GUACAMOLE WITH CHILLI


GUACAMOLE WITH CHILLI
2 ripe avocado’s
½ red onion, finely chopped
1 tomato, diced
½ lime, juice only
Tabasco to taste
1 handful of coriander, chopped
1 pinch of salt
1 pinch of black pepper
2 teaspoons olive oil
1 green chili, deseeded and chopped finely (optional)

Cut the avocado’s in half and remove the stones before scooping the flesh out into a bowl.
Add the rest of the ingredients, mix well with your hands and season to taste.
Serve immediately.
Recipe and photo: Elize de Kock




LAMB BREYANI


LAMB BREYANI
1 kg stewing lamb, cubed
1 cup (250 ml) full-cream yoghurt
2 tablespoon (30 ml) garlic, ginger and dhania paste (if you don’t have a ready made paste, use 4 cloves garlic, 5 cm-knob grated ginger and a handful of chopped fresh coriander)
1 green chilli, chopped
1 tablespoon (15 ml) garam masala
1 teaspoon (5 ml) turmeric
1 teaspoon (5 ml) ground cumin
4 cardamom pods
10 curry leaves, more if you like
oil, for frying
1 can (410 g) chopped tomatoes
4 onions, sliced
¼ cup (60 ml) ghee, and extra for dotting
2 cups (500 ml) basmati rice
1 cup (250 ml) brown lentils
2 cinnamon sticks
1 cup (250 ml) warm milk
½ tsp (3 ml) saffron strands
Salt and milled pepper
Dried apricot chutney:
oil, for frying
1 large onion, chopped
3 cloves garlic, sliced
5 cm-knob ginger, grated
1 whole chilli
500 g dried apricots and peaches, roughly chopped
3 star anise
1 stick cinnamon
2 teaspoon (10 ml) coriander seeds
1/3 cup (83 ml) sugar
½ cup (125 ml) vinegar
water, as needed
salt and pepper
raisins, optional

Marinate lamb in yoghurt, chilli and spices for at least 2 hours, longer if you can.
Heat oil in a large, heavy-based saucepan and brown lamb.
Add remaining marinade and tomatoes. Cover and simmer over a low heat for 1 hour, or until the meat is tender.
Season well with salt and pepper.
In a separate pan, slowly caramelize the onion in the ghee, until a deep golden brown.
Cook rice and lentils according to the packet instructions. Mix together.
Steep saffron in milk.
Layer lamb, rice and onion in a large ovenproof dish.
Add the cinnamon sticks and extra curry leaves as you go.
Repeat until the final layer is the lentil and rice mix.
Pour the saffron milk over the biryani.
Dot with ghee, cover and bake at 160ºC for 45 minutes.
Recipe placed by: Elzette Cyster-Human




FLUFFY PEANUT BUTTER ICING


FLUFFY PEANUT BUTTER ICING
½ cup butter, softened
1 cup smooth peanut butter
3 tablespoons milk, or as needed
2 cups icing sugar

Place the butter and peanut butter into a medium bowl, and beat with an electric mixer. Gradually mix in the sugar, and when it starts to get thick, incorporate milk one tablespoon at a time until all of the sugar is mixed in and the frosting is thick and spreadable. Beat for at least 3 minutes for it to get good and fluffy.
Placed by: Yolande Potgieter
Photo:  Adam Cloete




PIESANGBROOD MET DROë PRUIME

PIESANGBROOD MET DROë PRUIME
125 ml margarien
250 ml suiker
5 ml vanilla geursel
2 eiers
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
4 – 6 ryp piesangs
125 ml droë pruime ontpit en opgekerf
Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits die margarien, suiker en vanilla tot lig en roomerig.
Klits die eiers 1 vir 1 by die bottermengsel.
Sif die droë bestanddele.
Maak die piesangs fyn en meng die pruime by die piesangs.
Meng die meelmengsel by die bottermengsel en roer laaste die piesangmengsel by.
Giet die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak in die voorverhitte oond vir omtrent 60 min tot goudbruin en gaar.
Nota en foto 2:
Meyer Combrinck – Ek het hiérdie resep gevolg, maar ek het die pruime vervang het met gedroogde bosbessies (‘Cranberries’), 7 kleinerige oorryp (lees swart) piesangs en bietjie suiker bo-oor gesprinkel voor dit oond toe is.
Heerlik en natuurlik het ek dit dik gesmeer met botter nadat die foto geneem is.
Resep en foto 1: Sunelle Liebenberg




VANILLA KOLWYNTJIE MET “MUFFIN MIX”


VANILLA KOLWYNTJIE MET “MUFFIN MIX”
Wie se muffin mix is vervelig… kyk wat maak ek alles daarmee, selfs donuts!
500 g Golden Cloud Vanilla Muffin Mix
1 koppie fyn klapper
3 piesangs, fyn gemaak
10 ml karamel geursel deur fyn piesangs gemeng
Klop saam.
225 ml water
120 ml olie (ek gebruik áltyd meer as wat die pakkie sê)
2 groot eiers
Meng nat met droog en skep in voorbereide pan.
Ek het vir 1 uur by 140ºC in waaier-oond gebak.

Sjokolade-sous:
250 g melk sjokolade
2 koppies caramel nibbles
± 50 ml volroom melk
Smelt alles oor stadige hitte op stoof en giet warm oor afgekoelde koek.
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




VARS SALM MET BLOMKOOL PUREE EN BABA SPINASIE

VARS SALM MET BLOMKOOL PUREE EN BABA SPINASIE
300 g blomkool, gekook tot sag
sout en peper na smaak
1 eetlepel roomkaas
400 g baba spinasie
sout en peper
2 tone knoffel

Giet die vloeistof af van die blomkool.
Geur met sout, peper en voeg die eetlepel roomkaas by.
Pureer tot glad.
Roerbak die baba spinasie in bietjie olyf olie saam met sout en peper en 2 tone knoffel in ‘n pan op die stoof.

