

MAALVLEIS PASTEI MET JOGURT BOLAAG
Vulsel
500 g maalvleis
1 ui fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 selderystingel, gekap
1 groenrissie in blokkies gekry
15 ml kerriepoeier
15 ml koekmeel
125 ml warm beesvleisaftreksel
30 ml tamatiepuree
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1/2 pakkie sampioene, opgesny
Bolaag
250 ml ongegeurde jogurt
2 groot eiers, geklits
45 ml koekmeel
60 ml gerasperde Cheddarkaas
sout en varsgemaalde swartpeper
Voorverhit oond tot 180ºC.
Gebruik ‘n swartboomkastrol en braai die maalvleis stadig oor matige hitte tot bruin.
Voeg die ui, knoffelhuisie, selderystingel, soetrissie en kerriepoeier by en soteer dit liggies.
Roer 15 ml meel, die vleisaftreksel, tamatiepuree, sout en peper by en laat die mengsel vir 5 minute prut totdat dit effens verdik.
Roer die sampioene by en skep die vleismengsel in ‘n oondbak. plaas eenkant.
Maak die bolaag – klop die jogurt tot glad.
Voeg die meel by en klop tot glad.
Roer die kaas by en geur die mengsel met sout en peper.
Skep die bolaag versigtig bo-op die maalvleismengsel en bak dit vir ongeveer 30 minute totdat die bolaag gestol en goudbruin is.
Resep: Antionette Snyman
Foto: Nikki Laubscher