MEYER SE JOGURT TERT


MEYER SE JOGURT TERT
1 liter volroom joghurt (hierdie is peer en mango geur)
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie perskeskywe (of ander van jou keuse)
1 klein blikkie grenedella pulp
2 teelepels gelatienpoeier
1 pak Mariebeskuitjies
3-4 eetlepels gesmelte botter
Maak krummelkors met koekies en botter, druk plat in gespuite bak
Meng jogurt en kondensmelk, mikrogolf vir 3 x 3 min sessies, roer tussen-in
Giet stroop van perskes in kastrolletjie, voeg gelatien en grenedella by, roer oor lae hitte tot gelatien opgelos het
Giet joghurtmengsel oor kors, en sit vir so 10-15 min in vrieskas
Pak perskeskyfies bo-op, giet gelatienmengsel bo-oor
Verkoel oornag in yskas, of tot alles gestol is
Geniet

Foto en resep: Meyer Combrinck




DESIRé SE PIESANG PLAATKOEKIES


DESIRé SE PIESANG PLAATKOEKIES
1 ¾ koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
1 eetlepel suiker
1 ¾ koppie melk
1 eier
1 piesang fyngedruk
Meng droë bestanddele. Klits eier en melk. Voeg droë bestanddele by en klits goed.
Laat staan vir ‘n rukkie. Bak lepelsvol in gesmeerde pan.

DESIRé’S BANANA FLAPJACKS
1 ¾ cup cake flour
10 ml baking powder
1 ¾ cup milk
1 tablespoon sugar
Pinch of salt
1 egg
1 banana mashed up

Mix dry ingredients. Whisk egg and milk. Add dry ingredients en whisk well.
Leave it to stand for abit. Bake spoonfulls in pan.

Resepte en 2 de foto Desiré Watkinds
Foto: Adam Cloete




GEROOKTE KAAS EN SMOOR BROOD BAGLES


GEROOKTE KAAS EN SMOOR BROOD BAGLES
1.5 koppie gerookte kaas
250 g fyn gekapte uie en groen en/of rooi pepers
500 g bruismeel
500 ml karringmelk
1 teelepel oregano
1 eier
¼ koppie gemende saadjies
¼ blokkie oxo
knippie sout

Sit oond op 180 ⁰C.
Smoor uie en pepers in pan met oregano (ek gooi ‘n ¼ blokkie groete stock in terwyl dit smoor).
In ‘n bak, sit gesifte meel, saadjies, sout en gerasperde kaas.
Meng die eier met die karringmelk and gooi oor meel mengsel. Moet goed.
Hou bietjie karringmelk eenkant indien jy nog nodig het want die mengsel moet nat wees.
Ek het bagel pannetjies gebruik so dit vat so 20 minutes om te bak. Sal meer wees (1 uur) as jy ‘n broodpan gebruik.
Lekker vir klein happies vir die kinders or net ietsie om daai gaatjie toe te maak.

Resep en foto: Kyle Jensen




HEERLIKE GEBAKTE KAASKOEK

HEERLIKE GEBAKTE KAASKOEK
Foto:  Debbie Edwards
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het gister sommer 2 kaaskoeke gemaak om werk toe te bring. Ek het ook ‘n pot aarbei sous gemaak om by te dien. My kollegas word bederf!!!
Hier volg die resep:
KAASKOEK
Kors:
400 ml fyn koekie krummels
2.5 ml kaneel
100 g gesmelte botter
Vulsel:
500 g Philadelphia room kaas
3 eiers
250 ml suiker
500 ml suurroom
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml vanilla geursel
Verhit oond na 165°C.
Sproei ‘n 20 cm pan (die soort waar die bodem uitgehaal kan word) liggies met Spray-n-Cook.
Meng al die kors bestanddele met ‘n vurk saam tot eweredig klam.
Skep die krummels in die pan, en druk vas met die bodem van ‘n maatkoppie. Druk dit ook so 2 cm teen die kant op.
Sit die pan op ‘n groot stuk foelie, en vou die foelie op teen die kante van die pan. Herhaal met ‘n tweede stuk foelie.
Plaas die pan in die yskas terwyl jy die kaaskoek aanmaak.
Haal ‘n braaipan uit wat groot genoeg is dat die kaaskoek-pannetjie maklik binne-in pas en hou dit eenkant. (Jy gaan ‘n Bain-Marie met hom maak).
Maak die ketel vol en skakel dit aan om te kook.
Klits die kaas net totdat dit glad is, sonder klonte.
Voeg die eiers een-een by en klits net totdat dit saamkom. Skraap die bak om seker te maak alles word gemeng.
Voeg die suiker geleidelik by en klits totdat dit romerig is.
Voeg die suurroom, suurlemoenskil en vanilla by en klits totdat alles goed gemeng is.
Haal die pan uit die yskas, skep die beslag in en smeer dit mooi gelyk met ‘n mes.
Plaas die kaaskoek-pan in die braaipan en gooi kookwater rondom totdat die water so 2-3 cm diep is.
Plaas dit in die oond en bak vir 50 – 60 minute. Die kaaskoek moet effens bruin begin word, maar moet nog steeds “jiggle”.
Koel af vir so uur, bedek liggies en sit in die yskas (verkieslik oornag).
Gebruik ‘n dun mes om die kaaskoek los te maak van die pan. Verwyder die kante en plaas die kaaskoek op ‘n bord.
Sny met ‘n dun mes en sit voor met ‘n aarbei of bloubessie sous.

