MARIE SE TUNATERT

Tuna terttested
MARIE SE TUNATERT
Lekker ligte ete
400 ml melk
1 blikkie tuna
3 of 4 geklitste eiers
500 ml gerasperde kaas
1 ui, gekap
125 ml koekmeel
5 ml elk van sout, mostertpoeier, as jy wil pietersielie
1 ml knoffelvlokkies

Meng alles saam en giet in gesmeerde bak.
Bak tot gestol en ligbruin teen 180°C vir so ± 45 minute.
Dit is lekker, gou en maklik.

Marie Rheeder Troskie




SOETRISSIESOUS

2015-05-09-11150837_10200173563897751_1805833831908687289_n(1)tested

SOETRISSIESOUS
My ma se buurvrou se resep
Foto’s Marie Rheeder Troskie en Retha De Jager Grobler
2 koppies suiker of na smaak
3 teelepels fyn gemmer
1 koppie wit asyn
1 koppie tamatiesous (ek het all gold gebruik)
2 tot 4 gekapte rooi rissies ek het ses gebruik afhangende hoe sterk jy dit wil hê
2 teelepels maizeina aangemaak met 1 teelepel asyn

Gooi al die bestanddele in ‘n pot en roer tot suiker opgelos het.
Laat kook verlaag hitte kook tot sous effens verdik maar word nog bietjie dikker sodra die sous koud word.
Meng maizena by.




MARIE SE KERRIE KOMKOMMER

2015-05-09-11202845_10200173318371613_837374166800404127_ntested
MARIE SE KERRIE KOMKOMMER
2 engelse komkommers
3 meduim uie
1 koppie kookwater
2 koppies suiker
2 koppies bruin of witasyn
2 eetlepels kerrie
1 teelepel mostert
1teelepel sout
2 of meer teelepels mazeina in bietjie water.
Kook water voeg alles by en kook tot suiker op gelos het. Laastens die komkommer en kook vir vyf minute. Nie te lank nie komkommers word gou pap verdik met die mazeina.

Bron my ma se buurvrou elize se resep
Foto marie rheeder troskie




OATS KLAPPER EN MUESLI KOEKIES

2015-03-29-11081505_4961743737327_1703646324021900602_ntested
OATS KLAPPER EN MUESLI KOEKIES
Ek het vanoggend my oats en klapper koekie resep ‘n bietjie verander waar ek vier koppies oats gebruik het ek twee koppies oats en twee koppies muesli gebruik

DRUK JOU OATS LEKKER STYF VAS
2 koppies meel
4 koppies oats  – hier het ek twee koppies oats en twee koppies muesli gebruik.
2 koppies klapper
2 koppies suiker
250 g botter of margarine ek het bietjie meer gebruik se so 2 eetlepels
5 teelepels stroop opgehoop
2 teelepels koeksoda
Smelt botter en stroop, voeg koeksoda by.
Meng droë bestanddele, gooi stroop by en meng goed.
Gooi in oondpan,  drukvas, bak vir 10/15 min op 180ºC
Bron my niggie se oorlede ouma se resep
Foto: Marie Rheeder Troskie




MAKLIKE CHILLI SOUS

2015-02-21-20150221_175401tested
MAKLIKE CHILLI SOUS
Vanmiddag die chillie sous gemaak – is baie hot!

200 g vars chillies
1 teelepel knoffel
1 teelepel gemmer
1 koppie bruin asyn
1 koppie wit suiker

Maak die chillies fyn met ‘n liquidizer.
Voeg die knoffel en gemmer by die chillies en meng goed.
Bring die asyn en wit suiker tot kookpunt.
Voeg die chillies by en laat dit vir 10 minute prut of totdat die mengsel begin stroperig raak.
Gooi in skoon botteltjies, hierdie sousie hou omtrent vir 2 weke in die yskas.
Resep: Christal Ras
Foto: Marie Rheeder Troskie




