GWEN’S CHEESECAKE

GWEN’S CHEESECAKE
1 packet Tennis biscuits;
1 packet pineapple (or lemon) jelly
1 Tub Smooth cottage cheese
1 box Orley whip.

Make biscuit base with butter and crushed Tennis biscuits
Dissolve jelly in 1/4 cup hot water and ( leave at room temp).
Whip Orley whip till firm (not peaks).
Mix in cottage cheese in and then jelly.
Pour onto biscuit base and refrigerate till set.

TOPPING: Crumbed tennis biscuits – flake – granadilla pulp etc.

Source: Gwen Jonker




BALSAMIC EN WORCESTERSOUS STEAK EN RIBS

BALSAMIC EN WORCESTERSOUS STEAK EN RIBS

Marinade vir steak
1/4 koppie worcester sous
3 eetlepels balsamic asyn
Swart peper
Growwe sout
Sit die steak in die marinade en Braai in pan tot gaarheid van jou keuse. Sit eenkant en laat rus paar minute.
Vark Ribbetjie
Bak in n toe bak of toe met foelie, met braai sous, 1/2 koppie koppie rooi wyn, teen 180°C vir 1.5 ure. Of tot gaar.

Bron en Foto: Cecil Dunhin




DIABETIESE BLOUBESSIEKONFYT

DIABETIESE BLOUBESSIEKONFYT
375 g (3 koppies) vars bloubessies
250 ml Xylitol
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
50 ml suurlemoensap

Druk die bessies bietjie papper met ‘n vurk in ‘n pot
Voeg die res van die bestandele by en kook oor baie lae hitte vir omtrent 30-45min. Skep die skuim gereeld af.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse.
Bron en Foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




GEBOTTELDE RISSIES

GEBOTTELDE RISSIES
groen rissies
knoffel
appelasyn
olyfolie

Sny rissies in wieletjies, kap vars knoffel, vul botteltjies met appelasyn en heel laaste ‘n skeutjie olyfolie.
Nie kook nie, net so vars opsny en bottel, is heerlik, laat rus vir so 3-5 dae voor eet,

Bron en Foto: Magteld Janse van Vuuren




MEXIKAANSE ONTBYT

MEXIKAANSE ONTBYT
Bron en Foto: Emma Beetge
FOOD LOVERS RECIPES
Braai die volgende in botter/olie/ spray a cook
1 pak sampioene, skywe gesny
1 ui, gesny
1 groen soetrissie, grof stukke gesny
2 pakke spek, stukkies gesny
Voeg by:
1 blik bake beans
1 blik Boerie tamatie en uie mengsel

Maak nessies tussen kos, breek eier in elke nessie oop vir soveel mense wat eet.
Een eier per persoon.
Sit deksel op, stoom tot eiers na keuse is.
Sit gerasperde kaas op.
Sit vars gekapte koljander bo-op.
Skywe advokadopeer bo-op.
Stoom liggies.
Bedien saam met rooster brood.




OUDTYSE PIE GRAVY

tested

OUDTYSE PIE GRAVY
Die bloukamer van Johannesburg stasie s,n
75 ml botter
125 ml koekmeel
4 koppie beesaftreksel
5 ml droe mosterd poeier
5 ml Appelkooskoñfyt
125 ml tamatiesous
12,5 ml worchestersous
Knippie sout
Witpeper

In n pan smelt die botter oor lae hitte
Gooi nou die meel by en roet goed
Gooi 1 koppie aftreksel by roer goed deur
Voeg nou die ander aftreksel by en sout en peper
Roer baie goed
Simmer nou op lae hitte tot lekker dik
Gebruik oor pasteie en vleis.