Bloubessie sous:
2 koppies bloubessies
sous en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml suiker
Plaas alles in ‘n klein pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat dit begin kook. Prut vir 5 minute totdat die bessies begin bars.
Verkoel.

Aarbei sous:
3 koppies aarbeie – spoel af, sny die groen gedeelte uit en sny in die helfte.
75 ml suiker
2.5 ml vanilla geursel
20 ml maizena
30 ml brandewyn (of water)
Plaas die aarbeie, suiker en vanilla in ‘n pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat die suiker opgelos is.
Meng die Maizena en brandewyn saam en voeg by die aarbeie.
Kook totdat dit dik word terwyl jy aanhoudend roer.
Verkoel.

 




WHITE CHOCOLATE MUD CAKE

WHITE CHOCOLATE MUD CAKE
300 g white chocolate (we use Cadbury Dream white chocolate)
200 g butter (if using unsalted butter, add ¼ teaspoon fine table salt with the butter)
250 ml (1 cup) milk
165 g (¾ cup) caster sugar
2 teaspoons (10ml) vanilla extract
2 large eggs, lightly beaten (we use eggs with a minimum weight of 59 g)
100 g (2/3 cup) self-raising flour
150 g (1 cup) plain flour
Sour Cream and White Chocolate Ganache
200 g white chocolate
88 g sour cream
Preheat oven to 160 ºC(145 ºC fan-forced).
Grease a 20 cm square cake pan and line the base and sides of the pan with baking paper.
Place chocolate, butter, milk and sugar in a large saucepan over low heat, stirring frequently. Remove from heat when chocolate and butter have melted, and stir mixture until completely smooth. Allow mixture to cool at room temperature for 15 minutes.
Add vanilla and eggs to chocolate mixture and stir until well combined. © exclusivelyfood.com.au
Stir flours together in a large bowl. Add one cup of chocolate mixture to the flour and stir until a smooth paste forms.
Add remaining chocolate mixture and stir until mixture is smooth. This gradual method of combining the wet and dry ingredients helps prevent lumps.
Pour mixture into prepared pan.
Bake for about 1 hour 10 minutes to 1 hour 20 minutes. When the cake is ready, a fine-bladed knife inserted into the centre of the cake should come out without any batter attached.
Loosely cover cake with greaseproof paper or a clean tea towel and allow it to cool to room temperature in pan.
The cooled cake can be iced with the white chocolate ganache immediately (see directions below), or stored and then iced on the day of serving.
Store cake in an airtight container in the refrigerator and bring to room temperature before serving. The cake is suitable to freeze iced or uniced.
Sour Cream and White Chocolate Ganache
Melt white chocolate in a small saucepan over very low heat, stirring frequently. When chocolate has completely melted, remove from heat and quickly stir in sour cream. Use immediately, or if your ganache is quite runny, set it aside at room temperature to thicken slightly before using.
The cake is suitable to freeze.

Photo and recipe posted by Ilse Foote
Ilse se nota:
My dogtertjie is mal oor hondjies – het haar verras met hierdie koek op haar 9de verjaarsdag. My man en ma het omtrent gehelp om die fondant hare te rol
Ek het twee 25cm ronde koeke gebak vir die hondjie koek. Vir die hond se kop het ek ‘n “Rice Krispie” koekie resep gebruik en die kop gevorm met die beslag.




