CORNELIA SE KAASWORS ROERBRAAI


CORNELIA SE KAASWORS ROERBRAAI
1/3 kool, opgekap
2 gekerfde uie
2 groot wortels, grof gerasper
1 blik sampioene (kan varses gebruik)
6 kaasworse, in ringe gesny
1/3 pak spaghetti, gaar gekook
Braai uie, sampioene en kaasworsies in bietjie olie. Dan gooi jy kool en wortels by en roerbraai tot gaar. Geur na smaak en voeg laastens spaghetti by en roer goed deur en roerbraai nog so 5 min. Vinnig en maklik en kleurvol. Geniet dit.
Resep en foto’s Cornelia Myburgh







