HALLOUMI CHEESE SANDWICH WITH HOT STRAWBERRY SALSA

HALLOUMI CHEESE SANDWICH WITH HOT STRAWBERRY SALSA
Today I would like to share with you a recipe for a slightly different sandwich. Instead of traditional vegetables, I recommend strawberry salsa, and rather than a slice of ham – a golden grilled slice of Halloumi cheese. Only one thing is missing – a fresh and fragrant bread roll.
For two people:
2 fresh rolls of your choice
2 big lettuce leaves
4 slices of Halloumi cheese
2 teaspoons of butter
Salsa:
8 strawberries
half a chili pepper
2 tablespoons of minced peppermint leaves¼ a red onion
2 tablespoons of chopped almond without the skin
1 teaspoon of honey
2 tablespoons of lemon juice
2 tablespoons of balsamic sauce
Start by preparing the salsa. Wash the strawberries, remove the shanks and cube them. Dice the onion and chili pepper. Mix the strawberries with the onion, chili pepper, peppermint and almonds. Spice it up with honey and lemon juice. Leave in the fridge for half an hour. Grill the slices of Halloumi cheese until they are golden. Cut the fresh rolls in half and spread them with butter. Put a lettuce leaf on each half of roll, then a slice of the Halloumi cheese, one tablespoon of salsa, another slice of cheese and two tablespoons of salsa. Spice it up with balsamic sauce. Cover with the other half of the roll. Prepare the second sandwich in the same way. Serve at once while the cheese is still hot.
Note:
Halloumi is a Cypriot cheese made with sheep’s milk or a mixture of sheep’s, goat’s and cow’s milk. It is semi hard and so flexible that it is excellent for frying and barbecuing, and it is great fresh too.
Recipe and Picture: Katarzyna Posłuszny‎
https://www.home-madepatchwork.com/




MARINADE: JOGURT OF SJERRIE

MARINADE: JOGURT OF SJERRIE
Wenk
Baie lekker as dit gebraai word oor die kole en genoeg vir 6 porsies
600 ml joghurt -enige geur
1 medium ui – fyn gekap
1 huisie knoffel – gekneus
25 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Plaas alle bestanddele in fles en skud goed tot deurgemeng.
Prik hoender met vurk en plaas in bak en giet marinade oor.
Marineer 8 ure of oornag in yskas – draai gereeld om
Braai oor lae hitte kole of in die oond.
WENK.
As die res van die marinade verhit gaan word om saam met die vleis voorgesit te word,
onthou dat joghurt maklik skif op hoe hitte. Roer 5 ml mielieblom in die mengsel.
Die jogurt marinade kan ook vir bees en skaap gebruik word.

Marinade vir Varktjops
75 ml sojasous
125 ml sjerrie
30 ml bruinsuiker
klein stukkie gerasperde gemmerwortel
OF
2 stukke gekapte gemmerkonfyt
1 knoffelhuisie fyn gedruk
sout
Meng bestanddele.
Marineer vleis oornag.

 




2 MINUTE PIZZA IN ‘N BEKER


2 MINUTE PIZZA IN ‘N BEKER
In ’n beker wat in die mikrogolfoond gebruik kan word, meng:
4 eetlepels meel
⅛ teelepel sout
⅛ teelepel bakpoeier
’n knippie koeksoda

Klits 3 eetlepels melk en 1 eetlepel olie daarby in en meng deeglik.
Skep ’n bietjie van jou gunsteling-marinarasous daarop.
Sprinkel ’n bietjie gerasperde kaas, pepperoni, gedroogde kruie en enige ander bestanddele oor waarvan jy hou.
Plaas in die mikrogolf vir 70 tot 80 sekondes – en begin smul!
Geplaas deur Elizabeth Margaret Hendrikz




ROLKOEK MET KONFYTVULSEL

ROLKOEK MET KONFYTVULSEL
Die is ‘n klein rolkoek.
2 Ekstra groot eiers, geskei
1 ml vanilla geursel
10 ml suurlemoensap
100 ml strooisuiker
125 ml koekmeel
knippie sout
5 ml bakpoeier
15 ml melk
Appelkooskonfyt
Versiersuiker

