ANEEN SE OUTYDSE SOETKOEKIES

ANEEN SE OUTYDSE SOETKOEKIES
250 g botter/marg
750 ml suiker
5 eiers groot grootte
6 x 250 ml koekmeel
30 ml bakpoeier
10 ml gemaalde neutmuskaat
2 ml sout

Verroom botter, suiker en eiers saam. Sif meel, bakpoeier, neutmuskaat en sout saam. Meng met bottermengsel tot ‘n taamlik sagte deeg. Bedek en laat ‘n halfuur rus.
Voorverhit oond tot 200°C. Smeer bakplate effens of spuit.
Maak balletjies en druk effens plat met garetolletjie (of vurk).
Maak volgende aan om bo-op koekie te smeer:
1 eier, geklits met 25 ml melk
Smeer op koekie en sprinkel bietjie suiker op. Bak vir 10 min of tot goudkleurig.
Resep en foto: Aneen Ferreira




SAGONAGEREG MET APPELKOOSKONFYT

SAGONAGEREG MET APPELKOOSKONFYT
50 ml (4 eetlepels) sago
1000 ml (4 koppies) melk
50 g (5 eetlepels) suiker
Knippie sout
35 g (3 eetlepels) botter
4 eiers (geskei)
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
5 ml (1 teelepel) karamel geursel
65 g (4 eetlepels) appelkooskonfyt (ek gebruik meer)
37,5 ml (3 eetlepels) suiker

Week die sago oornag in 250 ml (1 koppie) van die melk.
Verhit die res van die melk en voeg die sago, suiker en sout by.
Kook tot dit gaar en deurskynend is.
Die beste is om dit in ń groot genoeg mikrogolfoondbak te maak, want dan
kan dit nie aanbrand nie. Op 80% hitte, roer baie goed na elke minuut, totdat mengsel lekker dik en deurskynend is.
Voeg die botter en geklitste eiergele by.
Voeg die geursel by en gooi die mengsel in ń gesmeerde oondskottel.
Bak by 180ºC vir 35 minute lank.
Verwyder van hitte en smeerdie konfyt bo-oor. ( ek maak my konfyt so effens lou in mikrogolf, dan smeer dit makliker).
Klits die eierwitte styf en voeg 3 teelepels suiker geleidelik by.
Skep dit bo-op die nagereg.
Bak verder tot dit ligbruin is bo-op.
Resep en foto: Christel Swart




INGELEGDE PEPPERDEWS

INGELEGDE PEPPERDEWS
Ek het ‘n botteltjie ingelegde peppadews (pikante rissiepepers) by my vriendin Hanlie Cronjé Swart gekry.
200 g skoongemaakte ryp peppadews
1 koppie asyn
125 ml suiker
2.5 ml sout

Kook bogenoemde tot suiker opgelos is. Sit die stoof af en gooi die peppadews in die oplossing terwyl dit warm is. Laat afkoel en bottel.
Resep: Hanlie Cronjé Swart
Foto: Elna Erasmus




CHOCOLATE MOUSSE – 2 INGREDIENTS


CHOCOLATE MOUSSE – 2 INGREDIENTS
Recipe and photo: Kristy Townsand
FOOD LOVERS RECIPES
And that’s how you make delicious chocolate mousse:
70% dark chocolate Lindt Slab
250 ml Cream
In a 500 ml bottle  (Tupper quick shake should work)
Melt the Chocolate, shake the cream in the 500 ml cream bottle till whipped, mix together and put in the fridge.
If you don’t have any mixing equipment that’s no problem!
Recipe and photo: Kristy Townsand




SUURLEMOEN BROODJIE KOEK

SUURLEMOEN BROODJIE KOEK
Smeer ‘n brood pan met botter, verhit oond vooraf op 180°C
1 koppie suiker (250 ml)
2 eiers
125 ml botter
Rasper skil van 1 suurlemoen
Halwe koppie melk
Knippie sout
2 kp bruismeel (500 ml)

