FRUIT SALAD WITH SALMON AND MOZZARELLA CHEESE

FRUIT SALAD WITH SALMON AND MOZZARELLA CHEESE
I think that sometimes everybody is hungry but doesn’t know what to eat.
We open the fridge and although there is everything inside, we are not in the mood for anything in particular. Salads save the day. You only have to think for a while and with the main ingredients you can prepare a yummy dish. Add egg, beans, chickpeas, or any meat to the salad and you have a rich and equally light and beautiful dish.
You only have to think for a while and with the main ingredients you can prepare a yummy dish.
Add egg, beans, chickpeas, or any meat to the salad and you have a rich and equally light and beautiful dish.
Sometimes a combination …of ingredients which seemingly don’t go together make a yummy and surprising effect.
Today I would like to share with you the recipe for a salad with this kind of unusual combination:
fruit, pepper, smoked salmon, mozzarella cheese and a spicy sweet-and-sour dip. In my opinion, it tastes heavenly, and you will have to admit it looks beautiful.
Ingredients (for 2 people):
salad:
1 yellow pepper
5 strawberries
2 peaches
200 g of mozzarella cheese
200 g of smoked salmon
Peppermint and basil leaves
dip:
2 tablespoons of olive oil
1 teaspoon of honey
2 tablespoons of lemon juice
chili pepper
salt and pepper
First make the dip. Dice the chili pepper, and mix in the olive oil, lemon juice and honey. Add the chili pepper and spice it up with the salt and pepper. Mix it in again and leave for a while.
Cut all the ingredients of the salad into smaller pieces. Arrange them in a bowl, sprinkle with the dip and decorate with the peppermint and basil leaves.
Enjoy your meal!
Recipe and photo: Katarzyna Postuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




BRAAI PIE MET BACON


BRAAI PIE MET BACON
1 Puff pastei deeg.
1 tamatie in skywe gesny,
1/2 ui in dun ringe gesny
125 g bacon stukkies gebraai
1 koppie gemengde kaas.
Pak tamatie en geur met atomat, swart peper en garlic en herb spice. Pak.uie op dan bacon en dan die kaas. Op die helfde van die puff pastry.
Smeer die rante met eier en vou toe. Druk met die kante toe en vou om. Spuit rooster en pie met spray en cook. Braai op matige vuur vir 25 min. Genoeg vir 4 mense.
Resep en fotos: Meisie Van Der Colff.




NICO SE GRIEKSE PSOMI PLATBROOD

NICO SE GRIEKSE PSOMI PLATBROOD
Psomi is die Griekse woord vir brood en word ook gebruik as “the best bite”. As sulks is hierdie broodjie smaaklik met botter en konfyt of saam met sop en selfs slaaisouse.
4 koppies wit- of bruinmeel
10 g kitsgis
1 teelepel oreganum
1 teelepel basilie
2 teelepels sout
¼ koppie melk
¼ koppie kookolie
1 ½ koppies louwarm water
Verwarm die meel in ‘n matige oond tot louwarm.
Neem ‘n halwe koppie van die meel, die gis, sout, oreganum en basilie en meng met 1 koppie van die louwarm water. Laat staan vir so 10 minute totdat die mengsel lekker skuim.
Meng die meel, gismengsel, melk, olie en die res van die louwarm water saam om ‘n stywerige taai deeg te vorm.
Knie vir 5 min totdat klewerigheid verminder het. Bedek die houer met deeg met plastiek en laat staan vir 1 uur op ‘n warm plek of tot dubbel in grootte.
Knie plat en smeer hele deeg met bietjie kookolie. Vorm ovaal broodjie op plat gesmeerde oondpan en bedek met vadoek. Los op warm plek totdat volume weer verdubbel het.
Bak by 180°C vir 35 to 40 minute, met 250 ml bakkie water onder in oond.
Resep en foto: Nico Conradie




JELLIE GLASIES

JELLIE GLASIES
Dit is net gewone jellie wat jy laag vir laag gooi.
Sodra 1 laag gestol het gooi jy die volgende kleur bo op en laat stol
en so gaan Jy aan tot jy al die kleure op het.
Ek het gelatien in kondensmelk gemeng sodat die wit stukkies tussen in is dan staan die kleur meer uit.
N/B….Dit moet heeltemal gestol wees voor jy volgende laag opgooi anders meng die kleure…
Oh ja. En ek het bietjie ekstra kleursel by elke kleur gevoeg. Sommer gel kleursel