Voorverhit die oond tot 220ºC.
Berei ‘n bakplaat van 30 x 20 cm voor deur dit te smeer en te voer met bakpapier wat daana weer gesmeer is.
Klits die eiergele, vanieljegeursel en suurlemoensap saam.
Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl geklits word. Klits tot liggeel en lig.
Sif droë bestandele (koekmeel, bakpoeier ens sout) drie keer saam.
Vou die droë bestandele by die eiermengsel, met metaallepel in.
Vou melk in.
Klits die eierwitte in groot mengbak tot styf.
Vou die styfgeklopte eierwitte in die deeg in.
Skep die deeg in die voorbereide bakplaat en maak gelyk.
Bak vir ongeveer 10-12 minute tot gaar.
Berei ‘n klam skoon vadoek of klam bakpapier voor om die rolkoek te rol.
Maak seker die werksoppervlakte waarop gewerk word is deeglik skoon.
Keer die rolkoek uit die bakplaat en verwyder die bakpapier.
Sny nie korsies af met skerp mes en rol liggies op(Sit die “naat” an die onderkant) Laat afkoel.
Rol die rolkoek weer af, na dit afgekoel het, en smeer met appelkooskonfyt. Rol qweer die rolkoek op.
Plaas die rolkoek in ‘n lugdigte houer om uitdroging te verhinder tot opdien.
Plaas op ‘n geskikte bord en strooi versuiker bo-oor.
Foto het gesmelte sjokolade oor in plaas van versiersuiker.
Bron: Montana Hoërskool gebak deur Chanté van der Colff
Foto: Meisie van der Colff




CHOC CHIP KOEKIES

CHOC CHIP KOEKIES
Resep geplaas en foto deur Maranda van Dam
FOOD LOVERS RECIPES
5 koppies bruismeel
1 blik kondensmelk
500 g botter
1 koppie witsuiker of strooisuiker
1 koppie choc chips

Verhit oond tot 180º C.
Room botter en suiker tot lig.
Voeg res van die bestanddele by behalwe choc chips.
Vou choc chips by.
Rol deeg in klein bolletjies ( ek gebruik teelepel ) plaasop die bakplaat en druk met vurk plat.
Bak vir 8-10 minute.
PS: Koekies is sag as hulle uit die oond kom maar raak lekker bros.
Drie panne koekies – tenminste 100 koekies.




WIT VERSIERSEL

WIT VERSIERSEL
Foto: Elzetna de Bruin
FOOD LOVERS RECIPES
Vorige week het ek gevra vir ‘n glutenvry koek resep, maar het kortpad gevat en ‘n premix gekoop.
My uitdaging – om ‘n Kawasaki groen koek te bak, met ‘n beslag waarmee ek nie bekend is nie.
Dit was ‘n sukses! niks te sien van buite tot hulle hom gesny het. Maar nou het ek ‘n lat vir my eie agterste gepluk!
Die icing is
200 g botter
3 koppies versiersuiker, gesif
1 eetlepel melk
1 teelepel vanilla geursel

Klop botter tot byna wit, voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Voeg melk en vanilla by en meng goed.
(kon ongelukkig agv ons warm weer nie mascarpone gebruik nie, daarom my keuse vir die icing)




VETKOEK VIR 2 MENSE

VETKOEK VIR 2 MENSE
Lewer 6 – 7 vetkoeke
2 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 pakkie kitsgis
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel asyn
50 ml kookolie
200 ml louwater

