BOTTLED RED ONIONS


BOTTLED RED ONIONS
Simmer the following ingredients in a pot on the stove:
500 ml white vinegar
500 ml water
250 ml white sugar
10 ml salt
5 ml coarse pepper or pepper corns
10 ml mixed spices

Pickle onions *
Peel onions and once water mixture has simmered for 15 minutes, add onions and simmer for 20 minutes.
Bottle in warm, clean bottles.
It’s kind off sweet, sour but awfully nice.
* Note:  sorry man, ek skat net, if I’ve peeled too many onions I make more vinegar, or too little onions, I bottle and refrigerate the left overs and use when I get cucumbers and use that vinegar again to make sweet sour gherkins.
I use the same for beetroot but add 5 ml cinnamon, 5 ml ginger and 5 ml cloves. Its magic for me. Those little onions are sweet sour and on a stokkie with cocktail tomato, block of cheese, delicious.
Recipe and Photo: Jean Bezant




HOENDER EN SAMPIOENE PASTEI


HOENDER EN SAMPIOENE PASTEI
2 rolle skilferkors gekoopte deeg
16 stukkies hoender (ek het dytjies en boudjies in die vrieskas gehad)
hoender speserye na smaak
1 pak sampioene
1 pakkie room sampioene sop
500 ml melk
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Vat die een rol puff pastry en druk onder in die pyrex bak vas om as jou kors te dien.
Druk die kante ook vas en maak seker die deeg is egalig in die bak sodat daar nie sekere gedeeltes te dik of te dun is nie want te dik gaan die deeg nie mooi gaar word nie en te dun gaan die vulsel uitloop.
Druk gaatjies in die deeg met ‘n vurk.
In ‘n pot sit die hoender stukke en braai met die speserye. Gooi bietjie, bietjie water by, maar nie te veel nie.
Potbraai die vleis tot mooi bruin. Haal die hoender uit en pluis die vleis. Maak seker daar is nie bene nie en sny die vleis in blokkies.
Sny die sampioene in skyfies en braai in dieselfde pot waarin die hoender gekook was. Sodra die sampioene mooi gebraai is, gooi die hoendervleis terug in die pot en braai saam met die sampioene . Maak die sampioene sop aan met die melk en meng saam met die hoender vleis mengsel.
Kook totdat die mengsel lekker dik is. Die vulsel moenie loperig wees nie. Skep die vulsel in ‘n ander bak en laat afkoel. Sodra vulsel afgekoel is, plaas in die pyrex bak binne in die kors.
Neem die tweede rol deeg en sit bo-op die vulsel en druk mooi vas. Maak gaatjies in die deeg  met ‘n vurk en bak in die oond tot mooi goudbruin en gaar. So 45 min tot ‘n uur.
Ek het die pastei voorgesit met gemengde groente net gekook met Tannie Ina se groente speserye, gebakte aartappels en geroomde spinasie
Ek stoom spinasie totdat dit sag is en sit dit eenkant. Maak witsous en gooi die spinasie by die witsous. Sout en peper na smaak en geniet. Jy kan room ook bygooi vir ‘n meer romerige smaak.
Resep en fotos: Juanita Vermeulen
Nota:  Heerlike 6 bestanddele resep!




SOUTBEESVLEIS ONDER ‘N DEGIE


SOUTBEESVLEIS ONDER ‘N DEGIE
Deeg
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml gesmelte botter
125 ml melk
60 ml mayonnaise

Meng meel, bakpoeier en sout
Voeg die botter, melk en mayonnaise by en meng goed
Druk die helfte van die deeg teen die boom van ‘n oondbak vas

VLEISMENGSEL
Jy kan maalvleis of geblikte soutbeesvleis gebruik
1 blik soutbeesvleis (boelie bief)
1 ui, gesny
2 ml worcestersous
250 ml gerasperde kaas
1 ml mosterdpoeier
30 ml pietersielie

Sorteer die ui en vleis vir 2 min oor matige hitte
Skep die vleismengsel op die deeg
Sprinkel worcestersous oor
Meng die kaas, mosterd en pietersielie
Sprinkel die helfte van die kaas oor die vleis
Plaas die res van die deeg bo-oor en sprinkel res van die kaasmengsel oor.
Bak 30 min by 180ºC
Resep en foto: Frieda Greyling




MAALVLEISPASTEI MET JOGURT KORS


MAALVLEISPASTEI MET JOGURT KORS
350 g maalvleis
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus
½ blikkie kerriegroente
125 ml beesvleisaftreksel
30 ml tamatiepuree
5 ml kerrie
15 ml koekmeel