Bron: Tannie Poppie van Kokkedoor




PASTA WITH ROAST TOMATOES, FETA AND OLIVES

24_pasta_with_roasted_tomato_feta&olives_30_1.1.528_1080X1500

PASTA WITH ROAST TOMATOES, FETA AND OLIVES

INGREDIENTS
200 g Cherry tomatoes
10 Olives, pitted
100 ml Basil leaves, shredded
15 ml olive oil
1 Pinch Salt and black pepper
125 ml Milk
375 ml water
30 ml Stork Margarine
1 KNORR Sour Cream & Mushroom Pasta and Sauce
1 Round feta cheese, cubed
METHOD
Place tomatoes, olives and basil in a roasting dish.
Drizzle with oil and season with salt and pepper.
Roast at 180°C for 10 min and set aside.
In a medium saucepan, bring the milk, water and Stork margarine to the boil.
Add KNORR Pasta & Sauce packet contents and stir continuously without boiling.
Simmer uncovered for 8-10 min on medium heat, stirring occasionally.
Stir in the roasted tomatoes and olives and add feta cheese.

Source and Photo: Knorr
http://www.whatsfordinner.co.za/recipes/detail/10043/1/pasta-with-roast-tomatoes-feta-and-olives




GEVULDE MAALVLEIS AARTAPPEL MET MOSTERD KAASSOUS

15283992_1609367289366539_1995108195077805296_ntested

GEVULDE MAALVLEIS AARTAPPEL MET MOSTERD KAASSOUS

Kook 1 groot aartappel op in soutwater met druppel olyfolie tot sag.
Braai ui tot bruin, voeg dan pakkie maalvleis saam met sout, peper, tiemie, Worcestersous na smaak by en braai tot gaar.
Maak basiese witsous en voeg kaas, Engelse mosterd poeier (so 1 tlp) by.
Laat aartappel afkoel en hol lekker diep uit.
Meng van die uitgeskepte aartappel by jou kaas sous as jy wil.
Skep maalvleis in aartappel, skep witsous/ fyn aartappel bo-op om dekseltjie te vorm.
Bietjie gerasperde kaas bo-op, en sprinkel paprika bo oor.
Bak tot kaas gesmelt en begin verbruin.
Bedien saam slaai.

Bron en Foto: Lelane Van Der Walt




KERSFEES SLAAI IDEES

15232228_1821496868098403_7834164615678700331_ntested

KERSFEES SLAAI IDEES
Linda Wessels:
Green bean salad topped with roasted Tomatoes dressed with a balsamic reduction. (Nogal ‘n mond vol) Stoom heel groen bone. Ek gebruik die young beans. Rooster coctail tamaties met vars kruie en olive oil in die oond. Jy kan ook rooi en geel peppers by sit. Dan gebruik ek die sap wat uit die tamaties gebak het, suiker en balsamic asyn om ‘n reduction te maak. Kook dit net stadig saam tot lekker duk stroop. Pak jou bone (jy kan baba ertjies ook saam meng) op ‘n platter, pak dan jou tamaties bo op. Drizzle jou reduction oor en sit so paar stukke Feta kaas bo op.
Sanette Henning:
Pak op slaaiblare Waartlemoen balletjies/blokkies fetakaas stukkies en drizzele met balsamic reduksie. Mooi kleurvolle kersfees slaai OF
Pak op slaaiblare. Mangoblokkies, gebraaide broodblokkies en kaasblokkies. Meng mayonaise en Mrs Balls chutney , gooi net voor opdiening sous oor

Foto: Linda Wessels




HANDTERTJIES

HANDTERTJIES
1 pak (500 g) bruismeel
2 ml sout
250 g botter of margarien
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml koekmeelblom
1 eier
25 ml melk
Sif bruismeel en sout saam. Vryf botter hierin totdat mengsel fyn gekrummel is. Voeg room by en meng tot ‘n deeg. Meng appelkooskonfyt en koekmeelblom deeglik. Klits eier en melk saam.

Rol elke keer ‘n bietjie deeg dun uit op meelbestrooide deegplank en druk 8 cm sirkels met koekiedrukker af. Maak rand van elke sirkel met bietjie water klam. Skep teelepelsvol konfyt op elke sirkel, vou deeg oor en verseël. Verf eiermelk bo-oor. Bak 10 minute by 200ºC. Laat afkoel op draadrak. Nota –  Die resep kom uit Huisgenoot wenresepte, lewer 6 dosyn.
Bron: Petra Nel