OONDGEBAKTE BOTTERSKORSIE EN PREI (BYGEREG)


OONDGEBAKTE BOTTERSKORSIE EN PREI (BYGEREG)
1 kg botterskorsie, geskil en blokkies gesny
1 Bos preie (leeks), gewas en in diagonale skyfies gesny
olyfolie
Ina Paarman Green Onion Seasoning
Ina Paarman Garlic Pepper
6 takkie vars roosmaryn
Verhit oond tot 200°C.
Plaas 3 – 4 eetlepels olyfolie in ‘n oondpan en plaas in die warm oond tot kookwarm. Versprei die gesnyde preie in die pan en plaas pan terug in oond vir 10 minute. Plaas intussen die pak met botterskorsie vir 4 – 5 minute in die mikrogolfoond op 100% krag. Haal pan uit oond en meng die botterskorsie met die preie. Geur goed met die geurselsout en peper en druk die takkie roosmaryn tussen die pampoen in. Gooi mildelik olyfolie bo-oor. Bak vir 20 minute. Die groente moet roast en nie stoom nie. Dus is dit baie belangrik om nie meer groente as hierdie hoeveelheid op ‘n slag in die oondpan te sit nie. Jy moet kan sien en hoor dit roast, groente moet bruin puntjies vorm. Na 20 min, voel met ‘n skerp mes of die pampoen sag is. Jy kan nou die oond se grill aansit en dit vir so 5 minute grill vir ekstra lekkerte. Jy kan Fetakaas of Cheddarkaas oorsprinkel indien verkies, dis baie lekker.
Ek maak die pampoen effens gaar voor die tyd omdat dit soms baie lank kan neem vir groente om sag te bak in die oond as jy dit rou insit, veral as jy haastig is. So spaar jy ook ‘n bietjie elektrisiteit. Dit halveer die baktyd in die oond.
Ons eet dit vanaand saam met ons braaivleis 🙂
Eie resep en foto: Louise Groenewald.






.jpg)


