bak vir ‘n uur op 160°C. Ek het skil aangelos omdat dit baie sag is. Heerlik.
Resep en foto: Martie Brits
Tweede foto: Ansi Pypers Fourie




AMANDA’S MASALA CHICKEN CURRY


AMANDA’S MASALA CHICKEN CURRY
12 chicken pieces, bone in
2 onions
1 inch ginger, peeled and chopped finely
½ teaspoon garam masala
1 teaspoon chicken masala
3 tablespoons vegetable oil
salt
2 teaspoons garlic purée
5 black peppercorns
1 cinnamon stick
5 cloves
5 cardamom pods
2 teaspoons ground coriander
1 teaspoon ground cumin
¼ teaspoons turmeric
2 cups chopped tomatoes
1 teaspoon tomato purée
150 natural yogurt (for a richer sauce, replace the yogurt with 4 tbs cream)
1 handful chopped coriander
15-20 curry leaves
½ teaspoon chilli powder
2 whole (chopped if you prefer) green chillies

Peel and finely chop the onions.
Wash chicken.
Place 2 tbs water in a non-metallic bowl with 1 tsp garam and chicken masala, add salt. Make a paste and rub into chicken pieces. Let marinate for an hour.
Fry chicken in a heavy based pan or wok with oil for 2-3 minutes until sealed on each side. Set aside.
Sauté onions in same pan over medium heat until golden brown.
Add the ginger, garlic purée, curry leaves, pepper corns, cinnamon stick, cloves and cardamom and fry for one minute.
Add the ground coriander, cumin and turmeric.
Fry for 2 minutes until the mixture starts bubbling.
Add tomato purée and tomato and cook for 5 minutes.
Slowly add the yogurt (or cream) and a small handful of chopped coriander. Cook for 5 minutes.
Add a pinch of salt and cook for 1 minute more.
Return the chicken to the pan along with the chilli powder and chillies. Add more salt if needed.
Cover and cook for 10 minutes on a low heat.
If there is too much liquid in the pan, turn the heat up to medium and cook for a few minutes uncovered to let it evaporate.
Simmer for 15 minutes.
Just before serving, sprinkle with chopped coriander or curry leaves as garnish.
Recipe and photo: Amanda Conradie




COCONUT AND CHERRY BISCUITS


COCONUT AND CHERRY BISCUITS
750 ml (3 cups) self-raising flour
750 ml (3 cups) fine desiccated coconut
500 ml (2 cups) sugar
250 g margarine or butter, softened
3 large eggs
60 ml (¼ cup) milk
5 ml (1 teaspoon) vanilla essence
Glacé cherries, halved

Preheat the oven to 180°C and lightly grease a baking tray.
Combine the dry ingredients in a large mixing bowl.
Add the margarine or butter, eggs, milk and vanilla essence.
Mix all the ingredients until a soft dough is formed.
Roll the dough into tiny balls and place them on the greased baking tray.
Slightly flatten them with a fork and decorate with the glacé cherries.
Bake for about 10 minutes or until the biscuits are golden brown.
Set aside on the baking tray for 5 minutes to cool.
Transfer to a wire rack to cool completely.
Serve with a warm cuppa of your choice.
Recipe and Photo: Mauricia Jordaan




PATATBROODROLLE


PATATBROODROLLE
1 pak (1 kg) witbrood meelblom
1 koevert (10 g) kits droëgis
70 g witsuiker
7 ml sout
150 g botter of margarien by kamertemperatuur
2 eiers geklits
250 g gaar fyngemaakte louwarm patats
400 ml sterk lou water

Sif die meel, gis, suiker en sout saam. Frummel die smeer daarin. Meng die eiers en patats. Voeg dit saam met die water by die meelmengsel en roer tot taamlik goed gemeng.
Knie dit nou om ‘n sagte gladde elastiese deeg te vorm.
Plaas die deeg in ‘n groot houer wat mildelik met sonneblomolie gesmeer is.
Draai die deeg om sodat die gesmeerde onderkant bo is. Bedek die houer. Laat die deeg in ‘n warm plek rys tot dubbel die oorspronklike grootte.
Knie die deeg af, halveer dit en rol elke helfte op ‘n meelbestrooide deegplank uit in ‘n sirkel met ‘n deursnee van sowat 40 cm.
Sny elke sirkel in 16 ewe groot wiggies. Begin by die ronde rand en rol elke wiggie na die puntkant op.
Plaas die rolle met die puntkante onder ‘n entjie van mekaar af op gesmeerde bakplate. Bedek dit liggies of plaas die bakplate in groot plastieksakke, en laat die rolly by kamertemperatuur rys tot dubbel die oorspronklike grootte.
Voorverhit die oond tot 200 ºC. Verwyder die bedekking en bak die rolle sowat 20 minute tot mooi goudbruin. Laat hulle op ‘n draadrak afkoel. Sit hulle louwarm of koud voor. Lewer 32 broodrolle.
Resep geplaas deur: Brenda Litzke