PAPTERT MET N KINKEL


PAPTERT MET N KINKEL
Ek het Elsabie Templeton se Mieliepaptert met spinasie se vulsel gebruik. Ek het nie my pap voor die tyd gaargemaak nie. Hier volg die resep soos ek dit gemaak het.

Papmengsel:
2 koppies mieliemeel
250 ml melk
1 eier
2 blikkies tamatie en knoffel
Meng alles saam.

Braai die volgende saam:
1 groot ui, gekap
2 x 250 g sampioene, gekap
1 kg spinasie, gekap
500 ml gerasperde kaas

Gooi die helfte van mieliemeel mengsel in ‘n bak.
Strooi van die kaas oor.
Gooi die uie, sampioene en spinasie mengsel oor.
En die res van die mieliemeel mengsel oor.
Strooi res van die kaas oor.
Bedek met tinfoelie en bak vir 60 min @ 180° grade.

Foto en resep: Elna Erasmus




COUSCOUS-SLAAI


COUSCOUS-SLAAI
2 koppies couscous
groenteaftreksel gemeng met 2 koppies kookwater
1 ui, gekap
1 groen, rooi en geel ssoetrissies, in blokkies gesny
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
4 eetlepel botter
10 ml droë sweet basil of Italian kruie
2 wieletjies fetakaas in blokkies gesny
sout en peper na smaak
250 g gebraaide bacon (opsioneel)

Gooi kookwater oor couscous maak dig toe en laat staan.
Braai botterskorsie in botter tot sag.
Voeg uie, groen-, rooi- en geel soetrissies en kruie by en braai tot sag.
Meng fetakaas by.
Voeg sout en peper na smaak by.
Meng alles saam met couscous.
Heerlik saam met braaivleis.

Resep en foto: Rianca Kruis




INLê VAN PAPAJAS

INLê VAN PAPAJAS
Resep en foto: Rene Rheeder
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg harde papaja’s in blokke gesny
suiker stroop aangemaak vir 1,5 kg vrugte
1,5 liter water
1,5 kg suiker
Laat kook die stroop tot dit ‘n derde minder is en die stroop baie dikker is.
Voeg gesnyde papaja by en kook dit so 5 minute in die stroop,
dit raak so effe deurskynend.
Skep die stukke uit en pak in die voorbereide bottels.
Kook stroop verder tot nog dikker, skep die warm stroop oor die stukke tot die bottels amper vol is.
Stamp die bottels liggies dat al die lug borrels uit kom,
Vul met stroop tot bo en seël, draai bottels op hulle proppe om af te koel. Indien daar stroop oor bly kan jy dit bottel en bëre vir ‘n volgende keer se kook.




BRAAI PAP WITH A TWIST

BRAAI PAP WITH A TWIST
180 g Mealie Meal
10 ml Robertsons Spice For Rice
5 ml Robertsons Crushed Chillies
375 ml Water
85 ml Milk
15 ml Oil
½ Small Onion finely chopped
2 Eggs beaten
250 ml
Self Raising Flour
Cooking Oil for frying
In a pot, cook mealie meal, Robertsons Spice for Rice, Crushed Chillies and water, stirring until mixture becomes still and begins to form a ball.
Remove from heat and add milk, oil and onion and mix well. Allow to cool slightly before stirring the eggs into the mixture.
Add the flour and mix to form a fairly stiff mixture.
Pour oil for frying into a deep pan or skottle braai and drop spoonful’s of batter into hot oil and fry until golden brown on all sides.

Photo: Gideon Louw




HEERLIKSTE SOET SUUR LEWER MET ELAND LEWER

HEERLIKSTE SOET  SUUR LEWER MET ELAND LEWER
1 kg lewer, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
50 ml bruinsuiker
10 ml heuning
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
10 ml mosterdpoeier
250 ml hoender aftreksel
50 ml meelblom
10 ml sout

Skud die lewer in ‘n plastieksakkie met die meelblom en sout.
Braai lewer vinnig bruin in olyfolie en hou eenkant.
Soteer uit tot sag en voeg by res van bestanddele.
Laat prut minuut of twee. Voeg lewer by.
Plaas in oondskottel en bak teen 160°C vir 30 minute.
Net voor opdiening voeg 25 ml brandewyn by, opsioneel.
Nota: Vir bietjie ekstra kleur kan daar ook ‘n klein gekapte rooi soetrissie saam met die uie gebraai word.
Resep: Rudi Basson




HEERLIKE KOFFIE-TYD ROOMKAASKOEK

HEERLIKE KOFFIE-TYD ROOMKAASKOEK
My kleindogter het hierdie heerlike “Coffee Cake” gister vir ons gemaak. Sy’s 11!

Bo-laag:
115 gram botter (koud – in klein blokkies gesny)
125 ml meel
125 ml bruin suiker
125 ml rof-gekapte neute (pekan)
Koek:
500 ml meel
10 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
2.5 ml sout
125 gram botter (kamer temperatuur)
250 gram roomkaas (kamer temperatuur) (Philadelphia)
300 ml suiker
2 groot eiers
5 ml vanilla
125 ml melk
Metode:
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n reghoekige koekpan (so 22 cm x 32 cm) met botter.
Vir die bolaag: Sny die botter, meel en bruin suiker saam tot krummelrig. Meng die neute by en sit eenkant.
Vir die koek: Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Klits die botter en roomkaas saam. Voeg die suiker stadig by terwyl jy klits, totdat dit glad en romerig is. Voeg die eiers en vanilla by en klits tot gemeng.
Voeg die meel mengsel en die melk om die beurt by, en klits net totdat dit alles gemeng is.
Gooi die beslag in die koekpan.
Besprinkel nou met die gekrummelde bolaag. Stoot van die bolaag af in die beslag in, so 12 – 15 plekkies (gebruik sommer jou vinger).
Bak vir 35 – 40 minute (tot ‘n tandestokkie skoon uitkom).

