PEKEL UITJIES


PEKEL UITJIES
Meng 3 liter water met 200 ml sout, roer tot opgelos.
Skil 4 kg uitjies, sny kruisie aan die bokant van elke uitjie om te verhoed dat die binneste uitpeul as dit kook. Plaas die uitjies in die soutwater en laat dit oornag staan.
Spoel die uitjies die volgende dag goed af in lopende water.
Mengsel vir uie:
3 liter bruin asyn
4 koppies bruinsuiker
120 ml speserye vir piekel uitjies
3 teelepels rissie vlokkies, (crushed chillis)
6 lourier blare
2 eetlepels aromat

Verhit die piekelbestanddele in ‘n pot tot kookpunt, kook vir 5 min.
Voeg die uitjies by en kook nog 5 min.
Skep die uitjies in gesteriliseerde flesse, vul die flesse op met die asynmengsel. Verwyder lugblasies met ‘n mes of sosatiestokkie en seël die flesse. Laat vir ten minste 3 maande staan.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk




MUTTON POTJIEKOS


MUTTON POTJIEKOS
5 kg mutton
2 tablespoons olive oil
2 med onion
2 tablespoons Worcester sauce spice
1 teaspoon garlic salt
shake of black pepper
1 packet potjie vegetable mix

Brown onions.
Add spices and caramelise.
Add meat and brown all over.
Add 500 ml boiling water.
Cook for 10 mins then turn heat down low and simmer for an hour.
Serve with pap or Basmati rice.
Recipe an photo: Reuben K Coskey




POTJIE KUIER IDEE


POTJIE KUIER IDEE
Gister het ek toe besluit dit is weer tyd om Saterdag potjiekos te maak. Bushbaby – die ¼ nr. (ons het 6 potjies) Dit is bykans by al wat ‘n winkel is. Kyk maar eers rond vir die beste handelsprys. Let op die dekseltjie het ‘n potyster knoppie. My man het hout knoppies gedraai – ek is seker mens kan houtknoppe koop en vassit.
Vuurhoutjies
Groen jel wat mens by kettingwinkels kry
Jou houtbord – 450 x 300 x 50
Leë tamatiepuree blikkie, 115 g

Natuurlik is die gat in die houtbord nie dwarsdeur gemaak nie. Die vloer gedeelte waar die blikkie inpas is ongeveer 5 mm.
Vul die blikkie met die jel tot so 10 mm van bo af.
Natuurlik moet al jou bestanddele vir die potjie vooraf voorberei wees.
Sny die groente lekker kleinerig. Te groot stukke vleis en groente gaan die potjie oorvol maak.
Ek het gevind dat hoe groter die stukke vleis en groente – brand die jel uit voordat alles gaar is. Dan moet jy die potjie baie versigtig afhaal en weer die blikkie effens opvul.
Al jou kruie, speserye, kerrie, souse, groente, olie, bacon, vleise van jou keuse, en moenie die room vergeet nie!! En wat ookal wat jy normaalweg vir ‘n groot potjie sou gebruik het.
Goeie vriende, ‘n wyntjie. GROOT tafel, baie spasie. Baie stoele.
Jou pot rys kan solank gaar kook daar in die kombuis.
Met al die gekuier en skerts maak elkeen sy eie potjie na sy keuse. Voordat jy jou oë uitvee is elkeen se potjie gaar.
Julle sal vind dat so ‘n potjie kos bykans genoeg is vir twee mense.
Skep jou rys op en keer daai lekker kos oor die rys. Siedaar.
As almal weg is kan die gasvrou net die gebrande jel uitkrap.
Behandel jou driepootjie soos jy die groot pot sou skoonmaak.
Ek hoop almal gaan nou ¼ potjies aanskaf.
Resep idee en foto: Hannie Steyn




PAMPOENMOES


PAMPOENMOES
½ groot of klein pampoen, geskil en in dun skywe gesny
sout na smaak
6 – 10 snye witbrood (na gelang van groote van pampoen)
½ koppie botter of margarine
1 koppie suiker
6 stukke pyp kaneel, in klein stukkies gebreek
gedroogde lemoenskil of gerasperde skil van vars lemoen
½ koppie water (na gelang van hoe droog die pampoen is)

Geur die pampoen liggies met sout.
Smeer die brood aan beide kante met botter of margarien.
Hou ekstra botter om bo-op te stip.
Smeer die boom van ‘n kastrol met botter of margarien.
Pak die bestanddele in lae in die kastrol.
Begin met die broodlaag, gevolg deur ‘n laag pampoen, dan die suiker, kaneel-stokkies en droë lemoenskil.
Herhaal die lae en eindig met ‘n pampoenlaag waaroor suiker gestrooi is.
Stip met stukkies botter of margarien en sit die deksel op.
Kook oor stadige hitte tot gaar, of gebruik ‘n oondvaste bak en bak vir 45 minute teen 180ºC.
Voeg ½ koppie water by indien die pampoen droog word.
Sit warm voor.

