MIDDEL VAN DIE MAAND NOEDELSLAAI

2015-03-15-goodwood-20150315-01577tested

MIDDEL VAN DIE MAAND NOEDELSLAAI
Dis middel van die maand en al die lekker goedjies is al opgeëet. Daar lê nog ‘n paar varktjops in die vrieskas en ‘n pakkie wors, so ‘n man kan braai 🙂 Wat eet ons daarby? Krap in die kas en daar is darem nog ‘n blikkie uie en tamatiemengsel, ‘n pakkie Minestrone sop en baie pasta. Dan dink mens maar ‘n reseppie uit.

1 Pak pasta van keuse, gekook tot net gaar, afgespoel en gedreineer.
Sous:
1 blikkie uie en tamatiemengsel
1 pakkie Knorr Minestrone soppoeier
½ koppie suiker
1 teelepel kerriepasta of kerriepoeier
1 teelepel droë gemengde kruie
1 teelepel fyn knoffel
1 teelepel olie
Paar draaie varsgemaalde swartpeper
1 koppie water
½ koppie goeie gehalte tamatiesous
4 eetlepels mayonnaise

Kook die eerste 9 sousbestanddele saam oor baie lae hitte vir omtrent 10 minute. Roer die gaar pasta by, en kook deur vir omtrent 2 minute. Roer dan die tamatiesous deur en dan die mayonnaise. Laat afkoel en plaas in die yskas om koud te raak. Roer deur voor opdiening.

*Jy kan nou enige iets byvoeg, na smaak.
*Gekapte soetrissie sal ook lekker hierby wees, asook stukkies gebraaide spek. Maar dit moet wag tot die einde van die maand!
*Ek reken hierdie slaai sal nog lekkerder wees die volgende dag na dit bietjie getrek het.

Resep en foto:  Louise Groenewald




SPINASIE EN FETA SOUTTERT (met variasies)

2015-03-05-goodwood-20150224-01559tested
SPINASIE EN FETA SOUTTERT (met variasies)
KORS:
100g Maizena
180g Meel
Knippie Sout
125g Koue Botter
100g Yskoue water

Sif Maizena, meel en sout saam. Rasper botter by meel mengsel. Voeg water by en knie alles saam om ‘n deeg te vorm. Druk die deeg in ‘n oondvaste bak en ‘n entjie teen die kante op.As dit koud is kan jy hierdie deeg uitrol, maar in die Somer is dit makliker om die deeg net in die bak te druk met jou vingers. Los in yskas tot benodig. Verhit oond tot 200ºC.

VULSEL:

600g Spinasie, gekerf (2 pakke)
1 Ui, gekap
3ml Ina Paarman’s Rosemary & Olive Seasoning
2 Wiele Fetakaas, gekrummel
2 Eiers
1 Koppie Melk
2 Opgehoopte Eetlepels Maizena
3ml Neut
Aromat & Vars gemaalde Swart peper
½ Koppie Cheddarkaas, gerasper

Soteer ui en Ina Paarman geursel in bietjie botter tot sag. Roer spinasie hier by en roerbraai vir 5 minute of tot spinasie bietjie sagter geraak het. Meng spinasie, ui en gekrummelde Fetakaas saam met ‘n vurk. Plaas spinasie mengel in bak wat met deeg uitgevoer is. Meng eiers, melk, Maizena, neut, Aromat en peper saam. Gooi bo-oor spinasiemengsel. Strooi kaas bo-oor. Bak 45 minute op 200ºC.

NS:
Jy kan ook ‘n halwe koppie melk en halwe koppie room gebruik. Ryk, maar lekker 🙂

Bacon en Kaas souttert:
Gebruik hierdie resep as basis vir verskillende terte. Laat spinasie en Fetakaas uit en vervang met ‘n pakkie gekapte Bacon wat vooraf gaargemaak is, behou die ui in die resep en voeg ‘n bietjie knoffel by.
Butternut en Feta souttert:
Vervang die spinasie met gaar butternut blokkies (500g as rou)

Resep en foto: Louise Groenewald




LOUISE SE TUNATERT

2015-03-05-goodwood-20141224-01453tested
LOUISE SE TUNATERT
Resep en Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Resep wat ek al baie jare maak. Altyd baie gewild by partytjies en jy kan dit mooi klein blokkies sny as dit afgekoel het. Die bestanddele lyk glad nie of dit kan lekker wees nie, maar dis heerlik. Baie maklik om te maak – jy meng net alles in ‘n pot op die stoof, skep in ‘n bak en bak in die oond.

