FEESTLIKE VRUGTEKOEK



FEESTLIKE VRUGTEKOEK.
1 kg vrugte koekmengsel
250 g margarien of botter
1 koppie bruinsuiker
500 ml water
2 koppies koekmeel (280 g)
1 teelepel koeksoda
1 teelepel kaneel
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel all spice
3 eiers
500 g rooi- en groen kersies
150 g neutegekap
Kook water, suiker en margarien/botter saam tot botter gesmelt het.
Voeg die vrugtekoekmengsel by en kook vir 15 min.
Voeg ook die neute by die vrugtekoekmengsel.
Laat mengsel afkoel.
Voeg nou alle speserye by en meng goed deur.
Voeg koeksoda by en meng goed.
Voeg die geklitste eiers by en meng goed.
Vou die gesifte koekmeel in.
Skep in gesmeerde 22cm koek pan wat uitgelê is met bakpapier.
Ek het die kersies op die koek gepak voor ek dit gebak het. Ek het foelie oor gesit sodat die kersies nie brand nie.
Bak teen 160 ºC vir 1.5 ure of tot die koek gaar toets in die middel.
Sodra die koek uit die oond kom giet 50 ml brandewyn of tropical vrugte sap oor.
Giet dan 50 ml oor vir 4 weke een keer ‘n week.
Resep en foto: Meisie van der Colff

Food lovers se emmer vrugte, Ek voeg altyd baie dadels, rooi kersies en baie Pekanneute by. Regtig ñ staatmaker. – Foto: Louwtjie Beck

Wenk: Ek sal voorstel hulle bak teen 180°C vir ‘n 1½ uur en dan af na 150°C vir nog ‘n uur en half. Hou maar die foeliehoedjie op. Kersie se kind skroei maklik!
Foto: Dricus Bosman
Nota: Wanneer jy nie alkohol gebruik oor die koek nie, maar sap of tee, moet die koek in die yskas gehou word en net so twee weke voor die tyd, eers sap gegooi word, anders kan die koek sleg raak en ook ‘n pappery. – Rina Kleinhans