VARIASIE
Laat die suiker weg en smeer die brood met appelkooskonfyt.
My ma het dit altyd met MARROW gemaak, maar dit is swaar om te kry.
Resep geplaas deur Edmund Erasmus




MOSSEL EN SPEK SOUTTERT


MOSSEL EN SPEK SOUTTERT
Kors:
75 ml margarien
150 ml koekmeel
150 ml cheddar kaas
knippie rooipeper
Meng alles saam en druk in ‘n oondvaste tertbak.

Vulsel:
2 blikkies gerookte mossels, opgesny
250 g spek, in stukkie gesny
3 geklitse eiers
1 ui, gerasper
250 ml room
pietersielie
200 g cheddar kaas
sout en peper

Meng alles saam en gooi in kors.
Bak 180 ºC vir 20 tot 30 min!
Resep en foto: Jacobie Douglas




CHAKALAKA PASTA SLAAI


CHAKALAKA PASTA SLAAI
Ek het ‘n pak skroefnoedels gekook en afgekoel.
Gemeng met:
1 blik ‘mild & spicy’ chakalaka
1 blik baked beans
½ koppie mayonnaise
3 eetlepels goue stroop

Bedien as ‘n slaai.
Resep: Malcolm Wilson




FRIEDA SE MAKLIKE SPONSKOEK


FRIEDA SE MAKLIKE SPONSKOEK
1 ½ koppie suiker
4 eiers
2 koppies koekmeel
knypie sout
4 teelepels bakpoeier
125 g margarien
1 koppie melk
1 teelepel vanilla

Klits die suiker en eiers saam vir 10 min.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
Smelt die margarien, melk en vanilla saam. Hou net dop dit kook gou oor.
Gooi meelmengsel by suikermengsel nadat jy dit 10 min geklits het.
Gooi dan melk mengsel by en roer goed deur.
Plaas in 2 voorbereide koekpanne.
Bak 25 min by 180 ºC.

VERSIERSEL
500 g versiersuiker
250 g margarien, kamertemperatuur

Klits margarien baie goed en voeg dat die versiersuiker stadig by, klits saam tot gemeng.
Voeg 1 eiergeel en 5 ml vanilla en kleursel by.
Klits goed en gebruik om koek mee te versier.
Resep en foto: Frieda Greyling




SJOKOLADE VLA


SJOKOLADE VLA
Meng die volgende saam:
3 gelyk eetlepels vlapoeier
suiker na smaak
50 ml melk

Bring 500 ml melk tot kookpunt.
Breek ‘n halwe “slab” Lindt donker sjokolade (80%) in stukkies en voeg by melk.
Meng tot gesmelt en voeg vla mengsel by. Stel stoof laag en roer aanhoudend tot dik.

Ek het ‘n vanilla koek gebak wat flenters gebreek het met die uithaal slag uit die pan uit.
Toe breek ek hom maar verder op en maak dié vla om saam met die koek te bedien as nagereg.
Resep en foto: Natacha Visagie




SAFEWAY COOKIE DOUGH


SAFEWAY COOKIE DOUGH
From the booklet that comes with it, the basic dough recipe.
500 g flour
250 g sugar
250 g butter or margarine
pinch of salt
¼ cup milk
2 teaspoons coco powder(optional)
3 egg yolks

Place flour in a bowl, mixing it with the sugar and salt, place the egg yolks in the centre and mix with a fork.
Add butter melted and mix to form a soft dough, place dough into cookie maker and press out cookies onto baking paper.
Bake for 20 min at 180ºC.
Recipe placed by André Viljoen




CRANBERRY GIN COCKTAIL


CRANBERRY GIN COCKTAIL
1 measure gin (2 if you like)
150 ml cranberry juice
10 ml lemon juice
ice cubes
fresh cranberries
mint leaves

Fill a tumbler glass with ice cubes and add the gin and lemon juice. Top with the cranberry juice and stir. Taste and adjust the quantities how you’d like.
Garnish with a few cranberries and mint leaves.
Recipe and photo: Gideon Louw