1 blikkie Tuna
4 snye witbrood (korsies dun afgesny)
1 koppie melk
2 eetlepels margarien
3 eiers
1 – 1½ koppies Cheddarkaas gerasper
sout of Aromat na smaak
witpeper na smaak
knypie knoffelsout
fyngekapte pietersielie, bietjie paprika om bo-oor te sprinkel
Klein tamatietjies kan ook bo-op geplaas word.

Bring melk tot amper kookpunt (in pot op stoof). Breek brood in stukkies en roer by melk tot dit soos pap lyk. Voeg res van bestanddele by, maar hou omtrent ‘n halwe koppie kaas oor om bo-oor te sprinkel. Skep in ‘n Pyrex bak en bak in oond vir 35 min. by 180ºC
Laat afkoel tot louwarm voor jy dit sny.
Resep kan suksesvol verdubbel word.

 




ROMERIGE ROEREIER IN DIE MIKROGOLFOOND

 

2015-01-25-goodwood-20150125-01511tested

Maak julle roereier in die mikrogolfoond? Dis so maklik en heerlik romerig.

Klits 4 eiers (of hoeveel jy nodig het) in ‘n glasbak, voeg sout en peper en ‘n spatseltjie melk by asook ‘n klontjie botter (opsioneel). Mikro vir een minuut en roer, roer dan na elke 20 sekondes. As jy dit so doen sal dit nooit oorgaar raak nie, want jy kan dit goed beheer. Nooit weer droë smaaklose roereier vir jou nie!

Resep en foto:  Louise Groenewald

 




GREEK SYRUP CAKE

GREEK SYRUP CAKE
Ek sit vir julle nog ‘n wenner Griekse dis op. Revani. Die klem lê op die “ni” in die uitspraak. Hierdie koek het ek baie by my Griekse vriendin geëet, een van die lekkerste koeke wat ek nog ooit geëet het.
Ek sit ons goeie kosmaat Annette Gault se resep vir julle op. Probeer gerus… it’s love at first bite.

GREEK SEMOLINA CAKE
RAVANI/REVANI – from my Greek mother-in-law, Helen

There are many variations of this GREEK SEMOLINA CAKE but this one is the very best I have ever tasted and have been baking it since 1970. There is also a Turkish cake that is similar and some people use orange juice and zest

Oven temperature is 180 degrees C but for some reason I have had to bake at between 160degrees C and 170 degrees C here in UK (May just be my oven?)
Adjust temperature down for fan oven according to your own brand of oven

CAKE:
1 cup cake flour
1 cup semolina (or Taystee Wheet)
½ cup butter
3 teaspoons baking powder
1 cup caster sugar
3 eggs – separated
Zest of 1 medium sized lemon
1 cup milk (may be more or less, depending on the semolina and how it absorbs the liquid. The mixture must be thick-ish but still pourable)

SYRUP:
1 ½ cup sugar
1 ½ cups water
Juice of ½ a lemon

Boil syrup ingredients together for 5 minutes after cake is in oven and just bring back to the boil once cake is about to came out of oven.
This syrup gets poured very slowly over the cake straight out of the oven so that it gets absorbed evenly – it helps to use a tablespoon to ensure even absorption

Sift dry ingredients.
Beat butter.
Slowly add sugar and beat till light and pale, adding the egg yolks one by one together with a Tablespoon of dry ingredients to prevent curdling, beating continuously on a low speed till pale and fluffy.
Fold in lemon zest and dry ingredients alternately with milk.
Fold in stiffly beaten egg whites and pour into an oblong oven dish approximately 24 x 32 cm.
Bake at 180 degrees C for 40 to 45 minutes or till a test pin comes out clean.
Pour boiling syrup over cake as explained earlier.
Leave in oven dish till completely cold.
Now you can either just sieve icing on top or sprinkle with crushed walnuts/pecan nuts /roasted almonds.
The traditional way to slice it is to slice diagonally across the dish both ways, rendering diamond shaped pieces or serve straight from dish. You can also add up to a Cup of roughly crushed nuts of your choice to the mixture for a completely different taste and texture.
I like pecan nuts and mother-in-law likes roasted, crushed almonds.