Sous:
125 ml koppie suiker
2 suurlemoene se sap
Rasper skil van 1 suurlemoen

Klits suiker en botter dan voeg jy die eiers by, meng deur.
Voeg die meel, sout en skil in en klits, voeg melk geleidelik by en klits tot gemeng.
Plaas in voorbereide pan en bak in die oond vir so 45-60 min by 180°C (gewone oond).
Sit die sous se bestanddele in ‘n mikrogolf houer en kook ‘n rukkie in die mikrogolf tot die suiker opgelos is.  Hou die stoop warm.
As die koek klaar gebak het, terwyl nog warm,  steek gaatjies oral in die koek  en gooi die stroop oor die koek dat dit lekker in die koek intrek.  Wanneer afgekoel, gooi uit die pan en bedien.
Resep en foto: Shandre Esabel Swartz




POTATO AND DRIED PEACH SALAD

POTATO AND DRIED PEACH SALAD
Nice with brackwurst or any braai meat.
4 large potatoes (boiled with skin on)
1 onion, chopped
2 cups Mayonaise
2 heaped tsp Masala
splash of lemon juice
handful dried peaches, chopped (leave few out to add on top).

Peel and cut cooked and cooled soft potatoes into cubes
Add chopped onion and peaches
Mix mayonaise, lemon juice and masala together pour over and mix into potato, onion and peaches.
Sprinkle left out peaches.
Refrigerate to infuse taste.
Recipe and photo: Debra Esterhuyse




SHRIMPSLAAI

SHRIMPSLAAI
So warm by ons, slaai op sy beste.
240 gram skoongemaakte shrimps (en in botter met suurlemoen gebraai)
1 klein pynappel (stronk verwyder en in klein blokkies gesny)
klompie druiwe korrels
1 blikkie manderyn segmente (water afgegooi)
1 groot kop botter slaai (butter lettuce)
2 eetlepels mayonaise
3 eetlepels vars room
1 teelepel suiker (bruin)
Sout vars gemaalde peper na smaak

Pak slaai mooi oop onder in bakkie.
Dan pynappel en manderyn segmente.
Dan druiwe korrels, meng mayo, room, sout peper en suiker saam, voeg shrimps by en skep op slaai bed. Tussen my en manlief het ons als klaar gemaak.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk




LUCKY SE GEWILDE PAPTERT

LUCKY SE GEWILDE PAPTERT
Die familie se kinders kom graag na ons vir ‘n braai net om hul Oom Lucky se paptert te eet.
Maak groot pot slap pap. Nommer 2 swart pot vol.
Meng 1 blik room mielies of pitmielies in by die gaar pap.
Sous:
1 groot ui, in blokkies gesny
¼ van elk groen, rooi en geel soetrissies
1 blik tamatie en uie smoor
4 middelslag tamaties, skil afgehaal (deur dit in kookwater te sit vir 10 min), sny in blokkies
500 g gesnipperde spek
250 g ham, in blokkies gesny
½ koppie blatjang
2 eetlepels braai speserye en kruie na smaak
2 koppies gerasperde cheddar en mozarella kaas

Braai uie en peppers tot sag.
Braai spek tot krispie en voeg by saam met blik tamatie en gesnipperde tamaties en die ham.
Maak lekker baie sous.
Nou begin jy pak.
1 dun laag pap, dan sous, dan kaas, herhaal tot jou oondpan vol is, sluit af met baie kaas bo-oor.
Maak toe met foelie en net sodra die mense vleis begin braai dan sit jy die oond op so 70°C dat dit weer opwarm.
Die geheim is om nie dik lae pap te pak nie.
Resep: Lucky van der Colff
Foto: Meisie van der Colff




SKONS SONDER EIERS

SKONS SONDER EIERS
500 ml meel
15 ml sout
15 ml bakpoeier
30 g strooisuiker
60 g botter

Sif meel bakpoeier en sout saam gooi suiker by en meng deur
Vryf botter by meel maak holte in middel en gooi melk in meng
Rol uit en bak
Resep: Kobie van Rooyen




SLAAI MET RADYS RAND

SLAAI MET RADYS RAND
Genoeg vir 20 mense as daar ander bykosse is.
½ engelse komkommer, opgesny
1 pakkie kersie tamaties, in die helfte gesny
¼ van elk rooi en geel soetrissies, opgesny
2 ringe Feta kaas, in blokkies gesny

Plaas al die bestanddele in die bak/bord waarin jy gaan bedien en versier die rand met dun gesnyde radyse.  Plaas die slaaisous van jou keuse apart op die tafel vir elkeen om oor te sit indien verkies.
Resep en foto: Meisie van der Colff