KOFFIE VARKTJOPS IN DIE OOND

2015-07-05-koffievarktjops

KOFFIE VARKTJOPS IN DIE OOND

Ek het dit al ‘n paar keer gemaak, dit is heerlik. Dit smaak nie na koffie nie, net baie lekker

Doop varktjops in meel wat met sout, peper en Texan steak speserye gemeng is. Braai bruin in bietjie botter/olie.

Braai twee uie in die pan (hoef nie heeltemal gaar te wees nie).

Voeg 2 eetlepels Ricoffy, 1/2 koppie asyn, eetlepel botter, eetlepel Bisto, 5 eetlepels gouestroop, sout, swartpeper en speserye by die uie en voeg bietjie kookwater by om te verdun indien nodig…

Pak vark in bak en gooi sous oor… en bak oop teen 180 grade tot gaar en sticky… 35 minute sal doen…

Foto: Adam Cloete en Frances Smith
Resep:  Michael Coetzee

 




SEEKOS CHOWDER

SEEKOS CHOWDER
genoeg vir 6
450 g gemengde skulpvis, soos mossels en garnale, skoongemaak
6 strepies swoerdlose rugspek, in 5 cmblokkies gesny
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
1 middelslag-prei, gewas en in ringe gesny
1 groot ui, in klein blokkies gekap
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
30 ml (2 eetlepel) koekmeel
750 ml (3 koppies) groente- of visaftreksel
500 ml (2 koppies) melk
bouquet garni van 6 pietersielietakkies, 2 tiemietakkies en ’n lourierblaar, vasgebind
6 middelslag-aartappels, geskil en in 5 cmblokkies gesny
sout, neutmuskaat en swartpeper
150 ml room
675 g vars vis soos monkvis, koningklip, stokvis en salm, grate en vel verwyder
’n hand vol gekapte en gemengde vars pietersielie en grasuitjies

Gebruik ’n middelslag-kastrol en bring genoeg water om net die boom te bedek tot kookpunt. Geur met sout en sit die mossels en garnale in die kokende water. Maak toe en laat die skulpvis vir sowat 5 min. gaar stoom. Die garnale sal helder pienk verkleur as dit gaar is. Haal die skulpvis uit, maar hou vloeistof tot later. Gooi mossels weg wat nie oopgegaan het nie.
Verhit die olie in ’n kastrol en soteer die spek tot bros. Verlaag die temperatuur en sit die preie, uie en knoffel by, soteer tot sag. Roer die meel by en soteer vir nog ’n min. of twee. Giet aftreksel en skulpviswater by.
Sit die melk, bouquet garni en aartappels by. Geur na smaak. Bedek en prut tot die aartappels sag is.
Sny intussen die vis in happiegrootte stukkies. As aartappels sag is, maar nie pap nie, sit die vis by. Prut vir 3 – 4 min. en sit die skulpvis en room by, roer deur.
Laat die sop nét opkook en haal van die hitte af. Proe en geur weer. Strooi die vars kruie oor en sit dadelik met vars brood voor.
Resep:  Louise Groenewald




HOENDERSLAAI MET EIERVRUG

2014-01-18-goodwood-20140118-00755tested
HOENDERSLAAI MET EIERVRUG
Gaar hoenderborsies, goed gegeur, repies gesny,
Eiervrug, in repies of blokkies gesny, sprinkel met Ina Paarman gegeurde sout, maak gaar in klein bietjie olie. Jy kan klein bietjie water ook byvoeg, stoom/braai tot gaar.
Bros slaaiblare
Roketblare
Koljanderblare
Grasuie
Slaaisous:
1 Teelepel Pesto
2 Eetlepels mayonnaise
Meng met laevet slaaisous soos Griekse slaaisous. Gooi oor slaai net voor opdiening.

(Louise Groenewald) resep en foto




FROZEN LEMON PIE

suurlemoentert louisetested
FROZEN LEMON PIE
tin condensed milk
3 – 4 lemons, juice and rind
250 ml fresh cream
1 packet Tennis biscuits

Beat cream until stiff.
Add lemon juice and rind to condensed milk.
Mix all together. Put on a layer of Tennis biscuits.
Use a plastic dish that is suitable for deep freeze and cover it with cling wrap, tin foil or lid.
Take out of deep freeze a short while before serving.

Notas:
Dit kan vir weke in die vrieskas gebêre word, maar dit is so lekker dat dit nooit lank hou nie.
Dis handig as jy skielik met poeding vorendag moet kom.
Hoeveelheid is genoeg vir omtrent 9 porsies.
Dit het ‘n cream kaaskoek kleur, versier dus met iets helders soos geel en oranjge kappertjies (nasturtiums), suurlemoenskil of mentblaartjies.

Foto:  Louise Groenewald
(Joy Twiddle)




LOUISE SE PATATSLAAI


LOUISE SE PATATSLAAI
½ tot 1 pakkie spek
4 koppies gaar patat, geskil en in blokkies gesny
1 pynappel, blokkies gesny
½ koppie mayonnaise
1 teelepel Dijon mosterd
2 eetlepels suurlemoensap
Vars gemaalde swartpeper
Handvol neute en rosyntjies
Handvol roketblare (rocket) gekap

Sny spek in klein stukkies en braai tot crispy. Meng spek en pynappel liggies met patat. Meng mayonnaise, mosterd, suurlemoensap en peper en meng liggies met patatmengsel. Roer neute in net voor opdiening of strooi bo-oor. Sprinkel roket bo-oor.

Resep: Louise Groenewald – eie resep




TUISGEMAAKTE HUMMUS

2014-01-04-goodwood-20140104-00733tested
TUISGEMAAKTE HUMMUS
1 blikkie kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
5 – 10 ml vars fyngemaakte knoffel
15 ml suurlemoensap
5 ml olie (enige olie is geskik, ek het Macadamia-olie gebruik)
5 ml Green Onion seasoning (Ina Paarman)
10 ml fyn komyn (Cumin Jeera)

Meng alles in voedselverwerker tot heeltemal glad. Bedien saam met lekker tuisgemaakte brood, pitabroodjies of beskuitjies. Dit is belangrik dat dit vir ‘n paar uur moet staan vir die geur om goed te ontwikkel.

Pas die geurmiddels aan na jou smaak; dalk verkies jy meer knoffel of suurlemoensap.

Foto en resep:  Louise Groenewald