NS: My vriendin het my geleer dat jy ook ‘n koppie gerasperde beskuit kan gebruik i.p.v semolina, maar semolina is maklik verkrygbaar by ons.
Resep geplaas deur Louise Groenewald




KERRIEMAALVLEISPASTEI

2015-01-16-goodwood-20150116-01495tested
KERRIEMAALVLEISPASTEI

1kg maer maalvleis
6 aartappels, gaar, blokkies gesny
1 koppie gevriesde gemengde groente, gaar
2 eetlepels kerriepasta
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel suiker
2 eetlepels chutney
Knippie fyn naeltjies
2 eetlepels souspoeier
1 koppie water
sout en peper

1 rol puff pastry

Braai maalveis ‘n rukkie oor hoë hitte tot die pienk kleur weg is. Voeg die kerriepasta en kerriepoeier, borrie, suiker, chutney en naeltjies by. Kook lekker deur vir so 5 minute op lae hitte. Voeg res van bestanddele by, roer deur en kook oor lae hitte vir so 10 minute. Plaas in bak, rol deeg effens uit en plaas bo-op. Bak in ‘n voorverhitte oond op 200*C vir 30 minute of tot goudbruin bo-op. Bedien met mengelslaai.

Eie foto en resep:  Louise Groenewald

 




PERE IN LEMOEN EN VAN DER HUM SOUS GEBAK

PERE IN LEMOEN EN VAN DER HUM SOUS GEBAK
Botter en suiker, omtrent 100ml elk

Smelt botter in potjie op die stoof en as dit borrel, voeg die suiker by. Roer met ‘n houtlepel tot dit ‘n mooi caramel kleur het.

Omtrent halwe koppie vars lemoensap en 50 ml van der Hum likeur.

Voeg lemoensap by botter caramel mengsel en roer, laat kook ‘n rukkie tot dit effens verdik, verwyder van hitte. Voeg likeur by en roer.

Skil 4 ferm pere dun af, sny in die helfte en verwyder die klokhuis versigtig. Plaas in ‘n oondbak, met gesnyde kant onder. Die pere moet net mooi inpas. Gooi die sous oor, maak toe met tin foil en bak op 200ºC vir 30 – 40 min. Haal uit en maak oop en baste die pere met die sousie in die bak. Bak nog 20 minute oop.

Sit die pere mooi voor soos volg: Plaas ‘n halwe peer op ‘n dessert bordjie, gesnyde kant op die bord. Sny die peer in dun skyfies, begin sny by die smal kant van die peer en fan die peer liggies uit. Gooi bietjie van die sous oor die peer, die sous moet ‘n poeletjie rondom die peer maak. Voeg ‘n klein scoop vanilla roomys by, versier met ‘n mentblaartjie en bestuif met versiersuiker. Bedien dadelik.




GEBAKTE KAASKOEK-PLAIN

2014-12-27-goodwood-20141227-01472testedgebakte kaaskoek benhet

GEBAKTE KAASKOEK-PLAIN
Eie foto en resep: Louise Groenewald
2de Foto en Nota:  Benhet Niewenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
1 Pakkie Tennis-beskuitjies, fyngemaak
½ koppie gesmelte botter of margarine
Kaaskoek vulsel:
4 Jumbo grootte eiers
1 koppie suiker
¼ koppie suurlemoensap plus gerasperde skil van die suurlemoen
3 bakkies gladde maaskaas (250g x 3)
250 ml room
½ koppie koekmeel

Kors:
Meng die gesmelte botter or margarine met die fyngemaakte beskuitjiekrummels en druk dit vas onder in ‘n ronde losboomkoekpan. Plaas die koekpan binne-in ‘n groter koekpannetjie. Dit is om te verhoed dat die botter dalk uitdrup in jou oond en brand.
Klits die eiers en suiker saam tot sponsagtig dik. Voeg die suurlemoensap en skil by, terwyl jy klits. Voeg dan die maaskaas en room by, meng goed, voeg die meel by en meng deur.
Meng deeglik. Plaas die vulsel in die koekpan en bak vir 10 minute op 180°C.
Verlaag die temperatuur na 140°C en bak nog ‘n uur. Laat die kaaskoek in
die oond afkoel tot koud en plaas dan in die yskas. Bedien saam met bessies
indien verkies.