Balsamic glaze:
Plaas bietjie olyf olie in pan en braai rosa tamaties vir so 5 minute op hoë hitte.
Sit dan 2 eetlepels balsamic asyn by en 3 eetlepels heuning en braai totdat daar ‘n glaze kom.

Bak salm velkant binne eerste in bietjie olyf olie vir so 5 min en dan 5 min aan ander kant.
Wanneer gaar, haal uit die pan en plaas in die borde met die salm bo-op die blomkool puree en die “glaze” bo-op die vis. Geniet!
Resep en foto: Claudia Coetzee




GIDEON SE VYE ROLLE


GIDEON SE VYE ROLLE
My vyerol wat ek eergister gemaak het, het baaaaaaie lekker gekom en smaak prentjie lekker
2 kg geskilde ryp vye met my elektriese meultjie gemaal met ‘n growwe siffie.
1 koppie suiker by die gemaalde vye bygesit en goed gemeng.
Drie groot gladde ongebruikte vloer teels wat omtrent 400 x 400 mm groot is, skoongemaak, met spray en cook gespuit en die vye daarop uitgegiet en mooi gelyk gekrap met ‘n plat metaal breë lem tot omtrent 5 mm dik.
Los dit oornag, eers onder dak gehou en met ‘n net bedek.

Die volgende dag het ek dit uitgesit in volle son en dit was sommer lekker warm hier by ons, 39° C. Ek het dit natuurlik met die net bedek en oornag ook buite gelos.
Het dit toe vanoggend nog ‘n rukkie in die son gelos en toe die rante mooi losgemaak en afgetrek vanaf die teel en opgerol.
Rol dit op met die gladde kant aan die binnekant.
Resep en foto: Gideon Louw




VYE KONFYT IN DIE MIKROGOLF


VYE KONFYT IN DIE MIKROGOLF
1 kg vye (±40 vye), geskil en opgesny
60 ml suurlemoensap
5 ml fyn gemmer
3 koppies suiker

Sit vye in mikrogolf glasbak, ek het argilla bak gebruik.
Gooi suurlemoensap oor  en mikrogolf vir 10 min.
Gooi suiker en gemmer oor en roer goed deur en mikrogolf vir 30 min ek roer na elke 10 min tot gestol.
Resep en foto: Isabel J Boltman




SOETSUUR VARKBLOKKIES MET KITSSOUS

SOETSUUR VARKBLOKKIES MET KITSSOUS
Varkblokkies:
500 g blokkies varkvleis (goulash of tjops wat gesny is)
sout en peper
suurlemoensap
sojasous
olie vir braai
Braai die varkblokkies in bietjie olie met sout, peper, suurlemoensap en sojasous na smaak tot gaar.
Laat eenkant afkoel.
Basies ‘n dikker pannekoek deeg:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
knippie sout
+- 1 koppie water, gebruik gewoonlik bietjie minder
Meng die deegbestanddele saam en klits tot ‘n gladde beslag.
Verhit olie vir diepbraai, nie te warm nie.
Plaas die blokkies vleis in die deeg en roer deur tot die vleis bedek is.
Skep een vir een blokkie uit die deeg en plaas in die olie, dit kan aanmekaar vasplak as daar meer op ‘n slag saam geskep word.
Diepbraai tot goudbruin.
Kook rys soos normal, genoeg vir die aantal mense wat jy wil bedien.
Maak roereier van 2 eiers en meng met die gaar rys.
Skep die vleis bo-op die rys en giet ‘n soetsuursous van eie keuse oor (ek het sommer ‘n pakkie sous gebruik).
Resep en foto 1: Lizelle Fourie Wolmarans




PAPTERT MET SPEK, SAMPIOENE EN SPINASIE


PAPTERT MET SPEK, SAMPIOENE EN SPINASIE.
Ek het vandag hierdie paptert gemaak. Ek het Denite Cloete se sampioensous gemaak, het die resep aangepas. Het dit saam met ons braaivleis bedien, dit was heerlik gewees
Pap
2 desertlepels suiker
4 eiers
2 desertlepels olie
1 blikkie sweet corn
2 koppies mieliemeel
500 ml melk
250 ml room
5 ml sout
Meng al die bestanddele saam en hou eenkant tot jy die lae pak.  Die mengsel bly rou.

Sampioen sous (Denite Cloete aangepas)
2 uie, fyn gekap
1 pakkie spek, gesnipper
1 pakkie sampioene, gesny
500 g spinasie, gekerf
1 pakkie sampioen soppoeier
250 ml vars room
250 ml gerasperde kaas (of meer as jy wil)
150 ml melk (dalk ‘n bietjie meer, as nodig)
speserye, sout en peper (Ek verkies Ina Paarman se Rosmary and Olive. Dit komplimenteer baie goed)

Braai spek tot gaar, voeg uie by braai tot sag.
Voeg spinasie by, braai tot amper gaar, geur met speserye na smaak.
Draai plaat af op laagste.
Maak sampioen soppoeier aan met ‘n halwe koppie water.
Gooi aangemaakte sampioensop en room by groente en laat prut vir 5 minute.
Voeg kaas geleidelik by en roer tot ingesmelt.
As jy sien die sop raak te dik, voeg melk by tot jy die regte “consistency” kry.
Plaas die helfte van pap mengsel in ‘n oondbak.
Sit spek, sampioene en spinasie mengsel bo-op papmengsel.
Sit die res van pap mengsel bo-oor.
Bak vir 60 min by 180°C.
Strooi gerasperde kaas oor, plaas terug in die oond tot kaas gesmelt is.
Resep en foto: Elna Erasmus