Knie goed en laat rys tot dubbel. As jy ‘n broodmasjien of Kenwood het gebruik dit om die deeg te knie. Anders sal jy maar moet GOED knie.
Strooi die oppervlakte met Maizena (mielieblom) en rol dan die deeg uit en druk uit met ‘n glas.
Bak dan in die warm olie. Olie moet nie te warm wees nie, anders is die vetkoek aan die buitekant gaar en nog rou binne.
As jy hierdie vetkoek hol wil hê, dan gebruik jy ‘n lepel en skep die warm olie op die vetkoek sodra jy dit in die olie gesit het.
WENK:
Indien jy die resep vermeerder MOENIE die suurdeeg verminder nie, ek dink dit is waar die geheim lê.
1 pakkie suurdeeg is genoeg vir 1 kg koekmeel om te rys. So baie mense mag dalk dink die resep klink na baie suurdeeg. Maar ek dink dit is waar die geheim lê, 2 koppies meel, met die koppie geskep in die houer, nie met ‘n lepel vol geskep nie en 1 pakkie suurdeeg.
Dan gebruik mens 2 bottels van 750ml kookolie sodat die olievlak diep genoeg is.
Ons oumas het nie termometers gehad om die olie se temperatuur mee te meet nie. So wat het hulle gedoen?
Maak die olie warm en gebruik dan ‘n klein toetsstukkie deeg om te kyk of die olie warm is.
As jy die stukkie deeg ingooi, moet dit amper onmiddelik na bo kom. As dit onder bly lê, is die olie nog nie heeltemal warm genoeg nie. Gee nog ‘n minuut of so en toets weer.
Die vetkoek moet ook nie dadelik bruin word nie, dan is die olie te warm.
Resep geplaas deur Meisie van der Colff
Foto:  Rina Kleinhans




STIRFRY ALA CECILY

STIRFRY ALA CECILY
Wat het jy nodig”
hoender
vark of bees
een heel uie
spice soos origanum
mix spice, bbq spice, sout, peper
Ek het nie hoeveelhede nie so proe jou kos soos dit gaar raak en voeg dan by soos jy goed dink.
Braai die vleis en die uie goed deur met al die spice. as dit amper gaar is dan gooi jy
‘n halwe koppie water aangemaak met minder as ‘n halwe pakkie bruin uie sop by en roer goed deur saam met die vleis.
Daar na voeg jy chutney weereens na smaak by en as jy iets soos Jimmy sous of Heinz se bbq sous in huis het by.
Wat jy ook kan doen, is om ‘n bietjie suiker by te voeg of sommer appelkoos konfyt.
Laat dit prit, dan hier kom die trick.
Niemand hou van pap groente nie. So wat jy doen jy vat ‘n pot of ‘n mikrogolf bak sit bietjie water onder in en stoom jou groente,  terwyl dit nog lekker crispy is, voeg dit dan by die vleis met sous en sit plaat sommer warmer laat hy net vinnig deur trek.
En daar is jou gesonde stirfry, jy kan hom met of sonder rys eet.
Bron en foto: Cecily Immelman




MUESLI STAFIES

MUESLI STAFIES
625 ml muesli van jou keuse
125 ml rooi glanskersies, grof gekap
100 g gemaalde amandels
375 ml Rice Krispies
250 ml klapper
1 x 397 g blik kondensmelk
100 g botter

Meng die muesli, kersies, amandels, Rice Krispies en klapper goed.
Smelt die kondensmelk en botter saam tot glad oor baie lae hitte, wees versigtig, kondensmelk brand maklik aan en voeg by die droë bestanddele.
Roer goed tot deeglik gemeng.
Keer uit in ’n gesmeerde pan van sowat 20 x 25 cm en druk goed vas.
Maak seker die mengsel is egalig.
Verkoel tot stewig en sny in vingers.
Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Lewer 20-25 stafies.

WENK: Ek het vanoggend die stafies vir so 20 minute in die oond gesit, ek wil kyk of hy nie beter set as hy so bietjie gebak het nie.
Hy set wel as hy in die yskas was maar ek sal daarvan hou as hy meer stewig is.
Resep en foto: Magda van Wyk




LIEZLE SE CHEEZY PASTA

LIEZLE SE CHEEZY PASTA
Lekker pasta gemaak vir die koue weer. Daar bly nooit hiervan oor in ons huis nie!
1/2 pak penne
1kg maalvleis
1 ui
1 tamatie
2 pakkies 3 cheese pasta sous
2 koppies kaas
Worcestor sous
Chutney
Bisto
Maak pasta gaar in water. Braai uie en tamatie. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Meng 2 teelepels bisto met bietjie water en gooi by. Gooi worcester sous(10ml) en chutney(20ml) by na smaak. Gooi in oondvaste bak. Maak kaassous aan en gooi bo oor maalvleis en pasta. Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 30 min tot bruin.
Resep en fot: Liezle van Niekerk