Nota:   Dit is standaard prosedure met die meeste kaaskoeke se bakproses. As jy dit bv. op 180ºC heeltyd sal bak sal dit heeltemal oorstoot en uit die koekpan bak. Daar is 4 groot eiers in wat dit baie sal laat rys. Die kaaskoek tekstuur is ook delikaat en dit het beslis die 140ºC vir ‘n uur nodig om baie stadig te bak. Jy dwing dit dus om NIE te rys nie. Die staantyd is ook baie belangrik. En dan nog die oornag staan in die yskas. Eers dan kan jy jou kaaskoek geniet (soos ek nou vir brekfis gemaak het)

Louise Groenewald –  I only use Creamed Cottage Cheese when I bake cheese cake. Recipe to follow. I’ve made this cheese cake a hundred times in my life and it’s always delicious. I will tell you this secret though…. empty your creamed cottage cheese in a sieve and leave it for a couple of hours. You will be surprised about the amount of whey that still drains out. To me that makes the difference.

NOTA: om te voorkom dat die kaaskoek bo-op kraak, kan jy dit in ‘n waterbad bak… dan bak hy baie egalig.
Nota:  Benhet Niewenhuis
Ek het net bo op aarbeie gesit!! 60 ml water en 60 ml suiker en 400 g aarbeie lekker saam gekook en gemash! ! Toe bietjie gelatine aangemaak en by gemeng!!
Niemand kon genoeg kry nie!!! Was heerlik!! Het baie komplimente gekry!!! Hoe sê hulle hierdie is ‘n restaurant koek!!!!




YSKAS LEEGMAAK SLAAI

 

2014-11-04-img-20141104-01348

Yskas leegmaak slaai
Bedien 4
Eie resep

2 hande vol gaar pasta
1 gerookte hoenderborsie, opgesny
2 klein Golden Delicious appeltjies
Halwe medium komkommer, in blokkies gesny
Halwe avo, blokkies gesny
Een wiel Fetakaas, gekrummel of blokkies gesny
Klein tamaties, as daar ‘n paar rondlê
Drie eetlepels lekker mayonnaise of slaaisous
Ina Paarman Garlic & Herb seasoning

Meng alles liggies saam. Die Ina Paarman spesery is die geheime bestanddeel wat dit so lekker maak.




LEKKER KERRIE-OTJIE-POOTJIES -varkpootjie kerrie

 

2015-06-28-lekkerkerrie-otjie-pootjies(varkpootjiekerrie)tested

LEKKER KERRIE-OTJIE-POOTJIES
-varkpootjie kerrie
Eie resep – Louise Groenewald
Foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Baie eenvoudig, soos ouma gemaak het. Vir die van julle wat nie afval eet nie, dit ruik en smaak glad nie soos afval nie, dis maar soos enige ander dis met varkvleis in. Glo my vry, want ek eet nie afval nie.
3 varkpootjies, gehalveer en skoongemaak
aartappels, kwarte gesny
uie, kwarte gesny
knoffel na smaak
1 eetlepel suiker
2 eetlepels Rajah medium kerriepoeier
2 eetlepels borrie
knippie fyn naeltjies
knippie fyn koljander
2 lourierblare
sout en witpeper

Braai die uie, aartappels, knoffel, suiker en die speserye in bietjie olie vir so 5 minute.
Voeg die pootjies by en meng goed.
Laat drukkoker se stoom opkom en kook vir ± 25 minute tot lekker sag.
Moenie water byvoeg nie, want die sous moet lekker taaierig wees.
Bedien met stysel van keuse.