HANNES SE SKAAPAFVAL

SKAAPAFVAL
Afval kook is groot werk daarom kook ek `n groot pot vir meer as een ete.
Skaap soos alle herkou-diere, het vier soorte pense. Die ritikulum. Kontrei name is ruitjiespens, blokkiespens, heuningkoekpens, harsingpensen kleinpensie.
Dit is koepelvormig en word gebruik om die harsings in te kook.
Die Rumen of grootpens, komberspens, waslappens, vatdoekpens is die pens wat ons gaarmaak saam met die kop en pote. Hy verg baie aandag en uitvars.
Die Omasum of blaarpens, psalmpens, bybelpens, en boekpensie. Dit is boekvormig en die skaap se voedsel word tussen die blaaie gepers en lyk dan soos blare. Dit is baie tydsaam om tussen die blaaie skoon temaak en word gewoonlik weggegooi.
Die Abomasum of melkpens is baie slymerig en nie geskik vir menslike gebruik nie.
My metode of liewer prosedure;
Ek haal die afval die vorige dag uit die vrieskas sit dit in die yskas om 5 uur die volgende oggend ontdooi te wees, dan haal uit mekaar, was die pens onder lopende water en sit in `n groot bak soutwater.
doen dieselfde met die kop en pote in `n ander bak soutwater.
Laat week vir `n uur, spoel die pens goed af en sny in stukke van so 100mm. Die ruitjiespens met die harsings in se lyntjie word af gesny, die harsings in `n piering bewaar en die pensie saam met die ander pens in `n groot pot water gekook vir `n uur.
Intussen word die kop en pootjies bewerk, pote kleiner gekap en die kop verder geborsel met `n stywe borsel, ek sny ook die oë uit hul kaste en borsel agter in die oog kaste, druk dan die oë weer terug.
Teen dié tyd is dit so 9-10 uur en die pense afgewater.
Gooi die water af maak die pot skoon van die vetjies wat daarin sit, sit die kop, pote en pens in die pot en bedek met koue water
Voeg die volgende by:
2 eetlepels growwe sout
1 teelepel varsgemaalde swart peper
2 lourierblare
1 teelepel geskroeide en fyngemaakte koljander
4 kruinaeltjies
4 korrels wonderpeper
Bring tot kookpunt en prut vir 6 tot 8 ure.
As jy vanaand Vaalafval gaan eet dan is die pot nou omtrent reg behalwe vir die groente wat jou voorkeur is.
Sit dan by `n handvol klein aartappels, `n ui of twee as jy so voel selfs wortels en preie, maar ons hou die afval eenvoudig, gewoonlik net jong aartappels met `n paar vars tuin kruie.
Voor opskep word die ruitjies pens uit die pot gehaal en die harsings daarin toegebind dan teruggesit in die pot
Ek het grootgeword met kerrie afval en dis ook my vrou se gunsteling.
2 groot uie in skywe
2 eetlepels olie om uie in te braai
2 groot knoffelhuisies fyn gekap
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel vinkelsaad
4 kardomomsade gekap en fyn sade uitgehaal
1 eetlepel fyn komyn
2 stukke pypkaneel
4 eetlepels tamatie pasta
2 eetlepels appelkooskonfyt
½ koppie asyn
Sap van ½ suurlemoen
Ek het `n kerrieblaar boom in my tuin so `n takkie met so 20 blaartjies kom by.
Proe maar gereeld aan die kos en pas aan met geurmiddels soos benodig
Per geleentheid sal ek 2 piesangs inkerf en miskien `n appel inrasper of selfs `n blikkie klapperroom bygooi
Na so 8-9 ure van stadig prut behoort die afval heerlik sag en lymerig wees, so liptaai moet hy wees
Afval hou nie van haas nie hy hou nie van `n drukpot nie hy wil stadig prut
Dis altyd `n goeie idee om speserye liggies te skroei voor dit fyngemaak en by die kos kom
Resep en foto: Hannes Smith
2de foto:  Sult van nou die aand se oorskiet skaapafval




ZOO COOKIE FUDGE

ZOO COOKIE FUDGE
500 ml castor sugar
180 ml evaporated milk
30 ml butter
pinch salt
150 g packet Marshmallows
200 g white chocolate, chopped
150 g packet zoo biscuits, crushed
100s & 1000s, for sprinkling

Line a 20 cm square pan with baking paper. Combine sugar, milk, butter and salt in a medium saucepan on medium-high. Bring to a boil, cook for 5 minutes, stirring constantly.
Remove from heat and stir in Marshmallows until melted. Stir in the chocolate until melted.
Pour into prepared pan and press cookies and 100s & 1000s into the fudge before it sets. Leave to cool at room temperature for about 2 hours or until set. Cut into 15 pieces or squares.
RAINBOW FUDGE VARIATION: Use white Marshmallows only. Working quickly, divide hot fudge into 3 bowls and colour each with a drop of food colouring (like blue, yellow and pink). Spoon dollops into the tray. Place a piece of baking paper on top and press to smooth the top before adding the cookies and 100s & 1000s.