BOLAAG
250 ml gewone joghurt
2 eiers, geklits
50 ml koekmeel
30 ml gerasperde kaas
sout en peper

Braai ui en knoffel tot sag.
Voeg maalvleis by en braai tot verkleur.
Voeg meel, aftreksel, tamatiepuree, kerriepoeier en kerriegroente by en prut 5 min.
Plaas in gesmeerde oondskottel.
Meng bestanddele vir bolaag en giet oor maalvleismengsel.
Bak 30 min by 160 ºC.
WENK: VARIASIE
*Ek het al mayonnaise gebruik i.p.v. jogurt.
* 75 g sampioene en 4 piesangs gebruik i.p.v. kerriegroente
Resep en foto: Frieda Greyling




SUIKERMIELIES MET KAAS


SUIKERMIELIES MET KAAS
2 eetlepels botter
2 eiers
1 blik room suikermielies
½ koppie gerasperde kaas
sout en peper
1 ½  koppie melk

Smelt botter en voeg by die suikermielies.
Meng eiers, melk, kaas, sout en peper daarin.
Gooi in gesmeerde bak.
Bak 45 min by 180 ºC.
Foto en resep:  Frieda Greyling




LEKKER LIGTE SLAAI VIR AANDETE


LEKKER LIGTE SLAAI VIR AANDETE
6-8 kersie tamaties verskillende kleure, gehalveer
So 3-4 kruisement blare, gekap
3 spruite suurlemoen gras, gekap in klein stukkies
3-4 stingels met blare pietersielie
1 golden delicious appel, in dik skywe gesny en pitte verwyder
4 snye komkommer, in stukkies gekap

Meng al die gekapte bestanddele in suurlemoen of balsamiese asyn of jou keuse van asyne in ‘n bak en meng. Gooi sout en peper op na smaak.
Plaas appel skywe op bord en plaas van mengsel bo-op elke skyf, indien nodig gooi nog sout of peper oor en geniet.
Genoeg vir 1.
Ns:  Verskeie variasies kan gedoen word soos tuna, hoender en mayonnaise, maaskaas, avokado of feta bo-oor. Of sommer ‘n kombinasie van keuses.
Resep en foto: Walter Blender




BROODMASJIEN MELKBROOD


BROODMASJIEN MELKBROOD
Die melk brood met skaapwagter snye, ek brul van plesier.
2 koppies broodmeel
2 koppies koekmeel
4 eetlepel suiker
1 teelepel sout
2 koppies lou warm melk
4 eetlepel olie
10 g droëgis

Gooi eers die melk en olie in broodpannetjie.
Dan die droë bestanddele en laastens die gis.
Bak op basiese stelling 1-750 g stelling.
Geniet dit !
Beproef en Foto Roni Van Der Walt




HEERLIKE AARTAPPEL MAALVLEIS GEREG


HEERLIKE AARTAPPEL MAALVLEIS GEREG
Foto: Roni vd Walt
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie Royco “savoury” sous (gravy)
650 g maalvleis
50 g tamatie paste
2 koppies gevriesde gemengde groente (ek het myne bietjie sag gekook)
4 aartappels, gaar en skywe gesny

Maak Royco sous aan volgens aanwysing.
Sit vleis, paste, sout, peper en sous in ‘n pan en kook 10 min.
Roer groente by, skep mengsel in ‘n oondbak, druk die skywe aartappels in die vleis soos op die foto.
Strooi Aromat oor en gooi gerasperde kaas oor.
Bak 180ºC tot goudbruin en borrelend.




BONESLAAI


BONESLAAI
1 klein ui, fyn gekap
2 eetlepels olie
2 eetlepels witasyn
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel kerriepoeier

Plaas alles in ‘n mikrogolf bak. Mikrogolf vir 4 min teen 50% krag.
Voeg 1 blik gebakte bone by en roer goed deur, plaas terug in mikrogolf vir 4 min op 50% krag.
Laat afkoel en bedien.
Resep en foto: Francis Schoeman




PAMPOEN PLAATKOEKIES


PAMPOEN PLAATKOEKIES
250 g pampoen
3 eetlepels bruinsuiker
1 eetlepel olie
5 ml vanilla
2 eiers
1 koppie karringmelk
knypie sout
½ teelepel kaneel
210 g bruismeel

Maak pampoen gaar.
Plaas warm pampoen in ‘n bak en voeg die suiker-olie-en vanilla by en meng deur, voeg eiers, karringmelk, sout, kaneel en meel by en meng tot glad.
Bak soos gewone plaatkoekies in vlak olie en bedien met kaneelsuiker, goue stroop of heuning. Heerlik!
Beproef en Foto © Roni Van Der Walt