VARKVEL – CRACKLINGS

2015-02-20-10429439_4847054030156_6134353440810760718_ntested

VARKVEL (CRACKLINGS)
Eerste keer varkvelle (cracklings) uitgebraai. Heerlik. Ek het die idee by my vriendin Anlia gekry.
varkvelle
sout
Laag velle plat gelê op die onderste rakkie en so 2 eetlepels sout oorgestrooi. Die tweede rakkie bo weer ‘n laag velle gepak, weer sout oorgestrooi. Oondtjie gestel op sy hoogste. Tyd gestel op 20 minute en uitgehaal. En toe weer gestel op 10 minute om die onderstes weer verder te braai. Sodra dit afgekoel het breek in stukkies.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie

 




ARMY PASTA

 

2015-02-15-armypasta

ARMY PASTA
400 g pasta
2 blikkies boeliebief
1 ui
2 eetepelsl tamatiesous
1 eetlepels blatjang
gerasperde kaas

Kook pasta tot gaar.
Braai ui.
Maar boeliebief fyn, en gooi dit by.
Braai goed.
Voeg tamatiesous en blatjang by.
Bedien op pasta met kaas




KOEJAWEL BASAARPOEDING

KOEJAWEL BASAARPOEDING
2 x 410 g blikke koejawels, gedreineer
1 x 385 g blik kondensmelk
1 liter melk
125 ml vlapoeier
2 x 80 g aarbeijellie
400 ml kookwater
4 eierwitte
Gooi melk en kondensmelk in ‘n pot.
Roer en bring stadig tot kookpunt.
Meng die vlapoeier met ‘n bietjie melk, en sodra die melk in die pot by kookpunt is, roer die vla by en hou aan roer totdat die vla verdik.
Laat die vla afkoel.
Meng die jellie met die kookwater en laat ook effens afkoel, maar moenie toelaat dat dit stol nie.
Gooi die koejawels in ‘n bak en maak dit fyn met ‘n vurk.
Roer die fyngemaakte koejawels in die vla.
Voeg die jellie by en meng goed.
Gooi die eierwitte in ‘n skoon mengbak en klits totdat dit styf is.
Vou die eierwitte in die vlamengsel en gooi in ‘n nageregbak of glase om te bedien.
Verkoel tot gestol.




GEBAKTE BROCCOLIHOENDER

2015-09-23-broccolihoendertested

GEBAKTE BROCCOLIHOENDER

Die romerige sous toor met gister se oorskiethoender (en die kinders kry broccoli in)

Bedien 4-6
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 20 min

250 g broccoli
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny
SOUS:
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met die sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS:
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15 – 20 min tot goudbruin en gaar.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Nicolette Van Jaarsveld




HEERLIKE LEMOENPOEDING

2014-10-19-20141019_133735tested
HEERLIKE LEMOENPOEDING
My eie foto:  Marie Rheeder Troskie
Tweede foto: Meyer Combrinck
FOOD LOVERS RECIPES
Lemoenpoeding vir nagereg vandag gehad.
Ek het die resep dubbeld aangemaak.
Bedien met vla of room.
Genoeg vir 6 mense
Vla:
250 ml (1 koppie) water
250 ml (1 koppie) suiker
sap en skil van 1 lemoen
45 ml (3 eetlepels) vlapoeier
45 ml (3 eetlepels) koue water
Koek:
1 eier
125 ml (½ koppie) suiker
250 ml (1 koppie) meel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
’n knippie sout
30 ml (2 eetlepels) botter, gesmelt
125 ml (½ koppie) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 23 x 13 cm.
Vla:
Kook die water, suiker, sap en skil in ’n kastrolletjie.
Meng die vlapoeier en koue water en voeg dit by die suikerwater terwyl jy klits tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
Koek:
Klits die eier en suiker tot bleek. Sif die meel, bakpoeier en sout in en meng deur met ’n spatel.
Voeg die gesmelte botter by en meng.
Voeg die melk by en meng deeglik.
Giet die vla in die bereide bak.
Giet die koekmengsel oor en bak 30 – 40 min. of tot dit goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.
Bedien met vla of room.
Bietjie strooi suiker bo-oor gestrooi.