Resep en foto: Vanessa Jacobs




NICO SE JOGURT EN VLAKOEKIES

NICO SE JOGURT EN VLAKOEKIES
Die koekies op die foto is op die vinnige en lui manier gevorm met 2 lepels. Maak joune mooi gevorm soos jy en die kinders verkies:
4 koppies meel
1 koppie suiker
2 eiers
250 g bakmargarien
1/2 koppie vlapoeier
125 ml gewone jogurt
1/2 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
5 ml vanilla geursel

Klits eiers, suiker, margarien, vanilla en jogurt saam tot romerig.
Sif res van droë bestanddele saam en meng by.
Vorm op gespuite bakplaat en bak vir 10 minute teen 180°C.
Foto en resep: Nico Conradie




WORTEL BROODJIE

WORTEL BROODJIE
400 g (750 ml) koekmeelblom
12,5 ml fyn kaneel
5ml bakpoeier
5ml koeksoda
2 ml gemaalde gemmer
2 ml sout
500 g (750 ml) grofgerasperde geelwortels
300 g (375 ml) witsuiker
100 g (250 ml) gekapte neute ( opsioneel)
250 ml sonneblomolie
3 eiers
5 ml Vanielje geursel
Sif koekmeelblom, kaneel, bakpoeier, koeksoda, gemmer en sout saam.
Voeg gerasperde wortelbroodjie, suiker en gekapte neute by en meng.
Klits die olie, eiers, en vanieljegeursel saam.
Voeg dit by die wortelmengsel en meng.
Skep beslag in 2 gesmeerde broodpannetjies. Bak broodjies ongeveer ‘n uur lank in n voorverhitte oond by 160°C tot gaar. Laat effens afkoel en keer dan op ‘n draadrak uit om heeltemal koud the word.
Dit vries ook goed
Resep en foto: Sandra Schreuder-de Klerk




TAAI SPICE HOENDER STUKKE

TAAI SPICE HOENDER STUKKE
Braai hoender stukke in pan met bietjie olie tot mooi bruin en amper gaar.
Sit in oondbak en gooi soet sojasous oor, strooi met Chinese Five Spice mengsel
en sprinkel bietjie bruin suiker en rooipeper oor na smaak.
Rooster die stukke regrondom. Bedien met romerige fyn aartappels.
Resep en foto: Elsabie Templeton




MEISIE SE EIER KOLWYNTJIES

MEISIE SE EIER KOLWYNTJIES
16 June 2016 gebak vir vadersdag.
6 streaky bacon
6 eiers
6 eierdoppies vol melk
250 g kaas
Sit bacon in muffinpan in die rondte.
Klits eiers en melk saam, voeg kaas by en gooi in kolwyntjie pan
Bak op 180 grade C vir 20min
Resep en foto: Meisie van der Colff




NICO SE LUILEKKER SKAAPSKENKELS

NICO SE LUILEKKER SKAAPSKENKELS
Hierdie werk lekker in ‘n prutpot maar op ‘n stadige stoofplaat sal net so goed werk.
1kg gesnyde skaapskenkels
1 gekapte ui
3 aartappels
So 5 stokke gekerfde seldery
3 tl gemaalde knoffel
So 10 heel naeltjies
2 tl tiemie
2 tl roosmaryn
2 tl sout
1 tl rooi peper
1/2 k asyn
1/4 k suiker
2 blokkies lam ekstrak

Gooi alles in pot en kook stadig vir 2 tot ure. Verdik sous met meel indien verkies.
Resep en foto: Nico Conradie




MAKLIKE EN VINNIGE NACHOS

MAKLIKE EN VINNIGE NACHOS
1 pak Doritos/big corn bites
1 blikkie gesnyde tamatie
1 tamatie
chunky cottage cheese
gerasperde kaas
blaarslaai/ quacomoly

Sit die doritos/big corn bites onder. Sit die blikkie tamatie gesnyde tamatie en cottage cheese bo op met die gerasperde kaas. Sit in die mikrogolf vir 3 tot 5 min. Jy kan blaarslaai of quacomoly bo-op sit.
Resep en foto: Brittany de Wit