SNOEK TERT


SNOEK TERT
Kors
10 Provitas gekrummel en omtrent 60 ml gesmelte margarine of botter.
Gooi krummels in ‘n gesmeerde tert bord en gooi gesmelte margarine oor.
Vulsel
Vlok omtrent 250 g gerookte snoek of haddock.
Soteer 1 groot fyn gesnipperde ui in omtrent 2 eetlepels margarine.
Laat effe afkoel en meng omtrent ‘n eetlepel koek meel by.
Meng nou by

10 ml lemon and black pepper seasoning
1 ml cayenne pepper
2.5 ml mosterdpoeier
250 ml suur room
125 ml melk
2 exstra groot eier
Drie kwart koppie fyn gerasperde kaas

Meng snoek by. Gooi oor provita kors en strooi Cajun spice oor.
Bak vir omtrent 30 minute by 180°C.
Foto: Marlize Williams




BUTTERNUT TERT VIR GROOT OONDBAK

BUTTERNUT TERT VIR GROOT OONDBAK
5 koppies rou gerasperde butternut
5 eetlepels meel
1 koppie suiker
4 eiers
5 eetlepels margarine
5 teelepels bakpoeier
knippie sout
5 ml vanilla essense

Room margarine en suiker.
Voeg eiers by en meng baie goed. Dit skif maar moenie bekommer nie.
Voeg meel by pampoen en roer deur. Voeg dan pampoen en meel mengsel by eier mengsel. Voeg vanilla essense, bak poeier en sout by. Meng alles goed saam.
Gooi in gesmeerde tert bord.
Bak vir ±30 minute by 180°C.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bron : Charlene Du Plessis Jordaan
Foto: Marlize Willams




CHEESY MASH BEEF PIE

CHEESY MASH BEEF PIE
1 tablespoon vegetable oil
1 kg diced stewing beef
1 tablespoon butter
2 onions, diced small
2 cloves garlic, diced small
3 tablespoon cake flour
2 cups red wine
1 ½ cups beef stock
1 tablespoon passasta
1 teaspoon salt
1 teaspoon pepper
1 small block cheddar
3 cups leftover mash
1 teaspoon salt
1 teaspoon pepper

Heat the oil in a large casserole dish and brown the beef.
Remove from the pan and stir the butter in to deglaze the pan a little. Add the onion and sautee until soft, then add the garlic and cook for a further minute before stirring in the flour.
Pop the beef back in then pour over the wine, stock and passata. Season and place the lid on and let it bubble away gently until the meat is tender.
Preheat the oven to 200°C/400°F.
Meanwhile, season the mash and form into small circles. Chop the cheddar into cubes and place 1 in the middle of each circle, then fashion each into a ball of mash with a cheese centre.
Pour the beef stew into a baking dish and top with the mash balls.
Bake for around 30 minutes until the mash has crisped up and turned golden.
Photo: Marika Tegmann




JOHAN SE BRAAIVLEIS BROOD

JOHAN SE BRAAIVLEIS BROOD
Ek het gisteraand hierdie brood gebak en hy gaan lekker saam met ‘n braai.
5 koppies meel
3 koppies water
2 teelepels sout
4 eetlepels vet of botter
3 eetlepels Bovril
1 koppie gerasperde kaas
4 halwe gedroogde tamaties, gekerf
4 eetlepel gerasperde ui
2 teelepels kitsgis
2 teelepels suiker
kwart teelepel fyn gemmer
1 koppie gaar koring

Voeg die kitsgis, gemmer en suiker in ‘n bakkie, vroeg 1 koppie louwarm water by en roer tot suiker oplos, laat staan dat dit so ‘n hoë skuimbol rys.
Meng die ander bestanddele saam, voeg die kitsgismengsel en 2 koppies water by, knie baie goed en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Knie die deeg weer af, plaas die deeg in die pan en laat weer rys.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 45 minute.
Resep en foto: Johan Coetzee




LIEZL SE PAVLOVA

LIEZL SE PAVLOVA
Liezl Louw het vir ons die djeerlike pavlova gemaak wat ons geseraand saam met ons braairibbetjie en aartappelsmash vir nagereg geniet het en was dit nou lekkerrrrr.
4 eierwitte
250 g strooisuiker
1 tsp maizena
1 tsp vanilla
1 tsp witwyn asyn of suurlemoensap
Klits eierwitte styf en meng suiker lepelgewys by tot dit ‘n glossy voorkoms het. Klits nou res van bestanddele by.
Skep in ‘n sirkel op waspapier, vorm effense holte in die middel.
Bak vir ‘n uur in 150°C voorverhitte oond en laat dan afkoel in die oond.
Top met styfgeklitste room, frozen jogurt, vars berries en sif versiersuiker bo-oor.
Resep: Liezl Louw
Foto: Gideon Louw




MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE


MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE
300 g mariebeskuitjies
200 g wit smelt sjokolade
180 ml room
30 ml botter
15 ml vanilla essense
smelt sjokolade vir doop
vermicillie vir doop

Maak mariebeskuitjies fyn in ‘n bak met ‘n glas se onderkant. Gooi koekies oor in ‘n glasbak. Sny sjokolade op in klein stukkies en gooi by koekies. Bring room en botter geleidelik tot kookpunt. Haal van hitte af sodra dit kook en meng vanilla by. Gooi oor koekiemengsel en roer tot sjokolade gesmelt is. Sit in yskas tot gestol. Rol balle en doop van hulle in vermicillie en die ander in die gesmelte sjokolade. Laat weer stol en geniet.
Resep en foto: Zelda Herridge




CHUTNEY FRIKKADELLE


CHUTNEY FRIKKADELLE
Maalvleis genoeg vir jou gesin – ons is net 2
500 g maalvleis
1 gerasperde ui
1 knoffelhuisie gekap
kwart klein groenrissie fyn gekap
1 eier
2 eetlepels Jungle Oats, as bindmiddel
1 eetlepel Chutney, na jou smaak
klein bietjie asyn ( 2 teelepels)
sout en peper, na smaak
titsel naeltjie

Smoor ui apart tot mooi bruin in bietjie gesonde olie. Meng die res van die betanddele saam en maak balletjies. Pak die bolletjies by die gebraaide ui en maak stadig gaar.
Voed stadig met bietjies water wanneer begin droog braai vir lekker sousie. Braai tot bolletjies mooi bruin en gaar is.
Saam bedien met slaai en gekookte aartappel en stukkies spanspek.
Resep en Foto: Louwtjie Beck




SOJA EN HEUNING HOENDER


SOJA EN HEUNING HOENDER
Soja en heuning hoender roerbraai met groente in ‘n tjalie. Heerlike geur kombinasie!

4 hoender borsies, ontbeen en in repies gesny
2-3 eetlepels heuning
sojasous
groente van keuse ongeveer 3-4 koppies (ek gebruik net vars groente veral vir roerbraai, anders spat dit in die olie as dit gevries is)
Vanaand het ek wortels met my spiraal snyer bygekom.
Langsteel brokkoli in kleiner stukkies gesny en ‘n soet rooipeper in repies gesny.
Roomkaas
Soet rissie sous

Braai eerste die hoender repies gemeng met die heuning in warm wok of pan met bietjie olie. Die heuning help dat die hoender vinniger bruin word omdat die suiker karameliseer op die buitekant. Sodra die hoender begin bruin word sprinkel sojasous oor en roerbraai tot gaar maar moenie oorgaar maak. Gooi die hoender en sous uit in ‘n bak en was die wok/pan. As jy dit nie was nie gaan jy met tameletjie sit op jou groente.

Maak weer die pan warm (of gebruik ‘n ander pan soos ek 😀) en gooi bietjie olie in. Sodra warm gooi jou groentes in en roerbraai vinnig tot mooi helder van kleur en nog steeds krakerig.

Maak die tjalie (wrap) warm soos aangedui op verpakking en sit een tjalie per bord. Smeer met roomkaas, soet rissie sous en sit hoender en groente op en vou toe. Jy kan van die soja & heuning sous bo-oor drup. Steek vas met kort sosatie stokkie as dit bly oopgaan. Bedien.
Resep en foto Elsabe Templeton




TUNA SAMPIOENE


TUNA SAMPIOENE
9 groot sampioene
½ ui, gekap
5 ml knoffel (opsioneel)
4 jong tamaties, in blokkies gesny
2 blik tuna
3 eetlepels mayonnaise
sout en peper
wit Chedderkaas
Krap die binnekant van die sampioene uit. Gooi die stukkies wat jy uitkrap in ‘n bakkie.
Voeg die ui, tamatie, knoffel, tuna en mayonnaise by die stukkies sampioene in die bakkie.
Geur met sout en peper en meng alles saam.
Skep die uitgeholde sampioene vol van die tunamengsel en sprinkel kaas bo-oor.
Bak vir 15-20 min by 200˚C.
Die resep kan aangepas word volgens jou behoeftes.
Foto: Elna Erasmus




VARS PYNAPPEL POEDING

VARS PYNAPPEL POEDING
pynappel, deur gesny en uitgehol
druiwe
appel
klein stukkies van die pynappel
piesang
Bliss jogurt gebruik

Alles klein opgesny, met jogurt gemeng en in pynappel geskep en so bedien.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie