SJOKOLADE KOFFIEKOEK MET KOFFIESTROOP EN SWITSERSE KARAMEL


SJOKOLADE KOFFIEKOEK MET KOFFIESTROOP EN SWITSERSE KARAMEL
Koek
300 g meel
160 g kakao
6 ml sout
12.5 ml koeksoda
12.5 ml bakpoeier
600 g strooisuiker
15 ml koffie opgehoop
360 ml water
12.5 ml vaniejegeursel
5 groot eiers
360 g karringmelk
160 g gesmelte botter

Voorverhit die oond tot 180ºC en voer 2 x 23 cm koekpanne met bakpapier..
Sif die meel, kakao, sout, koeksoda en bakpoeier in ‘n groot mengbak
Voeg die strooisuiker by
Los die koffie op in die water en voeg die vanieljegeursel by
Klits die eiers saam met die karringmelk en klits dit by die droë bestanddele in. Klits dan die gesmelte botter en die koffiemengsel by
Meng goed, en giet in die voorbereide koekpanne (dis ‘n baie slapmengsel)
Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar. Die koek sal wegtrek van die kante en terugwip as jy met jou vinger daarop druk
Haal uit die oond en laat afkoel op n draadrak.

Aanmekaarsit van die koek
Sny koek in 2 lae en sny dit bo op gelyk
Plaas die eerste laag op ‘n koekbord.
Giet ‘n bietjie van die koffie-suikerstroop met ‘n eetlepel oor en smeer ‘n laag botterversiersel op.
Plaas die tweede koeklaag bo op en herhaal die proses.
Herhaal met die derde koeklaag, maar die laaste koeklaag kry nie suikerstroop bo-oor nie.
Smeer die hele koek aan die kant en bo op toe met die res van die Karamelversiersel

KOFFIE STROOP
200 g suiker
250 ml water
12.5 ml koffiepoeier

Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is
Kook stadig vir 5 minute

SWITSERSE KARAMEL BOTTERVERSIERSEL
100 g witsuiker
200 g karamelsuiker
180 g eierwit
240 g versiersuiker
450 g ongesoute botter, by kamertempertuur

Verhit die witsuiker, karamelsuiker en eierwit in ‘n dubbelkoker tot 46ºC of tot al die suikerkristalle opgelos is.
Toets dit deur die mengsel tussen jou vingers te vryf – as jy nie suikerkorrels voel nie, is dit reg
Giet die warm mengsel in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits met die draadklitser tot dit stywepunt-stadium bereik en glansend is
Sif die versiersuiker en voeg dit by die mengsel.
Klits eers stadig om die stofstorm te vermy, en dan vinnig tot so styf moontlik
Deel die botter in 4 dele en voeg dit in 4 sarsies by die mengsel terwyl die menger op volspoed loop. Moenie skrik as die eier slap raak na die 2 de byvoeging nie. Hou net aan klits en voeg die laaste 2 sarsies botter by. Die mengsel sal uiteindelik dik en glad raak
Bron/resep: Mareli Visser
Foto: Petré van Jaarsveld




FUDGE CHOCOLATE BROWNIE COOKIES


FUDGE CHOCOLATE BROWNIE COOKIES
1/2 cup unsweetened cocoa powder
1 cup white granulated sugar
1/2 cup melted butter
2 tablespoons vegetable oil
1 egg
2 teaspoons pure vanilla extract
1 1/3 cups all purpose flour (or plain flour)
1/2 teaspoon baking powder
1/2 teaspoon salt
1/3 cup semi sweet chocolate chips, (add more if desired)

Preheat oven to 350°F | 175°C. Line 2 cookie sheets or baking trays with parchment paper (baking paper).
In a medium-sized bowl, mix together the cocoa powder, white sugar, butter and vegetable oil. Beat in egg and vanilla until fully incorporated.
Add the flour, baking powder, and salt; stir the dry ingredients first before mixing them through the wet ingredients until a dough forms (do not over beat). Fold in the chocolate chips.

Scoop out 1-2 tablespoonful of dough with a cookie scoop (or small ice cream scoop), and place onto prepared baking sheets. Press them down as thick or thin as you want your cookies to come out.
Bake in hot preheated oven for 12 minutes. The cookies will come out soft from the oven but will harden up as they cool.
Allow to cool on the cookie sheet for 10 minutes before transferring to wire racks to cool.
Recipe: Jacqueline Swattbooi




SKAAPVLEIS MARINADE


SKAAPVLEIS MARINADE
1 teelepel heelkorrel mosterd
80 ml olyfolie
1 takkie vars roosmaryn
zest en sap van halwe suurlemoen
1 knoffelhuisie, grofgesny

Meng alles saam en marineer skaapvleis daarin.
Ek gebruik hierdie marinade oor skaaptjops, maar glo dit sal net so lekker oor ribbetjie en skaapboud wees.
Foto en resep: Charleen Nieuwenhuizen




AARTAPPELBALLETJIES


AARTAPPELBALLETJIES
Het die aartappelballetjie gemaak en oppie vuur in olie gebak.
2 aartappels, gaar gemaak en fyngemaak
1 teelepels chilli flakes
1 koppie gerasperde mozzarela kaas
sout en peper na smaak
1 teelepel Italian herbs
3 eiers  – 2 liggies geklits
broodkrummels om die balletjies in te rol
olie vir diepbraai

Meng die aartappels, sout, peper, kaas, chilli flakes en een eier.
Maak balletjies van omtrent 25 mm in deursnee.
Rol die balletjies eers in die geklitste eiers en dan in krummels.
Laat staan in koelkas vir omtrent 1 tot 2 ure.
Bak dit dan in warm olie vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Geniet dit saam met die dip van jou keuse.
Ons het sommer mayonnaise en sweet chillie sous gemeng.
Resep en foto: Gideon Louw




TUISGEMAAKTE LAMS PATTIES


TUISGEMAAKTE LAMS PATTIES
‘n Burger bun moet lekker wees vir hierrie tuisgemaakte patties met my tuisgemaakte maalvleis.
1 kg maalvleis (lam)
2 eetlepels blatjang
1 teelepel chillieflakes
2 eiers
½ koppies broodkrummels
2 eeetlepels worstersous
1 ½ teelepel sout
1 teelepel peper
1 groot ui, fyngekap

Meng alles saam en maak patties met die hand 20 mm dik en + – 100 mm in deursnee.
Sit in die yskas tot jy dit gaan gaarmaak, of vries dit op hierdie staduim.
Braai op die vuur of in die pan na smaak.
Ons gaan vanaand burgers maak.
Resep en foto: Gideon Louw




WAATLEMOEN RICE CRISPIES


WAATLEMOEN RICE CRISPIES
Vir my kleindogter se eerste verjaarsdag met ‘n waatlemoenpartytjie, het ek waatlemoen-rice crispies koekies gemaak. Resep gehalveer. Een helfte pienk en die ander met groen kleursel.
3 eetlepels margarien
40 marshmallows
6 koppies Rice Crispies

Smelt margarien en marshmallows, voeg blerts kleursel, roer Rice Crispies vinnig by.
Druk vas in houer.
Kon sjokolade chips opgesit het vir “pitte”. Sny in skywe as hard en plaas in sakkies.
Resep en foto: Ria Dendum




AMANDA SE KORINGSLAAI


AMANDA SE KORINGSLAAI
250 ml (1 koppie) koring
sout
1 groot groen rooi peper (ontpit en in klein blokkies gesny)
1 medium ui (fyn blokkies gesny)
2 seldery stingels, skoongemaak en fyngesny
½ koppie vars ertjies (kan geblikte ertjies gebruik)
1 klein blik perskeskywe (gedreineer, hou die sap, sny in stukkies)
½ koppie rosyntjies
vars gemaalde sout en peper na smaak

SOUS:
50 ml olyf olie
3 ml (ruim ½ teelepel) borrie
7 ml (1 ½ teelepel) matige kerriepoeier
25 ml blatjang
15 ml suiker
25 ml druiwe-asyn
½ koppie kondensmelk

Kook die koring in water tot amper sag, gooi sout by en kook nog so bietjie tot sag.
Spoel die koring af en gooi dit in ‘n slaaibak. Meng die res van die slaai bestanddele met die koring.
Meng al die bestandele vir die slaaisous saam.
Giet oor die koringmengsel en roer goed deur.
Geur met sout en peper indien nodig.
Verkoel die slaai tot etenstyd. Hoe langer die slaai staan, hoe beter proe dit!
Resep en foto: Amanda Conradie




AARTAPPEL EN EIER KOPPIES


AARTAPPEL EN EIER KOPPIES
Resep is in 3 stadiums.
STADIUM 1
Gebruik ‘n jumbo muffin pan.
Rasper so 3 groterige aartappels.
Voeg sout en peper of eie spesery by.
Klits die wit van 1 eier en voeg by.
Voeg ook 30 ml gesmelte margarien by en meng goed.
Druk dit vas in gesmeerde holtes van die muffin pan. Moet soos bakkie lyk.
Bak by 220 °C vir omtrent 15 min.
Moet bruinerig om die rante wees.

STADIUM 2
Braai die volgende saam in bietjie olie:
1 ui, fyngesny
1 tamatie, fyngesny
4 sampioene, fyngesny
paar jong spinasie blare, opgebreek
sout en peper na smaak

Skep dit bo-op die aartappel in die pannetjie.
Sit gerasperde kaas bo-op.
Bak by 200 °C tot kaas goed gesmelt is.

STADIUM 3
Gooi ‘n eier in elke koppie.
Sit sout en peper bo-op.
Bak by 180 °C vir tussen 8 en 12 min afhangende van hoe hard jy van jou eier hou.
VARIASIES
Jy kan ook spek of ham by die tamatie mensel sit.
Resep en foto: Sharon Lloyd




GIDEON SE “CRUNCHIES”


GIDEON SE “CRUNCHIES”
½ koppie suiker
4 eetlepels goue stroop
1 ½ teelepel koeksoda (nie bakpoeier nie)
sjokolade vir versiering

Verhit die suiker en stroop stadig op lae hitte tot die suiker opgelos is en dit borreltjies begin maak.
Verhoog die hitte effens sodat dit kook maar nie aanbrand nie.
Voeg dan die koeksoda by en roer vinnig vir ‘n paar sekondes sodat die koeksoda kan borreltjies maak.
Ek het my silikoon pannetjies gebruik en giet dan die warm mengsel onmiddelik in die pannetjies omtrent 10 tot 15 mm dik.
Laat staan vir omtrent 2 ure om af tekoel en dop dan uit.
Smelt sjokolade en smeer met ‘n mes op die bokant van die koekie.
Ek verlang sommer na 1965 toe ek as 12 jarige dit graag gekoop en geëet het as ons Vrydae gaan fliek het.
Resep en foto: Gideon Louw




HOENDERLEWERTJIES EN SPEK


HOENDERLEWERTJIES EN SPEK
500 g hoenderlewertjies
1 ui, opgesny
200 g spek, in repies gesny
knoffel

Braai ui in olie, voeg bietjie knoffel by.
Roer spek by wat in repies gesny is.
Roerbraai op hoë hitte.
Voeg skoongemaakte lewertjies by saam met knippie fyn naeltjies, pienk sout en swart peper. Roerbraai tot net gaar en nog effentjies pienk in die middel.
Die geure is heerlik saam. Voedsaam. Bedien saam met groen groente. Low carb!
Nota:  En as jy hierdie in ‘n food processor verwerk, het jy heerlike hoenderlewer patee.
Resep en foto: Louise Groenewald