Dis heerlik sommer so warm uit die oond uit. Wanneer die koek afgekoel het, kan jy kleef plastiek oor sit sodat hy nie uitdroog nie.
Dit vries ook baie lekker – sny enkel porsies, maak hulle in kleef plastiek toe en sit in ‘n Ziploc sakkie in die vrieskas.

Foto en resep geplaas deur Debbie Edwards




BEPROEFTE LEMON MERINGUE TERT

BEPROEFTE LEMON MERINGUE TERT
Kors:
1 pak tennis beskuitjies fyngemaak in voedsel verwerker. Gooi dan 90gr gesmelte margarine by en meng weer deur die verwerker.
Pak vas in die bak en sit in yskas.
Vulsel:
Meng 3 eiergele – 1 blik kondensmelk – halwe koppie suurlemoensap saam.
Klits net tot deurgemeng. Nie te lank klits nie want dan sal die vulsel split.
Bak teen 180°C vir 15min
Haal uit oond en sif met ‘n fyn sif ‘n bietjie maizena oor.
Skep jou meringue bo op en bak dan teen 150°C tot regte kleur van jou keuse.
Meringue:
Vir die bak op die foto is net reg vir die vulsel – so ek gebruik dan
6 eierwitte
60 ml suiker
1/4 t kremetart
5 ml suurlemoensap
-klits eierwitte tot sagte punt
-klits suiker bietjie vir bietjie by. 10ml op ‘n slag tot deurgemeng en opgelos
-klits kremetart by
-klits suurlemoensap by
Skep op meringue. Die maizena wat jy opgesit het sal help dat die meringue vasklou .
Laat afkoel in oond met die deur ‘n entjie oop.
As jy di vulsel dubbel aanmaak vir ‘n groter bak en jy moet meer eierwitte gebruik onthou sit 10ml suiker by die meringue vir elke eierwit wat jy extra gebruik
Foto en resep Elschen Bornman




MAGDA SE SJOKOLADE KOEK

MAGDA SE SJOKOLADE KOEK
2 ¼ koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels botter
3 eetlepels kakao
knippie sout
1 ½ koppie water
2 ¼ koppies suiker
6 eiers
1 ½ teelepel vanilla geursel

Klits die eiers, suiker en vanielje goed vir 10 minute.
Meng botter, kakao en water en bring tot kookpunt.
Sif droë bestanddele by eiermengsel in en gooi kokende mengsel by beslag in en meng vinnig deur.
Gooi in 2 gesmeerde en gevoerde koekpanne van 20cm elk.
Bak ongeveer 20 – 30 minute lank by 180°C.
Laat bietjie afkoel in panne en keer uit op draadrakkies.
Versier soos verkies met botterversiersel of karamelkondensmelk
Resep: Magda van Wyk
Foto: Meisie van der Colff




BRAISED PORK SHANKS WITH WHITE BEANS

BRAISED PORK SHANKS WITH WHITE BEANS
Quick and easy meal for two……comfort food at its best….
2 pork cutlets ( small shanks)
4 Chorizo sausages sliced (if not smoked, add 1 tsp paprika)
Salt and pepper
cakr flour to dust
30 ml olive oil
1 medium onion, diced
2 celery stalks, diced
2 carrots, diced
2 garlic cloves, minced
1 tbs tomato paste
30 ml chopped parsley
1/2 tbs chopped thyme
1/2 tbs chopped sage
2 cups chicken broth
1 cup dry white wine
1 can cannellini beans (rinsed)
Preheat oven to 160*C.
Season shanks with salt and pepper.
Dredge in flour.
Warm oil in a large Dutch oven; brown shanks on all sides.
Transfer to a plate.
Add chorizo and fry 2 minutes.
Add onions, celery and carrots to pan; cook until tender.
Add garlic, tomato paste, parsley,sage and thyme; cook for 1 minute.
Add broth and wine; bring to a boil.
Add shanks, cover and bake for 2 – 2 1/2 hours.
Add more water if necessary.
Add beans into the sauce.
Serve the shanks with beans and mashed potato or rice.
Serves 2.
Recipe and photo: Elize de Kock en Amanda Conradie




“MEATY MAN CHEESE PIE”

“MEATY MAN CHEESE PIE”
1 gekapte ui
2 eetlepels gekapte knoffel
1 teelepel braai speserye
500 g maalvleis
1 pak winkel deeg
1 pak stroganoff cook-in poeier
300 ml melk
3 koppies gerasperde cheddar kaas
1 ronde feta kaas
1 eier geklits met bietjie melk

Braai ui en knoffel sit maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg speserye by.
Meng melk met stroganoff poeier.
Voeg by maalvleis, en kook goed deur, dit sal ‘n droërige mengsel wees.
Rol deeg uit en deel in twee.
Vul een helfte met maalvleis, strooi die gerasperde kaas oor en krummel die feta oor.
Plaas die ander uitgerolde deeg bo-op, druk die kante mooi toe met ‘n vurk.
Verf met eier was.
Bak 20- 30 min teen 180°C.
Resep en foto: Cecil Dunhin