Foto: Lizelle Erasmus
Sy sê: Ek het die zoo koekie fudge probeer en dit is baie lekker en maklik. Nou kort ek hulp om dit als op te eet.
Juanita Viviers Scheepers:  Lizelle hoe is die tekstuur van die fudge gedeelte? Is dit baie hard of sag?
Lizelle Erasmus
Hi Juanita, dit is baie sag. Ek het dit gisteraand gemaak en vergeet om blokkies te sny. Ek het eers vanoggend gesny en dit was sag en kon maklik in blokkies sny.




BREAKFAST TOASTIES

BREAKFAST TOASTIES
2 slices of bread per person. Pack the bottom slices on a oven tray.
Put a bit of cheese on the bottom slice. Then add some fried bacon.
Cut a hole on second slice and place on top of the bacon.
Crack open an egg into the hole. Add salt and pepper to taste.
Sprinkle finely grated cheese over.
Bake in oven at 175 ºC for 20 min.
Recipe and Photo:Gerhard Louw




BEATTY’S CHOCOLATE CAKE

BEATTY’S CHOCOLATE CAKE
1 ¾ cups all-purpose flour, plus more for pans
2 cups sugar
¾ cups good cocoa powder
2 teaspoons baking soda
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon kosher salt
1 cup buttermilk, shaken
½ cup vegetable oil
2 extra-large eggs, at room temperature
1 teaspoon pure vanilla extract
1 cup freshly brewed hot coffee
butter, for greasing the pans
Preheat the oven to 350ºF(180ºC/ 160ºC for thermofan). Butter two 8-inch x 2-inch round cake pans (20cm). Line with parchment paper, then butter and flour the pans.
Sift the flour, sugar, cocoa, baking soda, baking powder, and salt into the bowl of an electric mixer fitted with a paddle attachment and mix on low speed until combined. In another bowl, combine the buttermilk, oil, eggs, and vanilla. With the mixer on low speed, slowly add the wet ingredients to the dry. With mixer still on low, add the coffee and stir just to combine, scraping the bottom of the bowl with a rubber spatula. Pour the batter into the prepared pans and bake for 35 to 40 minutes, until a cake tester comes out clean. Cool in the pans for 30 minutes, then turn them out onto a cooling rack and cool completely.
Place 1 layer, flat side up, on a flat plate or cake pedestal. With a knife or offset spatula, spread the top with frosting. Place the second layer on top, rounded side up, and spread the frosting evenly on the top and sides of the cake.
CHOCOLATE BUTTERCREAM FROSTING:
170 g good semisweet chocolate (recommended: Callebaut)
I used Lindt Dark Chocolate – 75%
230 g unsalted butter, at room temperature
1 extra-large egg yolk, at room temperature
1 teaspoon pure vanilla extract – I used clear vanilla essence here
1 ¼ cups sifted confectioners’ sugar
1 tablespoon instant coffee powder
Chop the chocolate and place it in a heat-proof bowl set over a pan of simmering water. Stir until just melted and set aside until cooled to room temperature.
In the bowl of an electric mixer fitted with a paddle attachment, beat the butter on medium-high speed until light yellow and fluffy, about 3 minutes. Add the egg yolk and vanilla and continue beating for 3 minutes. Turn the mixer to low, gradually add the confectioners’ sugar, then beat at medium speed, scraping down the bowl as necessary, until smooth and creamy. Dissolve the coffee powder in 2 teaspoons of the hottest tap water. On low speed, add the chocolate and coffee to the butter mixture and mix until blended. Don’t whip! Spread immediately on the cooled cake.
Recipe and photo: Cheryl Lynne Botha (Chocolate version with ganache)




KNUPPELDIK SE FUDGE 2

KNUPPELDIK SE FUDGE 2
165 g margarien( gebruik 180 g)
75 ml stroop
1 blik kondensmelk
1 kondensmelk blik kookmelk
1,2 kg suiker
140 g koekmeel(ongesif)
2 ml kremetart
5 ml vanielje essens
Smelt margarien en stroop saam in ‘n dikboomkastrol oor lae hitte.
Voeg kondens en kookmelk by en meng.
Meng suiker en meel en voeg by kondensmelk mengsel.
Meng deeglik.
Roer aanhoudend oor lae hitte tot kookpunt.
Voeg kremetart by sodra dit kook.
Kook 25 minute oor lae hitte en roer aanhoudend met ‘n houtspaan om aanbrand te voorkom.
Haal van stoof af en roer geursel by.
Klop met ‘n houtlepel tot mengsel begin styf word.
Gooi egalig in ‘n gesmeerde pan(nie kleiner as 18x28x3 cm).
Sny in blokkies voor fudge heeltemal hard is.
Bron : Knuppeldik Bl 374
Foto: Annalise Farrow